{"id":5,"date":"2007-01-07T16:46:43","date_gmt":"2007-01-07T16:46:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5"},"modified":"2007-01-07T16:46:43","modified_gmt":"2007-01-07T16:46:43","slug":"wie-het-res-van-afrika-verarm-mamphele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5","title":{"rendered":"Wie het res van Afrika verarm, Mamphele?"},"content":{"rendered":"<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Ramphele se stelling bevat twee elemente: &#8216;n aanname (apartheid het mense opsetlik verarm) en &#8216;n dreigement (as daar nie herverspreiding van rykdom of &quot;kompensasie&quot; plaasvind nie, gaan daar geweld wees). Haar uitspraak kan ook gelees word as &#8216;n verklaring vir die anargie en geweld wat sedert 1994 in die land heers en wat Suid-Afrika bo-aan Interpol se lys vir moord en verkragting geplaas het.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Ramphele se &quot;statuur&quot;, indien mens dit so kan noem, berus op die feit dat sy die vermoorde Steve Biko se minnares was. Biko self was &#8216;n swart nasionalis waarvan sommige onderhoude met die BBC byvoorbeeld op die internet te vinde is. Daarin openbaar hy hom as &#8216;n tipiese Afrosentris wie se denke nie te ver van Robert Mugabe s&#8217;n verwyder was nie.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Vir iemand wie se &quot;groot intellek&quot; intussen ten hemele aangeprys is, is dit nogal verbasend dat hy homself nie behoorlik in Engels kon uitdruk nie. Miskien het hy beter Xhosa gepraat.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Hoe dit ook al sy, Ramphele se &quot;deskundige&quot; mening oor apartheid sal nie die toets van koue logika deurstaan nie.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">In die eerste plaas: waarom sou die vorige NP-regering mense in die land &quot;opsetlik wou verarm&quot;? Sodat hulle minder belastings kon in, meer internasionale kritiek kon ontlok of sommer net omdat hulle bietjie mal was?<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">As ons na die beleid en uitsprake van die vorige bewind vanaf Verwoerd kyk, val dit op hoe hy voortdurend swart ontwikkeling as &#8216;n ho&euml; prioriteit gesien het. Blykbaar is daar meer fondse aan swart ontwikkeling, hetsy in die voormalige tuislande, hetsy in die stedelike gebiede bestee as die totale som geld wat al die VN se ontwikkelingsagentskappe sedert 1945 op die Derde W&ecirc;reld uitgegee het.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Dis sekerlik waar dat swart Suid-Afrikaners gemiddeld armer as blankes is. Maar hulle vlak van kundigheid, opleiding, entrepreneurskap, ens. is insgelyks heelwat laer as di&eacute; van blankes &#8211; asook di&eacute; van Indi&euml;rs. Laasgenoemde word natuurlik ook beskou as &quot;slagoffers van apartheid&quot; wat tans rassevoorkeur bo blankes moet ontvang. Nietemin is Indi&euml;rs gemiddeld ryker as blankes in vyf uit die nege provinsies van Suid-Afrika!<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Geen regering in die geskiedenis, behalwe miskien di&eacute; van mnr. Robert Mugabe van Zimabwe wat soveel bewondering by Suid-Afrika se swart elite afdwing, het nog ooit opsetlik sy bevolking probeer verarm nie, allermins die vorige blanke regerings in di&eacute; land.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Terwyl swartes om bepaalde en maklik verstaanbare redes armer as blankes en Indi&euml;rs is, is Suid-Afrikaanse swartes egter veel, veel ryker as hul eweknie&euml; elders in Afrika. Iets soos 38 lande suid van die Sahara ontvang een of ander vorm van hulp en bystand, hetsy voedselhulp, ontwikkelingshulp of wat ook al. Volgens die W&ecirc;reldbank was die gemiddele BNP per kop in Afrika suid van die Sahara in 2002 presies $577,10. Hierteenoor spog Suid-Afrika met &#8216;n BNP per kop van $3630, dus meer as ses keer di&eacute; van die gemiddelde Afrikaland.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Indien mens Ramphele se kennelik absurde hipotese argumentsonthalwe sou aanvaar, behoort sy vir ons die vraag te beantwoord: wie het dan die mense elders in Afrika &quot;opsetlik verarm&quot;? Was dit die Afrikaregerings wat die afgelope veertig jaar, soortgelyk aan mnr. Mugabe, daarop uit was om soveel armoede as moontlik te skep?<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Waarskynlik is die antwoord meer ingewikkeld as dit. Net so min as wat ander Afrikaleiers met opset hul lande probeer verarm het, net so min het &#8216;n vorige kabinetskomitee &#8216;n besluit geneem om Suid-Afrika se ekonomiese groei en voorspoed te probeer stuit.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Of verteenwoordig dit die jongste swartbewussynsteorie wat wil h&ecirc; dat swartes beter regeerders as blankes verteenwoordig? Want as ons Ramphele se aanname aanvaar dat mense in Afrika nie rykdom en voorspoed nie, maar armoede nastreef, dan moet ons toegee dat die swart regerings elders op ons vasteland met hul $577 per kop soveel beter daarin geslaag het as Verwoerd, Vorster en P.W. Botha&hellip;<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Kom ons probeer egter minder belaglik wees en &#8216;n ernstige politieke en ekonomiese debat voer. Afrika (en sy armes) kan net daarby baat indien mense soos Ramphele wat weens haar ervaring by die W&ecirc;reldbank van beter behoort te weet, vir &#8216;n slag met feite en logiese argumente kom.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die pleidooi vir vergoeding weens apartheid is gemodelleer op die nou reeds bekende aandrang op kompensasie weens slawerny wat ook tydens die VN se W&ecirc;reldkonferensie teen rassisme in 2001 geopper is. Die w&ecirc;reld het dit herken en afgewys vir wat dit is: maar net nog &#8216;n variasie van die bakhandsaluut waarvoor Afrika so bekend is.<\/font><\/p>\n<p><font size=\"2\" face=\"Verdana\"><\/p>\n<p align=\"justify\">{mos_mb_discuss:13}<\/p>\n<p><\/font><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/81-nakladnye-svetil-niki\">\u041d\u0430\u043a\u043b\u0430\u0434\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div class=\"moz-text-html\"><font size=\"2\" face=\"Verdana\">Die Afrika-blaamkultuur staan nog sterk in Suid-Afrika. So pas het die vorige amptenaar van die W&ecirc;reldbank, Mamphele Ramphele, &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/Suid-Afrika\/0,,3-975_2035231,00.html\">uitspraak<\/a> aan die Universiteit van Kaapstad gemaak dat &quot;mense onder apartheid opsetlik verarm is&quot; en indien &quot;ons dit nie aanpak nie, moet ons nie verbaas wees as daar woede en brutaliteit op ons strate is nie&quot;.<\/font><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,156,21092,155],"class_list":["post-5","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-mamphele","tag-rubrieke","tag-wie-het-res-van-afrika-verarm"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}