{"id":5492,"date":"2009-08-23T03:05:40","date_gmt":"2009-08-23T03:05:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5492"},"modified":"2009-08-23T03:05:40","modified_gmt":"2009-08-23T03:05:40","slug":"n-uitsonderlike-vrouegalery","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5492","title":{"rendered":"&#8216;n Uitsonderlike vrouegalery"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Hierdie uitstalling is beslis &#329; besoek, in die geestesoog, werd. Die tema daarvan is politieke gevangenskap. Elke vrou het hier haar eie unieke voorstelling. Daar is egter ook verskeie kombinasies van die uitbeeldings &#8211; verweef as goeie hoedanig-ede en verweer teen die lewe &#8211; in elke vrou afsonderlik te vind. <\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p>Die galery kan in afdelings verdeel word. Ten eerste is daar die hoofuitstalling: diegene, wat, so gereeld as wat hulle verpligtinge en finansies dit toelaat, hier kom besoek afl&ecirc;.<\/p>\n<p>Reg in die middel is &#329; standbeeld &#8211; van middelmatige grootte &#8211; van &#329; Voortrekkervrou. Haar gesig is half verberg deur die kappie op haar kop. In haar hand klem sy die Bybel stewig vas. Niks keer egter die trane wat oor haar wange stroom nie &#8211; in kil graniet is hul verewig op haar gesig. Sy staan roerloos stil en daar is &#329; vasberade trek om haar mond.<\/p>\n<p>Teen die langste muur is &#329; groot skildery wat mens sterk herinner aan Picasso se Guernica. Die gesig in die middel lyk asof dit een is wat baie lag en gedurig praat, maar as mens verder kyk, sal jy merk dat die omringende gesigte heel verwronge is. In somber skakerings van&nbsp; grys en swart skreeu die &lsquo;viktimisering van die onskuldiges&rsquo; (wat net so duidelik te siene is, as wat &#329; kritikus dit in die oorspronklike werk beskrywe het) teen die dakpanele vas.&nbsp; &nbsp;<\/p>\n<p>&#329; Dagdroom soos di&eacute; van Rosetti, is &#329; pragtig versorgde vrou &#8211; wat jy ook daar sal vind &#8211; met haar boek oop op haar skoot. Haar drome bring sy sonder vermoeienis in die vorm van berading aan haar medemens. Sy kan met vrymoedigheid aanbeveel word, want haar raad en begrip is uit persoonlike ervaring gebore. <\/p>\n<p>Langsaan staan daar &#329; prent nageteken van G.F. Watts se Hoop, &#329; vrou alleen op die aardbol, geblinddoek, met die strewe om die laaste soet musieknote uit die gebroke lier in haar hande te haal. <\/p>\n<p>&#329; Groot helderkleurige natuurtoneel, vol van Namakwaland se blommeprag, soos die werk van Pieter Hugo Naud&eacute;, hang langsaan. Vars, soos n&aacute; &#329; lentere&euml;n. Daar is aardse vrolikheid en opwinding wat wag, want eendag sal alles hier tot &#329; einde kom. <\/p>\n<p>Volgende is &#329; sagte skildery wat na die Waterlelies van Manet trek. Broos en teer, met soveel kalmte en rustigheid. In dieselfde kleurskema, hang daar &#329; dromerige figuur van &#329; jong vrou, wat sterk herinner aan die skildery Lente van Renoir. Sy is vol afwagting op die lente &#8211; ten spyte van die winter waarin sy haar tans bevind.<\/p>\n<p>In die hoek is &#329; raam met oudtydse swier, die prent daar binne-in so klassiek soos Da Vinci se Mona Lisa. Die komposisie, hoewel effe afsydig, is sterk gebalanseerd en tydloos. <\/p>\n<p>In skerp kontras daarmee is daar &#329; werk soos van Salvador Dal&iacute; se Persistence of Memory. Net &#329; kenner, met &#329; fyn oog, sal dit na waarde kan skat. Tog sal die lag om jou mondhoeke pluk, selfs al staan jy verstom oor jou eie onbegrip van die kompleksiteit van hierdie werklikheid.<\/p>\n<p>As hul pa&rsquo;s-se-jammer-liefdes kan mens die dogters van die beskuldigdes almal as temas op Sir Joshua Reynolds se Age of Innocence teen die mure hang. Selfs al het hulle soveel groter geword sedert die saak se begin en al het sommige van hulle hul kinderskoene ontgroei.<\/p>\n<p>As onderafdeling van die hoofuitstalling is daar &#329; Moeder-en-Ouma-deel:<\/p>\n<p>Die Seun in blou soos van Thomas Gainsborough trek dadelik mens se aandag. Met soveel moederliefde en deernis sal sy hom graag klein wou hou. Hy is egter so selfstandig en vol lewenskrag, dat jy verwag om haar bo hom in goedkeuring te sien glimlag. <\/p>\n<p>Langsaan is &#329; Madonna&nbsp; &ndash; soos di&eacute; een met die angelier van Leonardo Da Vinci &ndash; met haar hand koesterend na haar kind gehou. <\/p>\n<p>Na Vryheid wat die volk lei van Delacroix kan &#329; mens maar net in verwondering bly staar. Om haar vlag te laat sak, sal meer verg as hierdie Vervolgingsgesag. <\/p>\n<p>In opregte ouw&ecirc;reldse vertroue en ewige moederliefde is daar een in &#329; houtraam. Aan die bokant is blomme helder gekleur in die glas en onder in&nbsp; &#329; halfmaan loer die teksvers in blink papiertjies deur: De Heere is mijn licht en mijn Heil. Ps. 27:1 &nbsp;<\/p>\n<p>Stil in haar gryse ouderdom, skynbaar verwese, sit &#329; ouer dame, soos Whistler se Arrangement in grey and black,&nbsp; &#39;n portret van die kunstenaar se moeder. &#329; Vaas van fyn porselein is kunstig vasgevang op die stillewe in die volgende skildery. Die patrone op die doek is met &#329; veerdun kwassie ingelas. Tekeninge wat lyk soos die&nbsp; Vrou wat &lsquo;n brief opskeur van Dirck Hals, met &#329; le&euml; stoel agter haar, pas by die twee moeders wat weduweeskap moes aanvaar. <\/p>\n<p>Daar is skoonmoeders van die gevangenes, wat hulle deur die jare &#8211; soos die Gleaners van Millet &ndash; ontferm het oor die versorging van die fyner detail in hul dogters se lewens. Met dieselfde &quot;epiese grandeur&quot; waarmee kritici die oorspronklike skildery beskrywe het&#8230;<\/p>\n<p>Sprekend van &#329; ouma se liefde: soos in Oppasser en kind&nbsp; (die portret van Catharina Hooft van Frans Hals) sal jy op die kindergesiggies die lag kan sien van die sorg wat die volgende vrou gebring het. Ook hoe sy haar kleinkinders onder die omstandighede, in die fynste kant geklee het. <\/p>\n<p>In die gang hang daar een soos die Kleinboere se dans van Breughel, vol vrolikheid. Een wat haarself, met watter geleentheid ook al, uitbundig kom voeg by di&eacute; wat gereeld daar pryk. <\/p>\n<p>&#329; Kalm en rustige natuurtoneel, asof deur die meester John Constable op die doek vasgel&ecirc;, beklee &#329; ereplek vir die vrou wat tot die dood haar kant gebring het.<\/p>\n<p>Dan is daar die vaag uitgestalde groep. Diegene wat net halfpad deel is van die verrigtinge, wie se betrokkenheid vir eers die tronk gespaar is. <\/p>\n<p>Laastens is daar die geslote deel van die galery. Die groep van wie nog net die illusie oorgebly het &#8211; diegene wat gekies om hul plekkies leeg te laat raak: Tretchikoff se Orgidee wat verspil op die kliptrappe l&ecirc;.&nbsp; &#329; Na&iuml;ewe kinderprent wat jou aan die hart ruk. Een soos &#329; hersenskim &#8211; tot die naam het onleesbaar geword. &#329; Ander minder onduidelik maar tog ook wasig dof &#8211; geteken met oogwater uit &#329; egskeidingsbevel. Daar is ook die gesofistikeerde, realistiese een, wat gou-gou op haar eie weg gegaan het. Daar is die impressionistiese een &#8211; wat gedink het sy kon probeer. Dan is daar die le&euml; plek, wat mens jou net kan verbeel dat die naamplaatjie nog die spasie teen die muur in bewaring hou. <\/p>\n<p>Die plakkaat wat die uitstalling adverteer, lyk soos van Gogh se Gevangekamp. Dit is ook die hoofskildery. Die bindkrag &#8211; of dit nou bloot &#329; moontlikheid of reeds &#329; jarelange werklikheid is &ndash; wat die vroue hier vasgevang hou soos olie op &#329; doek. <\/p>\n<p>Die versameling is so uiteenlopend van aard, dat geen kunshandelaar dit sou waag om daarmee te koop te loop nie. Ten spyte daarvan is die galery al jare lank reeds oop en die sluiting daarvan nog in die toekoms versluier. <\/p>\n<p>Die musiek en klanke van hierdie uitstalling is ook uniek. Daar is gereelde gelag &#8211; soms vol vreugde en soms net skel &ndash; maar meestal, stille onbegrip. Soms &#329; asem-snak van verbystering oor wat werklik gebeur. Met geleentheid, rou snikke van intense seer. Tog, in weerwil daarvan ruis deur die brose leegheid, &#329; teer melodie van hoop&#8230; dat eendag wel sal kom! <\/p>\n<p>Die raarste van die galery is dat die uitstallers letterlik self betaal &ndash; duur, met trane, smart en alleenbestaan.&nbsp; Tog hang hul trou en trots teen die galery se muur &#8211; met hul enigste beloning &#8211; die hoop dat hul opoffering bewaar sal bly, as iets wat waarde had.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">slots play<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/07\/21\/182571.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/van_gogh_gevangenekamp.JPG\" width=\"304\" height=\"378\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/div>\n<p><\/span>By die uitgang van die Hooggeregshof gaan staan sy &#329; oomblik lank stil. Sy lyk verlate en hartseer, asof sy verdwaal het. Of die jare hier, die groot bitter kol &ecirc;rens diep binne-in haar, so versteen het, dat sy enige oomblik gaan verbrokkel. Die pilare van die hek weerskante van haar omraam haar soos die raam van &#329; portret. Net soos die ander vroue betrokke in hof GD &#8211; waar die Boermagsaak homself afspeel &#8211; hang haar teenwoordigheid soos &#329; kunswerk, as deel van &#329; galery, aan die houtbeklede mure van die hof agter haar.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[6163,21134,4664,4744,21105,6164],"class_list":["post-5492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-n-uitsonderlike-vrouegalery","tag-c117-algemeen","tag-anita-du-plessis","tag-boeremag","tag-s32-feuilleton","tag-van-gogh"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5492"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5492\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}