{"id":4928,"date":"2009-05-29T10:46:36","date_gmt":"2009-05-29T10:46:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4928"},"modified":"2009-05-29T10:46:36","modified_gmt":"2009-05-29T10:46:36","slug":"politieke-model-antwoord-op-onderwyskrisis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4928","title":{"rendered":"Politieke model antwoord op onderwyskrisis"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">&ldquo;Afrikaanse skole kwyn&rdquo;, berig Beeld (2009-05-29) op die voorblad. &lsquo;n &ldquo;Reddingspoging&rdquo; is &ldquo;nodig om afname te stuit&rdquo;, lees die subhoof.<\/p>\n<p>Die geleentheid is &lsquo;n gesprek van die FAK met belanghebbendes oor die onderwys, waar die volgende ges&ecirc; is:<\/p>\n<p>&nbsp;   * Dr. Pieter Mulder moedig Afrikaners aan om vir skoolbeheerliggame te gaan stem.<br \/>&nbsp;   * Mnr Chris Klopper wys op die tekort aan onderwysers.<br \/>&nbsp;   * Klopper s&ecirc; Afrikaanse ouers stuur hulle kinders na Engelse skole.<\/p>\n<p>Dit blyk nie uit die berig asof die werklike probleem aangespreek is nie.<\/p>\n<p>Die werklike probleem is dat daar by Afrikaners &lsquo;n totale uitsigloosheid is oor hulle toekoms in hierdie Suiderland.  Om hierdie rede plaas baie Afrikaners hulle kinders in skole met Engels as voertaal.  Kinders word voorberei vir die &ldquo;onafwendbare&rdquo; dag dat hulle landuit vertrek. Vanuit hierdie perspektief gesien is dit verstaanbaar dat ouers so optree.<\/p>\n<p>Wat dus gedoen moet word is om &lsquo;n werkbare politieke model op die tafel te sit wat Afrikaners sal motiveer om betrokke te raak, nie te vertrek nie en &lsquo;n roepingsbewussyn by hulle te skep. In hierdie verband het dr. Mulder se toetrede tot die amp van adjunk-minister &lsquo;n nuwe dimensie na vore gebring. Soos reeds elders geskryf is, sou dit beter gewees het as die VF+ &lsquo;n geskrewe ooreenkoms met die ANC aangegaan het, eerder as om gewoon geko&ouml;pteer te word. Dit is egter nog nie te laat om as vierde komponent tot die ANC alliansie toe te tree nie, maar dan op die grondslag van spesifieke sake, waaronder kulturele selfbeskikking vir Afrikaners.<\/p>\n<p>Belangrik is die aspek van Ouer-beheerliggame.  Dr. Mulder weet waarskynlik nie dat alhoewel ouerbeheerliggame wel die magte het om die etos, kulturele inslag, religieuse rigting en taal van onderrig van &lsquo;n skool te bepaal, genoemde liggame se magte reeds so deur wetgewing aan bande gel&ecirc; word, dat Ouer-beheerliggame eintlik substrukture van die Onderwys-organe van die regering geword het.<\/p>\n<p>In hierdie verband is die Ermelo-skool-saak van kardinale belang. Die Ouer-beheerliggaam het wel in die Appelhof sy saak gewen oor die magte van daardie Beheerliggaam, maar die Staat verwys die uitspraak na die Grondwetlike Hof. Dit gebeur in die bewindsfase van president Jacob Zuma.  In &lsquo;n gesprek van Afrikaners soos doktore Johann Wingard, Dan Roodt, Chris Landman en Danie Goosen met mnr. Zuma die belangrike stelling gemaak dat politieke kwessies liefs nie in die howe besleg moet word nie.  Politieke kwessies moet deur politici in onderhandeling opgelos word.<\/p>\n<p>Gesien die feit dat dr. Mulder se kritici van oordeel is dat hy Dingaan se stat sonder wapens binne gegaan het, is dit sy eerste toets om die President te vra dat die Appel na die Grondwetlike Hof gestaak word en dat die ANC as beleidstandpunt die beslissing van die Appelhof aanvaar. Sou dr. Mulder daarin slaag om die belangrike aangeleentheid van die magte van Beheerliggame in onderhandeling gunstig met die ANC te besleg, het hy die eerste toets van betrokkenheid by die ANC geslaag.  Doen Mulder dit nie of slaag hy nie daarin nie, het hy &lsquo;n belangrike toets sodanig gedop dat verdere betrokkenheid by &lsquo;n ANC-regering futiel vir die VF+ sal wees.<\/p>\n<p>Inmiddels is die tyd nou ook ryp dat die FAK &lsquo;n groot kongres van meningsvormers byeen sal roep oor die vraag watter politieke model deur Afrikaners nagejaag sal word.  Gerugte wil dit h&ecirc; dat dr. Danie Goosen reeds etlike gesprekke met leidinggewende akademici gehad het oor die federale regstaat as antwoord.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u043f\u0443\u0441\u043a\u043e \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.txtwww.ru\/object\/gruza-ukrainu-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&ldquo;Afrikaanse skole kwyn&rdquo;, berig Beeld (2009-05-29) op die voorblad. &lsquo;n &ldquo;Reddingspoging&rdquo; is &ldquo;nodig om afname te stuit&rdquo;, lees die subhoof. Die geleentheid is &lsquo;n gesprek van die FAK met belanghebbendes oor die onderwys, waar die volgende ges&ecirc; is: &nbsp; * Dr. Pieter Mulder moedig Afrikaners aan om vir skoolbeheerliggame te gaan stem.&nbsp; * Mnr Chris &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4928\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politieke model antwoord op onderwyskrisis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,21093],"class_list":["post-4928","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4928","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4928"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4928\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4928"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4928"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4928"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}