{"id":47988,"date":"2026-11-15T18:49:11","date_gmt":"2026-11-15T16:49:11","guid":{"rendered":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988"},"modified":"2026-11-15T18:49:12","modified_gmt":"2026-11-15T16:49:12","slug":"kan-sa-weer-n-blanke-president-kry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988","title":{"rendered":"Kan SA weer \u2019n blanke president kry?"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Raak die maatskaplike en ekonomiese verval in Suid-Afrika so erg dat selfs die bre\u00eb massa swart kiesers heimlik na blanke regering begin terugverlang? Onlangs lees ek \u2019n artikel deur \u2019n linkse swart skrywer, Simion Mashego, waarin hy so iets bespeur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soos hy dit stel, het die begunstigdes van staatstenders die lewensomstandighede van swart Suid-Afrikaners vererger. Miljoene swart Suid-Afrikaners is steeds in diens en ander soek steeds werk by blanke werkgewers. Ondanks meer as dertig jaar van swart politieke bewind, bly die ekonomie in groot mate van blanke ondernemings en werkgewers afhanklik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Mashego, wat in die <em>Mail &amp; Guardian<\/em> oor die moontlikheid van \u2019n blanke president in Suid-Afrika spekuleer, het die mislukkings van swart politieke leierskap \u2019n situasie geskep waarin toenemend meer swart kiesers bereid is om hul steun aan blanke politici en partye met blanke leierskap te gee. Korrupsie, swak dienslewering, werkloosheid en die onvermo\u00eb om die ekonomie ingrypend te hervorm, het die geloofwaardigheid van die voormalige \u201cbevrydingsbewegings\u201d ondermyn. Die versplintering van swart politieke partye versterk volgens hom hierdie ontwikkeling.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mashego wys op die teenstrydigheid dat talle swart Suid-Afrikaners reeds lank bereid is om hul kinders aan voormalige blanke skole toe te vertrou en ekonomies steeds in groot mate van blanke ondernemings afhanklik is, maar dat blanke politieke leierskap steeds met agterdog beje\u00ebn word. Indien swart kiesers vertroue in blanke instellings kan h\u00ea, ontstaan die vraag waarom hulle nie ook bereid sou wees om \u2019n blanke staatshoof te aanvaar nie. Hy beskou die groeiende steun vir politieke partye onder blanke leierskap as \u2019n aanduiding dat praktiese oorwegings, soos doeltreffende bestuur en dienslewering, toenemend swaarder as historiese rasseverdelings kan weeg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mashego verwelkom egter nie noodwendig die moontlikheid van \u2019n blanke president nie. Sy betoog is eerder \u2019n waarskuwing aan swart politieke leiers dat hulle deur hul eie mislukkings die weg vir so \u2019n ontwikkeling baan. Hy bly krities oor blanke ekonomiese invloed en die sogenaamde \u201cgebrek aan grondhervorming\u201d, maar erken dat die politieke lojaliteite wat sedert 1994 oorheers het, nie noodwendig onveranderd sal voortbestaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Maart 2012 het Helen Zille, destyds premier van die Wes-Kaap, \u2019n politieke storm ontketen toe sy na leerlinge uit die Oos-Kaap wat in die Wes-Kaap beter onderwys kom soek het, as \u201conderwysvlugtelinge\u201d verwys het. Die ANC het haar van rassisme beskuldig, maar Zille se verweer was dat die werklike skandaal die verval van die Oos-Kaapse onderwysstelsel was. Die ironie is dat kiesers politieke leiers aan bewind kan hou, terwyl gesinne terselfdertyd na ander provinsies verhuis op soek na beter openbare dienste.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sou egter verder gaan en s\u00ea dat Suid-Afrika juis \u2019n dringende behoefte aan blanke en veral Afrikanerleierskap ondervind. N\u00e1 alles was Suid-Afrika tot redelik onlangs \u2019n ontwikkelde land na die Westerse model. Juis d\u00edt is die land se groot aantrekkingskrag, nie Mandela, Tambo of hul Afro-kommunistiese retoriek waarby niemand nog ooit gebaat het nie, veral nie die gemiddelde lokasiebewoner nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kan Suid-Afrika \u2019n nuwe rigting inslaan? Kan ons ontkom aan die funeste fatalisme van \u201cdekolonisering\u201d, waardeur soveel lande suid van die Sahara hul blanke bevolkings verloor of gemarginaliseer het, dikwels te midde van ekonomiese agteruitgang?