{"id":486,"date":"2007-05-29T05:33:25","date_gmt":"2007-05-29T05:33:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=486"},"modified":"2007-05-29T05:33:25","modified_gmt":"2007-05-29T05:33:25","slug":"amanda-gouws-se-aanval-op-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=486","title":{"rendered":"Amanda Gouws se aanval op Afrikaners"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om &rsquo;n Afrikaner te wees, is eenvoudig &rsquo;n voorreg. Vanaf Charlize Theron wat op die Amerikaanse TV haar Afrikanerskap bely het, tot Victor Matfield en sy Bloubulle wat so pas die Super 14 gewen het, verby Koos de la Rey, Eug&egrave;ne Marais, Van Wyk Louw, Mimi Coertse et al, staan mens eenvoudig verstom oor die hope talent, dapperheid, intelligensie en skoonheid van ons mense.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek lei af dat Amanda Gouws saam met Koos Kombuis uit ons volk &ldquo;bedank&rdquo; het en kennelik het sy lankal opgehou om enige akademiese publikasies in Afrikaans aan die &ldquo;University of Stellinbosh&rdquo; te lewer. Toegegee, ons Afrikaners is nie volmaak nie, maar ten minste produseer ons nie jaarliks honderdduisende moordenaars, kinderverkragters, korrupte politici, diewe en rowers soos u Suid-Afrikaners nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Indien Gouws haar Afrikanerskap afgesweer het op grond van enkele politieke insidente op die kampus van die Universiteit van die Noorde waarby die, let wel, Suid-Afrik&aacute;&aacute;nse Weermag in 1984 betrokke was, hoe hanteer sy vandag haar Suid-Afrikanerskap?<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As ek &rsquo;n Suid-Afrikaner was, sou ek elke dag moes opgooi net deur die daaglikse koerant te lees en te sien wat my volksgenote nou al weer aangevang het. Afgesien van die Colombiane met hul dwelmbaronne en soortgelyke misdaadsyfer, is u Suid-Afrikaners die slegste, luiste, domste, misdadigste spul mense op dees aarde!<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Insig<\/span><\/em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> het gevou juis omdat dit probeer het om &rsquo;n mark onder polities korrekte Suid-Afrikaners te vind. Indien dit maar iets intelligents vir Afrikaners te s&ecirc; gehad het en nie sulke idiotiese PK twak gepubliseer het nie, sou ons almal dit nog gelees het.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">As diegene wat deur die eeue trots op hul taal, kultuur en afkoms was &ldquo;identiteitsbeheptes&rdquo; genoem kan word, dan skaar ek my graag in die geledere van Chopin, Proust, Milton, Goethe, Poesjkin et al.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Het Gouws al daaraan gedink dat Suid-Afrikaners dalk minder patologies en krimineel sou opgetree het indien hulle &rsquo;n bietjie meer patrioties was en beter geweet het wie hulle is? Die res van Suid-Afrika kan baie by Afrikaners leer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek is egter bevrees, gegewe die standaard van debat onder Suid-Afrikaners wat uit die eindelose herhaling van enkele PK Amerikaanse clich&eacute;s oor die <em>melting pot<\/em> en die wondere van multikulti bestaan, het ons baie min van u te leer.<\/span><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/big-bad-wolf\/\">big bad wold<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Amanda Gouws is een van daardie meeloperintellektuele wat op George Orwell se lys, waaroor Buks van Rensburg <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.org\/mambo\/index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=526&amp;Itemid=37\">elders<\/a> in di&eacute; ruimte skryf, sou voorgekom het. Hulle is bereid om met die maghebber, hetsy &rsquo;n linkse, hetsy &rsquo;n regse, saam te werk solank as wat hul eie posisie daardeur bevoordeel word.<\/p>\n<p align=\"justify\">Soos Gouws onlangs in Die Burger <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Stories\/Opinion\/Columns\/14.0.2635446347.aspx\">skryf<\/a>, beskou sy my en ander Afrikaners as &ldquo;behep met ons eie identiteit&rdquo;. Ongelukkig is dit juis daardie beheptheid wat vir ons die rykste taal, kultuur en tradisie op die Afrikavasteland geskep het.  <\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[605,154,21092],"class_list":["post-486","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-amanda-gouws-se-aanval-op-afrikaners","tag-dan-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=486"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/486\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=486"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}