{"id":47885,"date":"2021-08-22T16:02:57","date_gmt":"2021-08-22T14:02:57","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47885"},"modified":"2021-08-22T16:04:33","modified_gmt":"2021-08-22T14:04:33","slug":"skoppensboer-prof-anton-van-niekerk-se-bartolomeusnag-vir-inspuitingdissidente","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47885","title":{"rendered":"Skoppensboer: Prof. Anton van Niekerk se Bartolomeusnag vir inspuitingdissidente?"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"font-weight: 400;\">Skoppensboer, wat nie inge\u00ebent is nie, sit deesdae agter sy rekenaarskerm, vermy dit om in die openbaar te verskyn en hou die w\u00eareld behoedsaam dop. Immers kan \u2018n mens steeds Covid-19 by iemand aansteek, \u00f3f jy kan Pfizer se pylvirusse by die sg. \u201cinge\u00ebntes\u201d of ingespuites opdoen. Mens is dus so half tussen Scylla en Charybdis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">In vandag se <a href=\"https:\/\/www.netwerk24.com\/Nuus\/COVID-19\/anti-vaksers-knak-dokter-20210822\">Rapport kondig Anton van Niekerk<\/a>, die vermaarde etiekprofessor van die progressiewe, kultuurmarxistiese, anti-Afrikaanse Stellenbosch-kampus aan dat dit \u201ceties\u201d sou wees om enige oningespuite wat Covid opdoen, mediese behandeling te weier.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die berig in Rapport lui s\u00f3:\u00a0<\/span><\/p>\n<blockquote><p><span style=\"font-weight: 400;\">Hoewel geen dokter sover bekend geweier het om &#8216;n pasi\u00ebnt te behandel nie, sou so iets \u2018n ernstige saak wees, s\u00ea Van Niekerk. \u201cMaar ons moet ook onthou dat ons onsself in buitengewone omstandighede bevind. Dan ontstaan die vraag of individuele menseregte beperk of in die wind geslaan kan word.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Mense wat hul nie laat inent met Pfizer en ander se eksperimentele middels nie, \u201cstel nie net hul eie lewe in gevaar nie, maar ook di\u00e9 van ander\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Daarom sou dit geregverdig wees om so \u2018n persoon behandeling te weier, meen Van Niekerk, want \u201cmense wat hul wel laat inent, behoort voorkeur te kry\u201d.<\/span><\/p><\/blockquote>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As daar een ding is wat Skoppensboer van \u201cetiek\u201d in Suid-Afrika verstaan, dan is dit dat enigiets wat die ANC doen, gewoonlik reg is. Veral as jy &#8216;n professor aan &#8216;n progressiewe, kultuurmarxistiese, anti-Afrikaanse universiteit is. Wat so min of meer 99% van ons universiteite opsom, want die akkademici wedywer met mekaar om m\u00e9\u00e9r links, m\u00e9\u00e9r progressief, m\u00e9\u00e9r anti-Afrikaans, m\u00e9\u00e9r anti-blank as enige van hul kollegas te wees.<\/span><\/p>\n<h1><span style=\"font-weight: 400;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/man_leerbaadjie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-47893 size-medium\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/man_leerbaadjie-200x300.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/man_leerbaadjie-200x300.jpg 200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/man_leerbaadjie-400x600.jpg 400w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/man_leerbaadjie.jpg 437w\" sizes=\"auto, (max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><\/a>&#8216;Dus, in &#8216;n ware progressiewe, nuwe Suid-Afrika, sou slegs linkse, veganistiese, met-Pfizer-ingespuite, maer geheelonthouers toegang tot hospitale, bankrekeninge, voedsel, opvoeding en ander lewensmiddele geniet.&#8217; &#8211; Skoppensboer<\/span><\/h1>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Grondonteiening, teregstellende aksie, die steel van staatsgeld, d\u00edt alles is hoogs \u201ceties\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Maar wee die arme drommel wat te veel YouTube gekyk of te ver in die wetenskaplike problematiek van RNS-boodskapper-tegnologie verlore geraak het en dus aan D<\/span><i><span style=\"font-weight: 400;\">ie Inspuiting<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400;\"> twyfel. So &#8216;n persoon is so min of meer op die vlak van &#8216;n Franse Protestant op die vooraand van die Bartolomeusnag in 1572 wat juis in hierdie dae, 23 tot 24 Augustus, plaasgevind het. Elkeen wat van die heersende ideologie afwyk, is &#8216;n ketter wat verdien om te sterf. Of ten minste mediese behandeling in &#8216;n <\/span>hospitaal geweier te word.