{"id":4929,"date":"2009-06-01T01:50:40","date_gmt":"2009-06-01T01:50:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4929"},"modified":"2009-06-01T01:50:40","modified_gmt":"2009-06-01T01:50:40","slug":"mdc-eis-mugabe-binnekring-se-koppe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4929","title":{"rendered":"MDC eis Mugabe-binnekring se koppe"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;Die Zimbabwiese beweging vir demokratiese verandering (MDC) het gister die stadige pas van verandering betreur en ge&euml;is dat Gideon Gono, president van die reserwebank, en Johannes Tomana, prokureur-generaal, onmiddellik bedank.<\/p>\n<p>In resolusies wat die party op sy jaarlikse konferensie aanvaar het, het die MDC ook gevra vir &rsquo;n streekberaad om verskille tussen Morgan Tsvangirai, sy leier en die premier, en pres. Robert Mugabe op te los omdat dit die eenheidsregering kniehalter.<\/p>\n<p>Die MDC kritiseer al lank Mugabe se besluit om Gono as hoof van die reserwebank en Tomana as prokureur-generaal te behou.<\/p>\n<p>Tsvangirai het die kwessie verlede week probeer ontlont deur te s&ecirc; die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap moet oor hul toekoms besluit. Nietemin het die MDC in sy resolusies, voorgelees deur mnr. Tendai Biti, MDC-sekretaris-generaal en minister van finansies, ges&ecirc; albei moet hul poste onmiddellik ontruim in die nasionale belang.<\/p>\n<p>Gono word wyd gekritiseer omdat hy Zimbabwe se ekonomiese vryval en rekord-inflasie nie kon keer nie en Tomana weens politiek gedrewe vervolgings n&aacute; verlede jaar se betwiste presidentsverkiesing.<\/p>\n<p>Tsvangirai het sterk teenstand in MDC-geledere gekry oor die magsdelingsooreenkoms wat hy in Februarie met Mugabe gesluit het. Die resolusie maak dit duidelik die party is ongelukkig oor wat konferensiegangers as &rsquo;n gebrek aan hervorming en voortgesette intimidasie van hul aanhangers deur pro-Mugabe-militante beskou.<\/p>\n<p>Die party het ges&ecirc; die regering moet iets doen aan die &ldquo;stadige pas van media-hervorming, die stadige instelling van die 100 dae-plan, voortgesette ontplooiing van soldate in dorpe en die teenwoordigheid van militante en spookwerkers se name op die regering se salarisstaat&rdquo;.<\/p>\n<p>Tsvangirai het sy ondersteuners aan die einde van die konferensie probeer paai en ges&ecirc; hy het nie van die party se oogmerke afstand gedoen nie. &ldquo;Die oorgangsregering, &rsquo;n koalisieregering, is &rsquo;n stap na &rsquo;n nuwe en demokratiese Zimbabwe.&rdquo;<\/p>\n<p>Hy het wel sy teleurstelling oor vertragings met die instelling van die koalisie-ooreenkoms uitgespreek. &ldquo;Ons is teleurgesteld oor die pas van die instelling van party van die kwessies in die omvattende politieke ooreenkoms.<\/p>\n<p>&ldquo;Die regering se agenda moet nie die party se agenda verwater nie. Ons moet erken kompromie&euml; is waarskynlik, maar ons moet nie demobiliseer nie. Ons moet ons partystrukture bly versterk in voorbereiding van die verkiesing.&rdquo;<br \/><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f \u0441\u0442\u043e \u043a\u0440\u0430\u0441\u043d\u043e\u0434\u0430\u0440<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/visnazheniy-ta-pobitiy-u-harkovi-rozsliduyut-strashnu-zagibel-tririchnogo-hlopchika-20170927647641\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp;Die Zimbabwiese beweging vir demokratiese verandering (MDC) het gister die stadige pas van verandering betreur en ge&euml;is dat Gideon Gono, president van die reserwebank, en Johannes Tomana, prokureur-generaal, onmiddellik bedank. In resolusies wat die party op sy jaarlikse konferensie aanvaar het, het die MDC ook gevra vir &rsquo;n streekberaad om verskille tussen Morgan Tsvangirai, sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4929\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;MDC eis Mugabe-binnekring se koppe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,21108],"class_list":["post-4929","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4929","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4929"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4929\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4929"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4929"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4929"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}