{"id":48116,"date":"2026-11-22T17:35:43","date_gmt":"2026-11-22T15:35:43","guid":{"rendered":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116"},"modified":"2026-11-22T17:35:44","modified_gmt":"2026-11-22T15:35:44","slug":"die-da-kieser-as-figurant-in-n-anc-travestie-van-demokrasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116","title":{"rendered":"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die geledere van DA-kiesers heers daar waarskynlik heelwat ontnugtering, veral in Gauteng. Dit blyk nou dat die ANC se daling in steun by die stembus hoegenaamd nie die party se greep op munisipale mag verswak het nie, inteendeel. Volgens \u2019n Netwerk24-opskrif kry ActionSA Johannesburg en Tshwane, maar hou die ANC die beursies. Die voorgestelde koalisiebedeling sou dus aan ActionSA die burgemeestersposte besorg, terwyl die ANC beheer oor die finansies behou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit herinner \u2019n mens so \u2019n bietjie aan die geskiedenis van kommunisme in die twintigste eeu: in Oos-Europa en elders het kommuniste dekades lank regeer, sonder enige werklike steun. In verskeie Oos-Europese lande is kommunistiese bewind n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog met Sowjetsteun gevestig, ongeag die mate van plaaslike steun daarvoor. Een so \u2019n voorbeeld is die Hongaarse kommunistiese leier M\u00e1ty\u00e1s R\u00e1kosi (1892\u20131971), wat die Tweede W\u00eareldoorlog in Moskou deurgebring het, maar in 1945 na sy vaderland teruggekeer het. Hy was bekend vir die \u201csalami-taktiek\u201d, waardeur hy sy teenstanders en mededingende groepe een vir een uitgeskakel het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die punt is dat die stelsel wat Slovo, Mandela en natuurlik Ramaphosa hier by ons in 1994 afgelaai het, na my oordeel nooit bedoel was om \u2019n werklike \u201cdemokrasie\u201d te wees waardeur gewone mense beheer of inspraak in plaaslike en nasionale regering sou kon geniet nie. Op sy beste verteenwoordig dit \u2019n flou afskynsel van demokrasie, selfs \u2019n travestie daarvan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die WAT omskryf die woord \u201ctravestie\u201d as: \u201cBelaglike, verwronge of minderwaardige voorstelling, of iets wat \u2019n bespotting maak van iets ernstigs.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die ANC, EFF en ActionSA, om maar enkeles te noem, gaan dit om politieke teater, \u2019n opvoering waardeur die gehoor konstant oortuig moet word dat hulle iets na aan die werklikheid beleef. In die Franse teater van die agtiende eeu het hulle gepraat van <em>vraisemblance<\/em>, iets wat op die werklikheid lyk, maar wat dit nie is nie. Trouens, die skyn en die opvoering kan soms selfs meer lewensgetrou, meer realisties voorkom as die werklikheid self.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die arme DA-kieser \u2013 en opposisiekiesers in die algemeen \u2013 verkeer onder die indruk dat sy stem \u201ciets beteken\u201d en op een of ander wyse die samestelling van plaaslike regering gaan be\u00efnvloed. Onwetend is hy egter deel van die opvoering, die klug. Nie as een van die protagoniste of hoofkarakters nie, maar as \u2019n bykarakter, \u2019n <em>figurant<\/em>. D\u00edt wat hulle in Hollywood \u2019n \u201cextra\u201d noem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die situasie in die Wes-Kaap, wat demografies van die res van die land verskil, is natuurlik effens anders. Maar veral die Afrikanerkieser en selfs die bruin kieser verkeer in dieselfde bootjie as sy noordelike eweknie, in di\u00e9 sin dat hy bloot as figurant vir \u2019n vooraf opgevoerde dwingelandy van Engels-liberale oorheersing misbruik word. En ons weet dat links en liberaal in ons land \u2013 soos in die VSA \u2013 dikwels pragtig met mekaar rym. Roem mev. Zille haar nie ewe seer as Ramaphosa daarop dat sy \u2019n \u201canti-apartheidstryder\u201d was nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waarskynlik is daar meer Afrikaners in die topstruktuur van die DA as in di\u00e9 van die EFF, hoewel Carl Niehaus \u2019n taamlik prominente rol in die party van rooi oorpakke speel. Maar verander die blote teenwoordigheid van Afrikaners die ideologie en strategie van die party?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mev. Helen Zille se vele beloftes ten spyt, het die DA nie daarin geslaag om enige groot metro in Gauteng in te palm nie. In vele opsigte herinner die DA- en selfs die VF Plus-kiesers ons aan diegene wat vir sogenaamde \u201cverregse partye\u201d in Europa stem, soos die PVV in Nederland, Vlaams Belang in Belgi\u00eb, Nasionale Samekoms in Frankryk of die AfD in Duitsland. Daar heers \u2019n soort \u201cbrandmuur\u201d of <em>cordon sanitaire<\/em> teen partye wat deur die gevestigde politieke orde as onaanvaarbare koalisievennote beskou word. In Suid-Afrika neem politieke uitsluiting egter \u2019n ander vorm aan, en die vergelyking met Europa is nie in alle opsigte presies nie. Daarom word die DA van munisipale mag uitgesluit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mev. Zille se gebruik van die term \u201coordeelsdagkoalisie\u201d om samewerking tussen die revolusion\u00eare swart partye soos die ANC, EFF, MK en ActionSA te beskryf, beklemtoon bloot wat ek hier skryf. Sy druk dit as teatraal en apokalipties uit. Dit dien as bevestiging vir die aard van die Suid-Afrikaanse politieke stelsel as \u2019n