{"id":5209,"date":"2009-07-14T10:49:51","date_gmt":"2009-07-14T10:49:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5209"},"modified":"2009-07-14T10:49:51","modified_gmt":"2009-07-14T10:49:51","slug":"twee-britte-tronk-toe-weens-rassisme-op-die-internet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5209","title":{"rendered":"Twee Britte tronk toe weens &#8216;rassisme op die internet&#8217;"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die twee mans het pamflette gedruk en het webwerwe in die VSA beheer waarop &quot;rassistiese stof&quot; gepubliseer is. Sheppard is aan 11 oortredings skuldig bevind en Whittle aan vyf. <\/p>\n<p>Nadat die mans verlede jaar in Julie deur die hof in Leeds skuldig bevind is, het hulle na die VSA gevlug in &#39;n poging om politieke asiel te bekom. &#39;n Hof in Los Angeles het egter bepaal dat hulle nie vir asiel in aanmerking kom nie en is hulle daarom terug gedeporteer Brittanje toe waar hulle so pas gevonnis is.<\/p>\n<p>Die Britse regter, Rodney Grant, het aan sowel Sheppard as Whittle ges&ecirc; dat hul geskrifte &quot;buitensporig en beledigend&quot; is en oor die potensiaal beskik om &quot;ernstige maatskaplike leed&quot; te veroorsaak. Volgens die regter, &quot;het oortredings soos di&eacute; uiteraard die potensiaal om ernstige maatskaplike leed te veroorsaak, veral in &#39;n samelewing soos ons s&#39;n wat reeds vir &#39;n hele aantal jare veelrassig is&quot;.<\/p>\n<p>Die ondersoek na Sheppard se bedrywighede het begin toe &#39;n klag oor &#39;n pampflet getitel, <a href=\"http:\/\/www.heretical.com\/holohoax\/\">Tales of the Holohoax<\/a>, by die polisie in 2004 ingedien is nadat dit onder die deur van &#39;n sinagoge in Blackpool gedruk is. Die pamflet is agterna teruggespeur na &#39;n posbus in Hull wat in die naam van Sheppard geregistreer is.<\/p>\n<p>Die polisie in Humberside het later &#39;n webwerf met &quot;rasopruiende stof&quot; gevind. Die twee mans het gedink dat hulle aan die Engelse reg kon ontkom omdat hul webwerf in die VSA geregistreer was.<\/p>\n<p>Om di&eacute; rede is hul skuldigbevinding &#39;n &quot;baanbreker&quot;, volgens Alil Khan, die hoof van diversiteit en gemeenskapsamehorigheid by die Humberside-polisie. &quot;Feit is dat ons nou gewys het dat jy n&ecirc;rens meer kan wegkruip nie; mense het daaragter geskuil dat die webbediener in die VSA was. Om rassehaat aan te blaas, is &#39;n misdaad wat te dikwels plaasvind. Di&eacute; tipe stof sal nie verdra word nie, soos wat die indringende ondersoek getoon het.&quot;<\/p>\n<p>Die hof het die standpunt ingeneem dat internetgeskrifte wat in Brittanje afgelaai kan word in di&eacute; land strafbaar is, ongeag in watter land die bediener verkeer. Weens die sogenaamde &quot;eerste wysiging&quot; aan die Amerikaanse grondwet, geniet Amerikaners steeds groter spraakvryheid as Britte of Europe&euml;rs om oor sensitiewe kwessies soos ras of die Joodse menseslagting tydens die tweede w&ecirc;reldoorlog kommentaar te lewer.<\/p>\n<p>Sheppard het reeds voorheen met Britse wette oor meningsvryheid gebots. Op 8 Junie 1999 is hy en David Hannam in Hull in hegtenis geneem omdat hulle rassistiese verkiesingsmateriaal ten behoewe van die Britse Nasionale Party (BNP) versprei het. Hy is dieselfde dag nog uit die BNP geskors (hoewel Hannam steeds lid van die party is en tans as senior bestuurder daarin dien) en is op 14 Junie 2000 in Hull deur &#39;n hof aan &quot;die publikasie of verpreiding van rassistiese stof&quot; skuldig bevind. Volgens Sheppard se eie webwerf, is hy by elke openbare biblioteek in Hull, asook by Hull-universiteit en Hull-kollege verbied &quot;bloot omdat hy &#39;n mening uitgespreek het&quot;.