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Korrupsie in Suid-Afrika is so \u2019n groot probleem dat die bestaande toesig- en strafregtelike instellings nie daarin slaag om dit hok te slaan nie. Dieselfde geld die aanhoudende kommissies van ondersoek waarin soveel wanbesteding en oneerlikheid oopgevlek word dat die howe nie in \u2019n honderd jaar al die potensi\u00eble strafsake sou kon verhoor nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat nodig is, is dat ons meedo\u00ebnloos krities na die huidige bestel moet begin kyk. \u2019n Blanke president soos Carl Niehaus sal ons net van die wal af in die sloot help. Zille self, met al haar multikulturele drif, is ook nie die aangewese persoon nie. Wat nodig is, is die terugkeer van Afrikanerwaardes, Westerse waardes. Nie die waardes van die huidige, dekadente en byna ewe korrupte Weste nie, maar die Weste van weleer. Ons moet terugkeer na die Griekse filosowe se ideale van deug, matigheid en geregtigheid, en na die Christelike beginsels van nederigheid en diensbaarheid. Of na Christus wat die handelaars en geldwisselaars met \u2019n sweep uit die tempel verdryf het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gedurende \u2019n groot deel van die twintigste eeu was Suid-Afrika se staatsadministrasie bekend vir \u2019n mate van orde en dissipline wat vandag byna ondenkbaar lyk. Die ou Nat- en Sapregerings is vir vele dinge gekritiseer, maar die soort grootskaalse korrupsie wat ons tans beleef, was nie die oorheersende kenmerk van hul bewind nie. N\u00f3g Smuts n\u00f3g Verwoerd het die reputasie van \u2019n politikus gehad wat hom laat omkoop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die res van Afrika tree sommige Westerse lande en internasionale instellings onregstreeks as \u201ctoesighouers\u201d op: hulpgeld of lenings word gebruik om druk op regerings toe te pas om hulself te beteuel wanneer dit by uitspattige feeste en selfverryking kom. In Stephen Smith se beroemde boek, <em>Negrologie<\/em>, verwys hy ook na die behoefte in Afrika om politici en staatsamptenare voortdurend dop te hou en te bewaak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar hier kom ons voor \u2019n eeue oue probleem te staan. Die Romeinse digter Juvenalis het dit in \u2019n enkele vraag saamgevat: <em>Quis custodiet ipsos custodes?<\/em> \u2014 \u201cWie sal oor die bewakers self waak?\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is immers die kern van enige grondwetlike bestel: nie bloot wie regeer nie, maar wie die regeerders kontroleer. Selfs \u2019n blanke president sou min kon vermag indien hy deur dieselfde politieke masjinerie, dieselfde belangegroepe en dieselfde gebrekkige toesigmeganismes omring word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pleks van die onbekookte stelsel waarmee FW de Klerk en Roelf Meyer se ellendige oorgawe van 1994 ons opgesaal het, kon daar iets soos \u2019n blanke of Afrikanersenaat gewees het. S\u00f3 \u2019n liggaam sou nie bloot \u2019n simboliese vergadering moes wees nie, maar oor werklike grondwetlike bevoegdhede beskik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Amerikaanse Senaat bied \u2019n interessante voorbeeld. Hy beskik saam met die Huis van Verteenwoordigers oor wetgewende mag, sodat wetgewing normaalweg nie sonder albei huise se goedkeuring aanvaar kan word nie. Hy moet belangrike presidensi\u00eble aanstellings, waaronder hooggeregshofregters, bevestig en met \u2019n tweederdemeerderheid instem tot die bekragtiging van internasionale verdrae. Verder kan hy ondersoeke instel en getuies aanhoor. Wanneer die Huis van Verteenwoordigers \u2019n president of ander federale ampsdraer in \u2019n staat van beskuldiging stel, tree die Senaat as verhoorliggaam op en kan hy met \u2019n tweederdemeerderheid die betrokke ampsdraer uit sy amp verwyder.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Afrikanersenaat, met soortgelyke bevoegdhede, kon as \u2019n grondwetlike teenwig teen die uitvoerende gesag gedien het. Dit sou byvoorbeeld \u2019n beslissende rol kon speel by die aanstelling van regters, die ondersoek van staatskorrupsie en die goedkeuring van ingrypende wetgewing. Die presiese samestelling, bevoegdhede en verantwoordbaarheid van so \u2019n liggaam sou natuurlik grondwetlik vasgel\u00ea moes word. Anders sou Juvenalis se vraag bloot opnuut ontstaan: wie bewaak die senaat self?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die keper beskou, het Suid-Afrika nog altyd oor \u2019n soort patrisi\u00ebrstelsel beskik. Gewortel in klassieke Westerse en Christelike waardes, het ons ontwikkel tot \u2019n ekonomie wat op \u2019n tyd onder die twintig grootstes ter w\u00eareld getel het, met infrastruktuur wat menige Europese land ons beny het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die huidige stelsel is uitgedien. In soveel opsigte is dit \u2019n volslae mislukking. Retoriek oor \u201cdemokrasie\u201d en \u201cbevryding\u201d kan nie langer die ware stand van sake verdoesel of kamoefleer nie. Om nou \u2019n clich\u00e9 te gebruik: die keiser is kaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vraag is dus nie bloot of Suid-Afrika weer \u2019n blanke president kan kry nie. Die vraag is of ons bereid is om die politieke en grondwetlike bestel self te heroorweeg, sodat mag weer aan verantwoordelikheid en doeltreffende toesig onderwerp word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar wie gaan die moed h\u00ea om hierdie dinge te s\u00ea? Behalwe as dit per ongeluk in die <em>Mail &amp; Guardian<\/em> gebeur, gaan die politici en joernaliste maar net aanhou om elke verkiesing as \u2019n \u201cwaterskeiding\u201d op te hemel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Raak die maatskaplike en ekonomiese verval in Suid-Afrika so erg dat selfs die bre\u00eb massa swart kiesers heimlik na blanke regering begin terugverlang? Onlangs lees ek \u2019n artikel deur \u2019n linkse swart skrywer, Simion Mashego, waarin hy so iets bespeur. Soos hy dit stel, het die begunstigdes van staatstenders die lewensomstandighede van swart Suid-Afrikaners vererger. