{"id":5486,"date":"2009-08-21T03:38:34","date_gmt":"2009-08-21T03:38:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5486"},"modified":"2009-08-21T03:38:34","modified_gmt":"2009-08-21T03:38:34","slug":"grondwetregter-trek-te-velde-teen-afrikaanse-skool","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5486","title":{"rendered":"Grondwetregter trek te velde teen Afrikaanse skool"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die adjunkhoofregter, Dikgang Moseneke, het hom insgelyks negatief oor Afrikaanse taalregte uitgelaat. Moseneke het die &quot;toelaatbaarheid van &#39;n reg&quot; bevraagteken indien dit ander se regte om by &#39;n bepaalde skool toegelaat te word ondermyn.<\/p>\n<p>&quot;As jy een reg het wat bo &#39;n ander gestel word&#8230; is dit gewoonlik &#39;n rooi verkeerslig. Om daarop geregtig te wees om enkelmedium in te stel&#8230; dis &#39;n reg maar dit word bokant &#39;n ander reg gestel om akkomoderend te wees en ander tale te erken,&quot; het Moseneke ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Die staat en die onderwysdepartement voer aan dat Ermelo se taalbeleid, wat reeds 93 jaar oud is, nie &quot;die regte van kinders voorop stel nie&quot;.<\/p>\n<p>Die staat se senior advokaat, Bantubonke Tokota, het ges&ecirc;: &quot;Die Afrikaanse taalbeleid by die skool wat ten alle koste gehandhaaf word, demonstreer dat die beheerliggaam die bedoeling het om die skool eksklusief vir Afrikaners te behou.<\/p>\n<p>&quot;Dit kom by implikasie  regstreeks of onregstreeks neer op diskriminasie op grond van taal en dienooreenkomstig bring dit &#39;n grondwetlike geskil na vore.&quot;<\/p>\n<p>Tokota het ook aangevoer dat die onderwysdepartement oor die mag beskik om die beheerliggaam van &#39;n skool op te skort en self oor die taalbeleid van &#39;n skool te besluit deur dubbelmedium af te dwing.<\/p>\n<p>In sy teenargument, het senior advokaat Wim Trengove namens die skool en sy beheerliggaam aangevoer dat Mpumalanga se onderwysdepartement geen reg had om die skool se taalbeleid te verontagsaam en dubbelmedium in te stel nie.<\/p>\n<p>&quot;Die magte om die skool se taalbeleid te bepaal, berus uitsluitlik by die beheerliggaam&#8230; Die beheerliggaam was andersins verplig om die skool se taalbeleid vas te stel in die beste belang van die skool en die leerders se opvoeding. Dis wat die skool gedoen het,&quot; het hy ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Trengove het insgelyks aangevoer dat die geskil oor die toelating van nie-Afrikaanssprekende leerlinge by die skool vermy kon gewees het indien die departement die kwessie van oorbevolking in die Engelsmediumskole aangespreek het, wat daartoe gelei het dat die leerders hulle na Ho&euml;rskool Ermelo vir toelating gewend het.<\/p>\n<p>Op hierdie punt het regter Kate O&#39;Regan, een van die linkse Engelstalige regters van die Grondwethof, die &quot;houding van die skool&quot; gekritiseer.<\/p>\n<p>&#39;n Ander senior advokaat, Johan du Toit, het namens die Federasie van skoolbeheerliggame vir Suid-Afrikaanse skole (FEDSAS) opgetree.<\/p>\n<p>Du Toit het ges&ecirc; dat beheerliggame grondwetlik gemagtig is om die taalbeleid van skole wat hulle dien, vas te stel.<\/p>\n<p>&quot;Artikel 6(2) van die SA skolewet verleen aan skole se beheerliggame die mag om &#39;n skool se taalbeleid te bepaal. Die liggaam behoort toegelaat te word om dit te doen sonder onregmatige belemmering of verhindering.<\/p>\n<p>&quot;Siende dat die beheerliggaam deur wetgewing tot stand kom, behoort geen ander liggaam daardie funksie te vervul nie, bowenal nie &#39;n liggaam van onverkose buitestanders soos die tussentydse komitee wat (by Ho&euml;rskool Ermelo) oorgeneem het nie,&quot; het Du Toit ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Hoofregter Pius Langa het uitspraak in die saak voorbehou.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.masters19.ru\/stili-oformleniya-kaminov\/\">\u043a\u0430\u043c\u0438\u043d\u044b \u0432 \u0441\u0442\u0438\u043b\u0435 \u043b\u043e\u0444\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: center; margin: 5px; padding: 1px; width: 480px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Ermeloplakkate.JPG\" width=\"480\" height=\"360\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Leerlinge aan die Ho?rskool Ermelo betoog teen die verengelsings van hul skool deur die onderwysdepartement van Mpumalanga<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Regter Kate&quot;O&#39;Regan van die Grondwethof het gister ges&ecirc; &quot;die houding van Ho&euml;rskool Ermelo pla my&#8230; dis nie &#39;n&nbsp; houding wat ons grondwet in die vooruitsig stel nie&quot;. Hiermee het O&#39;Regan na die 100%-slaagsyfer van Ermelo, &#39;n Afrikaansmediumho&euml;rskool verwys, en by implikasie ges&ecirc; dat die skool met sy slaagsyfer spog terwyl omliggende Engelstelalige skole swakker vaar.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[167,175,6152,6150,6153,6146,6147,6149,6121,21089,6151,2243,2242,5565,4920,6148],"class_list":["post-5486","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaans","tag-afrikaanse-nuus","tag-constitutional-court","tag-dikgang-moseneke","tag-grondwethof","tag-grondwetregter-trek-te-velde-teen-afrikaanse-skool","tag-horskool-ermelo","tag-kate-oregan","tag-language-rights","tag-nuus","tag-pius-langa","tag-south-africa","tag-suid-afrika","tag-taal","tag-taalkwessie","tag-trengove"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5486"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5486\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}