{"id":48180,"date":"2026-11-26T11:24:17","date_gmt":"2026-11-26T09:24:17","guid":{"rendered":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180"},"modified":"2026-11-26T11:24:18","modified_gmt":"2026-11-26T09:24:18","slug":"van-handelsryk-tot-finansiele-mag-n-les-vir-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180","title":{"rendered":"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Deur Johann Theron<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Finansialisering kan beskou word as die lewensonderhoudende meganisme van imperia wat aan die taan is. Dit stel hulle in staat om die las van territoriale beheer en industri\u00eble produksie af te skud, terwyl hulle \u2019n ekonomiese magskern behou wat op die opbrengs van kapitaal berus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Vergelyking tussen die Nederlandse handelsryk van die sewentiende en agtiende eeu en die Anglo-Amerikaanse magsbestel van die twintigste en een-en-twintigste eeu is in di\u00e9 opsig besonder leersaam. Dit openbaar \u2019n herhalende historiese patroon: imperia beweeg van verowering na konsentrasie.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Van territoriale ryk tot kapitaalryk<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nederlandse handelsryk kan in sekere opsigte as die prototipe vir die hedendaagse Anglo-Amerikaanse magsverskuiwing beskou word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waar die Nederlanders hul aanvanklike mag aan handelsroetes en koloniale besittings ontleen het, berus die hedendaagse Anglo-Amerikaanse mag in toenemende mate op finansi\u00eble markte en die internasionale rol van sy geldeenhede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In albei gevalle het milit\u00eare oorbelasting \u2019n belangrike rol gespeel. Die Nederlanders moes uitgerekte oorlo\u00eb teen Engeland en Frankryk voer, terwyl die Verenigde State deur die Koue Oorlog en milit\u00eare betrokkenheid in Vi\u00ebtnam, Irak en Afghanistan onder druk geplaas is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nederlandse antwoord op di\u00e9 uitdaging was onder meer die ontwikkeling van die Amsterdamse Wisselbank en \u2019n kapitaalmark waarop aandele in die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) verhandel is. In die Anglo-Amerikaanse w\u00eareld vervul die New Yorkse aandelebeurs en die Amerikaanse Federale Reserweraad in sekere opsigte vergelykbare funksies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waar Nederland van handelsvaart na finansi\u00eble bemiddeling verskuif het, het die Verenigde State \u2019n toenemende verskuiwing van nywerheidsproduksie na finansi\u00eble dienste en tegnologie ondergaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer die koste van territoriale beheer die opbrengs daarvan begin oorskry, ontstaan daar \u2019n aansporing om eerder die bedrywighede van ander lande te finansier as om hulle direk te beheer. Die Nederlanders het die bankiers van Europa geword; die Anglo-Amerikaanse w\u00eareld het hom eweneens as finansier van die w\u00eareldekonomie gevestig.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Die Nederlandse prototipe<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nederland het nie bloot met die afname van sy imperiale mag as ekonomiese moondheid verdwyn nie. Dit het in toenemende mate op finansi\u00eble bedrywighede begin steun.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die VOC was \u2019n baanbreker op die gebied van openbare aandeleverhandeling. Deur die verhandeling van sy aandele op die Amsterdamse beurs kon internasionale handelsrisiko\u2019s en kapitaal op ongekende skaal saamgevoeg word. Beleggers kon in die opbrengs van w\u00eareldhandel deel sonder dat hulle self skepe hoef uit te rus of na verre bestemmings hoef te reis.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Amsterdamse Wisselbank, wat in 1609 gestig is, het terselfdertyd \u2019n betroubare monet\u00eare en vereffeningstelsel gebied. Amsterdam het een van die belangrikste finansi\u00eble sentrums van Europa geword. Handelaars hoef nie Nederlanders te gewees het om van die stad se finansi\u00eble infrastruktuur gebruik te maak nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen die middel van die agtiende eeu was die Nederlandse Republiek steeds een van die welvarendste gemeenskappe in Europa, hoewel sy ekonomiese groei gestagneer het. Kapitaal het toenemend uit produktiewe handelsbedrywighede na finansi\u00eble beleggings en lenings gevloei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nederlandse kapitaal het ook tot die finansiering van Britse ekonomiese ontwikkeling bygedra. Die Nederlanders het met ander woorde opbrengste verdien uit die opkoms van mededingende moondhede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoewel Nederland sy status as leidende w\u00eareldmoondheid verloor het, het dit aansienlike welvaart en finansi\u00eble invloed behou. Ekonomiese mag hoef immers nie noodwendig met milit\u00eare oppergesag saam te val nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Die Anglo-Amerikaanse parallel<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Anglo-Amerikaanse magsbestel volg in sekere opsigte dieselfde ontwikkelingspatroon, maar op \u2019n veel groter en ingewikkelder skaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos Amsterdam eens \u2019n finansi\u00eble middelpunt van Europa was, vervul New York en Londen vandag \u2019n soortgelyke funksie op w\u00eareldskaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Amerikaanse dollar se status as internasionale reserwegeldeenheid stel die Verenigde State in staat om omvangryke tekorte te finansier terwyl die land steeds buitelandse kapitaal lok. Dit verteenwoordig \u2019n besonder gevorderde vorm van renteniersmag: \u2019n land se invloed berus nie uitsluitlik op die goedere wat hy uitvoer nie, maar ook op die w\u00eareldwye aanvraag na sy geldeenheid en finansi\u00eble instrumente.