{"id":5133,"date":"2009-07-01T13:16:31","date_gmt":"2009-07-01T13:16:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5133"},"modified":"2014-05-27T12:06:12","modified_gmt":"2014-05-27T10:06:12","slug":"afrikaans-gaan-uit-die-howe-verdwyn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5133","title":{"rendered":"Afrikaans gaan uit die howe verdwyn"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">deur JMT Labuschagne<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Almal wat al skaak gespeel het, weet hoe dit werk: Jy skuif eers stil-stil jou stukke in plek voordat jy die finale skuif maak en jou opponent die nekslag toedien.Sulke stadige skuiwe van pionne sien ek tans in die ANC se planne vir die regswese. Voordat Afrikaners dit weet, gaan die ANC ons skaakmat om Engels as enigste voertaal in ons howe te aanvaar.<\/p>\n<p>Twee onlangse voorvalle het my aan hierdie \u201consigbare\u201d strategie herinner. In die een het \u2019n swart advokaat in die Kaapse hooggeregshof daarop aangedring om sy kruisondervraging in Zoeloe te doen.<\/p>\n<p>Op die oog af lyk dit of hy \u2019n slag vir veeltaligheid in ons land geslaan het, maar eintlik is die teendeel waar. Sy versoek was uit verset omdat die advokaat van die ander party in die saak sy ondervraging in Afrikaans gedoen het.<\/p>\n<p>Ek het al telkens gesien dat swart prokureurs di\u00e9 tegniek gebruik om hulle te verset teen die gebruik van Afrikaans in die howe. Die agenda agter di\u00e9 optrede is om Afrikaners te dwing om \u2019n kompromie te tref.<\/p>\n<p>Almal wat al litigasie gedoen het, weet dit is erg frustrerend om deur middel van \u2019n tolk kruisondervraging te moet doen. Die meeste mense sien nie daarvoor kans nie, met die gevolg dat Afrikaanse regslui maar liewers oorslaan na Engels om die gesukkel te vermy.<\/p>\n<p>In die tweede voorval wat my laat dink het aan di\u00e9 skaakspel met taal, het ek na \u2019n uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria geluister. \u2019n Wit, Afrikaanse prokureur het voor \u2019n swart regter en \u2019n assessor verskyn oor die skrapping van \u2019n prokureur van die rol van prokureurs.<\/p>\n<p>Die verrigtinge en die stukke was in Engels, soos maar deesdae die geval in Suid-Afrikaanse howe is. In \u2019n stadium het die prokureur versoek om \u2019n dokument aan die hof voor te lees en het om verskoning gevra dat dit in Afrikaans is.<\/p>\n<p>Die regter het toe \u2019n lang toespraak afgesteek oor hoe hy hoop mense sal mekaar nou tegemoet kom in Suid-Afrika en \u2019n pragmatiese antwoord op die taalprobleem vind. Hy het n\u00e1 die aandrang op die gebruik van moedertaal in die howe as \u201cpolitiekery\u201d verwys. Sy uitdruklike woorde was dat mense Engels in die howe moet gebruik om politiekery oor taal te oorkom.<\/p>\n<p>Wat tans gebeur, is dat swart regslui eenvoudig nie Afrikaans in die howe gebruik nie \u2013 trouens, hulle maak dikwels beswaar teen ander se gebruik daarvan. Die enigste geval waar die gebruik van Afrikaans nie in die gedrang kom nie, is waar al die partye Afrikaans is.<\/p>\n<p>Die realiteit is dat die meeste Afrikaanse prokureurs nie kans sien vir konfrontasie oor die gebruik van Afrikaans en vir die probleme met tolking nie, en dan volg hulle maar die maklike weg deur Engels te gebruik.