{"id":496,"date":"2007-05-31T11:58:30","date_gmt":"2007-05-31T11:58:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=496"},"modified":"2007-05-31T11:58:30","modified_gmt":"2007-05-31T11:58:30","slug":"blair-se-nalatenskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=496","title":{"rendered":"Blair se nalatenskap"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> Oxfam het onlangs dan ook bekend gemaak dat nog $30 van die $50 miljard belowe in hulp aan Afrika teen 2010, nog uitstaande is en ook by monde van Sir Bob Geldof is &#8216;n oproep aan die G-8 lande gedoen om hul beloftes van skenkings gestand te doen.<\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Njongonkulu Ndungane, Anglikaanse geestelike leier en president van die NRO <em>African Monitor<\/em>, was Woensdag hoogs teleurgesteld dat so min fondse wat tydens die Gleneagles-beraad in 2005 belowe is, in Afrikane se bankrekenings oorbetaal is.<\/div>\n<div align=\"justify\">\n<p>Die 54-jarige Britse premier wat die einde van sy bewind vier, hoop kennelik dat dit sy morele leierskapsrol beter sal belig. Hy het al in die verlede verwys na Afrika as &quot;die letsel op die w&ecirc;reld se gewete&quot;.<\/p>\n<p>  Kenners meen egter dat Brittanje se eertydse koloniale vergrype Blair noodsaak om klem op hulpverlening te l&ecirc; en dat sy dekadelange betrokkenheid by die kontinent etlike negatiewe aksente bevat.<\/p>\n<p>  Alhoewel Britse troepe die 10-jaar lange burgeroorlog in Sierra Leone kon besleg, &#8216;n staatsdepartement, die <em>Department for International Development<\/em> (DfID), tydens sy bewind opgerig is en sekere Afrikalande se skuld danksy Britse druk afgeskryf kon word, bly Blair se aandeel in die inval in Irak &#8216;n teer punt. <\/p>\n<p>  Paul Williams, skrywer van British <em>Foreign Policy under New Labour 1997-2005<\/em>, meen voorts dat die verkoop van &#8216;n Britse milit&ecirc;re lugverkeer-stelsel aan Tanzani&euml; &#8216;n absolute fiasko was. Die wapenverkope aan Suid-Afrika voldoen daarby ook nie aan die vereistes van die DfID se siening van hulp en ontwikkeling nie.<\/p>\n<p> Brittanje beskik ook nie noodwendig oor die morele ho&euml; grond om Afrika oor korrupsie te betig nie; die ondersoek na Britse omkopery met BAE se wapenvoorsiening aan Saoedie-Arabi&euml; is &#8216;n voorbeeld van hoe dit nie gedoen word nie.<\/p>\n<p> Daarby is daar kritiek teen Britse maatskappye wat minerale onwettig op die vasteland ontgin en Britsvervaardigde wapens word oral in konflikgebiede opgemerk. Die grootste twee mislukkings is egter Zimbabwe en Darfoer, waar Brittanje geen invloed ten goede kon laat geld nie.<\/p>\n<p> Brittanje se ondersteuning van ander korrupte leiers soos Meles Zenawi van Ethiopi&euml; besorg die Afro-optimiste verdere hoofbrekens. Zenawi het &#8216;n prominente rol op Blair se <em>Commission for Africa <\/em>gespeel terwyl hy tuis besig was om sy politieke opponente op die hardhandigste wyse moontlik af te skud.<\/p>\n<p> Alex Vines van Chatham House dink dat meer realisme nodig sal wees in Brittanje se buitelandse betrokkenheid in die toekoms en dat Afrika nie net gereduseer kan word tot &#8216;n humanit&ecirc;re kwessie nie.<\/p>\n<p> Nie veel word verwag van die G-8 se Heiligendamm-Spitsberaad nie tov Afrika nie, maar van Blair se opvolger, Gordon Brown, blykbaar wel. Hy het reeds sy morele verpligting teenoor die vasteland uitgespreek.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\/stomatologicheski-klinika\">\u0445\u043e\u0440\u043e\u0448\u0438\u0439 \u0441\u0442\u043e\u043c\u0430\u0442\u043e\u043b\u043e\u0433<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Tony Blair, tans op besoek aan Suid-Afrika, wil Afrika weer hoog op die internasionale agenda plaas. Hy het ook besoek aan Sierra Leone en Libi&euml; gebring waar hy Vigswesies se gesinne ontmoet het.<\/p>\n<p> Een van die sleutelrolle wat Brittanje graag op die vasteland wil speel is om armoede te verlig. Organisasies wat dien as verlengingstukke vir Britse buitelandse politiek, soos Oxfam, DATA en die Anglikaanse kerk, speel &#8216;n belangrike rol om die openbare mening te probeer fokus op Britse suksesse in hierdie verband.<\/div>\n<p><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[612,21089,182],"class_list":["post-496","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-blair-se-nalatenskap","tag-nuus","tag-streeksnuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/496","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=496"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/496\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=496"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=496"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=496"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}