{"id":5236,"date":"2009-07-17T05:35:36","date_gmt":"2009-07-17T05:35:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5236"},"modified":"2009-07-17T05:35:36","modified_gmt":"2009-07-17T05:35:36","slug":"de-klerk-se-jongste-set","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5236","title":{"rendered":"De Klerk se jongste set"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Nie net was De Klerk aandadig aan groteske verraad deur die mandaat wat hy van die destydse blanke kieser ontvang het <em>om te onderhandel<\/em> as &#39;n vrypas vir oorgawe te interpreteer nie, maar die grondwet wat hy en sy handlanger Roelf Meyer aangeneem het, is &#39;n volslae klug. Feitlik elke reg in die sogenaamde grondwet, di&eacute; op gebruik van die eie taal, die reg om te werk, eiendomsreg, ensovoorts, word in terme van ras gekwalifiseer.<\/p>\n<p>Artikel 9 (5) van die SA grondwet bepaal: &quot;Diskriminasie&#8230; is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.&quot;<\/p>\n<p>Daarom moet De Klerk se onlangse uitspraak by &#39;n Solidariteit-konferensie oor regstellende aksie, waar hy hom teen &quot;ongelykheid&quot; uitgelaat het, gesien word vir die absurditeit wat dit is. As argitek van die grondwet en die klakkelose oorgawe aan die radikale, eksterne, gewapende vleuel van die terroristiese ANC, het hy ongelykheid en anti-blanke diskriminasie tot in aller ewigheid op sy eie mense afgedwing. Nie dat De Klerk meer &#39;n Afrikaner is nie, want indien hy hoegenaamd begaan was oor die gestadigde volksmoord wat tans teen Afrikaners gepleeg word, sou hy lankal ereselfmoord gepleeg het om aan &#39;n uiteindelike vuurpeleton van sy eie mense te ontkom.<\/p>\n<p>Solidariteit, wat enkele jare gelede nog gemeen het dat regstellende aksie &quot;onvermydelik&quot; was maar net &quot;billik&quot; toegepas behoort word, is dubbel na&iuml;ef in sy benadering tot regstellende aksie. Aan die een kant word gemene saak met die verraderlike De Klerk gemaak wat moontlik weer &#39;n strategie in die mou voer om die Afrikaner van die wal in die sloot te help. Aan die ander kant gaan die internasionale ideologiese en strategiese dimensie van ras en rassewetgewing aan die vakbond verby.<\/p>\n<p>Met Obama in die Withuis, word die Amerikaanse Hooggeregshof tans getransformeer om die magsbalans in die hof na links te druk. Die aanstelling van die ultraliberale en antiblanke Spaanssprekende regter, Sonia Sotomayor, wat moeilik deur die Republikeinse minderheid gekeer gaan word, sal verseker dat die Amerikaanse Hooggeregshof voortaan regstellende aksie met hernieude ywer in die VSA gaan toepas.<\/p>\n<p>Intellektueel en ideologies is Suid-Afrika deesdae die &quot;51ste staat&quot; van die VSA. Trouens, die totaliteit van die ANC se anti-blanke wetgewing en maatre&euml;ls is feitlik onveranderd vanuit Amerika oorgeneem. Binne hierdie klimaat waar regstellende aksie internasionaal al hoe ongenaakbaarder toegepas gaan word, is daar geen kans dat rasionale argumente daarop indruk gaan maak nie.<\/p>\n<p>Uiteindelik is regstellende aksie &#39;n teenstrydigheid. Dit gaan nie daaroor om enigiets &quot;reg te stel&quot; nie, maar om instellings van blankes te suiwer of om &#39;n dubbele standaard te handhaaf waar swartes se prestasie met &#39;n ander, laer maatstaf as di&eacute; van blankes of selfs Asi&euml;rs gemeet word.<\/p>\n<p>Die aandrang op regstellende aksie geskied ook nie om enige re&euml;le of historiese onreg te herstel nie, maar op grond van rassenasionalisme. Terwyl enige vorm van blanke bewussyn as &quot;rassisme&quot; gesien word waarvoor blankes selfs krimineel vervolg kan word, verteenwoordig swart rassenasionalisme die normale uitdrukking van die swartman se kultuur en identiteit.<\/p>\n<p>Daarom, selfs al gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie tot niet soos di&eacute; van Zimbabwe, sal regstellende aksie gehandhaaf word. Geen rasionele argument of &#39;n beroep op gelykheid sal indruk maak op di&eacute; rasgedrewe beweging wat byna globaal en al hoe sterker in die VSA gevoer word nie.<\/p>\n<p>Dis &#39;n ope vraag of De Klerk oneerlik of bloot dom is. Miskien albei. Terwyl Amerika hom gereed maak om deur wetgewing en grootskaalse immigrasie sy eie blanke meerderheid tot dieselfde magtelose minderheidstatus as di&eacute; van Suid-Afrikaanse blankes te reduseer, gaan Suid-Afrika insgelyks voortstrompel op die pad van regstellende aksie en sogenaamde &quot;swart bemagtiging&quot; wat ons ekonomie, landbou, infrastruktuur en die regstelsel op sy knie&euml; gaan dwing.<\/p>\n<p>De Klerk sal in die geskiedenis gesien word as die man wat nie net die Afrikaner vernietig het nie, maar &#39;n hele beskawing in Suider-Afrika tot &#39;n val gebring het. Sy huidige politiekery vanuit sy geveerde leuenstoel is waarskynlik bedoel om ons mense nogeens &#39;n rat voor die o&euml; te draai &#8211; om ons huidige ondergang en verdrywing uit ons vaderland net verder te verdoesel.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/24-osveshchenie-lestnitsy-v-dome\">\u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446\u044b \u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 120px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\"> <\/div>\n<\/div>\n<p>FW de Klerk het bloed aan sy hande, die bloed van die 50 000 Afrikaners wat sedert 1994 gewelddadig gesterf het en steeds sterf. Ook die honderdduisende Afrikanervroue wat oor die afgelope 15 jaar deur swartes aangerand of verkrag is, is sy verantwoordelikheid. Elke dag lees ons in die pers en op die internet van die chaos en geweld wat op plase en in die voorstede woed.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[4798,5268,154,5630,5631,222,21092,5632,4659],"class_list":["post-5236","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-affirmative-action","tag-bee","tag-dan-roodt","tag-de-klerk-se-jongste-set","tag-fw-de-klerk","tag-regstellende-aksie","tag-rubrieke","tag-seb","tag-solidariteit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5236","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5236"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5236\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5236"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5236"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5236"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}