{"id":492,"date":"2007-05-30T00:00:00","date_gmt":"2007-05-30T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=492"},"modified":"2007-05-30T00:00:00","modified_gmt":"2007-05-30T00:00:00","slug":"verbruikershoof-die-doodstraf-opgel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=492","title":{"rendered":"Verbruikershoof die doodstraf opgel"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die regering vrees dat die afgelope reeks onre&euml;lmatighede wat dodelike gevolge gehad het verbruikersvertroue erge skade kan berokken. In China is omkopery en swak wetstoepassing dikwels die oorsaak van probleme. Omdat die land toenemend produkte uitvoer, is die kwessie nie net van binnelandse belang nie, maar ook internasionaal.<\/p>\n<p> Vir die grootste deel van die afgelope dekade was Zheng die gesig van China se verbruikersveiligheidsmaatre&euml;ls. Hy het eers as uitvoerende beampte in die farmaseutiese bedryf diens gedoen, voordat hy as die eerste Staatsadministrateur vir Voedsel en Geneesmiddels aangestel is. Di&eacute; liggaam is &#8216;n 1998 in die lewe geroep en is soortgelyk aan die Amerikaanse FDA (Food and Drug Administration)<\/p>\n<p> Zheng se uiters magtige Administrasie moes alle nuwe geneesmiddels goedkeur asook lisensies vir die uitreiking van voedsel en farmaseutiese fabrieke ko&ouml;rdineer. Volgens &#8216;n plaaslike bron, het een so &#8216;n &quot;goedgekeurde&quot; antibiotikum eers 10 pasi&euml;nte laat sterf voordat dit teruggetrek is. In 2005 &#8211; die jaar waarin Zheng gearresteer is &#8211; het die Gesondheidsministerie 34 000 voedselverwante siektes aangemeld.<\/p>\n<p> Gegewe die feit dat China &#8216;n reuse bevolking van 1.3 miljard mense het, is dit nogtans nie baie nie. Die hof het beslis dat Zheng se grootste misdaad was dat hy sy gesin en homself verryk het deur sy posisie te misbruik.<\/p>\n<p> Die Chinese nuusagentskap, Xinhua, het die hofuitspraak aangehaal wat die feit bekla het dat &quot;Zheng sy mag deur die Staat aan hom toevertrou nie ernstig en eerlik aangewend het nie en die belange van die mense ge&iuml;gnoreer het deur omkoopgeld te aanvaar.&quot; Dit het weer gelei tot &quot;uiters benarde maatskaplike gevolge&quot;.<\/p>\n<p> Die besondere swaar straf mag daarop gemik wees om verbruikersvertroue in China sowel as elders te herstel. Vandeesmaand is derduisende buisies tandepasta in Australi&euml;, Panama en die Dominikaanse Republiek inderhaas van winkelrakke verwyder omdat dit gevaarlike hoeveelhede van &#8216;n toksiese middel bevat wat normaalweg vir die verkoeling van enjins gebruik word.<\/p>\n<p> In April het die VSA China daarvan beskuldig dat hulle giftige troeteldierkos vrygestel het wat tot die dood van talle honde en katte gelei het. Drie deelstate in Amerika het intussen ook &#8216;n verbod op sekere visinvoere vanaf China geplaas nadat dit aan die lig gekom het dat die vis &#8216;n ontoelaatbare antibiotikum bevat. <\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/big-bad-wolf\/\">bad wolfe<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die afgesette hoof van China se Verbruikersveiligheidsraad is gister die doodstraf opgel&ecirc;. Die stap kom nadat &#8216;n reeks skandale waar verbruikers in gevaar gestel is die w&ecirc;reld onlangs geskud het.<\/p>\n<p> Zheng Xiaoyu is skuldig bevind op aanklag dat hy 6,5 miljoen Yuan se omkoopgeld aanvaar het van farmaseutiese maatskappye om nuwe geneesmiddels goed te keur. Dit beklemtoon die Chinese regering se vasberadenheid om korrupsie en verbruikersveiligheidsoortredings vas te vat. Zheng is die mees senior beampte om ter dood veroordeel te word in sewe jaar.<\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-492","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/492","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=492"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/492\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=492"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=492"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=492"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}