{"id":518,"date":"2007-06-07T00:00:00","date_gmt":"2007-06-07T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=518"},"modified":"2007-06-07T00:00:00","modified_gmt":"2007-06-07T00:00:00","slug":"afrikaners-isoleer-ons-onsself","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=518","title":{"rendered":"Afrikaners: Isoleer ons onsself?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n Ge-Google kon nie aandui of daar &rsquo;n werklike plaasvervanger vir <em>Insig<\/em> is nie, met ander woorde, &rsquo;n tydskrif of selfs &rsquo;n webtuiste waar Afrikaners in Afrikaans kan lees oor presies wat in die w&ecirc;reld aangaan nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ons hoor immers dat die w&ecirc;reld danksy die tegnologie by wyse van spreke &ldquo;gekrimp&rdquo; het. Wat in een deel van die w&ecirc;reld aangaan, is blitsig op die TV-skerms en in die sitkamer van iemand aan die ander kant van die w&ecirc;reld. E-pos word blitsig die w&ecirc;reld vol gestuur.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar beteken dit dat die Afrikaner se horisonne verbreed word?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kom ons neem &rsquo;n voorbeeld. Vanjaar is dit 100 jaar sedert die bekendste Noorse komponis, die w&ecirc;reldberoemde Edvard Grieg, dood is. Dis presies 300 jaar sedert die geboorte van die w&ecirc;reldbekende Sweedse botanikus, Carl Linn&eacute; (Carolus Linnaeus). Linn&eacute; het &rsquo;n groot invloed op die klassifikasie en identifikasie van die Kaapse flora gehad.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis vanjaar presies &rsquo;n duisend jaar sedert die eerste ernstige poging aangewend is om &rsquo;n Christen-nedersetting in die Amerikas te vestig.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En dis presies 10 jaar sedert&nbsp; prinses Diana verongeluk het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wat haal die Afrikaanse gedrukte media?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die voorbeelde wat genoem is, is te uitsonderlik. Kom ons noem &rsquo;n paar ander.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Groot getalle veral jong Afrikaners bevind hulle nou in diaspora. Tipiese w&ecirc;reldburgers, want hulle sien kans om met mense in hul eie lande te gaan meeding. Hulle is dus goed oor toestande, leiers, ens. in daardie lande ingelig. Reg?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Prik u gedagtes. Sedert Joop den Uyl, Juan de Peron, Salvador Allende of Pinochet, Oalf Palme, Idi Amin, Kenneth Kaunda, Leabua Jonathan, Hastings Banda, koning Mosjesj II en Julius Nyerere &ndash; wie is nou die staats- en regeringshoofde van hul betrokke lande?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As u al die huidiges ken, is u voorwaar net so raar soos iemand wat geweet het van al die besondere herdenkings wat in die inleiding genoem is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die ironie is dat die name wat wel onthou word, dateer uit die isolasiejare. Afgesien van die politieke en kulturele isolasie, was daar ook nie internet en selfs fakse nie. Sms&rsquo;e het ook nog nie bestaan nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As u dink die voorbeelde hierbo genoem was om die verkeerde redes bekend &ndash; dink bietjie of u weet wie is nou in beheer in die lande van mense met name soos Bandenereika, Ramgoolan, Meir, Buthu en Ghandi?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Met die ontvoering van Suid-Afrikaners in Nigeri&euml;, hoeveel mense weet wat is die naam van die hoofstad van di&eacute; land? Dis terloops al baie lankal nie Lagos nie, as u gedink het u het darem een puntjie losgeslaan.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Of wie kan met sekerheid s&ecirc; wat is die naam van Tanzani&euml; se hoofstad? Toegegee, die meeste bronne dui Dar es Salaam aan, maar die land se eie bronne dui Dodoma aan &ndash; al van 1972 af.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As u nie geweet het nie, is u in goeie geselskap. In Suid-Afrika is daar &rsquo;n nasionale TV-nuusdiens wat nie weet wat die naam van Suid-Afrika se hoofstad is nie. Vir iemand wat op tegniese korrektheid ingestel is, steek die verkeerde naam wat gebruik word soos &rsquo;n ystervarkpen dwars in &rsquo;n mens se sluk, en &rsquo;n mens se wrewel teen di&eacute; uitsaaimedium groei by die dag.