{"id":505,"date":"2007-06-02T18:18:43","date_gmt":"2007-06-02T18:18:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=505"},"modified":"2007-06-02T18:18:43","modified_gmt":"2007-06-02T18:18:43","slug":"n-afrikaanse-sokkerspan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=505","title":{"rendered":"&#8216;n Afrikaanse sokkerspan?"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">My vrou s&ecirc; toe so ewe: &ldquo;Ons moet begin sokker speel.&rdquo; Waarom nie? Tans is daar bloedweinig Afrikaners wat sokker speel, daarom is daar geen gevestigde belange wat di&eacute; sport betref nie. Die rugby-unies is vrekbang vir die ANC en sal niks doen om die outorit&ecirc;re sportadministrateurs van die regerende party te ontstel nie. Die Suid-Afrikaanse sokkerspan is hoofsaaklik &rsquo;n swart span en Afrikaners stel nie werklik in sy vordering belang nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ons mense doen goed in feitlik elke vorm van sport: rugby, krieket, atletiek (in die dae toe daar nog atletiek in Suid-Afrika was), tennis, gholf, noem maar op. Ons stamlande soos Nederland, Duitsland en Frankryk het van topsokkerspanne ter w&ecirc;reld. Met &rsquo;n bietjie moeite en afrigting behoort ons &rsquo;n gedugte sokkerspan te kan oplewer. So &rsquo;n nuwe span sal heeltemal onafhanklik van bestaande verpolitiseerde sportstrukture kan funksioneer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gestel nou ons kon &rsquo;n Afrikanersokkerspan vir die komende w&ecirc;reldbeker inskryf? Klink dit vergesog? Ek het bietjie oor die probleem begin dink. Dit mag dalk selfs &rsquo;n oplossing vir ons algemene sportprobleem onder die ANC bied waar politiek en politiekery sport oorheers.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">My plan is eenvoudig: ons moet een van die kleiner landjies of eilandgroepe in die w&ecirc;reld wat nie self oor die bevolking of die middele beskik om internasionale sport te bedryf nie, oorreed om onder hul vlag te kan deelneem. Omdat al die lede van die span egter Afrikaners sal wees, sal ons eie mense plaaslik onmiddellik die span begin ondersteun. En natuurlik moet die oranje-blanje-blou Prinsevlag by wedstryde geswaai word.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek het my voorgeneem om van aanstaande week af briewe en diplomatieke boodskappe te begin skryf aan elke potensi&euml;le land of selfregerende gebied ter w&ecirc;reld wat nie &rsquo;n span vir 2010 ingeskryf het nie. Moontlike kandidate vir &rsquo;n Afrikaanse sokkerspan vir 2010 is:<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wallis en Futuna: &rsquo;n selfregerende eilandgroep onder Franse beheer (&rsquo;n sogenaamde TOM of territoire d&rsquo;outremer) met &rsquo;n bevolking van 16309 mense. &rsquo;n Ander Franse TOM, Nieu-Caledoni&euml; het wel &rsquo;n eie nasionale span vir 2010 ingeskryf, dus behoort dit moontlik te wees vir Wallis en Futuna om dieselfde te doen.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tokelau: Hierdie selfregerende eilandgroep in die Stille Oseaan het &rsquo;n bevolking van slegs 1449 mense en word tans deur Nieu-Seeland geadministreer. Heel moontlik sou hulle verheug wees om aan die W&ecirc;reldsokkerbeker te kan deelneem met spelers wat vanuit die Afrikanervolk van 3 miljoen mense afkomstig is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Marshall-eilande: Hierdie onafhanklike eilandgroep in die Stille Oseaan het &rsquo;n bevolking van <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">61 815 siele en sou met ons spelers aan die W&ecirc;reldbeker kon deelneem.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gefedereerde State van Mikronesi&euml;: Hierdie eilandgroep in die Stille Oseaan het in 1986 van die VSA onafhanklikheid verkry en het <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> bevolking van 107,862. Met <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Afrikanerspan sou hulle maklik aan die W&ecirc;reldbeker kon deelneem.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Saint Lucia: <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> Karibbiese eiland wat in 1979 onafhanklikheid van Brittanje verkry het. Hoewel hulle oor <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> bevolking van 170 649 beskik, is hulle nie lid van FIFA nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hierdie lys is nie volledig nie, maar indien Afrikaner-diplomate met genoemde eilandvolkere kontak maak en hulle oorreed om namens hulle lande aan internasionale sport, waaronder veral sokker, deel te neem, mag ons die sportisolasie waaronder ons spelers tans met rasse- en taalkwotas verkeer, verbreek.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis nodig dat ons lateraal begin dink.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/kupit-my-little-pony\">\u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438 my little pony<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/biznes-s-kitaem-skolko-mozhno-zarabotat-chto-vezti-s-kem-sotrudnichat-30-40-pribyili-dlya-biznesa-prodayushhego-tovaryi-iz-kitaya\/\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Vanmiddag het ek die eerste helfte van die Springbokke se rugbywedstryd teen Engeland gekyk en dit agterna afgesit omdat dit my nie werklik kon skeel wie wen nie. Nietemin het dit my weereens getref hoe die ANC sport en sportboikotte teen ons gebruik het om die Afrikaner ten eerste te isoleer en ten tweede van sy identiteit te ontneem sodat hy tans byna volkome oorheers word.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis opvallend hoeveel Engelse spelers daar in die Springbokspan ingesluit word, hoofsaaklik van Natal. Selfs vir &rsquo;n leek soos ek is dit ooglopend dat daar deur Jake White teen Afrikanerspelers gediskrimineer word as dit by die samestelling van die nasionale span kom, dis nou nog afgesien van rassekwotas.<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[616,154,21092],"class_list":["post-505","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-n-afrikaanse-sokkerspan","tag-dan-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/505","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=505"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/505\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=505"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=505"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=505"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}