{"id":48014,"date":"2026-11-18T10:59:02","date_gmt":"2026-11-18T08:59:02","guid":{"rendered":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014"},"modified":"2026-11-18T10:59:03","modified_gmt":"2026-11-18T08:59:03","slug":"pieter-mulder-tim-en-roelf-onthou-verkeerd-die-np-het-gn-plan-gehad-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014","title":{"rendered":"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pieter Mulder<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die geleentheid om \u2019n nuwe grondwetlike bedeling te onderhandel, kom net een keer in \u2019n leeftyd \u2013 en die NP het hierdie gulde kans verspeel, skryf Pieter Mulder.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek verskil van Tim du Plessis se <a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/stemme\/menings\/tim-roelf-onthul-oor-np-se-kopskuif-die-man-se-van-was-venter-20261031-0747\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">rubriek<\/a> en Roelf Meyer se boek oor hoe daar in die vroe\u00eb negentigerjare met sterk NP-druk tot \u2019n skikking gekom is. Vir die grootste gedeelte van die onderhandelinge, waar ek ook teenwoordig was, het ek dit anders ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Of die parlement die hoogste gesag in \u2019n land is, soos in Brittanje, of die hof die hoogste gesag is, soos in die VSA, is altyd \u2019n belangrike politieke debatspunt.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Du Plessis en Meyer het pres. FW de Klerk \u2019n maand n\u00e1 Boipatong (dit is Julie 1992) \u2019n voorlegging aan Nelson Mandela gedoen. Dan skryf Du Plessis: \u201cDis waar die ANC, op De Klerk se aandrang, ingestem het dat die Grondwet die hoogste gesag in die land sou wees, selfs ho\u00ebr as die parlement. Meyer kon gerus meer geskryf het oor di\u00e9 fundamentele toegewing waartoe De Klerk en sy span die ANC gedruk het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was geen \u201cfundamentele toegewing\u201d van die ANC waartoe De Klerk en sy span die ANC gedruk het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ses jaar voor hierdie gebeure, Januarie 1986, stel Oliver Tambo \u2019n grondwetlike komitee van die ANC in Lusaka saam. Die komitee, wat uit sewe lede bestaan, moet die ANC se grondwetlike riglyne vir \u2019n nuwe Suid-Afrikaanse grondwet ontwikkel. Hierdie riglyne word verder deur ANC-leiers bespreek by \u2019n In-House-Seminar. Dit vind Maart 1988 by die Zambiese Universiteit in Lusaka plaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit alles loop uit op \u2019n aantal grondwetlike riglyne. Sommige hiervan verskyn in die Harare-verklaring van 1989.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gaan lees Andr\u00e9 Odendaal se boek <em>Dear Comrade President<\/em> en Gevisser se boek oor Mbeki (p. 235) hoe die ANC reeds in die tagtigerjare \u2019n Handves van Regte as deel van hulle grondwetlike voorstelle aanvaar. \u201cA Bill of Rights that guaranteed certain inviolable rights for all.\u201d Regte wat onskendbaar moet wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">By die ANC se In-House-Seminar word \u2019n grondwethof voorgestel (deur Tony O\u2019Dowd) om toesig te hou dat die grondwet se Handves van Regte nagekom word (p. 225). De Klerk en die NP het nie die ANC tot hierdie toegewings gedruk nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Selfs die spesifieke onderhandelingsproses wat gevolg moet word, word hier deur die ANC bespreek en beplan. Gedeeltes daarvan verskyn in die Harare-verklaring van 1989.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit sluit in dat eers ooreengekom word op sekere grondwetlike beginsels en daarna word \u2019n \u201cdemocratically constituted assembly\u201d, \u2019n verkose grondwetskrywende vergadering, deur \u2019n algemene verkiesing verkies, wat die finale grondwet skryf en dan ook \u2019n oorgangsregering.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bogenoemde was die ANC se \u201cbottom line\u201d \u2013 hulle ononderhandelbare posisies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">N\u00e1 die Notule van Verstandhouding het Meyer en die NP al hierdie ANC-uitgangspunte net so aanvaar. Ook die ANC se voorgestelde onderhandelingsproses is gevolg. Dit is \u2019n totaal ander proses as wat die NP aanvanklik voorgestel het waar Kodesa die grondwet sou skryf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As gesoek word na wat die ononderhandelbare NP-standpunte, hulle \u201cbottom line\u201d was, kry jy niks. Op die vraag van Pieter Steyn op RSG op 3 November 2026 of die NP \u2019n plan gehad het wat die uitkoms van die onderhandelinge moes wees, antwoord Meyer: \u201cEk dink die enigste duidelike voorneme was ons moet deur onderhandeling by \u2019n uitkoms uitkom&#8230; Maar hoe daardie skikking aanmekaargesit moes word, was daar nie finaliteit oor of duidelikheid nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy onderhandeling binnegaan sonder \u2019n \u201cbottom