{"id":4887,"date":"2009-05-25T05:33:11","date_gmt":"2009-05-25T05:33:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4887"},"modified":"2009-05-25T05:33:11","modified_gmt":"2009-05-25T05:33:11","slug":"help-die-rapportryers-met-erfenisprojek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4887","title":{"rendered":"Help die Rapportryers met Erfenisprojek"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Sedert 1652 is &lsquo;n welvaartbeskawing, gevestig op Christelik-Protestantse beginsels, hier te lande gevestig wat tot voordeel van al die land se inwoners dien. Die Afrikanervolk, of die Afrikaner Kultuurgemeenskap soos in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika omskryf word, was hoofsaaklik verantwoordelik vir die vestiging en uitbouing van vermelde beskawing en lewensnorme.<\/p>\n<p>Gedurende die Landsberaad van die Rapportryerbeweging gedurende 2004 te Maselspoort, is besluit dat aandag aan die Afrikaner Erfenisse gegee moet word. Tydens die Landsberaad van 2006 te Wellington, is hierdie besluit herbevestig. Voortspruitend uit vermelde besluite is ondergetekende op 12 Mei 2007 ingestel as lid van die Rapportryerdaad, met die spesifieke verantwoordelikheid:-  RRB Erfenisprojekte.<\/p>\n<p>Die Rapportryerbeweging beoog om landswyd &lsquo;n opname van die Afrikaner erfenis te maak; dit op te spoor, te noteer, te registreer en waar nodig te laat proklameer, sodat hierdie Grondbrief van Eiendomsreg van die Afrikaner, synde &lsquo;n inheemse volk van hierdie Suiderland, wetlik beskerm mag word. Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne van 1999 omskryf wat bewarenswaardig mag wees, onder meer as volg:<\/p>\n<p>(a)    plekke, geboue, strukture en toerusting wat van kulturele waarde mag wees;<\/p>\n<p>(b)    plekke wat aan mondelinge oorlewering gekoppel is of wat geassosieer word met die lewende [hedendaagse] erfenis<\/p>\n<p>(c)    historiese nedersettings en gehuggies;<\/p>\n<p>(d)    landskappe en natuurlike kenmerke van kulturele betekenis;<\/p>\n<p>(e)    geologiese gebiede van wetenskaplike of kulturele belang;<\/p>\n<p>(f)    argeologiese en palaeontologiese terreine;<\/p>\n<p>(g)    grafte en begraafplase, insluitend ~<\/p>\n<p>(i)    voorvaderlike grafte;<\/p>\n<p>(ii)    koninklike grafte en grafte van Tradisionele Leiers<\/p>\n<p>(iii)    grafte van konflikslagoffers;<\/p>\n<p>(iv)    grafte van individue wat deur die betrokke Minister in die Staatskoerant  verklaar is;<\/p>\n<p>(v)    historiese grafte en begraafplase; en<\/p>\n<p>(vi)    ander menslike oorblyfsels wat nie deur die Wet op Menslike Weefsel, wet 65 van 1983, omskryf is nie;<\/p>\n<p>(h)    terreine van belang met betrekking tot die geskiedenis van slawerny in Suid-Afrika;<\/p>\n<p>(i)    verwyderbare voorwerpe, insluitend ~<\/p>\n<p>(i)    voorwerpe herwin vanuit die grond of waters van Suid-Afrika, insluitend argeologiese en palaeontologiese voorwerpe en materiaal, meteoriete en skaars geologiese monsters;<\/p>\n<p>(ii)    voorwerpe waaraan mondelingse tradisies gekoppel is of wat gekoppel is aan mondelinge {hedendaagse] erfenis;<\/p>\n<p>(iii)    etniese kuns en voorwerpe;<\/p>\n<p>(iv)    milit&ecirc;re voorwerpe;<\/p>\n<p>(v)    sier-voorwerpe of voorwerpe van die skone kunste;<\/p>\n<p>(vi)    voorwerpe van wetenskaplike of tegnologiese belang; en<\/p>\n<p>(vii)    boeke, verslae, dokumente, fotografiese positiewe en negatiewe voorwerpe, grafiese, film of videomateriaal of klankopnames, uitsluitend daardie wat openbare verslae is soos gedefineer in artikel 1 (xiv) van die Wet op die Nasionale Argiewe van Suid-Afrika (Wet 43 van 1996)<\/p>\n<p>Waar die Afrikanervolk, of Kultuurgemeenskap, soos dit Grondwetlik omskryf is, oor geheel Suid-Afrika versprei woon en in elke uithoek van ons Vaderland sy stempel afgedruk het, is die samewerking van elke Rapportryer nodig om van hierdie projek &lsquo;n sukses te maak.