{"id":5214,"date":"2009-07-15T03:09:56","date_gmt":"2009-07-15T03:09:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5214"},"modified":"2015-10-27T17:47:29","modified_gmt":"2015-10-27T15:47:29","slug":"n-strategiese-alliansie-tussen-boere-en-russe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5214","title":{"rendered":"Johann Wingard: &#8216;n Strategiese alliansie tussen Boere en Russe?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>My eerste kennismaking met Rusland was aan die einde van November 1993. Toe die Swissair-vliegtuig op die Moskouse lughawe land en mens die wit sneeu en ystoneel buite sien, besef jy waarmee Napoleon en Hitler se troepe mee te kampe gehad het. \u2018n<\/p>\n<p>Uur later in die hotel, omring deur vriendelike en hartlike Russiese sakemanne, het die beklemmende gevoel van angs wat deur jare se breinspoeling in my gevorm was, egter plek gemaak vir die ontdekking dat die Russe net sowel doodgewone Afrikaners kon gewees het. Hulle lyk selfs soos Boeremense&#8230;<\/p>\n<p>Ek was verskeie keer daarna weer in Rusland, waar ons \u2018n kontrak vir \u2018n aardgaskompressorprojek in Siberi\u00eb onderhandel het. Tydens een so \u2018n besoek was ek selfs gas van wyle Leonid Bresjnef se kok. Behalwe vir die kaviaar op broodjies met yskoue vodka het Bresjnef blykbaar baie eenvoudige eetgewoontes gehad.<\/p>\n<p>Oor dekades het ons geleer dat kommunisme die groot vyand van die Weste is. Ons het geleer hoedat kommunistiese Rusland daarop ingestel was om Suid-Afrika se strategiese minerale rykdom in te palm om w\u00eareldoorheersing vir kommunisme te verkry. Dit was glo die redes waarom ons teen buurlande moes oorlog maak. Ons het geglo dat Rusland en kommunisme onlosmaakbaar van mekaar was. Rusland was dus die permanente vyand van die Weste en ons \u2018n onlosmaakbare deel van die Weste.<\/p>\n<p>Maar binne een dekade het die politieke landskap totaal verander. Suid-Afrika is nie meer deel van die Weste nie, maar deel van die ontwikkelende ekonomiese gemeenskap. Die Weste se vyande is nou Suid-Afrika se vriende. Rusland is nie meer kommunisties nie en die Tsaars is terug in die Russiese geskiedenisboeke. Leningrad is weer St. Petersburg. Die Russe het kommunisme permanent vaarwel geroep.<\/p>\n<p>Ironies genoeg is Suid-Afrika vinnig op pad om \u2018n kommunistiese staat te word. Dit is om daardie rede dat baie Afrikaners die ANC\/SAKP-alliansie as verwerplik beskou. Ons het geleer om kommunisme te haat! Die staatsdiens is ook nie meer deel van ons Afrikanerwees nie. Honderde duisende Afrikaners het hul land, wat met soveel trots, ywer en sorg oor dekades heen opgebou is, reeds verlaat. Niks is vandag meer dieselfde as vyftien jaar gelede nie. Afrikaners is vandag as \u2018n kwynende volksgroep ontbloot \u2013 \u2018n volk wat met homself worstel om sy nuwe identiteit te vind.<\/p>\n<p>Is Afrikaners nog deel van daardie Westerse w\u00eareld wat hulle polities ontmagtig het? By watter moondheid kan hulle nou hul heil gaan soek? By die hooghartige Weste, die raaiselagtige Sjina of by die laaste blanke nasie op aarde, die Russe? Of moet hulle maar aangaan om hul gene as enkelinge regoor die aardbol te versprei om ander volke se geenpoele te versterk?<\/p>\n<p>Vandag weet ons almal dat Rusland die slegte beer was waarmee die NP-regering sy ondersteuners bymekaar gehou het. Ons weet ook dat ons manne in uniform moes glo dat die oorlog waarin hulle gewikkel was, die moeite werd was. Rusland en kommunisme was vir die meeste Afrikaners een en dieselfde ding. Daarvoor het \u2018n reusagtige propagandaveldtog gesorg.<\/p>\n<p>Hoeveel mense besef dat die Russe tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) aan die kant van die Boere was? Het u al gehoor van veggeneraal Jefgeni Jakoflewitsj Maksimof? Hy is by Thaba Nchu gewond en kry daarna \u2018n helde-ontvangs in Pretoria waar hy as veggeneraal verkies is.<\/p>\n<p>Dan was daar ook die Georgiese prins Nikolai Georgiewitsj Bagration-Moekranski, wat na die oorlog as &#8220;Niko die Boer&#8221; bekend gestaan het. Niko was selfs ook krygsgevangene op St. Helena.<\/p>\n<p>In \u2018n baie interessante boek &#8220;The Russians and the Anglo-Boer War&#8221;, wat in 1999 die lig gesien het, beskryf Apollon Davidson en Irina Filatova ( Human &amp; Rousseau, 1998. 