{"id":542,"date":"2007-06-12T00:00:00","date_gmt":"2007-06-12T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=542"},"modified":"2007-06-12T00:00:00","modified_gmt":"2007-06-12T00:00:00","slug":"intussen-moet-ons-moed-hou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=542","title":{"rendered":"Intussen moet ons moed hou"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die barste in die ANC-muur kan  nie veel langer toegeplak word nie. Een van die drie vennote van die  ANC-alliansie het reeds te kenne gegee dat hy sy eie paadjie met die eerskomende  verkiesing wil loop. Maar veel erger is die onderlinge wantroue en gevegte wat  in ANC-geledere onbelemmerd voortwoed. Neem byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse  Polisie wat uit groot, vet polisiemanne bestaan waarvan die oorgrote meerderheid  te vet is om \u0149 misdadiger aan te keer en in elk geval nie \u0149 verklaring van \u0149  klaer kan uitskryf nie. Die Skerpioene l\u00ea oorhoop met die kommissaris van  polisie Jack Selebi, en hy is weer oorhoops met die Nasionale Intelligensiediens  waarvan die voormalige hoof, Billy Masethla, deur Mbeki ontslaan is en sodoende  het Mbeki nog \u0149 vyand van \u0149 senior ANC-lid verwerf. Dan is daar ook spioene van  die vorige vryheidsvegters en vryskut-intelligensie-agente van buitelandse  organisasies en multi-nasionale maatskappye in die polisiediens bedrywig. Voeg  hierby dat Jackie Selebi tot bokant sy ore betrokke is by die rampokkerw\u00eareld  van sy vriende Agliotti wat teregstaan op die moordklag van Kebble. \u00a0Dit gebeur alles in een enkele  staatsdepartement. \u0149 Mens kan in hierdie trant ten opsigte van alle  staatsdepartemente voortgaan met Finansies enigsins as uitsondering. Oor al die  ellende word gereeld in die pers verslag gedoen maar dit sluit natuurlik nie  Naspers in nie want hulle is polities korrek. Die onbeholpenheid van die polisie  wat nie in staat is om naastenby die misdaadgolf te bekamp nie, is as enkele  faktor voldoende om die W\u00eareldbekersokkertoernooi in 2010 te kelder. Ja,  MacBride is nie deel van die SAPD nie, maar hy word nie aangeklae dat hy van die  fuifparty lekker-lekker in sy ampsmotor gery het  nie.<\/p>\n<p>Een van die probleme wat die  ANC-bewind het, is die feit dat mag korrupteer en absolute mag korrupteer  absoluut (om \u0149 Engelse uitdrukking letterlik te vertaal). Dit is later ook nie  meer lekker om te regeer nie aangesien die probleme steeds meer word en die  oplossings word omgekeerd eweredig minder. Nog later word daar nie meer aan  oplossings gedink nie en op daardie stadium word probleme geignoreer soos Mbeki  doen. In stede daarvan om na die landsprobleme om te sien, bestyg hy sy duur en  deftige vliegtuig om in Vi\u00ebtnam sement te gaan koop of om in Europa by sy blanke  vriendjies in Londen, Parys en Berlyn en nou by die G8 lande se byeenkoms in  Rostock te gaan rinkink. Intussen bly hy \u0149 volslae kommunis en het as sy hegte  vriende Mugabe, Aristide en die spul kommuniste van Vi\u00ebtnam en Sjina.<\/p>\n<div><\/div>\n<p align=\"justify\">Nou is dit die plig van elke  Afrikaner, om in plaas daarvan om die duisternis te vloek, \u0149 kers aan te steek  wat in die duisternis brand. Daar is egter ook, soos Langenhoven ges\u00ea het, die  briekaandraaiers teen die steil bult uit. Daar is gelukkig mense wat iets  positief wil doen; vyf-en-twintig Afrikaners het in 1995 bydraes ten opsigte van  die meeste portefeuljes in die staatsbestel onder die naam \u2018N LAND VIR DIE BOEREVOLK gepubliseer.  Dit bevat positiewe riglyne vir die Boerevolk. \u0149 Aantal Afrikaners het besluit  om hierdie publikasie op te dateer en elke portefeulje tot die huidige by te  werk. Afgesien daarvan dat dit \u0149 nuttige publikasie kan wees, gaan dit tenminste  die bydraers verplig om na te\u00a0 dink,  diep na te dink en om met positiewe en rigtinggewende gedagtes na vore te kom.  Ons kort slegs nog \u0149 de~la~Rey-liedjie en dan sal die Boerevolk weer  marsjeer.<\/p>\n<div><\/div>\n<p align=\"justify\">Die Afrikaners word daaraan  herinner dat hulle die magtigste volk in Afrika is. Dit is die mense wat die  modernste staat in Afrika uit die grond opgebou het. Dit is hulle wat die eerste  in die w\u00eareld was om \u0149 hartoorplanting te doen, wat \u0149 kernbom kon vervaardig,  wat die modernste paaie en die beste weermag in Afrika gehad het, goeie skole en  universiteite gebou en talle ander voortreflike instellings gevestig het. Dit  kan alles weer ge-ewenaar word, mits soos Jan Brand ges\u00ea het, elkeen sy plig  doen deur vasberade en moedig die toekoms tegemoet te gaan. Ons het polities  alles om te wen en niks om te verloor nie. Ons moet maar net insien dat die  toekoms aan ons behoort.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/proizvodstvennaya_mebel\/\">\u043f\u0440\u043e\u0438\u0437\u0432\u043e\u0434\u0441\u0442\u0432\u0435\u043d\u043d\u0430\u044f \u043c\u0435\u0431\u0435\u043b\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/03\/posadovci-kernesa-za-kopiyki-prodavali-primischennya-v-centri-harkova-20170220522685\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/PKotzekl.JPG\" border=\"0\" alt=\"Image\" title=\"Image\" hspace=\"6\" width=\"85\" height=\"85\" \/>Die Afrikaners moet oorleef tot  die jaar 2009. Dan sal ons met meer sekerheid weet dat die  W\u00eareldbekersokker-debakel nie gaan plaasvind nie. Op daardie stadium behoort die  middelpunt-vlietende kragte in ANC-geledere ook naastenby uitgewoed te wees.  Bekwame en ervare mense sal dan genoodsaak word om die landsregering oor te  neem. Hiervoor is geen bevolkingsgroep beter geskik as die Afrikaners nie. Ons  moet voorbereid wees hiervoor.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[72],"tags":[646,518,21092],"class_list":["post-542","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c62-piet-kotze","tag-intussen-moet-ons-moed-hou","tag-piet-kotz","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/542","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=542"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/542\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=542"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=542"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=542"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}