<\/p>\n<p>Sheppard het ook by herhaling &#39;n veldtog teen kommunisme en individue met kommunistiese neigings gevoer deur hul name op die internet op &#39;n webwerf genaamd &quot;Redwatch&quot; te publiseer. In di&eacute; opsig het hy die voorbeeld van linkse webwerwe gevolg wat graag name en foto&#39;s van regses publiseer ten einde hulle aan die kaak te stel en sosiaal te stigmatiseer. Blykbaar is http:\/\/www.redwatchonline.org steeds aktief hoewel die webwerf al &#39;n paar keer van adres verander het.<\/p>\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px; width: 228px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/whittle_stephen.jpg\" width=\"228\" height=\"299\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Stephen Whittle<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Maar Sheppard is onder ander andere tronk toe gestuur vir die reeks artikels wat hy onder die skuilnaam Luke O&#39;Farrell op die webwerf <a href=\"http:\/\/www.heretical.com\/\">Heretical.com<\/a> geskryf het, onder die titel <a href=\"http:\/\/www.heretical.com\/ofarrell\/jewworld.html\">Brave Jew World<\/a>. Hierin lewer hy veral satiriese kommentaar op die anti-blanke uitsprake van sommige linkse Joodse intellektuele soos Susan Sontag wat ges&ecirc; het: &quot;die blanke ras is die kanker van die menslike geskiedenis&quot;, asook die voormalige Harvard-akademikus No&euml;l Ignatiev wat &#39;n veldtog ten gunste van &quot;afskaffing van die blanke ras&quot; voer.<\/p>\n<p>In <a href=\"http:\/\/www.heretical.com\/ofarrell\/jewworld.html\">dieselfde bydrae<\/a>  beskuldig Simon Sheppard\/Luke O&#39;Farrell die leier van die Konserwatiewe Party, David Cameron, daarvan dat hy ook deur Joodse geld geborg word: &quot;Like Tony Blair, like Gordon Brown, he&rsquo;s traitorous and unprincipled to the core, working hard to usher in a Brave Jew World in which Susan Sontag&rsquo;s and No&euml;l Ignatiev&rsquo;s Marxist dreams come true: the cancer of human history is cut out, the white race is abolished, and we enter the rainbow paradise of racial harmony and equality we can see prefigured in Zimbabwe and South Africa.&quot;<\/p>\n<p>Dis onduidelik vir watter spesifieke uitspraak Simon Sheppard tronk toe gestuur is, maar Afrikaanse lesers sal waarskynlik saamstem dat die bogaande paragraaf, hoewel omstrede &#8211; maar is Sontag en Ignatiev se standpunte nie ook omstrede nie? &#8211; nie vier jaar en tien maande in die tronk verdien nie. Maar lees en besluit self oor Sheppard se misdadige rubrieke onder die skuilnaam Luke O&#39;Farrell.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online poker<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 200px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/sheppard_simon.jpg\" width=\"200\" height=\"209\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Simon Sheppard, het ook onder die skuilnaam Luke O&#8217;Farrell geskryf<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Twee Britse mans is vir die eerste keer tronkstraf opgel&ecirc; bloot weens rassistiese uitlatings in pamflette en op die internet. Simon Sheppard, 51, van Selby in Noord-Yorkshire is tot vier jaar en tien maande tronkstraf gevonnis en sy medepligtige, Stephen Whittle, 42, van Preston is tot twee jaar en tien maande in die gevangenis veroordeel.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,5562],"class_list":["post-5209","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-twee-britte-tronk-toe-weens-rassisme-op-die-internet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5209","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5209"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5209\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5209"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5209"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5209"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}