{"id":5013,"date":"2009-06-12T01:22:19","date_gmt":"2009-06-12T01:22:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5013"},"modified":"2009-06-12T01:22:19","modified_gmt":"2009-06-12T01:22:19","slug":"num-dreig-met-staking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5013","title":{"rendered":"NUM dreig met staking"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">&#39;n Staking dreig in die mynsektor, het die NUM, die Nasionale Unie vir Mynwerkers, Donderdag ges&ecirc;. Die Unie en die Kamer van Mynwese se goudafdeling het &#39;n dooipunt bereik, het Lesiba Seshoka in &#39;n verklaring ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Die Kamer het 7% aangebied teenoor die 15% wat NUM eis. Die dooiepunt sal nou deur die CCMA, (Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration) oftewel die Kommissie vir Konsiliasie, Mediasie en Arbitrasie, opgelos moet word<\/p>\n<p>Die impasse kan veroorsaak dat 150 000 myners staak. NUM se algemene sekretaris Frans Baleni het ges&ecirc; om te staak is altyd die laaste uitweg, &quot;maar hierdie jaar is dit onvermydelik&quot;.<\/p>\n<p>Vakbond Solidariteit het ges&ecirc; professionele hulp word nou benodig in die onderhandelingsproses. Woordvoerder Jaco Kleynhans het in &#39;n verklaring ges&ecirc; die verbruikersprysindeks staan tans op 8,4% en vakbondlede sal nie &#39;n aanbod aanvaar wat dit nie in ag neem nie.<\/p>\n<p>In Januarie het die D-lyne van AngloGold Ashanti, Gold Fields en Harmony verhogings van tussen 10 en 15% ontvang. Nou is dit die beurt van B en C om ook dubbelsyferverhogings te kry.<\/p>\n<p>UASA se Franz Stehring, afdelingshoof wat gemoeid is met mynarbeid, het ges&ecirc; die myne se aanbod is &#39;n belediging. Hy s&ecirc; mediese inflasie oor die afgelope sewe of agt jaar alleen het met ongeveer 7% gestyg bo die normale koers.<\/p>\n<p>Hy s&ecirc; die verhoging sal hulle lede verarm en hulle sal nie daaran dink om die aanbod na hulle lede te vat nie.<\/p>\n<p>Die Kamer van Mynwese s&ecirc; daar is nogtans oor sekere kwessies ooreengekom, soos vaardigheidsopleiding, aandeelopsieplanne en beskermende kleredrag vir vroue wat ondergronds werk.<\/p>\n<p>Harmony het aangedui dat hulle na groter verhogings sal kyk. Elize Strydom, wat namens die myne onderhandel, meen sekere kwessies sal makliker hanteer word in &#39;n &quot;gefasiliteerde proses&quot;. Sy het ges&ecirc; daar sal oplossings gevind word en &#39;n werklike balans tussen die eise van die werknemers en die maatskappye.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#39;n Staking dreig in die mynsektor, het die NUM, die Nasionale Unie vir Mynwerkers, Donderdag ges&ecirc;. Die Unie en die Kamer van Mynwese se goudafdeling het &#39;n dooipunt bereik, het Lesiba Seshoka in &#39;n verklaring ges&ecirc;. Die Kamer het 7% aangebied teenoor die 15% wat NUM eis. Die dooiepunt sal nou deur die CCMA, (Commission &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5013\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;NUM dreig met staking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[4924,21089,21113],"class_list":["post-5013","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake","tag-num-dreig-met-staking","tag-nuus","tag-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5013","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5013"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5013\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5013"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5013"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5013"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}