287 pp. ISBN 978-0-7981-3804-8.) hoe die ABO die verbeelding van die kontinent se nasies aangegryp het. So byvoorbeeld was die Transvaalse uitstalling van \u2018n Boereplaas tydens die Groot W\u00earelduitstalling van 1900 in Parys die heel gewildste stalletjie wat die meeste besoekers gelok het. In Rusland het Boeremanie hoogty gevier. Die Russiese media het geweldig baie publisiteit aan die ABO verleen en Boereliteratuur is selfs in Russies vertaal.<\/p>\n<p>Die beroemde Leo Tolstoi het volgens die skrywers glo eendag opgemerk: &#8220;Elke oggend as ek die koerant oopmaak, sien ek met hartstogtelike verwagting uit na die goeie nuus dat die Boere die Britte verslaan het.&#8221;<\/p>\n<p>Vir hul navorsing het die outeurs diep gedelf in Suid-Afrikaanse en Russiese literatuur en skets \u2018n oorsese perspektief op die ABO. Hulle skryf hoe Russiese vrywilligers by die Boeremagte aangesluit het en hoe \u2018n ongemaklike verhouding tussen Boer en Rus vanwe\u00eb kultuurverskille in die veld bestaan het. Volgens hulle het die Russe net die grootste agting vir die Boere se dapperheid en krygskuns getoon. Hoewel hul getalle maar min was, het die Russe glo baie ongevalle gehad. Die skrywers beraam dat daar ongeveer 259 Russiese vrywilligers aan die oorlog deelgeneem het, maar maak die punt dat die werklike waarde van hul betrokkenheid die simboliese betekenis van hul teenwoordigheid en opoffering was, iets wat oneindig baie vir die moreel van die Boere se leierskap beteken het.<\/p>\n<p>Die terugvoer wat Maksimof en Niko die Boer aan die Moskouse milit\u00eare kringe gegee het, het \u2018n interessante perspektief oor Brittanje se gebrek aan krygsvermo\u00eb geskets. Die Russe het toe geweet dat die Britse le\u00ebr nie teen \u2018n kontinentale moondheid opgewasse sou wees nie.<\/p>\n<p>Die skrywers voer aan dat die Russiese samelewing nog nooit oor enigiets so verenig was as wat dit met hul simpatie vir die Boerevolk was nie. Die Russe was volgens hulle deurgaans pro-Boer en anti-Brits, en betrokkenheid by die ABO het met die eeuwending \u2018n integrale deel van Rusland se siening van hul nasionale eiebeeld geword. Die Boere was vir die Russe \u2018n sprekende voorbeeld van \u2018n landelike burgery of proletariaat wat sy eie republieke opgerig het, wat as &#8220;kleinboere&#8221; \u2018n eerlike bestaan gemaak het en teen die Britse monargie en adellikes weerstand gebied het. Vir die Russiese volksmentaliteit was dit \u2018n inspirasie.<\/p>\n<p>Op strategiese vlak lees ons dat Tsaar Nikolas in sy dagboek skryf dat hy die uitslag van die ABO sou kon bepaal deur bloot opdrag aan sy Turkestanle\u00ebr te gee om na die Indiese grens op te ruk. Dit sou Brittanje noodsaak om \u2018n nuwe front te open om Indi\u00eb teen \u2018n moontlike Russiese besetting te beskerm en dus die aftog sou moes blaas uit Suid-Afrika. Generaal JC Smuts het selfs aan \u2018n plan gewerk om \u2018n opstand in Indi\u00eb te stook, waarna die Russe sou ingryp. Brittanje kon nie twee groot oorlo\u00eb gelyktydig bekostig nie \u2013 die ABO was alreeds Brittanje se duurste oorlog ooit.<\/p>\n<p>Tsaar Nikolas skryf in sy dagboek dat hy Keiser Wilhelm II oor sy planne in Berlyn gaan inlig het. Wilhelm het die geopolitiek egter baie meer genuanseerd benader en wou nie betrokke raak om openlik solidariteit met Rusland teen Brittanje te betoon nie.<\/p>\n<div class=\"mosimage\" style=\"float: center; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" title=\"Image\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/russe_abo.JPG\" alt=\"Image\" width=\"550\" height=\"346\" border=\"0\" hspace=\"6\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">?n Russiese kommando tydens die ABO met erkenning aan Stormfront Russia<\/div>\n<\/div>\n<p>Natuurlik was Rusland self ook ge\u00efnteresseerd in die Transvaal se edelmetale en minerale en wou ekonomiese bande met die ZAR smee. Vanwe\u00eb die ingewikkeldheid van die groot moondhede se diplomasie t.o.v. die ABO, was Rusland se pro-Boerse sentimente gevolglik tot woorde beperk. Behalwe vir \u2018n paar honderd vrywilligers wat die Boere kom help het, het Tsaar Nikolaas nooit tot aksie oorgegaan nie.<\/p>\n<p>Tydens die Sowjet\u2013 en apartheidstydperke het die verwydering tussen die Russe en Afrikaners amptelik toegeneem tot \u2018n vlak van openlike vyandigheid wat tot bloedvergieting op die slagvelde van Angola gelei het. Enige toenadering met die Russe is as verraad beskou.<\/p>\n<p>Die skrywers sluit af met \u2018n vraag of dit moontlik is vir die Boere en die Russe om n\u00e1 meer as \u2018n eeu weer die vriendskapsbande te hernu, om aardie gevoel van nostalgie wat behoue gebly het, ten spyte van die outorit\u00eare regimes in beide lande wat die nasionale geheues wou suiwer, weer te ervaar. Hulle beweer dat daar wel nog oorblyfsels is van \u2018n sterk sentiment wat gebou was op die verromantisering van die Boere se unieke sin vir vryheid, wat deur hul heldedade en krygskuns versinnebeeld was.