{"id":5314,"date":"2009-07-30T10:28:22","date_gmt":"2009-07-30T10:28:22","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5314"},"modified":"2009-07-30T10:28:22","modified_gmt":"2009-07-30T10:28:22","slug":"die-vyand-wat-napoleon-gestuit-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5314","title":{"rendered":"Die vyand wat Napoleon gestuit het"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 300px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/Napoleons_retreat_from_moscow.jpg\" width=\"300\" height=\"213\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\">Skildery deur Adoph Northen<\/div>\n<\/div>\n<p>Die reusagtige Franse weermag wat op pad was om Tsaar Alexander I aan die begin van die 19de eeu te gaan verslaan, is self verslaan deur die kleinste vyand nog lank voordat die Russe getroef is<\/p>\n<p>Die einde van Napoleon was dalk te danke aan tifusbasil en nie &#39;n koue winter nie. Sy mislukte inval in Rusland in 1812 waarin meer as 600 000 man, groter as die bevolking van Parys, na Moskou opgeruk het, het die einde van die kort Korsikaan se milit&ecirc;re roem beteken.<\/p>\n<p>En &#39;n Amerikaanse historikus wat in mediese geskiedenis spesialiseer, beweer dat die rede wat gegee word vir Napoleon se mislukking &#8211; naamlik die ysige winter wat die troepe oorval het &#8211; eerder &#39;n luisplaag was.<\/p>\n<p>Tweehonderd jaar later het dit aan die lig gekom dat die eerste soldate wat uit die linies gesteier het, nie alkoholiste was wat te diep in die bottel gekyk het nie, maar tifusslagoffers. Die pad van Moskou was met hulle lyke besaai.<\/p>\n<p>Stephan Talty, die Amerikaner wat Napoleon se hopelose poging in &#39;n nuwe boek getiteld &quot;The Illustrious Dead: The Terrifying Story of How Typhus Killed Napoleon&#39;s Greatest Army&quot; bespreek, verduidelik omsigtig waarom 400 000 man nooit weer Parys gesien het nie.<\/p>\n<p>Nie die vreeslose Kosakke of die wrede Russiese winter het die Franse Groot Weermag gestuit nie, maar die tifusbasil exanthematicus. Die grusame getuienis is in 2001 in die hoofstad van Litoue, Vilnius, in &#39;n massagraf ontdek waarin 2 000 soldate wat in die lang mars omgekom het, begrawe is.<\/p>\n<p>Gespes en knope van uniforms met regimentenommers het bevestig dat dit die Napoleontiese opmars se dooies was. Navorsers het DNS-monsters van die tande geneem en die patogene van die tyd is bevestig.<\/p>\n<p>Talty verduidelik hoe 6 000 soldate aanvanklik per week omgekom het, totdat die getal siekes oorweldigend geraak het en sommer in aansienlike getalle langs die pad utgesak het.<\/p>\n<p>Die Duitse bevelvoerder Friedrich Wilhelm von Lossberg het ten tye aan sy vrou geskryf dat Napoleon nie sentimenteel raak oor siekte en dood nie en dat die sterftes nie die Franse Keiser raak nie.<\/p>\n<p>Swak higi&euml;ne het die verspreiding van die luise vergemaklik en binne 10 tot 14 dae het slagoffers die eerste simptome ervaar: Ho&euml; koors en geweldige hoofpyn. Daarna het hulle begin bibber van kouekoors en uitputting. &#39;n Veluitslag en swelling was algemeen en die siekes was so verswak dat hulle skaars &#39;n glas water kon oplig.<\/p>\n<p>Sonder antibiotikum is bloed gelaat, kruiemengsels gedrink en suurlemoensap met wyn en water. Napoleon se geneesheer, Dominique-Jean Larrey, het die konstante re&euml;n blameer vir die toestand.<\/p>\n<p>Erg verswak, op 19 Oktober, 1812, besluit Napoleon om met sy aansienlik uitgedunde mag terug te draai. Die reeds sterwende soldate, verhonger, het soos zombies in Vilnius ingestrompel en desperaat in die stad se universiteitlaboratorium monsters wat in formaldehide bewaar is, probeer eet.<\/p>\n<p>Terug in Parys, het Napoleon sy landgenote gerusgestel met die nuus dat die &quot;Keiser se gesondheid uitstekend&quot; is!<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">new online casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skildery deur Adoph Northen Die reusagtige Franse weermag wat op pad was om Tsaar Alexander I aan die begin van die 19de eeu te gaan verslaan, is self verslaan deur die kleinste vyand nog lank voordat die Russe getroef is Die einde van Napoleon was dalk te danke aan tifusbasil en nie &#39;n koue winter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5314\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die vyand wat Napoleon gestuit het&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[5788,21105,21097],"class_list":["post-5314","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c116-geskiedenis","tag-die-vyand-wat-napoleon-gestuit-het","tag-s32-feuilleton","tag-s17-geskiedenis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5314","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5314"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5314\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5314"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5314"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5314"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}