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kan SA weer \u2019n blanke president kry?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":47990,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[25251,25252,227,25250,7599,4946,25258,6688,25253,2300,4797,25254,25255,25256,7180,2242,25259,25257],"class_list":["post-47988","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikanerleierskap","tag-afrikanersenaat","tag-anc","tag-blanke-president","tag-da","tag-grondhervorming","tag-grondwetlike-hervorming","tag-helen-zille","tag-juvenalis","tag-korrupsie","tag-negrologie","tag-politieke-leierskap","tag-simion-mashego","tag-staatsverval","tag-stephen-smith","tag-suid-afrika","tag-suid-afrikaanse-politiek","tag-westerse-waardes"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v28.8 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Kan SA weer \u2019n blanke president kry? - praag.co.za<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Kan SA weer \u2019n blanke president kry? - praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Raak die maatskaplike en ekonomiese verval in Suid-Afrika so erg dat selfs die bre\u00eb massa swart kiesers heimlik na blanke regering begin terugverlang? Onlangs lees ek \u2019n artikel deur \u2019n linkse swart skrywer, Simion Mashego, waarin hy so iets bespeur. Soos hy dit stel, het die begunstigdes van staatstenders die lewensomstandighede van swart Suid-Afrikaners vererger. &hellip; Continue reading &quot;Kan SA weer \u2019n blanke president kry?&quot;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"praag.co.za\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-11-15T16:49:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-11-15T16:49:12+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/praag_wit_president_illustrasie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Dan Roodt\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@pro_afrikaans\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Dan Roodt\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minute\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988\"},\"author\":{\"name\":\"Dan Roodt\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077\"},\"headline\":\"Kan SA weer \u2019n blanke president kry?\",\"datePublished\":\"2026-11-15T16:49:11+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-15T16:49:12+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988\"},\"wordCount\":1278,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/praag_wit_president_illustrasie.jpg\",\"keywords\":[\"Afrikanerleierskap\",\"Afrikanersenaat\",\"ANC\",\"blanke president\",\"DA\",\"grondhervorming\",\"grondwetlike hervorming\",\"Helen Zille\",\"Juvenalis\",\"korrupsie\",\"negrologie\",\"politieke leierskap\",\"Simion Mashego\",\"staatsverval\",\"Stephen Smith\",\"Suid-Afrika\",\"Suid-Afrikaanse politiek\",\"Westerse waardes\"],\"articleSection\":[\"Dan Roodt\",\"Rubrieke\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988\",\"name\":\"Kan SA weer \u2019n blanke president kry? - praag.co.za\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/praag_wit_president_illustrasie.jpg\",\"datePublished\":\"2026-11-15T16:49:11+00:00\",\"dateModified\":\"2026-11-15T16:49:12+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/praag_wit_president_illustrasie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/11\\\/praag_wit_president_illustrasie.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?p=47988#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Kan SA weer \u2019n blanke president kry?