<\/p>\n<p>Vanuit die Boerderygemeenskap dink ons veral aan opstalle en plaaswerwe wat &lsquo;n eeu of langer ons landskap verfraai; strukture van estetiese, argitektoniese, kulturele of kultuur-historiese belang; plaasbegraafplase waar prominente persone uit die plaaslike gemeenskap, die bre&euml;r Afrikaner-gemeenskap, ons krygsverlede of enige derglike velde van prestasie ter ruste gel&ecirc; is; alle grafte wat histories, kultureel of in familieverband van  belang is, asook grafte wat ouer as sestig jaar is; ons dink aan plekke van belang op plase soos historiese slagvelde, ~vergaderplekke, ~terreine, asook plaasgedeeltes waar uitsonderlike landboukundige prestasies behaal is.<\/p>\n<p>Vanuit die Kerklike gemeenskappe dink ons aan gemeentes wat reeds hul Vyftigjarige, eeufees, of langer bestaan gevier het; kerkgeboue van historiese, estetiese, argitektoniese of kerk-administratiewe belang; pastorie&euml; en ander gemeentelike of kerklike eiendomme wat aan voormelde voldoen, asook orrels, preekstoele, kerkklokke of derglike voorwerpe wat kultuurhistories van belang mag wees;<\/p>\n<p>Vanuit die Onderwysgeledere dink ons aan historiese skoolgeboue, sportvelde waar besondere prestasies gelewer is, plekke waar uitstaande persone hul skoling ondergaan het asook alle ander plekke van belang.<\/p>\n<p>So kan ons voortgaan in elke beroepsgroep deur Suid-Afrika. Al voormelde, en andere, moet opgespoor en genoteer word. Talle mag daarna geproklameer word ten einde dit te bewaar in &lsquo;n proses om ons bakens as Kultuurgemeenskap, as Volk, vas te stel en bekend te maak, maar ook om dit te bewaar vir die nageslag. Dit is alles deel van dit wat dien as bewys van die Afrikaner se ontwyfelbare aanspraak op ons Vaderland, Suid-Afrika. &lsquo;n Land wat ons deur die genade van God bewoon, en ook deel met ander volkere, maar waar ons die onbetwisbare bewys kan lewer dat ons as Kultuurgemeenskap oor dekades di&eacute; leidingewende aandeel in die opbou en ontwikkeling van hierdie land gelewer het.<\/p>\n<p>Graag rig ek hiermee &lsquo;n versoek ook aan PRAAG om landswyd betrokke te raak; aktiveer boere, onderwysers, skoliere, almal wat maar kan om ons behulpsaam te wees in hierdie projek om al voormelde Erfenishulpbronne op te spoor, te noteer en so volledig moontlik inligting, insluitend, waar moontlik, stawende boeke of albums aan ons deur te voer, hetsy na ondergetekende, of na die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument.<\/p>\n<p>Dit wat ons wil aanteken is die erfenis van ons en van u nageslag. &lsquo;n Erfenis wat ons nie mag toelaat dat dit van ons Kultuurgemeenskap, die Afrikanervolk af vervreem word nie.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/arabian-nights\/\">arabian nights game free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert 1652 is &lsquo;n welvaartbeskawing, gevestig op Christelik-Protestantse beginsels, hier te lande gevestig wat tot voordeel van al die land se inwoners dien. Die Afrikanervolk, of die Afrikaner Kultuurgemeenskap soos in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika omskryf word, was hoofsaaklik verantwoordelik vir die vestiging en uitbouing van vermelde beskawing en lewensnorme. Gedurende die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4887\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Help die Rapportryers met Erfenisprojek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[175,21089],"class_list":["post-4887","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaanse-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4887","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4887"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4887\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4887"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4887"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4887"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}