georganiseerde travestie wat bepaalde Westerse modelle naboots, maar oor geen egtheid of erns beskik nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eenkeer het ek met \u2019n beroemde joernalis van die BBC gaan eet. Hy het die gemors wat in Zimbabwe ontstaan het, aan een man, Robert Mugabe, toegeskryf. Een man het die onheil oor daardie land gebring. Net so word die gebreke van die Suid-Afrikaanse stelsel aan persoonlikhede toegeskryf, sonder om die groter prentjie van \u2019n wanfunksionele, pseudodemokratiese stelsel raak te sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Diegene wat Hermann Giliomee \u201cgrondwetters\u201d genoem het, verteenwoordig die goedgelowiges wat waarde heg aan woorde op papier waarin \u2019n mooi droom geskets word. Die sogenaamde wonderlike Grondwet was veronderstel om \u2019n nuwe Switserland, \u2019n nuwe Noorwe\u00eb in Suid-Afrika te skep waarin almal wetsgehoorsaam, welvarend en gelukkig is. Die munisipaliteite met hul afbakening van kiesgebiede wat volgens my minderheidskiesers se politieke invloed permanent verwater, sou eerlike en doeltreffende plaaslike regering in die hand werk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen fiksie en werklikheid gaap daar egter \u2019n kloof so groot soos die Grand Canyon in Amerika.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die figurante daag in verkiesing na verkiesing op, nie om hierdie onhoudbare en onwerkbare stelsel te verander nie, maar om dit te legitimeer. Hul rol om die ANC aan bewind te hou, is ewe of selfs meer wesenlik as di\u00e9 van die regerende party se eie stemvee wat in hul kli\u00ebntelistiese waan aanhou om te stem vir \u2019n aalmoes, ongehinderde wanbetaling van krag en water of die hoop om eendag self in die weelde van die korrupsiepartytjie te mag deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Let wel, ek neem mense nie kwalik dat hulle stem nie. Selfs Lenin, die groot revolusion\u00ear vir wie geweld die uiteindelike metode was om politieke mag te verkry, het geskryf dat \u2019n mens aan die parlement\u00eare proses behoort deel te neem, selfs al wil jy dit omverwerp.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar dan moet jy darem \u2019n idee h\u00ea wat jou stem in die groter samehang beteken. Is jy besig om iets sinvols te doen?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Of is jy \u2019n nuttige idioot wat vensterversiering aan \u2019n verrotte en verdorwe stelsel verleen?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die ANC verloor steun by die stembus, maar behou steeds sy greep op munisipale mag. Is die DA-kieser werklik \u2019n deelnemer aan die demokratiese proses, of bloot \u2019n figurant in \u2019n politieke opvoering waarvan die uitslag deur ander bepaal word?<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":48118,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[25203,25427,227,25429,7599,5031,5337,6688,5285,18535,25338,22510,25428,752,4630],"class_list":["post-48116","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-actionsa","tag-afrikanerkiesers","tag-anc","tag-cordon-sanitaire","tag-da","tag-demokrasie","tag-gauteng","tag-helen-zille","tag-johannesburg","tag-koalisieregering","tag-munisipale-politiek","tag-plaaslike-verkiesings","tag-politieke-travestie","tag-tshwane","tag-vf-plus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.8 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie - praag.co.za<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie - praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die ANC verloor steun by die stembus, maar behou steeds sy greep op munisipale mag. Is die DA-kieser werklik \u2019n deelnemer aan die demokratiese proses, of bloot \u2019n figurant in \u2019n politieke opvoering waarvan die uitslag deur ander bepaal word?\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-11-22T15:35:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-11-22T15:35:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/da-kieser-figurant-praag.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1199\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"675\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Dan Roodt\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Dan Roodt\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116\"},\"author\":{\"name\":\"Dan Roodt\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077\"},\"headline\":\"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie\",\"datePublished\":\"2026-11-22T15:35:43+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-22T15:35:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116\"},\"wordCount\":1037,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/da-kieser-figurant-praag.jpg\",\"keywords\":[\"ActionSA\",\"Afrikanerkiesers\",\"ANC\",\"cordon sanitaire\",\"DA\",\"Demokrasie\",\"Gauteng\",\"Helen Zille\",\"Johannesburg\",\"koalisieregering\",\"munisipale politiek\",\"plaaslike verkiesings\",\"politieke travestie\",\"Tshwane\",\"VF Plus\"],\"articleSection\":[\"Dan Roodt\",\"Rubrieke\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116\",\"name\":\"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie - praag.co.za\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/da-kieser-figurant-praag.jpg\",\"datePublished\":\"2026-11-22T15:35:43+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-22T15:35:44+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/da-kieser-figurant-praag.