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die dekades n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog was Amerika die fabriek van die w\u00eareld. Sedert die tagtigerjare het finansi\u00eble dienste, tegnologie en intellektuele eiendom egter \u2019n al hoe groter rol in die Amerikaanse ekonomie begin speel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoewel \u2019n beduidende deel van die nywerheidsproduksie na ander lande verskuif het, word groot finansi\u00eble opbrengste steeds deur instellings en ondernemings in die Anglo-Amerikaanse w\u00eareld ingevorder.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Net soos die VOC Nederlandse burgers in staat gestel het om in w\u00eareldhandel te bel\u00ea sonder om self seevaarders te wees, stel hedendaagse aandele- en effektemarkte beleggers in staat om belange in die w\u00eareld se olie, minerale en tegnologie te bekom sonder dat direkte koloniale beheer nodig is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is imperiale mag deur middel van die balansstaat.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Waarom die hedendaagse situasie anders is<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nederlandse model kon betreklik goed funksioneer omdat Nederland uiteindelik \u2019n kleiner moondheid binne \u2019n w\u00eareld van groter mededingers geword het. Dit kon welvarend en ekonomies nuttig bly sonder om voortdurend na w\u00eareldheerskappy te streef.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die Verenigde State is so \u2019n oorgang veel moeiliker.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eerstens is Amerika eenvoudig te groot om in die skaduwee van ander moondhede te verdwyn. China, Rusland en ander lande binne die BRICS-verband ondersoek alternatiewe vir die dollar juis omdat hulle die bestaande internasionale finansi\u00eble stelsel ook as \u2019n instrument van Amerikaanse magsuitoefening beskou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tweedens het Anglo-Amerikaanse finansialisering met toenemende ongelykheid, politieke polarisasie en die ekonomiese verswakking van dele van die middelklas gepaardgegaan. Dit plaas druk op die maatskaplike kontrak waarop die magsbestel self berus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Derdens is daar die skuldvraagstuk. Waar Nederlandse renteniers kapitaal aan ander lande beskikbaar gestel het, finansier die Verenigde State \u2019n groot deel van sy eie staatsbesteding en verbruik deur die uitreiking van staatseffekte.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volhoubaarheid van hierdie model is in belangrike mate afhanklik van die voortgesette internasionale aanvraag na Amerikaanse skuldinstrumente en die dollar.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Wat beteken dit vir Suid-Afrika?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen hierdie agtergrond behoort \u2019n mens ook president Cyril Ramaphosa se ekonomiese ambisies en die moontlikhede wat dit vir Afrikaners inhou, te beoordeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nederlandse les is betreklik eenvoudig: indien jy nie meer as territoriale moondheid kan meeding nie, kan jy steeds as finansi\u00eble knooppunt mededingend wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Anglo-Amerikaanse voorbeeld toon eweneens dat \u2019n afname in nywerheidsoorheersing nie noodwendig die einde van internasionale ekonomiese invloed beteken nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika kan beswaarlik met die groot territoriale en industri\u00eble moondhede van die w\u00eareld meeding. Dit beskik egter oor die potensiaal om as finansi\u00eble en grondstofknooppunt vir Afrika op te tree.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Johannesburgse Aandelebeurs is reeds \u2019n belangrike toegangspoort vir kapitaal. Suid-Afrika se regstradisie, onafhanklike regbank en ontwikkelde finansi\u00eble dienstesektor tel onder sy waardevolste institusionele bates.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gevaar bestaan egter dat die regering eerder op simboliese magsvertoon, internasionale afvaardigings en prestigeprojekte op die gebied van byvoorbeeld kunsmatige intelligensie sal konsentreer as op die uitbouing van \u2019n doeltreffende finansi\u00eble infrastruktuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika behoort \u2019n sentrum te word waardeur kapitaal met die minste moontlike administratiewe en regulatoriese belemmeringe na Suider-Afrika kan vloei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Juis hierin l\u00ea daar ook \u2019n geleentheid vir Afrikaners.