{"id":4961,"date":"2009-06-05T00:59:05","date_gmt":"2009-06-05T00:59:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4961"},"modified":"2009-06-05T00:59:05","modified_gmt":"2009-06-05T00:59:05","slug":"tiananmenplein-n-nabetragting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4961","title":{"rendered":"Tiananmenplein: &#8216;n nabetragting"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/secreve2.jpg\" width=\"149\" height=\"182\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Dit is alweer twintig jaar gelede sedert Chinese studente &rsquo;n massaoptog georganiseer het teen die Kommunistiese bewind waaronder hulle jarelank gebuk gegaan het: &rsquo;n Opstand wat uiteindelik met harde hand platgeslaan was deur die Chinese owerheid, en waarvan die presiese aantal wat omgekom het nog steeds &rsquo;n raaisel is.<\/p>\n<p>Hierdie optog het gevolg kort nadat die Berlynse Muur geval het. In die Ooste het hierdie val hoop ingeboesem by miljoene Chinese dat hulle ook binnekort in &rsquo;n land kan woon met minder korrupsie, minder sensuur en meer openheid teenoor sowel sy burgers as die res van die w&ecirc;reld. Aanvanklik het die destydse premier Li Peng simpatie vir die griewe van sy burgers getoon en &rsquo;n belofte gemaak dat hy gehoor sou gee aan hul versoeke. Dit het egter nie lank geduur nie, of hy het die betogers die volle spierkrag van sy weermag gewys. Tenks het ongenaakbaar demonstrante verpletter en die infanterie het reguit in die massa geskiet. Die dodetal is onbekend. Dit kan honderde of selfs duisende mense wees wat hul lewens verloor het. Van die oproeriges is selfs vandag nog agter tralies of onder huisarres, en die mode-ontwerper Benneton se omstrede fotograaf het destyds vermeld dat die regering van die gesinne van elke vermoorde student elf sent per koe&euml;l ge&euml;is het wat hulle op hom\/haar geskiet het.<\/p>\n<p>Ons sien vandag nog dat hierdie opstande steeds &lsquo;n uiters sensitiewe snaar by die Chinese gemeenskap aanraak. Terwyl die burgers versigtig Tiananmenplein herdenk, is die owerheid besig om mense propagandafilms oor die slagting by Nanking uit 1937 te voer. Laasgenoemde slagting het plaasgevind tydens die Chinees-Japanse Oorlog en het ook &lsquo;n onbekende aantal Chinese slagoffers veroorsaak. Hiermee wil die owerheid kennelik die aandag aflei van Tiananmenplein deur verhale te versprei oor die barbaarse Japannese se vernedering van die trotse Chinese. China en Japan verkeer immers nog steeds in &lsquo;n staat van oorlog.<\/p>\n<p>Wat hierdie herdenking veral gevoelig maak en die owerheid ongerus stem, is die feit dat China besig is om veranderings te ondergaan en die owerheid voel dat hy die mag oor sy burgers kan verloor. Alhoewel dit op ekonomiese gebied die laaste paar jaar goed gaan met daardie land, is daar nog steeds rede tot kommer. &lsquo;n Belangrike vrees by die owerheid is dat hierdie sentimente wat opvlam kan ontaard in die vorm van &lsquo;n rewolusie van stygende verwagtings. Baie Chinese het ryk geword, maar miljoene het nog niks van die groeiende welvaart gemerk nie. In 2003 was die inkomsteverhouding tussen stad en platteland ongeveer 14:1; met ander woorde vir elke rand wat op die platteland verdien was, het die stedelinge 14 rand verdien. Vandag is daardie verhouding 17:1. Dit is nie vergesog om te beweer dat arm boere en selfs arm stedelinge hul frustrasie kan uiter op &lsquo;n soortgelyke manier nie. Baie geld wat China verdien het, het nie soseer die burgers bereik nie, maar die regering, en sedert 1996 spandeer China steeds groter bedrae aan sy weermag en vloot, wat Westerse moonthede nie baie gerusstel nie. As &lsquo;n reaksie hierop is die Australiese regering eweneens besig om sy milit&ecirc;re mag uit te brei.<\/p>\n<p>Saam met China se ekonomiese vooruitgang, styg sy selfbeeld ook. Vanwe&euml; sy toenemende internasionale belang kan dit lei dat China sy pond vleis wil eis by ander lande wat vroe&euml;r vyandiggesind was teenoor hom, en selfs Nederland kan op &lsquo;n gespanne voet begin verkeer as gevolg van die destydse opiumhandel, wat die Chinese verslaaf en die Nederlandse Koningshuis ryk gemaak het. Egter, met &lsquo;n eerste minister soos Balkenende sal dit voorlopig nie gebeur nie. Soos &lsquo;n tweede Roelf Meyer kruip Balkenende om die Chinese se voete en het selfs geweier om die Dalai Lama te onthaal wat tans in Nederland vertoef, om nie sy Chinese meesters te vervreem nie. Die Taiwanese en selfs die Chinese gemeenskap in Nederland en elders is verbasend anti-Dalai Lama, maar blykbaar meer uit vrees as gevoelens van broederskap met die rooi-Chinese.