line\u201d dan eindig jy by die opponent se \u201cbottom line\u201d. Dit is presies wat hier gebeur het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vergelyk gerus die ANC se grondwetlike planne wat in die tagtigerjare gemaak is, terwyl PW Botha nog president was, met die finale 1996-grondwet wat onderhandel is. Jy sal al die ANC se planne daarin kry. Geen wonder dat Joe Slovo n\u00e1 die Notule van Verstandhouding ges\u00ea het: \u201cThey caved in on everything,\u201d (Waldmeir p. 216 )<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die finale grondwetlike pakket skryf Slovo: \u201cSelfs <em>The Sunday Times<\/em>, geen vriend van die SAKP nie, het toegegee dat die pakket \u2019n telling van 16 uit 16 vir die kern van die strategiese doelwitte van die (ANC-SAKP-Cosatu)-alliansie verteenwoordig, soos aanvanklik deur my (Joe Slovo) in die bladsye van <em>The African Communist<\/em> voorgestel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die geleentheid om \u2019n nuwe grondwetlike bedeling te onderhandel, kom een keer \u2019n eeu, of een keer \u2019n leeftyd voor. Ek glo hierdie geleentheid om \u2019n werklike wen-wen-grondwet te onderhandel is deur swak NP-onderhandeling, tot ons almal se nadeel, gemis.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Dr. Pieter Mulder is \u2019n voormalige leier van die VF Plus.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Hierdie artikel het oorspronklik in Rapport verskyn en word met die skrywer se toestemming op PRAAG herpubliseer.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens dr. Pieter Mulder het die ANC reeds lank voor die grondwetlike onderhandelinge &#8216;n duidelike strategie gehad, terwyl die Nasionale Party sonder vaste onderhandelingsvoorwaardes die proses betree het.<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":48017,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10],"tags":[227,5631,25311,25312,6055,7481,12893,5202,4636,8058,5642,4630],"class_list":["post-48014","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","tag-anc","tag-fw-de-klerk","tag-grondwet-van-1996","tag-grondwetlike-onderhandelinge","tag-joe-slovo","tag-kodesa","tag-nasionale-party","tag-nelson-mandela","tag-pieter-mulder","tag-roelf-meyer","tag-tim-du-plessis","tag-vf-plus"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.8 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie - praag.co.za<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie - praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Volgens dr. Pieter Mulder het die ANC reeds lank voor die grondwetlike onderhandelinge &#039;n duidelike strategie gehad, terwyl die Nasionale Party sonder vaste onderhandelingsvoorwaardes die proses betree het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-11-18T08:59:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-11-18T08:59:03+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/KODESA-wordpress.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1100\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"580\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"praag\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"praag\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014\"},\"author\":{\"name\":\"praag\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/e780486e9ad22b70083cf5a25d5adaf1\"},\"headline\":\"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie\",\"datePublished\":\"2026-11-18T08:59:02+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-18T08:59:03+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014\"},\"wordCount\":760,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/KODESA-wordpress.jpg\",\"keywords\":[\"ANC\",\"FW de Klerk\",\"Grondwet van 1996\",\"grondwetlike onderhandelinge\",\"Joe Slovo\",\"Kodesa\",\"Nasionale Party\",\"Nelson Mandela\",\"Pieter Mulder\",\"Roelf Meyer\",\"Tim du Plessis\",\"VF Plus\"],\"articleSection\":[\"Rubrieke\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014\",\"name\":\"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie - praag.co.za\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/KODESA-wordpress.jpg\",\"datePublished\":\"2026-11-18T08:59:02+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-18T08:59:03+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/KODESA-wordpress.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/KODESA-wordpress.jpg\",\"width\":1100,\"height\":580,\"caption\":\"ANC-afgevaardigdes by KODESA 2\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=48014#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"name\":\"praag.co.za\",\"description\":\"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"alternateName\":\"praag\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\",\"name\":\"praag.co.za\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"width\":240,\"height\":240,\"caption\":\"praag.co.za\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/AfrikaanseAksiegroep\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/pro_afrikaans\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/e780486e9ad22b70083cf5a25d5adaf1\",\"name\":\"praag\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6b253fe21a3f8ef5fbbe03604b2bdaea0304ba6f77e023239b1e92a1c629c2b5?