{"id":4907,"date":"2009-05-27T05:05:12","date_gmt":"2009-05-27T05:05:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4907"},"modified":"2009-05-27T05:05:12","modified_gmt":"2009-05-27T05:05:12","slug":"zimbabwe-ons-tiende-provinsie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4907","title":{"rendered":"Zimbabwe &#8211; ons tiende provinsie"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><strong>Volgens betroubare bronne stroom daar tans meer as 4000 Zimbabwi&euml;rs per dag deur ons grenspos by Beitbrug, nie in ag genome die duisende ander vlugtelinge uit die res van die kontinent nie.<\/strong><\/p>\n<p align=\"justify\">Nodeloos om te s&ecirc;, geen land kan hierdie tipe van onbeheerde migrasie van mense akkomodeer nie. Ons word gepaai deur politici dat hierdie insypelaars slegs 90 dae mag vertoef maar ons weet by nou al van beter. Hulle het gekom om te bly &#8211; en vir &lsquo;n lang tyd. Meeste van hulle sal verdwyn in ons samelewing en binne die volgende paar maande lustig met die massas saam toitoi vir beter dienste, geriewe en spesifiek huise. Terselfdertyd sal ons misdaadsyfer net nog verder die hoogtes inskiet want werk vir hierdie mense om selfversorgend te raak, is &lsquo;n droom. <\/p>\n<p align=\"justify\">Die regering maak al vir bykans vyftien jaar geluide van werksskepping maar het tot dusver min ter bewys daarvan gelewer. Deur plaaslike industrie&euml; genadeloos oor te laat aan ekspansionistiese Oosterse lande het ons nou amptelik &lsquo;n invoerland gemaak. Die grootste verdiener van inkomste is natuurlik die staat met die belastingverdienste uit invoertariewe wat eintlik maar die verkoop van ons erfdeel vir die Bybelse pot lensiesop is. Blykbaar is ons glad nie sterk as dit by onderhandelinge om internasionale market kom nie en word ons maklik afgeransel deur internasionale konkurrente. <\/p>\n<p align=\"justify\">Verlede jaar het die landbousektor gewys dat ons nie net geboelie gaan word nie en by &lsquo;n internasionale landbouberaad uitgestap. Watter opvolgaksie dit tot gevolg gehad het, is nie bekend nie, maar ek glo ons het intussen maar seker bakhand vir aalmoese teruggekeer.<\/p>\n<p>Dit is derhalwe duidelik dat werkskepping dagdromery was en min gekom het van beloftes wat deur mense soos Irwin gemaak is. Sy opvolger sal moontlik getrou in sy voetspore kan volg want hy kan beswaarlik minder vermag. Ons het tans &lsquo;n negatiewe ekonomiese groeikoers as gevolg van w&ecirc;reldtendense wat min goeds vir ons inhou. Het ons die plaaslike produksiemark gedurende Manuel se &ldquo;vet jare&rdquo; in stand gehou, sou ons voedsel en ander noodsaaklikhede nou teen baie minder aan ons eie mense kon voorsien en nie teen &lsquo;n bankrot dollar hoef te kompeteer nie. Die ou gesegde lui mos, &ldquo;charity starts at home&rdquo;, dus sorg mens eers vir jouself en dan vir ander. Dit het geen betekenis vir ons regering nie en buiten die verryking van &lsquo;n handjievol stuur die middelklas, waarvan min oor is, op &lsquo;n ramp af. Die laer stand is nou nog armer as ooit, nie net aan besteebare inkomste nie maar ook aan dienste en werk.<\/p>\n<p>Met nog bykans 300 000 geraamde werksgeleenthede wat hierdie jaar gaan sneuwel, lyk die prentjie taamlik bleek. Gemeet teenoor die duisende wat die land binnestroom begin die belastingbetalerskorps al hoe minder raak en sal persoonlike belasting aangepas moet word om al die honger monde te voed. Net Eskom alleen soek al weer &lsquo;n verdere 35% om hond haar af te maak. Stadsrade en munisipaliteite sal binnekort meer geld soek om dienste aan die gang te hou aangesien minder geld vanaf die staatskas gaan deurvloei. So tuimel die kaartehuis inmekaar tot op opvoedingsvlak waar sogenaamde staatskole nie eens meer genoeg geld vanaf die ouers kry om kop bo water te hou nie en van staatskant al hoe minder fondse beskikbaar is. Hierdie nuut verkose regering is nog &lsquo;n duurder een, so dit is duidelik dat baie ander staatsinstansies se begrotings daaronder sal lei om vir hierdie honger masjien plek te maak.<\/p>\n<p>Intussen speel ons vroedvrou vir lande soos Zimbabwe en eien hulle mislukkings en tragedies toe. Waarheen is ons op pad met hierdie beleid? mag jy wonder. Die situasie is hartseer maar ek  dink sonder die geringste twyfel, beslis die afgrond oor. Wat is volgende? Want, glo my, hier kom &lsquo;n ding. Hoe meer van ons mense nie werk kry nie, hoe meer gaan hulle na hierdie vreemdelinge kyk en hul begin verag. Baie van hierdie insypelaars maak &lsquo;n groot bydrae tot ons misdaadsyfer alhoewel sekeres dit ten sterkste ontken. Dus as die pot van etniese vrees en haat begin oorkook moet ons nie di&eacute; keer wonder van waar dit kom nie. Ook nie wie daarvoor verantwoordelik is nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malyshey\/detskie-kovriki\/\">\u0434\u0438\u0442\u044f\u0447\u0438\u0439 \u043a\u043e\u0432\u0440\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Graag wens ek my intense misnoe&euml; met ons regering se onlangse oopgooi van ons landsgrense, spesifiek aan Zimbabwe, uit te spreek. Dit is &lsquo;n blatante daad van verraad teenoor elke burger van ons land deur &lsquo;n roekelose en onbekwame regering. Roekeloos in die sin dat dit swak deurdink is met min, indien enige, oorweging ten opsigte van die langtermyneffek op ons noodsaaklike natuurlike hulpbronne soos water en voedsel. Onbekwaam as mens in ag neem dat hierdie oorgawe aan &lsquo;n wesenlike probleem na die beste plan lyk waarmee hulle vorendag kan kom. Pateties vanaf mense wat daargestel is deur die kiesers teen bogemiddelde salarispakkette waarvan verwag word om bogemiddeld te dink en prakties uit te voer. Hierdie &ldquo;plan&rdquo; laat veel te wense oor en getuig van &#39;n gebrek aan verbeelding.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[4154,21096,21093,4802],"class_list":["post-4907","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-alwyn-mouton","tag-s10-briewe","tag-s7-menings","tag-zimbabwe-ons-tiende-provinsie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4907"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4907\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4907"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}