{"id":5005,"date":"2009-06-11T03:32:23","date_gmt":"2009-06-11T03:32:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5005"},"modified":"2009-06-11T03:32:23","modified_gmt":"2009-06-11T03:32:23","slug":"kommunis-nzimande-weerspreek-zuma-oor-afrikaanse-universiteite","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5005","title":{"rendered":"Kommunis Nzimande weerspreek Zuma oor Afrikaanse universiteite"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Nzimande het sy &quot;erge onsteltenis&quot; oor die graad van rassisme en ander diskriminasie in ho&euml;ronderwysinstellings uitgespreek. Hy het die Universiteit van Stellenbosch (US) gedreig dat &quot;inmenging van buite&quot; sal plaasvind indien transformasie en Engels nie vinnig genoeg ingevoer word nie en die Vrystaatse universiteit gekritiseer as die &quot;mees rassistiese&quot; kampus in die land.<\/p>\n<p>&nbsp;Nzimande het die verslag en bevindings van die ministeri&euml;le komitee oor transformasie en maatskaplike samehorigheid en die uitskakeling van diskriminasie in openbare ho&euml;r opvoedkundige instellings aanvaar, het Nzimande ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&nbsp;Voortaan sal &#39;n moniterings- en toesigliggaam ingestel word om die werk van die raad op ho&euml;r onderwys aan te vul en om die transformasie-uitdagings aan te spreek wat deur die verslag uitgewys is.<\/p>\n<p>&nbsp;Die toesigliggaam sal in die ho&euml;ropvoeding- en opleidingsdepartement gevestig word en besonderhede rondom die samestelling, struktuur en opdrag daarvan sal in die normale gang bekendgemaak word.<\/p>\n<p>&nbsp;&quot;Ons beskou dit as &#39;n kwessie wat prioriteit geniet,&quot; het Nimande ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&nbsp;Die verslag beweer dat daar steeds gevalle van diskriminasie aan universiteite bestaan.<\/p>\n<p>&nbsp;&quot;Terwyl die verslag instellings gelukwens met inisiatiewe om te verander, verklaar die verslag ongelukkig dat diskriminasie, veral wat rassisme en seksisme betref, steeds algemeen in ons instellings is,&quot; het die minister, wat ook leier van die Kommunistiese party is, ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&nbsp;Die verslag beweer verder dat daar &#39;n teenstrydigheid bestaan tussen institusionele maatre&euml;ls en die werklike ervaring van personeel en studente, wat aandui dat die goeie bedoelings van instellings nie ten volle ervaar word nie.<\/p>\n<p>&nbsp;Die komitee het bevind dat die stelsel reeds &#39;n omvattende reeks maatre&euml;ls ingestel het om rassetransformasie te bevorder. Dit geld veral rassekwotas by die aanstelling van personeel, oftewel, &quot;diensbillikheid&quot;.<\/p>\n<p>&nbsp;Die komitee het tot die gevolgtrekking gekom dat, in regs- en beleidsterme, die stelsel van ho&euml;r opvoeding regeringsbeleid nakom.<\/p>\n<p>&nbsp;Maar daar bestaan steeds aspekte van die stelsel wat aandag vereis.<\/p>\n<p>&nbsp;Volgens Nzimande, &quot;&#8230;kan daar geen twyfel wees dat beduidende beleidsontwikkeling ten gunste van rassetransformasie plaasgevind het nie; die volgende belangrike stap is om daardie beleid toe te pas.&quot;<\/p>\n<p>&nbsp;Hy het reeds aan die voorsitters van universiteitsrade geskryf om hulle aan hul fidusi&ecirc;re verantwoordelikheid teenoor hul instellings en die ho&euml;ropvoedingstelsel te herinner. Hy het hulle ook gevra om die verslag te oorweeg en daarop te reageer.<\/p>\n<p>&nbsp;Universiteitsrade en rektore is gevra om die instelling van meganismes te oorweeg om die graad van transformasie op hul kampusse te monitor en te evalueer.<\/p>\n<p>&nbsp;Verder is die verslag na die raad op ho&euml;r onderwys verwys vir advies oor watter bykomende maatre&euml;ls oorweeg kan word om meer ingrypende transformasie en maatskaplike samehorigheid in die instellings en stelsel teweeg te bring.<\/p>\n<p>&nbsp;Dit sluit &#39;n &quot;transformasie-ooreenkoms&quot; tussen die instellings en die departement in.<\/p>\n<p>&nbsp;&quot;Ons kan di&eacute; dinge nie aan die kans oorlaat nie,&quot; het Nzimande ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&nbsp;Hulle behoort ook te oorweeg om rektore vir transformasie verantwoordelik te hou en dat dit in hul prestasiebestuursooreenkomste ingesluit word.<\/p>\n<p>&nbsp;Die ideologiese inhoud van studieprogramme en die curriculum behoort ook in ag geneem te word om tot die sosialisering van studente in terme van grondwetlike waardes en bre&euml;r deelname aan die samelewing by te dra.<\/p>\n<p>&nbsp;Nzimande vra dat voorstelle rondom studentebehoeftes en die daarstelling van &#39;n vierjaargraad aan die RHO vir advies voorgel&ecirc; word, soos wat voorstelle oor die toepassing van die taalbeleid voorgel&ecirc; is, het Nzimande ges&ecirc;.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\">99spravok<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 240px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/nzimande_blade.jpg\" width=\"240\" height=\"209\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\">Blade Nzimande<\/div>\n<\/div>\n<p>Die kommunistiese minister van h&ouml;er opvoeding en opleiding, Blade Nzimande, het so pas sterk standpunt ingeneem vir versnelde rassetransformasie aan SA universiteite en hom insgelyks uitgespreek teen die gebruik van Afrikaans om &quot;studente uit te sluit&quot;. Nzimande se hardvogtige standpunt oor transformasie en die voorrang van Engels weerspreek president Zuma se toenadering van die afgelope twee of drie jaar teenoor Afrikaners.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[167,154,4916,21089,266,2242,21108,4729,4835,4917],"class_list":["post-5005","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-afrikaans","tag-dan-roodt","tag-kommunis-nzimande-weerspreek-zuma-oor-afrikaanse-universiteite","tag-nuus","tag-rassisme","tag-suid-afrika","tag-suider-afrika","tag-taalstryd","tag-transformasie","tag-universiteite"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5005","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5005"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5005\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5005"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5005"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5005"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}