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Die Afrikaner se geleentheid<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nederlandse handelsryk het nie sy leidende posisie verloor bloot omdat sy ekonomie gefinansialiseer het nie. Een van sy tekortkominge was dat hy nie voldoende daarin geslaag het om sy finansi\u00eble mag met nuwe vorme van produktiewe en tegnologiese vernuwing te verbind nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy Britse mededingers het daarin geslaag om finansi\u00eble en industri\u00eble mag te kombineer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Anglo-Amerikaanse w\u00eareld probeer tans iets soortgelyks doen deur finansi\u00eble mag met nuwe tegnologie\u00eb, waaronder kunsmatige intelligensie en wolkrekenaarkunde, te verbind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Indien Suid-Afrika in hierdie veranderende w\u00eareldekonomie wil meeding, behoort hy hom eerder as \u2019n doeltreffende finansi\u00eble knooppunt te vestig as om die simboliese middelpunt van \u2019n swart kapitalistiese ryk te probeer word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kunsmatige intelligensie bied steeds geleenthede vir Suid-Afrika en Suider-Afrika, hoewel dit nie noodwendig op dieselfde skaal as in die groot tegnologiese moondhede sal geskied nie. Lande soos Kenia en Nigeri\u00eb kan eweneens hul eie KI-infrastruktuur en datasentrums ontwikkel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Namate die ANC van politieke verowering na die konsentrasie van ekonomiese mag beweeg, behoort Afrikaners volgens dieselfde strategiese logika oor hul eie toekoms te besin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Afrikaner beskik immers steeds oor kapitaal, nuttige kundigheid en die vermo\u00eb om ekonomiese netwerke te vorm sonder om noodwendig oor die sentrale politieke mag te beskik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die geskiedenis van Nederland toon dat die verlies van politieke oppergesag nie noodwendig die einde van ekonomiese invloed hoef te beteken nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nederlandse handelsryk se oorgang van territoriale mag na finansi\u00eble invloed bied belangrike lesse vir die hedendaagse w\u00eareld. Johann Theron ondersoek wat di\u00e9 historiese voorbeeld vir Suid-Afrika en die ekonomiese toekoms van Afrikaners kan beteken.<\/p>\n","protected":false},"author":9,"featured_media":48183,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_newsletter_access":"","_jetpack_dont_email_post_to_subs":false,"_jetpack_newsletter_tier_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paywalled_content":false,"_jetpack_hide_featured_image":false,"_jetpack_featured_image_duplicate_dismissed":0,"_jetpack_feature_clip_id":0,"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":"","jetpack_post_was_ever_published":false},"categories":[67,10],"tags":[2188,25461,25460,6691,455,25462,25293,25459,25463,19245],"class_list":["post-48180","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c55-johann-theron","category-rubrieke","tag-afrikaners","tag-ekonomiese-mag","tag-finansialisering","tag-geopolitiek","tag-johann-theron","tag-kapitaalmarkte","tag-kunsmatige-intelligensie","tag-nederlandse-handelsryk","tag-suid-afrika-2","tag-voc"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.9 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners - praag.co.za<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners - praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Nederlandse handelsryk se oorgang van territoriale mag na finansi\u00eble invloed bied belangrike lesse vir die hedendaagse w\u00eareld. Johann Theron ondersoek wat di\u00e9 historiese voorbeeld vir Suid-Afrika en die ekonomiese toekoms van Afrikaners kan beteken.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-11-26T09:24:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-11-26T09:24:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1279\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"853\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Johann Theron\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Johann Theron\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180\"},\"author\":{\"name\":\"Johann Theron\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/67e27dcc1d80e4f7869640064280ee81\"},\"headline\":\"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners\",\"datePublished\":\"2026-11-26T09:24:17+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-26T09:24:18+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180\"},\"wordCount\":1393,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg\",\"keywords\":[\"Afrikaners\",\"ekonomiese mag\",\"finansialisering\",\"geopolitiek\",\"Johann Theron\",\"kapitaalmarkte\",\"kunsmatige intelligensie\",\"Nederlandse handelsryk\",\"Suid-Afrika.\",\"VOC\"],\"articleSection\":[\"Johann Theron\",\"Rubrieke\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180\",\"name\":\"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners - praag.co.za\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg\",\"datePublished\":\"2026-11-26T09:24:17+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-26T09:24:18+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg\",\"width\":1279,\"height\":853,\"caption\":\"Van die Amsterdamse handelsryk van die sewentiende eeu tot die moderne kapitaalmarkte van Johannesburg. (KI-illustrasie)\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48180#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"name\":\"praag.co.za\",\"description\":\"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"alternateName\":\"praag\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\",\"name\":\"praag.co.za\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"width\":240,\"height\":240,\"caption\":\"praag.co.za\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/AfrikaanseAksiegroep\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/pro_afrikaans\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/67e27dcc1d80e4f7869640064280ee81\",\"name\":\"Johann Theron\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/77e99b324eaae338680d335a873550409896329966256673b96d41f730b6ee38?