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Of kyk maar hoe u in &rsquo;n algemenekennistoets uit &rsquo;n tydskrif vaar as u nie in Hollywood, die Britse koningshuis, sepies en popmusiek belangstel nie. Beslis nie baie goed nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ons het nou simptome van &rsquo;n aktualiteitskennisarme Afrikaner ge&iuml;dentifiseer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die vraag is hoekom?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Het die maklike toegang tot inligting deur byvoorbeeld die internet &rsquo;n soortgelyke effek op &rsquo;n mens se vermo&euml; om inligting te onthou as wat &rsquo;n sakrekenaar het op &rsquo;n mens se vermo&euml; om somme te maak? Of het daar &rsquo;n blote vervlakking ingetree?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Meningspeilings het onlangs aangetoon dat &rsquo;n baie groot persentasie Suid-Afrikaners nie glo dat Vigs &rsquo;n siekte is nie en heelwat wat glo dat dit genees kan word. Net so het &rsquo;n baie groot deel aangedui dat hulle nie glo dat rook sleg vir &rsquo;n mens se gesondheid is nie. Dit lyk asof Afrikaners oor hierdie aspekte effe beter ingelig is as die gemiddelde Suid-Afrikaner, maar daar is tog rillerstories in omloop oor tot elfjarige kinders uit Afrikanergesinne wat Vigs weens &rsquo;n onverskillige houding opdoen &ndash; of uit onkunde.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Agter die skole se skietbane se mure is daar ook nie &rsquo;n tekort aan Afrikanerkinders wat dampies maak nie. Onkunde? Groepsdruk?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die alarm het &rsquo;n paar dekades gelede vir my afgegaan. Destyds het die <em>Volksblad<\/em> &rsquo;n vakature vir &rsquo;n verslaggewer gevul. Die proffie in Kommunikasiekunde was ontstoke oor sy stermeestersgraadstudent oor die hoof gesien is ten koste van &rsquo;n dame wat &rsquo;n B.Iur (driejarige regsgraad) voltooi het. Die redakteur het verduidelik dat die Kommunikasiekundestudent nie van die hoogs emosionele tussenverkiesing wat destyds in Parys plaasgevind het, geweet het nie. Sy kon ook nie die politieke partye noem nie. Sy het, kortom, nie die <em>Volksblad<\/em> se aktualiteit gelees nie, maar wou tog daar gaan werk.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Later, toe as redakteur, is ek gereeld deur jong verslaggewers &ldquo;aangevat&rdquo; oor woorde en feite wat glo nie sou bestaan het nie. Almal het taalkunde geneem, en was briljant, maar sekere voor die hand liggende woorde het hulle gewoon nie geken nie en gestry dat dit nie bestaan nie tot dit in die woordeboek vir hulle gewys is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Van die feite waarmee hulle gestry het, het hulle, volgens hulself, op universiteit geleer. Hulle was dus nie spontaan vatbaar vir die idee dat dit verkeerd kon wees nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dan praat &rsquo;n mens nie oor sekere propaganda, romantiek of dergelike wat nou klakkeloos as feite aangebied word nie. Vra byvoorbeeld vir &rsquo;n jong Suid-Afrikaner (en dalk selfs al &rsquo;n ouer een) waaroor die Soweto-onluste gehandel het. Heel waarskynlik sal aangevoer word dat dit was omdat Afrikaansmediumonderrig afgedwing is &ndash; iets wat blote fabel is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Sekere media is op &rsquo;n manier onder regeringsbeheer en daarom sal &rsquo;n mens byvoorbeeld nie sommer hoor dat die laaste apartheidswet al &rsquo;n hele ruk voor 1994 afgeskaf is nie, en dat daar nou baie meer rassewette is as wat daar in 1994 was. Dit, ten spyte daarvan dat die vreeslike sensitiwiteit om politiek korrek te probeer wees, nou al taamlik oudmodies is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar dit lyk asof die skade reeds gedoen is. &rsquo;n Jong geslag Afrikaners gaan die toekoms in, reeds gebreinspoel met verkeerde feite wat hul samestelling onderspan. Dis natuurlik nie die eerste keer wat dit met Afrikaners gebeur nie. Lees van hul ouers se bronne oor die Afrikaner se geskiedenis, soos die Drie Eeue-reeks, en dan lees &rsquo;n mens van die swart en bruin mense wat in die Bloedrivierlaer was. In heelwat latere bronne het