<\/p>\n<p>Geen minderheidsvolk kan sonder buitelandse ondersteuning homself laat geld op dieselfde grondgebied wat hy met \u2018n oormag vreemdedlinge moet deel nie. Kyk na die Hongaarse minderheid in Romeni\u00eb, wat deur Hongarye ondersteun word, die Duitse minderhede in Europese lande wat deur Duitsland gestut word om hul kulturele en menseregte te beskerm, die Turke in Duitsland, en so meer. Die Afrikaners het geen natuurlike oorsese ondersteuningsnetwerk wat hul stemme kan dikmaak as sake skeefloop nie.<\/p>\n<p>Afrikaners se historiese kultuurbande met Nederland het tydends die apartheidtyd ernstige skade opgedoen. Die Afrikaners se beeld in Brittanje en die VSA is op perverse wyse sodanig geskaad dat \u2018n strategiese aansluiting met daardie lande haas onmoontlik is.<\/p>\n<p>Tydens \u2018n gesamentlike sitting wat die Volkstaatraad met \u2018n tiental ambassadeurs van oorsese lande in die Ou Raadzaal in Pretoria gehad het, was dit net die Russiese gesant wat enige simpatie met die Raad se taak getoon het. Hy het verduidelik dat die Russe die staatkundige kwessies rondom etnisiteit wel deeglik begryp. In die Praagartikel Was Lenin en Verwoerd op dieselfde golflengte? beskryf ek hoedat Lenin en Stalin \u2018n beleid van etnofederalisme geformuleer en in Sowjet-Rusland toegepas het. Vir byna \u2018n eeu het Russe die erkenning van selfbeskikking aan etniese groepe, ja selfs vir die Russiese Jode, met hul moedersmelk ingekry. Hulle begryp dit dus en besef waaroor dit gaan.<\/p>\n<p>Waar liberaliste (soos die DA, bv.) erkenning van volksgroepe as verdelend en gevaarlik beskou en \u2018n multikultibenadering verkies, beskou federaliste soos die Russe dit as helend en saambindend vir die nasionale staat as geheel.<\/p>\n<p>Ek wil aan die hand doen dat ons weer na Rusland kyk. Afrikaners kan aan die Russe iets in Afrika bied wat geen ander Afrikavolk besit nie, naamlik \u2018n Europese ingesteldheid wat die vaardighede van \u2018n nywerheidsrewolusie deurgemaak het. Vir hul Afrikaprojek benodig die Russe ons kennis van Afrika-spesifieke landbou, water, energie, minerale verwerking, argitektuur, die mediese wetenskap, ensovoort.<\/p>\n<p>Ek voorsien dus \u2018n strategiese alliansie tussen Boere en Russe vir samewerking in Afrika, gevolg deur \u2018n kultuurverdrag wat die historiese bande tussen hulle weer sal verstewig.<\/p>\n<p>Intussen kan ons na kanaal 405, RT, vir uitstekende nuusmateriaal kyk.<\/p>\n<p>Lees ook Kobus Du Pisani se <a href=\"http:\/\/warandgame.wordpress.com\/2008\/09\/22\/book-review-the-russians-and-the-anglo-boer-war\/\">boekresensie<\/a>.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/polza-hamama\/\">#\u0418\u041c\u042f? \u0432\u0440\u0435\u0434<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.vlast.ua\/prokuratura-nachala-rassledovat-rekonstruktsiyu-pamyatnika-arhitektury-v-tsentre-harkova\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 110px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/wingard_johann.jpg\" width=\"110\" height=\"138\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\"> <\/div>\n<\/div>\n<p>Dit is fassinerend om op skotteltelevisie na kanaal 405, Russia Today (RT), te kyk. Nie vir sy goeie joernalistiek as sodanig nie, maar om te sien hoe &lsquo;n kapitalistiese Rusland vandag funksioneer. Oor baie jare moes ons hoor dat alles wat Russies is, taboe en verwerplik is. Nou wys die RT-kanaal &lsquo;n ander, moderner Rusland en bied &lsquo;n aangename kykervaring vir die oningeligtes. <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":16,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[5582,5585,5583,4948,5584,1668,21092,2078,5045,5586,5587],"class_list":["post-5214","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-n-strategiese-alliansie-tussen-boere-en-russe","tag-anglo-boer-war","tag-anglo-boereoorlog","tag-boere","tag-boers","tag-johann-wingard","tag-rubrieke","tag-rusland","tag-russia","tag-strategic-alliance","tag-strategiese-alliansie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5214","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/16"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5214"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5214\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}