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/da-kieser-figurant-praag.jpg\",\"width\":1199,\"height\":675,\"caption\":\"Satiriese voorstelling van Suid-Afrikaanse politiek as \u2019n teateropvoering, met ANC-, EFF- en ActionSA-politici op die verhoog, terwyl \u2019n DA-kieser en ander figurante vanuit die gehoor toekyk.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48116#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"name\":\"praag.co.za\",\"description\":\"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"alternateName\":\"praag\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\",\"name\":\"praag.co.za\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"width\":240,\"height\":240,\"caption\":\"praag.co.za\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/AfrikaanseAksiegroep\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/pro_afrikaans\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077\",\"name\":\"Dan Roodt\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Dan Roodt\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?author=1\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie - praag.co.za","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie - praag.co.za","og_description":"Die ANC verloor steun by die stembus, maar behou steeds sy greep op munisipale mag. Is die DA-kieser werklik \u2019n deelnemer aan die demokratiese proses, of bloot \u2019n figurant in \u2019n politieke opvoering waarvan die uitslag deur ander bepaal word?","og_url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116","og_site_name":"praag.co.za","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","article_published_time":"2026-11-22T15:35:43+00:00","article_modified_time":"2026-11-22T15:35:44+00:00","og_image":[{"width":1199,"height":675,"url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/da-kieser-figurant-praag.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Dan Roodt","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@pro_afrikaans","twitter_site":"@pro_afrikaans","twitter_misc":{"Written by":"Dan Roodt","Est. reading time":"6 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116"},"author":{"name":"Dan Roodt","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077"},"headline":"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie","datePublished":"2026-11-22T15:35:43+00:00","dateModified":"2026-11-22T15:35:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116"},"wordCount":1037,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/da-kieser-figurant-praag.jpg","keywords":["ActionSA","Afrikanerkiesers","ANC","cordon sanitaire","DA","Demokrasie","Gauteng","Helen Zille","Johannesburg","koalisieregering","munisipale politiek","plaaslike verkiesings","politieke travestie","Tshwane","VF Plus"],"articleSection":["Dan Roodt","Rubrieke"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116","url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116","name":"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie - praag.co.za","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/da-kieser-figurant-praag.jpg","datePublished":"2026-11-22T15:35:43+00:00","dateModified":"2026-11-22T15:35:44+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=48116"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#primaryimage","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/da-kieser-figurant-praag.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/da-kieser-figurant-praag.jpg","width":1199,"height":675,"caption":"Satiriese voorstelling van Suid-Afrikaanse politiek as \u2019n teateropvoering, met ANC-, EFF- en ActionSA-politici op die verhoog, terwyl \u2019n DA-kieser en ander figurante vanuit die gehoor toekyk."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48116#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/praag.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Die DA-kieser as figurant in \u2019n ANC-travestie van demokrasie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website","url":"https:\/\/praag.co.za\/","name":"praag.co.za","description":"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000","publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"alternateName":"praag","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/praag.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization","name":"praag.co.za","url":"https:\/\/praag.co.za\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","width":240,"height":240,"caption":"praag.co.za"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","https:\/\/x.com\/pro_afrikaans"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077","name":"Dan Roodt","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","caption":"Dan Roodt"},"url":"https:\/\/praag.co.za\/?author=1"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48116","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=48116"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48116\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":48119,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48116\/revisions\/48119"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/48118"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=48116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=48116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=48116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}