{"id":5092,"date":"2009-06-25T03:01:47","date_gmt":"2009-06-25T03:01:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5092"},"modified":"2009-06-25T03:01:47","modified_gmt":"2009-06-25T03:01:47","slug":"is-die-onderwysbegroting-n-mors-van-geld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5092","title":{"rendered":"Is die onderwysbegroting &#8216;n mors van geld?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Feit is dat onderwys in Suid-Afrika in &#39;n krisis verkeer. Hoe meer geld in die stelsel gestort word, hoe swakker vaar dit.<\/p>\n<p>Statistieke wat die prestasie van leerders na gelang van taal en ras ontleed, is nie beskikbaar nie. Heel waarskynlik vaar blanke Afrikanerkinders in voormalige model C-skole veel beter as die gemiddeld vir die land. Maar dis geen rede om houtgerus te voel nie, want die gemiddelde kind op skool vandag is nie in staat om Afrikaans korrek te skryf en selfs te praat nie, terwyl wiskundeprestasie selfs in Afrikaanse skole nog veel te wense oorlaat.<\/p>\n<p>&#39;n Rasionele minister van finansies sou lankal die onderwysstelsel as &#39;n mislukking geskrap het. Waarskynlik leer die meeste kinders meer van hul ouers, van die televisie of reklameborde langs die pad as op die skoolbanke waar ongemotiveerde en ondergekwalifiseerde onderwysers in tradisionele lokasieskole hul salarisse as net nog &#39;n pasella toelaag van die staat sien.<\/p>\n<p>Die ironie is natuurlik dat Afrikaner- en ander blanke kinders uit die skole waar onderwys steeds volgens tradisionele norme geskied n&aacute; skool gestraf word deur transformasiewette en regstellende aksie. Skole wat presteer, word verder ook deur die staat finansieel gekortwiek deur &#39;n skamele subsidie aan hulle te betaal terwyl die ouers die skole moet onderhou, asook &#39;n groot deel van onderwysers se salarisse moet betaal.<\/p>\n<p>Dit alles geskied in die naam van rassegelykheid wat in Suid-Afrika met &#39;n groter ywer nagestreef word as wat klassegelykheid ooit in die Sowjetunie of Mao&iuml;stiese China nagejaag is.<\/p>\n<p>Pogings van die staat om blanke leerlinge te benadeel en swart leerlinge te bevoordeel, het &#39;n onhoudbare situasie geskep waar gedissiplineerde en opgeleide studente n&aacute; skool nie mag werk nie. Die kwekelinge van uitkomsgebaseerde onderwys waarvan 8 uit 10 nie kan lees en skryf of somme kan doen nie, is egter verseker van poste in sowel die private as openbare sektore, suiwer op grond van ras.<\/p>\n<p>Vir die meerderheid leerders in die land het onderwys reeds in duie gestort. Die vraag is hoe lank die Suid-Afrikaanse ekonomie die perversiteit van transformasie en diskriminasie teen die klein minderheid geskoolde jongmense sal kan verdra voordat dit ingsgelyks in duie stort.<\/p>\n<p>Transformasie is veel erger as kommunisme. Hoewel 100 miljoen mense in die twintigste eeu deur kommuniste gedood is en die ekonomie&euml; van ontwikkelde lande daardeur gestrem is, het onderwys steeds min of meer in kommunistiese lande geslaag. Boonop was dit gratis.<\/p>\n<p>Transformasie-onderwys smyt egter R140 miljard per jaar in die asblik, waarskynlik omdat die owerheid meen dat rassewetgewing poste verseker. In die droomw&ecirc;reld van transformasie, is kundigheid en &#39;n opgeleide bevolking onnodig solank as wat die kwotas en ander ideologiese oogmerke van die ANC-bewind afgedwing kan word.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free casino no deposit bonus<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die nuus dat agt uit elke tien Suid-Afrikaanse skoolleerlinge in gr. 3 en gr. 6 verlede jaar &quot;minder as 50% vir wiskunde en taalvaardighede behaal het&quot;, is skokkend. D&iacute;t, in weerwil van die R140,4 miljard wat in die huidige boekjaar aan onderwys toegewys is.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,5190,21093,4817,4772,266,4835],"class_list":["post-5092","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-is-die-onderwysbegroting-n-mors-van-geld","tag-s7-menings","tag-onderwys","tag-ras","tag-rassisme","tag-transformasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5092","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5092"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5092\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5092"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5092"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5092"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}