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"name\":\"praag.co.za\",\"description\":\"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\"},\"alternateName\":\"praag\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#organization\",\"name\":\"praag.co.za\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2017\\\/09\\\/praag-embleemnuut240.jpg\",\"width\":240,\"height\":240,\"caption\":\"praag.co.za\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/logo\\\/image\\\/\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/AfrikaanseAksiegroep\\\/\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/pro_afrikaans\"]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077\",\"name\":\"Dan Roodt\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Dan Roodt\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/praag.co.za\\\/?author=1\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Kan SA weer \u2019n blanke president kry? - praag.co.za","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Kan SA weer \u2019n blanke president kry? - praag.co.za","og_description":"Raak die maatskaplike en ekonomiese verval in Suid-Afrika so erg dat selfs die bre\u00eb massa swart kiesers heimlik na blanke regering begin terugverlang? Onlangs lees ek \u2019n artikel deur \u2019n linkse swart skrywer, Simion Mashego, waarin hy so iets bespeur. Soos hy dit stel, het die begunstigdes van staatstenders die lewensomstandighede van swart Suid-Afrikaners vererger. &hellip; Continue reading \"Kan SA weer \u2019n blanke president kry?\"","og_url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988","og_site_name":"praag.co.za","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","article_published_time":"2026-11-15T16:49:11+00:00","article_modified_time":"2026-11-15T16:49:12+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/praag_wit_president_illustrasie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Dan Roodt","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@pro_afrikaans","twitter_site":"@pro_afrikaans","twitter_misc":{"Written by":"Dan Roodt","Est. reading time":"8 minute"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988"},"author":{"name":"Dan Roodt","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077"},"headline":"Kan SA weer \u2019n blanke president kry?","datePublished":"2026-11-15T16:49:11+00:00","dateModified":"2026-11-15T16:49:12+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988"},"wordCount":1278,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/praag_wit_president_illustrasie.jpg","keywords":["Afrikanerleierskap","Afrikanersenaat","ANC","blanke president","DA","grondhervorming","grondwetlike hervorming","Helen Zille","Juvenalis","korrupsie","negrologie","politieke leierskap","Simion Mashego","staatsverval","Stephen Smith","Suid-Afrika","Suid-Afrikaanse politiek","Westerse waardes"],"articleSection":["Dan Roodt","Rubrieke"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988","url":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988","name":"Kan SA weer \u2019n blanke president kry? - praag.co.za","isPartOf":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/praag_wit_president_illustrasie.jpg","datePublished":"2026-11-15T16:49:11+00:00","dateModified":"2026-11-15T16:49:12+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/praag.co.za\/?p=47988"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#primaryimage","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/praag_wit_president_illustrasie.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/praag_wit_president_illustrasie.jpg","width":1200,"height":800},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47988#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/praag.co.za\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Kan SA weer \u2019n blanke president kry?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#website","url":"https:\/\/praag.co.za\/","name":"praag.co.za","description":"aktueel, aktief, afrikaans! | issn 2409-1804 | sedert 2000","publisher":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization"},"alternateName":"praag","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/praag.co.za\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#organization","name":"praag.co.za","url":"https:\/\/praag.co.za\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","contentUrl":"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/09\/praag-embleemnuut240.jpg","width":240,"height":240,"caption":"praag.co.za"},"image":{"@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/logo\/image\/"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/AfrikaanseAksiegroep\/","https:\/\/x.com\/pro_afrikaans"]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/praag.co.za\/#\/schema\/person\/9f2d60a15ea07dac831fcbb319161077","name":"Dan Roodt","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/f7260abd42ab20a6bbed25d067d5d858e657c23dac197b3818a066fb4a69b493?s=96&d=mm&r=g","caption":"Dan Roodt"},"url":"https:\/\/praag.co.za\/?author=1"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47988","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47988"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47988\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47989,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47988\/revisions\/47989"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47990"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47988"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47988"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47988"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}