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6b253fe21a3f8ef5fbbe03604b2bdaea0304ba6f77e023239b1e92a1c629c2b5?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/6b253fe21a3f8ef5fbbe03604b2bdaea0304ba6f77e023239b1e92a1c629c2b5?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"praag\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?author=5\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie - praag.co.za","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie - praag.co.za","og_description":"Volgens dr. Pieter Mulder het die ANC reeds lank voor die grondwetlike onderhandelinge 'n duidelike strategie gehad, terwyl die Nasionale Party sonder vaste onderhandelingsvoorwaardes die proses betree het.","og_url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014","og_site_name":"praag.co.za","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","article_published_time":"2026-11-18T08:59:02+00:00","article_modified_time":"2026-11-18T08:59:03+00:00","og_image":[{"width":1100,"height":580,"url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/KODESA-wordpress.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"praag","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@pro_afrikaans","twitter_site":"@pro_afrikaans","twitter_misc":{"Written by":"praag","Est. reading time":"5 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014"},"author":{"name":"praag","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/e780486e9ad22b70083cf5a25d5adaf1"},"headline":"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie","datePublished":"2026-11-18T08:59:02+00:00","dateModified":"2026-11-18T08:59:03+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014"},"wordCount":760,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/KODESA-wordpress.jpg","keywords":["ANC","FW de Klerk","Grondwet van 1996","grondwetlike onderhandelinge","Joe Slovo","Kodesa","Nasionale Party","Nelson Mandela","Pieter Mulder","Roelf Meyer","Tim du Plessis","VF Plus"],"articleSection":["Rubrieke"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014","url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014","name":"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie - praag.co.za","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/KODESA-wordpress.jpg","datePublished":"2026-11-18T08:59:02+00:00","dateModified":"2026-11-18T08:59:03+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=48014"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#primaryimage","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/KODESA-wordpress.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/KODESA-wordpress.jpg","width":1100,"height":580,"caption":"ANC-afgevaardigdes by KODESA 2"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=48014#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/praag.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Pieter Mulder: Tim en Roelf onthou verkeerd \u2013 die NP het g\u2019n plan gehad nie"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website","url":"https:\/\/praag.co.za\/","name":"praag.co.za","description":"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000","publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"alternateName":"praag","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/praag.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization","name":"praag.co.za","url":"https:\/\/praag.co.za\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","width":240,"height":240,"caption":"praag.co.za"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","https:\/\/x.com\/pro_afrikaans"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/e780486e9ad22b70083cf5a25d5adaf1","name":"praag","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6b253fe21a3f8ef5fbbe03604b2bdaea0304ba6f77e023239b1e92a1c629c2b5?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6b253fe21a3f8ef5fbbe03604b2bdaea0304ba6f77e023239b1e92a1c629c2b5?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/6b253fe21a3f8ef5fbbe03604b2bdaea0304ba6f77e023239b1e92a1c629c2b5?s=96&d=mm&r=g","caption":"praag"},"url":"https:\/\/praag.co.za\/?author=5"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48014","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=48014"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48014\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":48019,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48014\/revisions\/48019"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/48017"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=48014"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=48014"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=48014"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}