{"id":506,"date":"2007-06-03T00:00:00","date_gmt":"2007-06-03T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=506"},"modified":"2007-06-03T00:00:00","modified_gmt":"2007-06-03T00:00:00","slug":"scheinheiligendamm","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=506","title":{"rendered":"&#8216;Scheinheiligendamm&#8217;"},"content":{"rendered":"<div>Bob het sy kans benut om 24 bladsye van linkse, na\u00efewe en sensasiebelaaide Britse propaganda aan die Duitse bouer, vragmotorbestuurder en handearbeider op te dis. Die voorbladopskrif en foto van &#8216;n uitgeteerde swart gillende kind, was alles behalwe skugter: <em>Dertigduisend mense sterf elke dag in Afrika van armoede<\/em>.<\/div>\n<div><\/div>\n<div>In nog groter letters, swart, wit en rooi: <em>Hou op daarmee, NOU!<\/em>, asof elke Duitse leser persoonlik verantwoordelik is vir die haglike toestand. Trouens hy vra sommer &#8216;n bladsy of wat later reguit of die Duitsers hulle nie erg skaam nie. <\/p>\n<p> Om die polities-korrekte inhoud beter te onderstreep moes die gebruiklike kaalmeisie ook verdwyn om plek te maak vir halfgeklede en honger swartes. Die enigste erotiese boodskappe was van Duitse sterre wat skynbaar &#8216;n liefdesverhouding met Afrika vertroetel. <\/p>\n<p> Vir model Bettina Zimmermann (28) is dit &#8220;Afrika mon amour&#8221;, terwyl die brandmaer Claudia Schiffer nie genoeg kan kry van die &#8220;towerstof&#8221; wat die kontinent aan modemateriaal produseer nie. <em>Lor\u00e9al<\/em>-meisie Schiffer was onlangs in die nuus nadat daar bespiegel is dat sy &#8216;n anoreksie-lyer is.<\/p>\n<p> Dit was alles te lese onder &#8216;n foto van &#8216;n poedelnaakte Alek Wek, w\u00eareldbekende model wat spog met &#8216;n huidkleur wat blouswart is. Akteur Matt Damon kon sy &#8220;woede&#8221; elders skaars beteuel toe hy verneem dat &#8216;n kind in Afrika elke 15 sekondes sterf omdat skoon drinkwater ontbreek.<\/p>\n<p> &#8216;n Hele paar moes by die lees daarvan sekerlik gedink het dat die Axel Springer-koerant al lankal &#8216;n verleentheid is, al is dit net vir die skaamtelose manier waarop hulle daagliks enige onderwerp behandel. Maar die oormaat selfvertroue waarmee die Britte die Duitsers takseer, was waarskynlik &#8216;n groter bron van irritasie as die gewone kitsch waartoe <em>Bild<\/em> in staat is.<\/div>\n<div><\/div>\n<div>Die <em>Rat<\/em> van <em>Boomtown<\/em> het n\u00e1 afloop van die oefening dit as harder werk as wat hy gedink het beskryf, maar sy blinde selfvoldaanheid was steeds onaangetas. &#8220;Ek dink ons het vandag &#8216;n koerant geskep wat die Duitse politiek en die lewens van miljoene mense kan verander,&#8221; het hy in sy skik ges\u00ea.<\/p>\n<p> Bob het byvoorbeeld nie eers die moeite gedoen om uit te vind watter Duitse hulporganisasies reeds in Afrika betrokke is nie, maar eerder gesteun op sy eie, soms irrelevante, visuele materiaal. By die voorbladfoto is van die w\u00eareld se prominente gesigte uitgestal waaronder di\u00e9 van George Bush. Natuurlik een en almal vriende van Blair, maar geen Duitser sal Bush vir &#8216;n Afrika-vriend aansien nie.<\/p><\/div>\n<div> Die Amerikaanse president se gewildheid is tewens besonder laag in Duitsland vanwe\u00eb die feit dat hy wegskram van klimaatsbestuur en sy afgelope toespraak daaroor is met groot teleurstelling begroet. Desnieteenstaande is die <em>Bild<\/em> ook versier met drie bladsye van die ongewilde Bush wat so veel vir Vigs in Afrika doen. Dat dit op &#8216;n fiasko afstuur in SA agv van die eiesoortige benadering waarvoor ons gesondheidsminister bekend is, word n\u00earens genoem nie.<\/p>\n<p> Die <em>Bild<\/em>-gasredakteur se kinderlike kragtoer waaroor <em>Beeld <\/em>&#8211; die name is ook dieselfde! &#8211; so positief berig, was sonder einde. Hy het weer herhaal dat hulp &#8220;belowe&#8221; is en beloftes moet nagekom word. Dit weet elke drie-jarige kind. Behalwe Naomi Campbell en Kofi Annan is elke ander swarte in Afrika volgens die <em>Live Aid<\/em>-organiseerder beslis sonder &#8216;n krieseltjie kos.<\/p>\n<p>Gelukkig het Bob nie &#8216;n dag honger gely nie en breedvoerig is oor sy regte-egte kantienkaartjie en ete by die koerant se restaurant berig. Die hele maaltyd van beesvleis, aarbeie en room, afgesluk met skoon water en afgesluit met koffie, was nog &#8216;n volkleur nuuswaardige selfbeheptheid.<\/p>\n<p> Danksy Brittanje se besliste aandrang dat Bob, dis nou Mugabe, tot Zimbabwe se leier verkies moet word, is daar vandag &#8216;n dringende voedseltekort in daardie land, maar Sir Bob, <em>Bild<\/em> en <em>Beeld<\/em> stel nie in oorsake belang nie. Trouens noudat SA weer deel van die Gemenbes is, is voedselsekuriteit ook nie meer &#8216;n uitgemaakte saak hier nie, maar dit skeel ons pop-politici en jingo-pers ewe min.<\/p>\n<p> Onderliggend aan die skrille boodskap is dat alle wittes, behalwe vanselfsprekend die Britte, die oorsaak van Afrikaprobleme is omdat hulle nie rojaal genoeg gee en help nie. Praat van agter die deur staan!<\/p>\n<p> <em>Bildzeitung<\/em> se lomp poging het vir kritiek uit vele oorde gesorg, en <em>Der Spiegel<\/em> het droogweg opgemerk dat Merkel se ingenomenheid met Bob Geldof die komende spitsberaad van G-8 lande na <em>Scheinheiligendamm<\/em> verander het. Die Kanselier het heel skynheilig met die propaganda-oefening saamgespeel.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free casino online no download<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Sir Bob, nie van Zimbabwe nie, maar die langvergete <em>Boomtown Rats<\/em>, se Afrika-inisiatief het blykbaar weer nuwe asem geskep. As nie-amptelike Britse buitelandse gesant, is Bob Geldof deesdae in die geselskap van hooggeplaastes soos Angela Merkel en probeer hy Duitse beursies dmv morele afpersing oopdwing vir die &#8220;armoede&#8221; wat Afrika teister.<\/p>\n<p align=\"justify\">Soos <em>Beeld<\/em> Saterdag op hul tipies sikofantiese en onkritiese manier berig het, het die sanger as gasredakteur van die geelperskoerant <em>Bildzeitung<\/em> opgetree om Afrika se &#8220;roerende hulpkreet&#8221; aan lesers te bring. Die <em>Bildzeitung<\/em>, berug vir sy regse politieke menings, skinderstories en kaalfoto&#8217;s, het 12 miljoen lesers in Duitsland.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[166,21092],"class_list":["post-506","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt","tag-karin-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/506","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=506"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/506\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=506"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=506"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=506"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}