{"id":4964,"date":"2009-06-05T02:41:59","date_gmt":"2009-06-05T02:41:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4964"},"modified":"2009-06-05T02:41:59","modified_gmt":"2009-06-05T02:41:59","slug":"australi-klap-chinese-hand-weg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4964","title":{"rendered":"Australi? klap Chinese hand weg"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die Chinese regering se grootste investering in &#39;n Westerse maatskappy, &#39;n aanbod van $19,5 miljard vir &#39;n aandeel in die Brits-Australiese mynreus Rio Tinto, het Vrydag ineengestort.en daarmee &#39;n einde gebring aan China se ambisies om groter inspraak in die ontginning van die w&ecirc;reld se natuurlike grondstowwe te verkry.<\/p>\n<p>Die raad van Rio Tinto het Donderdag na &#39;n vergadering in Londen op die stap besluit om nie aandele aan Chinalco, China se staatsbeheerde aluminiummaatskappy, te verkoop nie.<\/p>\n<p>Hulle het Vrydag in &#39;n verklaring bekend gemaak dat hulle eerder met &#39;n mededinger, die w&ecirc;reld se grootste Australiese mynkrag BHP Billiton, wil saamwerk.<\/p>\n<p>Australi&euml; het diep beswaar gemaak teen die ooreenkoms met China omdat die land se minerale rykdom bydra tot sy voorspoed en Chinese teenwoordigheid word deur talle beskou as &#39;n bedreiging vir Australi&euml;.<\/p>\n<p>Chinalco se voorsitter het Vrydag ges&ecirc; hulle is baie teleurgesteld dat die ooreenkoms platgeval het.<\/p>\n<p>Rio Tinto het in &#39;n verklaring ges&ecirc; dat hulle $5,8 miljard sal verkry deur &#39;n samerwerkingsooreenkoms met BHP Billiton en dat hulle &#39;n verdere $15,2 miljard bykomend sal bekom deur &#39;n aandeeluitgif.<\/p>\n<p>Die ineenstorting van die ooreenkoms word beskou as die gevolg van nasionalistiese oorwegings. &#39;n Soortgelyke ooreenkoms het deur die mat geval nadat die Amerikaanse oliemaatskappy Unocal geweier het om &#39;n aandeel aan China te verkoop omdat hulle olie as &#39;n strategiese bate beskou en bekommerd begin raak het oor China se menseregterekord.<\/p>\n<p>Rio Tinto en Chinalco het tot onlangs die ooreenkoms wat China die grootste aandeelhouer in Rio sou maak, verdedig. Die ooreenkoms sou aan China toegang verleen het tot &#39;n hele aantal myne regoor die w&ecirc;reld, in verskeie lande.<\/p>\n<p>In ruil sou Rio &#39;n dringende kontantinspuiting kon verkry om hulle skuld van $39 miljard wat deur &#39;n oordeelsfout met die aankoop van die Kanadese Alcan in 2007 aangegaan is, deels te vereffen. Die chinese ooreenkoms is tydens die ineenstorting van kommoditeitspryse en aandelemarkte verlede jaar aangegaan.<\/p>\n<p>Rio Tinto se aandeelprys was toe $26.31 in Londen. Donderdag het dit verhandel teen $44.56.<\/p>\n<p>Australiese opposisielede het eerste minister Kevin Rudd, wat Mandaryns praat en &#39;n eertydse diplomaat in Beijing was, daarvan beskuldig dat hy te vriendelik met die Chinese is.<\/p>\n<p>&#39;n Advertensie wat di&euml; week in Australi&euml; vertoon is, het Tianmenpleinbeeldmateriaal van 1989 uitgesaai en Rudd daarvan beskuldig dat hy &quot;geskenke aan die Chinese milit&ecirc;re regime aandra omdat hy toelaat dat Australi&euml; se strategiese minerale grondstowwe deur China beheer word&quot;.<\/p>\n<p>Rio het aangebied om aan Chinalco &#39;n fooi van $195 miljoen te betaal as afskeidsbedrag. Die Australiese mynreus se beweegruimte het ook verbeter aangesien die kommoditeitspryse die afgelope paar weke effens verbeter het.<\/p>\n<p>China het die reaksie teen beheer oor die mynreus beskryf as proteksionisties en nasionalisties.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d\u044b \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u0435\u043a \u0443\u043a\u0440\u0430\u0438\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/society\/1063327-v-harkove-naznachen-novyiy-prokuror.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Chinese regering se grootste investering in &#39;n Westerse maatskappy, &#39;n aanbod van $19,5 miljard vir &#39;n aandeel in die Brits-Australiese mynreus Rio Tinto, het Vrydag ineengestort.en daarmee &#39;n einde gebring aan China se ambisies om groter inspraak in die ontginning van die w&ecirc;reld se natuurlike grondstowwe te verkry. Die raad van Rio Tinto het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4964\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Australi? klap Chinese hand weg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[4856,21089,21113],"class_list":["post-4964","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake","tag-australi-klap-chinese-hand-weg","tag-nuus","tag-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4964","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4964"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4964\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}