<\/p>\n<p>Oudergewoonte, is die grootste vyand nie die een op ander kontinente nie, maar die vyand in die midde. Die owerheid, wat bestaan uit &lsquo;n Politburo van 9 man, is terde&euml; bewus van die verskriklike gruweldade wat gepleeg was in die naam van vooruitgang. Tydens Mao Tse Toeng se Groot Sprong Voorwaarts alleen het meer as 30 miljoen mense omgekom, en in diverse provinsies het die Kulturele Rewolusie mense tot sulke barbaarsheid gedryf dat kannibalisme in sommige gevalle die resultaat was. Na jarelange stelselmatige mishandeling was mense so gehard gewees dat dit as normaal ervaar was om enige persoon wat verdenk was van staatsvyandige opvattings op te eet terwyl hulle geleef het. Leerlinge het onderwysers verslind en met skerpgemaakte pype hul skedel deurboor om vervolgens die inhoud op te suig. Die opdrag was dat reaksion&ecirc;re op die mees gruwelike manier verneder moes word, en kannibalisme is omtrent die ergste haalbare graad.<\/p>\n<p>Nie baie Chinese is bewus van hierdie gruweldade nie, selfs al is daar genoeg getuies van hierdie dade wat vandag nog leef. Met China se stygende selfbeeld kan kennis van sulke dade oornag tot &lsquo;n krisis lei. Die regering kan sy geloofwaardigheid verloor wat verder geweld in die hand kan werk, soortgelyk aan die Boedapest-opstande in 1957 toe Chroestsjof Stalin se misdade bekend gemaak het.<\/p>\n<p>Dit lyk asof China se regering vasgekeer is in &lsquo;n web van leuens en illusies wat hulle jarelank moes versprei om aan die mag vas te klou, en die enigste manier om hierdie tendens voort te sit is om die ware aard van hul wreedheid net verder te ontken en leuens te versprei. Hulle het eintlik geen keuse nie. Dit verklaar waarom die Chinese nuusmedia kort na die gebeurtenisse in Tiananmenplein vermeld het dat sowat &lsquo;n honderd studente gedood was en sesduisend soldate omgekom het, sodat die studente as die daders en die soldate as slagoffers die geskiedenis sou ingaan. &nbsp;<\/p>\n<p>Vandag is dit te verwagte dat die Chinese Politburo, met verwysing na Tiananmenplein, sal antwoord: &rdquo;Tiananmenplein? Maar dit is &lsquo;n plek, nie &lsquo;n gebeurtenis nie!&rdquo;<\/p>\n<p>Weereens sien ons: Hoe groter die ramp, hoe groter die ontkenning. &nbsp;<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/diagnosticheskoe_oborudovanie\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0438\u0430\u0433\u043d\u043e\u0441\u0442\u0438\u0447\u0435\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u0434\u0430\u043f\u0442\u0435\u0440<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ru.golos.ua\/suspilstvo\/shokin_uvolil_prokurora_harkova_1161\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is alweer twintig jaar gelede sedert Chinese studente &rsquo;n massaoptog georganiseer het teen die Kommunistiese bewind waaronder hulle jarelank gebuk gegaan het: &rsquo;n Opstand wat uiteindelik met harde hand platgeslaan was deur die Chinese owerheid, en waarvan die presiese aantal wat omgekom het nog steeds &rsquo;n raaisel is. Hierdie optog het gevolg kort nadat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4961\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tiananmenplein: &#8216;n nabetragting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[157,21092],"class_list":["post-4961","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","tag-joseph-secreve","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4961","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4961"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4961\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4961"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4961"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4961"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}