di&eacute; inligting ontbreek. So was baie Afrikaners verbaas om van die swart konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog te verneem, terwyl dit &rsquo;n paar dekades gelede wel deel van die skoolleerplanne was. Ouer bronne dui aan dat dit moontlik is dat Bloemfontein sy naam van &rsquo;n Koranna-kaptein, Jan Bloem, gekry het. Van hierdie bronne is ouer as die bronne wat dit aan blomme by die fontein wil toedig en baie oortuigend. Tog vermeld latere, &ldquo;gesaghebbende&rdquo; bronne, hierdie variant nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">In ou bronne lees ons dat Columbus by die Yslanders van die bestaan van Amerika verneem het, en selfs hoe ver dit is, terwyl latere bronne om die dood gestry het dat die Noormanne ooit die Amerikas bereik het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die verskil is nou dat die werklike feite omtrent net so beskikbaar is as die verdraaiings. Veral die internet bied toegang tot amper enige inligting oor enige onderwerp, kaf ingesluit.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om inligting by die gemeenskap te kry, is nie so maklik nie. Dit is wel dikwels moontlik om dit uitgesaai en gepubliseer te kry, maar dan beleef &rsquo;n mens die frustrasie dat dit nie inslag vind nie. &rsquo;n Paar jaar gelede was ek as Vrystaatse inligtingsbeampte betrokke by die bemarking van die komende nasionale sensus. In &rsquo;n stadium was dit onder meer al oor die TV uitgesaai, dit was op die grootste tweetalige kommersi&euml;le uitsaaier in die provinsie, dit was al in Volksblad. Maar bloedweinig Afrikaners het daarvan geweet. Dieselfde probleem is landswyd ervaar. Planne is toe gemaak om dit via een van die sepies bekend te stel &ndash; die sensus iewers in die teks in te werk.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Gelukkig&rdquo; bars die kondoombom toe. &rsquo;n Verslaggewer ontdek daar word ook kondome in die toerustingpakkies van die sensusopnemers geplaas. Hierdie debakel maak dat almal dadelik van die sensus weet.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit spreek vanself dat politieke partye &rsquo;n frustrasie sal ervaar as die kiesers &rsquo;n aktualiteitsonkunde beleef. Sommige van die groter partye kan wen hierdeur, want die mense weet darem in die algemeen van hulle. Weens die algemene onkunde kan mense vir partye stem wie se beleid maar min raakvlakke met hul eie oortuigings toon.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die probleem sny egter in as dit kom by kleiner partye wat baie spesifieke doelstellings nastreef. Ek skryf dikwels onder my eie naam oor &rsquo;n wye verskeidenheid onderwerpe. Heelwat word gepubliseer of uitgesaai. Tog sou &rsquo;n mens nie verwag dat iemand jou naam plaas, maar nog nooit van die ACDP gehoor het nie. Dit het al met my gebeur. Konstante bekendstelling is dus noodsaaklik, maar dit het &rsquo;n baie klein uitwerking per geleentheid, waarskynlik omdat die Afrikaner en ander kiesers se aktualiteitsbelangstellingsvelde so beperk is.<\/span><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/\">promote my instagram<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die nuus dat die Afrikaanse tydskrif<em>, Insig<\/em>, sluit, het &rsquo;n rimpeling onder Afrikaners veroorsaak. Die rimpeling was so beduidend dat daar selfs lykskouing gehou is. Die debat, soos ek dit waargeneem het, het veral gehandel oor of die versepie-proses van <em>Insig<\/em> die oorsaak of die gevolg van sy sluiting was.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Heelwat meen die redaksie het dit versepie om dit te probeer red, maar dat dit beteken het: die skrif was reeds teen die muur.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[627,21096,626],"class_list":["post-518","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c41-briewe","tag-afrikaners-isoleer-ons-onsself","tag-s10-briewe","tag-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/518","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=518"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/518\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=518"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=518"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=518"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}