{"id":4791,"date":"2009-05-12T02:40:15","date_gmt":"2009-05-12T02:40:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4791"},"modified":"2009-05-12T02:40:15","modified_gmt":"2009-05-12T02:40:15","slug":"wat-is-die-toekomsvisie-van-die-vf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4791","title":{"rendered":"Wat is die toekomsvisie van die VF+?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die debat oor die VF+ soos Bert tereg uitwys duur al jare.<\/p>\n<p>Ek is self maar skepties oor hoeveel nut deelname aan die &quot;demockracy&quot; vir Afrikaners het. Daar is diegene soos die HNP wat s&ecirc; deelname is teenproduktief, want dit verleen geloofwaardigheid aan &#39;n onwettige bestel.<\/p>\n<p>In di&eacute; sin dat daar &#39;n opvolgreferendum aan kiesers belowe is in 1992, iets wat nooit gebeur het nie, stem ek saam met die HNP. Daar is &#39;n argument te make dat blankes nooit die huidige Grondwet goedgekeur het nie, dat die NP aan ons gelieg het destyds en dat deelname vandag dus &#39;n onwettige situasie goedkeur.<\/p>\n<p>Aan die ander kant is daar die argument wat s&ecirc; mens moet maar die beste van &#39;n slegte saak probeer maak. Bismarck het ges&ecirc;: &quot;Politiek is die kuns van die moontlike.&quot; Die grootste persentasie van die LP&#39;s se salarisse word in ieder geval onvrywillig deur blanke belastingbetalers befonds. As ons dan nie eens deelneem nie, sit daar &#39;n horde kriminele in die Parlement (meer as helfte van alle ANC-LP&#39;s het geld gesteel tydens die Travelgate-skandaal) en maak wette wat ons regstreeks raak. As ons dan die HNP se voorstel volg, is daar nie eens &#39;n simboliese protes teen sulke wetgewing binne die Parlement nie, en dis al wat die VF+ myns insiens tans doen: dis &#39;n simboliese teenwoordigheid.<\/p>\n<p>Of die VF+ se deelname &#39;n soustreinryery is, weet ek nie. Daar is vier lede van die VF+ tans in die Parlement. Ek weet nie presies hoeveel lede die VF+ het nie, maar vier uit die totaal is kwalik &#39;n grootskeepse soustreinryery, vergeleke met die ANC se horde LPs.<\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\">Daardie vier lede gaan waarskynlik elkeen 30 sekondes kry tydens debatte en doodgeskree word deur die klomp barbare in die Parlement (insluitende die DA se Engelse barbare.) As jy dan wel gaan deelneem, met die doel om Afrikaners se saak te stel, want daar&#39;s nie &#39;n manier dat die VF+ &#39;n verkiesing selfs in een provinsie gaan wen nie, gaan meer en belangriker mense na jou luister as jy in die kabinet is.<\/p>\n<p>Wat ek ook nie van weet nie (miskien uit onkunde) is wat partye soos die HNP en AVP dan voorhou as &#39;n alternatief tot deelname aan die Parlement. Dis goed en wel om te s&ecirc;: &quot;Kies reg, bly weg&quot; maar wat is Plan B dan as blankes dan nie stem nie? Indien daar &#39;n Plan B is, word dit nie goed gekommunikeer nie.<\/p>\n<p>Eintlik kan mens dieselfde kritiek teen die VF+ opper, en dis vir my die groter probleem met hulle deelname as sprake van soustreinryery. Hulle neem weliswaar deel, maar wat is die doel met deelname? Gaan dit bloot oor kleinerige toegewings, of is daar &#39;n groter visie agter deelname? Weer eens, nes die HNP, as daar so &#39;n visie is, is my mening dit word nie goed gekommunikeer nie. Ek kry selfs die indruk dat veral sprake Afrikanervryheid iets is wat nie te hardop ges&ecirc; mag word nie.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\">mositaldent<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die debat oor die VF+ soos Bert tereg uitwys duur al jare. Ek is self maar skepties oor hoeveel nut deelname aan die &quot;demockracy&quot; vir Afrikaners het. Daar is diegene soos die HNP wat s&ecirc; deelname is teenproduktief, want dit verleen geloofwaardigheid aan &#39;n onwettige bestel. In di&eacute; sin dat daar &#39;n opvolgreferendum aan kiesers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4791\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat is die toekomsvisie van die VF+?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,21093,4694],"class_list":["post-4791","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-s7-menings","tag-wat-is-die-toekomsvisie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4791","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4791"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4791\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4791"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4791"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4791"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}