{"id":5345,"date":"2009-08-05T01:10:52","date_gmt":"2009-08-05T01:10:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5345"},"modified":"2009-08-05T01:10:52","modified_gmt":"2009-08-05T01:10:52","slug":"calvyn-se-invloed-op-afrikaners-voor-en-nadele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5345","title":{"rendered":"Calvyn se invloed op Afrikaners: voor -en nadele"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Na aanleiding van JK Bosch se insiggewende skrywe oor Calvyn wil ek die volgende stuiwer in die armbeurs gooi.<\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 149px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/secreve2.jpg\" width=\"149\" height=\"182\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\"> <\/div>\n<\/div>\n<p>Dit stuit inderdaad teen die bors dat Calvyn deur Naspers ook deesdae nie erken word vir die positiewe ontwikkelinge wat hy tot stand gebring het nie. Calvyn en Luther was denkers van hul tydsgees, en daar is eintlik weinig verskil tussen hierdie twee here.<br \/>&nbsp;<br \/>Calvyn was egter meer gesteld op die idee dat &#39;n mens se lot voorafbepaal is as Luther. Calvyn het ook die nadruk gel&ecirc; op harde werk, nie soseer as &#39;n middel tot &#39;n ho&euml;r doel nie, maar as &#39;n resultaat van &#39;n vroom gewete.<br \/>&nbsp;<br \/>My verblyf in Nederland het my oortuig dat die Nederlanders na soveel eeue nog steeds oer-Calvinisties is, miskien nie op godsdienstige gebied nie, maar wel op sekul&ecirc;re gebied. Jy mag nie te veel werk nie, maar ook nie te min nie. Jy mag nie te veel verdien nie maar ook nie te min nie. Jy mag jouself nie te uitspattig gedra nie, maar ook nie te min nie; en alles in Nederland wys daarop dat jy gestraf kan word vir onsinnige vergrype.<br \/>&nbsp;<br \/>Afrikaners is ook Calvinistiese mense, maar pas hul Calvinisme anders toe as die Nederlanders. Calvyn se leerstellings in Suid-Afrika is hoofsaaklik beperk tot die kerk en &#8211; miskien deesdae tot &#39;n mindere mate &#8211; seksualiteit. Afrikaners se Calvinisme is grotendeels ge&iuml;nternaliseer terwyl Nederland se Calvinisme ge&euml;ksternaliseer is in allerlei staatsapparate en burokrasie&euml;.<br \/>&nbsp;<br \/>Die groot voordeel van Calvyn se leerstellings is die onbaatsugtige werksetiek wat hy voorgestaan het. Hy het juis geleef in die periode toe die handel die kerk begin verbystreef het, die keiser se mag groter geword het, en die pous juis mag ingeboet het. Tydens die Middeleeue was handel slegs gedryf om in mense se basiese behoeftes te voorsien. Die res van die tyd het bestaan in toewyding tot God. Met die handelsgees wat die Reformasie begin inlui het, het die Rooms Katolieke kerk geen wesentlike antwoord gehad om die nuwe tydsgees te beantwoord nie. Luther en Calvyn het juis die tydsgees verwoord en die middelklas op daardie stadium se gedagtes en angste beantwoord.<br \/>&nbsp;<br \/>Albei hierdie denkers het &#39;n vorm van oorgawe aan God bepleit want slegs Hy weet wie gered gaan word. Veral Luther het gepleit vir &#39;n absolute oorgawe, want oorgawe is die ware weg na saligheid. Dit was &#8211; veral in Luther se geval &#8211; as ongoddelik beskou om in opstand te kom en die heersende orde omver te werp. Calvyn het ten minste harde werk bepleit tesame met oorgawe.<br \/>&nbsp;<br \/>Die groot nadeel van Calvinisme is juis hierdie oorgawe-mentaliteit. Ek vermoed dat dit grotendeels verklaar waarom Afrikaners nie hierdie ANC\/kommunistiese rampokkerstaat behoorlik durf te trotseer nie. Daar is op hierdie stadium ongetwyfeld bittermin Afrikaners wat tevrede is met die ANC, maar desondanks tolereer hulle die ANC se gesag. Afrikaners protesteer nouliks en Afrikaanse politieke partye boesem weinig respek in by hul vyande.<br \/>&nbsp;<br \/>Dit is een van daardie tragiese ironie&euml; dat dieselfde Calvinisme wat die Afrikaners op &#39;n ho&euml;r welvaartspeil gebring het, dieselfde rede is waarom hulle nou ten onder gaan. Ons moet bewus wees dat Calvinisme sowel &#39;n vriendskaplike as vyandige werking het op Afrikaners. Met vyandig bedoel ek juis dat Calvyn se oorgawe juis die volksmoord op Afrikaners verder in die hand werk.<br \/>&nbsp;<br \/>Wat doen ons as die staat ons grootste vyand is? Ek dink nie dat Calvyn daar &#39;n antwoord op het nie. Wie kan ons help daarmee?<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/tekhno_vektor_5_stendy_s_infrakrasnoy_svyazyu\/\">\u0432\u0435\u043a\u0442\u043e\u0440 5<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na aanleiding van JK Bosch se insiggewende skrywe oor Calvyn wil ek die volgende stuiwer in die armbeurs gooi. Dit stuit inderdaad teen die bors dat Calvyn deur Naspers ook deesdae nie erken word vir die positiewe ontwikkelinge wat hy tot stand gebring het nie. Calvyn en Luther was denkers van hul tydsgees, en daar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5345\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Calvyn se invloed op Afrikaners: voor -en nadele&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[5857,157,21092],"class_list":["post-5345","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","tag-calvyn-se-invloed-op-afrikaners-voor-en-nadele","tag-joseph-secreve","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5345","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5345"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5345\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5345"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5345"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5345"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}