{"id":4880,"date":"2009-05-25T01:13:24","date_gmt":"2009-05-25T01:13:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4880"},"modified":"2009-05-25T01:13:24","modified_gmt":"2009-05-25T01:13:24","slug":"zuma-bedank-sy-kiesers-en-belowe-dienste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4880","title":{"rendered":"Zuma bedank sy kiesers en belowe dienste"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">President Jacob Zuma s&ecirc; ekonomiese ontwikkeling en fasiliteite moet nie alleen vir voorheen-wit gebiede beskore wees nie. Hy het Sondag aan honderde mense by die opening van die Pan-Afrikawinkelsentrum in Alexandra ges&ecirc; lokasies moet die basiese dienste voorsien wat historiese wit gebiede ook het.<\/p>\n<p>Hy het winkelsentrums, behoorlike paaie, elektrisiteit, water en sanitasie, kwaliteitskole en klinieke asook bekostigbare vervoer genoem. Zuma wat Zoeloe en Engels gepraat het, het ges&ecirc; &quot;hulle sal nie rus voordat dit nie gebeur nie&quot;.<\/p>\n<p>Hy het tydens die opening ges&ecirc; die sentrum is &#39;n yslike geleentheid om werk te skep in die &quot;ekasi&quot;, die sl&ecirc;ngwoord vir &#39;n lokasie. Hy het bygevoeg dat die ANC se verkiesingsbeloftes vorm begin aanneem en dat die lokasies gaan verander.<\/p>\n<p>Di&eacute; eerstew&ecirc;reldse inkopiesentrum wat 16 000 vierkante meter beslaan, vorm deel van die Alexandra hernuwingsprojek. Dit sluit &#39;n taxi-fasilitiet in wat ontwikkel is deur die Pan Africa Development Company. Die maatskappy is opgerig deur plaaslike entrepreneurs en die twee groot taxiverenigings in Alexandra.<\/p>\n<p>Die maatskappy se voorsitter Tebogo Mogashoa, Gauteng Premier Nomvula Mokonyane, die ANC provinsiale voorsitter Paul Mashatile, Johannesburg se burgemeester Amos Masondo en die ANC provinsiale sekretaris David Makhura was teenwoordig.<\/p>\n<p>Die skare was buitengewoon uitbundig toe die deure oopgaan en het die sentrum binnegestorm. Die president is n&aacute; sy toespraak op die tweede verdieping onthaal. Dit was ook die afsluiting van sy dankies&ecirc;toer deur Johannesburg.<\/p>\n<p>Hy het vroe&euml;r by die Grace Bible Church, Maponya Mall en die Hector Peterson-gedenksteen in Soweto &#39;n draai gemaak om kiesers te bedank wat vir die ANC gestem het in April. Opgewonde veterane het hom by die gedenksteen ingewag.<\/p>\n<p>Hy het aan die ondersteuners ges&ecirc; Soweto is die gesig van Suid-Afrika en die tuiste van die ANC. Meeste van die ANC se leiers kom uit Soweto. Hy het belowe om kontak met die mense op grondvlak te hou.<\/p>\n<p>Hy het ook belowe om &#39;m tolvrye inbeldiens beskikbaar te stel aan die publiek sodat hulle nie deur plaaslike verteenwoordigers hoef te werk nie. &#39;n Ouerige man, Gabriel Sekgotho, wat die geleentheid gegee is om van die verhoog te praat, het gekla dat die raadslede miljoene uitgee, maar hy sukkel om sy geld terug te kry.<\/p>\n<p>Zuma het daarna belowe om die saak op te los. Die skare het daarna verdaag met die liedjie &quot;Umshini wami&quot;.<\/p>\n<p>Rebecca Motshele, 74, en haar vriendin Betty Banda, 90, het albei die geleentheid bygewoon in volle ANC-uniform geklee. &quot;Ons het kom luister wat ons president vir ons kom s&ecirc; het en om hom te vertel wat ons kwel,&quot; het Motshele ges&ecirc;.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/moechno_uborochnoe_oborudovanie\/\">\u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/m.dozor.kharkov.ua\/news\/authority\/1153552.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma s&ecirc; ekonomiese ontwikkeling en fasiliteite moet nie alleen vir voorheen-wit gebiede beskore wees nie. Hy het Sondag aan honderde mense by die opening van die Pan-Afrikawinkelsentrum in Alexandra ges&ecirc; lokasies moet die basiese dienste voorsien wat historiese wit gebiede ook het. Hy het winkelsentrums, behoorlike paaie, elektrisiteit, water en sanitasie, kwaliteitskole en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4880\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma bedank sy kiesers en belowe dienste&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,21108],"class_list":["post-4880","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4880","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4880"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4880\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4880"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4880"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4880"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}