{"id":4994,"date":"2009-06-10T02:22:39","date_gmt":"2009-06-10T02:22:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4994"},"modified":"2009-06-10T02:22:39","modified_gmt":"2009-06-10T02:22:39","slug":"vrystaatse-universiteit-sidder-voor-jansen-oorname","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4994","title":{"rendered":"Vrystaatse universiteit sidder voor Jansen-oorname"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>N&aacute; die Reitzhuis-insident van &#39;n jaar gelede, is die Bloemfonteinkampus deur transformasioniste geoormerk vir grootskaalse veranderings.<\/p>\n<p>Die studentekorps van die universiteit is reeds 65% swart en Engelstalig. So onlangs as die jaar 2000, het die Vrystaatse universiteit maar 9 000 hoofsaaklik Afrikanerstudente gehad. Die rektore Stef Coetzee en Frederick Fourie het egter besluit dat Bloemfontein moet groei deur die maksimum aantal swart Engelse studente te aanvaar.<\/p>\n<p>Die besluit is deels geneem omdat die universiteit verhoogde subsidies van die staat wou ontvang om sodoende salarisverhogings aan die personeel toe te staan. Indertyd het vrese ontstaan dat Bloemfontein van sy hoogs aangeskrewe akademici na die ryker kampusse toe kon afstaan.<\/p>\n<p>Die transformasie van die studentekorps het veral n&aacute; Kader Asmal se gedwonge samesmeltings, toe Bloemfontein sowel die Vista-kampus naby Bloemfontein as die tuislanduniversiteit Quaqua ge&euml;erf het, snel toegeneem. Volgens &#39;n ingeligte bron het die universiteit van die 9 000 studente in 2000 gegroei tot &#39;n huidige 27 000, &#39;n toename van 300% binne nege jaar.<\/p>\n<p>Terwyl die studentegetalle drasties toegeneem en verswart het, het die personeelkorps egter hoofsaaklik wit en Afrikaans gebly. Tans dien slegs 5 swart lede op die senaat wat uit 180 professore bestaan. Ook die raad van die universiteit, wat tot dusver al die besluite geneem het om die universiteit te transformeer, bestaan uit &#39;n meerderheid blanke Afrikaners. Die raad bestaan uit 21 lede, waarvan slegs 7 op die oomblik swart is.<\/p>\n<p>Dit was ook hulle wat besluit het om Jansen as rektor in te voer, terwyl die senaat prof. Van Schalkwyk as rektor aanbeveel het. Blykbaar is Jansen spesiaal genader om rektor te word en regter Faan Hancke het by ander personeellede gespog dat hy &#39;n &quot;vis aan die lyn&quot; het.<\/p>\n<p>Die moontlikheid het op Bloemfontein bestaan om die Vistakampus as &#39;n Engelse kampus te ontwikkel, aangesien di&eacute; kampus plek vir 3 000 studente gehad het. Dit sou vergroot kon word om plek te maak vir die groeiende getal Engelse studente. Pleks daarvan is die infrastruktuur van die hoofkampus egter aangevul en die Vistakampus gesluit, wat die Bloemfonteinkampus onherroeplik op die pad van transformasie en verengelsing geplaas het.<\/p>\n<p>Tans geskied &#39;n &quot;uittog&quot; van Afrikaanse studente na die Potchefstroomkampus, veral n&aacute; die Reitz-insident en die negatiewe publisiteit wat Bloemfontein ontvang het.<\/p>\n<p>Ten einde swakker swart studente te akkomodeer, bied die universiteit tans oorbruggingskursusse aan. Toelatingsvereistes is ook verslap om die maksimum aantal studente te trek waarmee die maksimum bedrag aan staatsubsidie verdien kan word. Bloemfontein ontvang 75% van sy inkomste van die staat, terwyl Stellenbosch byvoorbeeld slegs 43% aan subsidies ontvang en die res uit ander, private bronne.<\/p>\n<p>Slegs 23% van alle studente aan die universiteit van die Vrystaat maak binne die minimumtydperk van drie jaar klaar.<\/p>\n<p>Na verwagting gaan Jansen drasties optree om die blanke Afrikanerpersoneel te verminder en met gekleurdes te vervang. Die universiteit waar D.F. Malherbe in 1918 die eerste professor van Afrikaans ter w&ecirc;reld geword het, is dus binne minder as &#39;n dekade deur druk van die ANC, asook die onvermo&euml; of onwilligheid of lafhartigheid van die topbestuur om dit te weerstaan, tot &#39;n oorwegend Engelstalige, swart kampus omvorm.<\/p>\n<p>Soos op feitlik elke kampus in die land, verkeer Afrikaans en die parallelmediumtaalbeleid tans in Bloemfontein onder geweldige druk en waarskynlik gaan Jonathan Jansen sy eie vorm van die Stellenbosse T-opsie invoer, met tweetalige klasse waar Engels die Afrikaanse taal binnekort gaan verdring.<\/p>\n<p>Weens die armoede van die Vrystaat en Bloemfontein, is geen privaat Afrikaanse universiteit daar moontlik nie. Slegs &#39;n minderheid studente sal elders in die land waar Afrikaans nog as onderrigtaal bestaan, kan gaan studeer, ook weens finansi&euml;le oorwegings.&nbsp;<\/p>\n<p>Die kanse is dus goed dat Afrikaners in Bloemfontein binnekort ho&euml;r onderwys slegs in Engels sal ontvang as Jansen die sweep oor die rassetransformasie van personeel begin klap.<\/p>\n<p>&#39;n Afgetrede amptenaar van die universiteit het ges&ecirc; dat &quot;hy goddank bly is dat hy betyds kon aftree&quot;. Die universiteit ondervind reeds administratiewe probleme om die groot getal studente te hanteer en na verwagting gaan dit toeneem soos wat ervare Afrikanerpersoneel, ook in die administrasie, met kwota-aanstellings vervang word.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino free bet<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 150px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/jansen_jonathan.jpg\" width=\"150\" height=\"206\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\">Jonathan Jansen &#8211; verengelsing is op pad<\/div>\n<\/div>\n<p>Die uitgesproke aangewese rektor van die Vrystaatse universiteit, Jonathan Jansen, sal vanaf Augustus die leisels by di&eacute; universiteit oorneem. Jansen beskou homself as &#39;n kenner van rassetransformasie en het so pas &#39;n boek oor die Afrikaner se rasse- en sielkundige profiel gepubliseer.<\/p>\n<p>In &#39;n Sondagkoerant het Jansen oor die naweek uitgevaar teen Afrikaanse taalstryders en hulle as &quot;kinders&quot; beskryf.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[167,175,4894,4892,21089,2243,2242,4893,4891],"class_list":["post-4994","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaans","tag-afrikaanse-nuus","tag-hor-onderwys","tag-jonathan-jansen","tag-nuus","tag-south-africa","tag-suid-afrika","tag-verengelsing","tag-vrystaatse-universiteit-sidder-voor-jansen-oorname"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4994\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}