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/77e99b324eaae338680d335a873550409896329966256673b96d41f730b6ee38?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/77e99b324eaae338680d335a873550409896329966256673b96d41f730b6ee38?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Johann Theron\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?author=9\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners - praag.co.za","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners - praag.co.za","og_description":"Die Nederlandse handelsryk se oorgang van territoriale mag na finansi\u00eble invloed bied belangrike lesse vir die hedendaagse w\u00eareld. Johann Theron ondersoek wat di\u00e9 historiese voorbeeld vir Suid-Afrika en die ekonomiese toekoms van Afrikaners kan beteken.","og_url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180","og_site_name":"praag.co.za","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","article_published_time":"2026-11-26T09:24:17+00:00","article_modified_time":"2026-11-26T09:24:18+00:00","og_image":[{"width":1279,"height":853,"url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Johann Theron","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@pro_afrikaans","twitter_site":"@pro_afrikaans","twitter_misc":{"Written by":"Johann Theron","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180"},"author":{"name":"Johann Theron","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/67e27dcc1d80e4f7869640064280ee81"},"headline":"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners","datePublished":"2026-11-26T09:24:17+00:00","dateModified":"2026-11-26T09:24:18+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180"},"wordCount":1393,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg","keywords":["Afrikaners","ekonomiese mag","finansialisering","geopolitiek","Johann Theron","kapitaalmarkte","kunsmatige intelligensie","Nederlandse handelsryk","Suid-Afrika.","VOC"],"articleSection":["Johann Theron","Rubrieke"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180","url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180","name":"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners - praag.co.za","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg","datePublished":"2026-11-26T09:24:17+00:00","dateModified":"2026-11-26T09:24:18+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=48180"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#primaryimage","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg","width":1279,"height":853,"caption":"Van die Amsterdamse handelsryk van die sewentiende eeu tot die moderne kapitaalmarkte van Johannesburg. (KI-illustrasie)"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48180#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/praag.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Van handelsryk tot finansi\u00eble mag: \u2019n les vir Afrikaners"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website","url":"https:\/\/praag.co.za\/","name":"praag.co.za","description":"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000","publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"alternateName":"praag","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/praag.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization","name":"praag.co.za","url":"https:\/\/praag.co.za\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","width":240,"height":240,"caption":"praag.co.za"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","https:\/\/x.com\/pro_afrikaans"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/67e27dcc1d80e4f7869640064280ee81","name":"Johann Theron","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/77e99b324eaae338680d335a873550409896329966256673b96d41f730b6ee38?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/77e99b324eaae338680d335a873550409896329966256673b96d41f730b6ee38?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/77e99b324eaae338680d335a873550409896329966256673b96d41f730b6ee38?s=96&d=mm&r=g","caption":"Johann Theron"},"url":"https:\/\/praag.co.za\/?author=9"}]}},"jetpack_sharing_enabled":true,"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Van-handelsryk-tot-finansiele-mag.jpg","_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48180","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/9"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=48180"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48180\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":48185,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48180\/revisions\/48185"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/48183"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=48180"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=48180"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=48180"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}