{"id":5007,"date":"2009-06-11T04:21:46","date_gmt":"2009-06-11T04:21:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5007"},"modified":"2009-06-11T04:21:46","modified_gmt":"2009-06-11T04:21:46","slug":"waarom-is-daar-universiteite-in-mzansi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5007","title":{"rendered":"Waarom is daar universiteite in Mzansi?"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span>Suid-Afrikaanse  universiteite&nbsp;het &#39;n heel ander bestaansrede. Daardie groot Marxistiese  intellektueel, dr. Blade Nzimande, stel dit onomwonde: Mzansi se universiteite is  in werklikheid&nbsp;religieuse instansies wat&nbsp;daar is&nbsp;om <a href=\"http:\/\/jv.news24.com\/Beeld\/Suid-Afrika\/0,,3-975_2528493,00.html\"> offerandes te bring aan die altaar van die  god Transformasie<\/a>.<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Dit help dus&nbsp;g&#39;n jy kry 15  onderskeidings in matriek nie. As jy nie getransformeerd is nie, jammer, boet,  kry jy nie &#39;n <a href=\"http:\/\/www.realiteit.co.za\/modules.php?op=modload&amp;name=News&amp;file=article&amp;sid=1952\">plek in die mediese fakulteit nie<\/a>.&nbsp; Jy kan as  navorser&nbsp;kennelik geweldige deurbrake maak op die gebied van  kwantummeganika en die Nobelprys vir fisika wen, maar o, wee, as jy nie  getransformeerd is nie, soek Blade jou nie in &#39;n Mzansi-universiteit nie.  <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Wat beteken&nbsp;dit in die praktyk om getransformeerd te wees? Kom, ek  gee jou &#39;n wenk. As jou melanienvlakke te laag is, is jy bes moontlik&nbsp;nie  getransformeerd nie. Is jou velkleur wel te lig,&nbsp;kan jy  nietemin&nbsp;moontlik tog&nbsp;op jou gatvelle deurskuur. Dis mits jy &#39;n  onberispelike <em>struggle<\/em>-verlede het soos &#39;n wafferse Cheeky Watson (tot ereswarte  verklaar), of &#39;n Black Sash-lid en Rand Daily Mail-joernalis&nbsp;was soos&nbsp;&rsquo;n Helen  Zille. Slegs dan kan jy moontlik toelating verkry, maar&nbsp;slegs as jy&nbsp;elke  dag die heilige kategismus van transformasie minstens 70 maal in Engels herhaal,  en bevestig hoe gekant jy teen Afrikaans en rassiste is. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Dit is egter  diegene wat aan die dubbele gestremdhede van lae pigmentasie en Afrikaans as  moedertaal ly, wat per definisie ongetransformeerd is. Dis juis h&uacute;lle wat etnies  gereinig moet word uit universiteite, volgens kameraad Blade. Transformasie en  Afrikaans is immers&nbsp;lynregte teenstrydighede. Die twee kan eenvoudig nie sy  aan sy bestaan by dieselfde akademiese instansie nie. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Soos Latyn  voorheen die taal&nbsp;van die Roomse kerk was, is Engels die amptelike taal in  die Kerk van Transformasie. Geen akademikus, geen universiteit, geen student kan  waarlik daarop aanspraak maak dat hy getransformeerd is, as hy nie sy  geloofsbelydenis in Engels afl&ecirc; nie. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>Siende dat Mzansi se universiteite  se&nbsp;fokus sedert 1994 verander het na een van transformasie, is dit  weliswaar goeie nuus vir&nbsp;heelwat studente en personeel. Verby is die dae  toe toelatingsvereistes soos goeie matriekuitslae, ongerieflike eksamens, &#39;n  aandrang op die wetenskaplike metode&nbsp;en ander rassistiese, neokoloniale  praktyke op die arme studente en dosente&nbsp;afgedwing is. Halleluja!<\/span><\/p>\n<p align=\"justify\">&nbsp;<\/p>\n<p align=\"justify\"><span>In  Mzansi se universiteite&nbsp;sal daar dus genadiglik van nou af&nbsp;ander  kriteria geld. Studente en dosente sal gemeet word aan hoe getransformeerd hulle  is. Daag jy by die hekke van &#39;n kampus op met &#39;n donker gelaat en praat jy met die  sekerheidswag Engels, gaan direk na die Admingebou en&nbsp;gaan haal vir jou &#39;n cum laude-graad, indien nie &#39;n pos as dosent nie.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63759-dose-prokurora-aleksandra-filchakova.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl2.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/span>Die  vraag in die titel hiervan is eintlik belaglik, nie waar nie?  Enige&nbsp;mens met meer as&nbsp;twee breinselle sal antwoord dat &#39;n  universiteit daar is&nbsp;om tersi&ecirc;re opleiding te&nbsp;verskaf&nbsp;en om  navorsing te doen.<\/p>\n<p align=\"justify\">Daardie siening&nbsp;is egter vanuit &#39;n eurosentriese  perspektief en spreek van diepe rassisme&nbsp;aan die kant van&nbsp;diegene  wat&nbsp;s&oacute; &#39;n mistasting huldig. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[167,152,266,21092,4920,4835,4917,4919],"class_list":["post-5007","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrikaans","tag-anton-barnard","tag-rassisme","tag-rubrieke","tag-taalkwessie","tag-transformasie","tag-universiteite","tag-waarom-is-daar-universiteite-in-mzansi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5007","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5007"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5007\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5007"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5007"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5007"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}