{"id":5060,"date":"2009-06-19T03:28:28","date_gmt":"2009-06-19T03:28:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5060"},"modified":"2009-06-19T03:28:28","modified_gmt":"2009-06-19T03:28:28","slug":"geestelike-apartheid-en-ons-identiteitlose-land","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5060","title":{"rendered":"Geestelike apartheid en ons identiteitlose land"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Apartheid, veral in sy internasionale, stereotipiese en mitiese gedaante, is &#39;n te nuttige begrip om in 1994 te gesterf het. Die apartheidsindustrie &#8211; in die politiek, die akademie en op ander terreine &#8211; begin nou eers momentum kry.<\/p>\n<p>Een van die hoofredes hiervoor is Suid-Afrika se identiteitloosheid. Ons kyk na Amerikaanse programme op TV, ry Duitse of Japannese motors, dra Chinese klere en praat Britse Engels met &#39;n verskeidenheid Bantoe-, Indi&euml;r-, kleurling- en Boere-aksente.<\/p>\n<p>Die enigste volksgroep in die land met &#39;n gedefinieerde sosiale en kulturele identiteit is die Afrikaner; vandaar die vyandigheid jeens Afrikaners en Afrikaans, want die identiteitlose &quot;Suid-Afrikaners&quot; beje&euml;n ons met nyd en jaloesie omdat ons op &#39;n werklik inheemse en plaaslike identiteit kan aanspraak maak.<\/p>\n<p>Solank as wat Suid-Afrikaners identiteitloos bly, neokoloniale onderdane van die Anglo-Amerikaanse ryk wat hul gehoor met plastiekbeuels genaamde &quot;vuvuzelas&quot; by sokkerwedstryde moet beskadig om &quot;Suid-Afrikaans&quot; te voel, solank sal daar &#39;n behoefte aan eindelose ontledings en dermuitrygery oor apartheid wees.<\/p>\n<p>Soos die Franse joernalis Stephen Smith in sy boek <em>Negrologie<\/em> geskryf het, word die identiteit van postkoloniale Afrikastate uit hul stryd en opposisie teen die voorafgaande koloniale kultuur gevorm. So is dit ook in Suid-Afrika, waar die sogenaamde &quot;stryd teen apartheid&quot; (wat rojaal vanuit Brittanje en Swede befonds is) die identiteit van die nuwe Suid-Afrika bepaal het.<\/p>\n<p>Vir die meeste mense is dit moontlik &#39;n filosofiese begrip wat nie maklik verstaanbaar is nie, maar Suid-Afrika beskik slegs oor &#39;n negatiewe soort anti-identiteit. Die niet van die Suid-Afrikaanse inbors word gedeeltelik deur anti-apartheid gevul, maar die vakuum wat oorbly is soos &#39;n swart gat wat alles verterend na hom toe aantrek.<\/p>\n<p>Vandaar die durende behoefte aan wat die Australiese immigranteprofessor &quot;geestelike apartheid&quot; noem. Brit, Bantoe, kleurling, Indi&euml;r en verengelsde Boer ly almal aan geestelike apartheid en het behandeling nodig.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaners gaan nog vir jare, dekades en moontlik eeue hul liefdehaatverhouding met apartheid in al sy variante bely.<\/p>\n<p>Afrikaners sal afstand oor hierdie gedruis moet kry en dit met ironie en humor moet begin beskou, soos die absurde teaterspel wat dit in werklikheid is.<\/p>\n<p>Die keersy van die neulende nostalgie oor apartheid is egter &#39;n vorm van verdrukking en rassisme wat veel erger as historiese apartheid is. Mense noem dit &quot;transformasie&quot;.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/16-arkhitekturnoe-osveshchenie\">\u0432\u0438\u0434\u044b \u0430\u0440\u0445\u0438\u0442\u0435\u043a\u0442\u0443\u0440\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/12.10.2017\/aviadostavka_gruzov_spetsifika_preimuschestva_i_tovary\">topcargo \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Gister het &#39;n Suid-Afrikaanse sielkundige wat reeds Australi&euml; toe ge&euml;migreer het aan &#39;n gehoor by die universiteit van die Witwatersrand ges&ecirc; dat &quot;geestelike apartheid&quot; in Suid-Afrika voortduur.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[5024,21107,21093],"class_list":["post-5060","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-geestelike-apartheid-en-ons-identiteitlose-land","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5060","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5060"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5060\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5060"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5060"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5060"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}