<\/p>\n<p>Daar is nog \u2019n probleem vir Afrikaans in die howe: dit is gemene saak dat die nuwe regters in die hooggeregshowe net nie meer regsartikels en ander regsbronne in Afrikaans lees nie. Die gevolg is dat dit vir \u2019n akademikus nie meer sin maak om in Afrikaans te skryf nie omdat dit nie neerslag sal vind in die regspraktyk nie.<\/p>\n<p>En ongeag wat enigiemand dalk tot die teendeel beweer: \u2019n Skrywer skryf om gelees te word.<\/p>\n<p>My wyse ou vader, \u2019n professor in die regte, het gedurende sy redelik kort leeftyd van 62 jaar \u2019n enorme uitset van regsnavorsing gehad. Hy het nougeset net in Afrikaans geskryf en sou alleen op spesiale versoek in Engels skryf.<\/p>\n<p>Die oorgrote meerderheid van sy regsbronne was uit Nederland, Duitsland en die Skandinawiese lande. (Dit is terloops een enorme voordeel van Afrikaans: die Germaanse taal maak dit maklik om Duits aan te leer en Nederlands te verstaan \u2013 iets waarop die enkeltalige Engelse glad nie aanspraak kan maak nie.)<\/p>\n<p>Die regstelsels op die Europese vasteland, veral di\u00e9 van Nederland en Duitsland, is hoogs ontwikkeld en baie verlig in teenstelling met die regspraak in die Engelssprekende w\u00eareld, wat maar nog op \u2019n baie agterlike vlak funksioneer. S\u00f3 het sommige Amerikaanse state nog \u2019n verbod op sodomie tussen toestemmende volwassenes, en dit in die 21ste eeu!<\/p>\n<p>My pa het altyd ges\u00ea \u2013 en dit maak goed sin \u2013 dat hy alles kan lees wat die Engelssprekende regsgeleerdes in Suid-Afrika kan lees plus hy kan Nederlands en Duits lees \u2013 wat hulle nie kan lees nie. Gevolglik is sy kennisw\u00eareld soveel wyer as die Engelssprekende s\u2019n.<\/p>\n<p>As ons Afrikaans in die howe verloor, verloor ons hierdie voordeel.<\/p>\n<p>Dit bring my by \u2019n verdere probleem vir die regspleging in Suid-Afrika: die verengelsing van ons regsdenke. Omdat so baie van die nuwe regstudente net Engels verstaan, gaan studeer hulle ook net aan Engelse universiteite oorsee. Die Germaanse, kontinentale w\u00eareld bly vir hulle \u2019n vreemde w\u00eareld, met die gevolg dat die Engelssprekende w\u00eareld se idees maar net so oorgeneem word in ons land.<\/p>\n<p>Die groot vraag is: Is die Engelssprekende w\u00eareld dan so prysenswaardig dat ons dit net so wil oorneem?<\/p>\n<p>Ek dink nie so nie. Die Britte is die gewelddadigste gemeenskap in Europa, terwyl die Amerikaners op daardie gebied sommer nommer een in die hele Westerse w\u00eareld is. Hoekom sou ons hulle wil na-aap?<\/p>\n<p>Die ANC se strategie is eenvoudig: Hy gaan die argument van \u201cdit is bloot prakties\u201d gebruik om ons howe te verengels. Dit gaan \u2019n \u201cpraktiese\u201d kompromie wees om die reg eerder in Engels te bedryf as om aan al die ander landstale gelyke status te gee.<\/p>\n<p>Pro-Afrikaanse aksies vanuit ons gemeenskap is meestal toegespits op \u2019n strategie wat eenvoudig nie kan werk nie: Hulle probeer polities-korrek wees deur kampvegters te wees vir die reg van alle amptelike landstale om in die howe gebruik te word. Maar di\u00e9 strategie speel in die hande van die ANC, want die praktiese werklikheid is dat dit onmoontlik is om elf tale in die howe te gebruik. Dit sal net tot gevolg h\u00ea dat almal \u201cuit praktiese oorwegings\u201d Engels as die enigste hoftaal sal aanvaar.<\/p>\n<p>Wat stel ek dan voor? Dat ons moet veg vir die status quo soos dit nog altyd bestaan het. Hou ons howe Afrikaans en Engels.<\/p>\n<p>Ek kan onmiddellik die koor van verontwaardiging uit linkse kringe oor di\u00e9 voorstel hoor opklink, want hoe durf ek immers Afrikaans erkenning in die howe wil gee maar nie die ander inheemse tale nie? Daar is egter goeie, rasionele argumente vir hierdie plan. In die eerste plek kan \u2019n mens nie byvoorbeeld Zoeloe en Afrikaans op dieselde voet plaas nie. Zoeloe het geen geskrewe regsbronne nie en dit was ook nog nooit \u2019n amptelike taal van \u2019n moderne staat nie.<\/p>\n<p>Zoeloe-regspraak is beperk tot stamadministrasie. Uitsprake is egter nooit genotuleer nie en kan dus nie \u2019n betroubare bron vir regspleging wees nie.<\/p>\n<p>Afrikaans daarenteen (via Nederlands) word sedert 1652 al in howe gebruik. Die Afrikaanse regspraak het \u2019n ryke tradisie wat teruggevoer kan word na Nederlandse skrywers soos Voet, Grotius en andere wat weer h\u00fal geskiedenis kan terugvoer na die Romeinse ryk. Die Romeine het \u2019n formidabele regstelsel gehad waarmee weinig ander regstelsels kan vergelyk.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se ander landstale (uitgesluit Engels) kan eenvoudig nie dieselfde aanspraak maak nie.<\/p>\n<p>Daarbenewens verbind Afrikaans ons met die groot regstelsels van Nederland en Duitsland (soos wat ek hierbo verduidelik het), wat \u2019n ryke toevoeging tot die Suid-Afrikaanse regspraak kan wees. Die insette van sulke verligte, gesofistikeerde gemeenskappe kan net tot ons voordeel wees.<\/p>\n<p>Die inheemse regstelsels, daarenteen, is onderontwikkeld, patriargaal en outorit\u00ear. Dit sal nie tot voordeel van ontwikkeling in Suid-Afrika wees om byvoorbeeld lobola deel van ons reg te maak nie. Dit kan nie inpas in ons handves van menseregte nie.<\/p>\n<p>Hierdie pleidooi vir die ou tweetaligheidsbedeling in ons howe gaan ongelukkig op dowe ore val. As ek my mag verstout om waars\u00eaer te speel,voorspel ek dat Afrikaans binne die volgende jaar amptelik in ons howe afgeskaf gaan word.<\/p>\n<p>Die proses kom al van 1994 af. Stil-stil word die stukke so geskuif sodat die skaakmat onafwendbaar word.<\/p>\n<p>Dit het begin met die verengelsing van De Rebus \u2013 prokureurs landwyd se regstydskrif \u2013 en die onsuksesvolle veldtog van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans om dit te keer.<\/p>\n<p>Die amptelike nekslag vir Afrikaans as hoftaal sal binnekort toegedien word. En wat gaan die gewone Afrikaner daaromtrent doen? Niks.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">video slot<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur JMT Labuschagne Almal wat al skaak gespeel het, weet hoe dit werk: Jy skuif eers stil-stil jou stukke in plek voordat jy die finale skuif maak en jou opponent die nekslag toedien.Sulke stadige skuiwe van pionne sien ek tans in die ANC se planne vir die regswese. Voordat Afrikaners dit weet, gaan die ANC &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5133\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaans gaan uit die howe verdwyn&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[5306,21105,5307,21095,5308],"class_list":["post-5133","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle","tag-afrikaans-gaan-uit-die-howe-verdwyn","tag-s32-feuilleton","tag-litigasie","tag-s9-opstelle","tag-tolk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5133","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5133"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5133\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}