<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Aldus die Groot \u201cEtiekkenner\u201d soos wat hy in <em>Rapport<\/em>, jou <em>Sondagprawda<\/em>, voorgehou word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Van Niekerk, asook &#8216;n naamlose dokter wat nou siek en sat is vir oningespuite mense wat Covid kry, meen: <\/span><\/p>\n<blockquote><p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201c&#8230;doen ons almal &#8216;n guns en behandel ook jou Covid by jou huis. Moenie hulp soek by diegene wie se advies jy ignoreer en (dan) hospital vol maak met jou Covid-siekte nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">\u201c(Dis) &#8216;n bietjie hard. Jammer.\u201d<\/span><\/p><\/blockquote>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Hierdie grootse wysgerige sillogisme het Skoppensboer nou aan die dink gesit. S\u00f3 op die vooraand van die herdenking van Bartolomeusnag 429 jaar gelede.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Volgens die Anton van Niekerk-beginsel van: \u201cdie amptelike standpunt is altyd korrek\u201d, het die Franse Protestante van destyds dit verdien om almal voor die voet uitgemoor te word, net soos die inspuitingsdissidente verdien om tuis in hul beddens te sterf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Soos die Amerikaanse uitvinder van die boodskapper-RNS-tegnologie, dr. Robert Malone, iewers op &#8216;n YouTube-video laggend s\u00ea: \u201cMy feite word nou op Facebook gekontroleer deur iemand wat nie sy ho\u00ebrskool klaargemaak het nie.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit gaan dus nie oor die wetenskap nie, maar om die stroom te volg, die sogenaamde hoofstroom. Die Facebook-&#8220;feitekontroleerder&#8221; weet meer as die biochemikus wat die oorspronklike navorsing rondom boodskapper-RNS, wat tans in Pfizer en ander se middels gebruik word, gedoen het.<\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/susan_vosloo_klag.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-47892\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/susan_vosloo_klag.jpg\" alt=\"\" width=\"830\" height=\"615\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/susan_vosloo_klag.jpg 830w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/susan_vosloo_klag-300x222.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/susan_vosloo_klag-768x569.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/susan_vosloo_klag-400x296.jpg 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 830px) 100vw, 830px\" \/><\/a><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nog &#8216;n kundige wat eensklaps deur die hoernaliste en Facebookfeitekontroleerders van voorste hartsjirurg tot \u201caanhanger van verregse komplotteorie\u00eb\u201d gereduseer is, is dr. Susan Vosloo. Sy het so \u2018n paar grade van die \u201choofstroom\u201d afgewyk en is nie net in \u201cdie media\u201d verguis nie, maar gaan blykbaar soos regter Mabel Jansen \u201cgekanselleer\u201d word met &#8216;n klag wat voor die Raad op Gesondheidsberoepe dien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Die hoofstroom is natuurlik ook \u201cprogressief\u201d. Soos Skoppensboer se gade onlangs droogweg opmerk: <\/span><\/p>\n<p><em><span style=\"font-weight: 400;\">\u201cOns leef nou almal in die Sowjetunie.\u201d <\/span><\/em><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Solank jy saamstem met wat in die koerant staan of wat jou president en die \u201cdeskundiges\u201d s\u00ea, sal daar niks met jou gebeur nie\u2026<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vandaar Skoppensboer se nuutgevonde begeerte om ook sover moontlik progressief, links en &#8216;n volgeling van die sogenaamde \u201cNuwe W\u00eareldorde\u201d te word!<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\"><a href=\"https:\/\/freewestmedia.com\/2021\/08\/20\/dutch-banks-deny-vaccine-skeptics-a-platform-to-counter-conspiracy-theories\/\">In Nederland sluit hulle nou al jou bankrekening<\/a> as jy nie &#8216;n inspuiting wil vat nie. Skoppensboer moet voedsel op die internet met &#8216;n bankkaart bestel en kan dit nie self in sy agtertuin produseer nie, dus is hy as\u2019t ware soos \u2018n vlieg in &#8216;n spinnerak gevang deur die banke, Pfizer, Prof. Anton van Niekerk en ander aartsengele (of aartspinnekoppe) van die Nuwe W\u00eareldorde.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Binnekort gaan jy &#8216;n \u201cbinnelandse paspoort\u201d soos in die Sojwetunie of &#8216;n QR-kode op jou selfoon moet dra om supermark toe te gaan, petrol in te sit, aanlyninkopies te doen of, les bes, &#8216;n bankrekening te mag besit. Jy sal Inspuiting Nommer Een en Nommer Twee moet vertoon. Asook Nommer Drie, Nommer Vier en al die ander wat nog kom en wat Pfizer en kie. vir ons sal \u201cuitrol\u201d soos dit op Ingels heet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Noodgedwonge, al is dit net om sy bankrekening te behou, sal Skoppensboer baie meer progressief moet raak as wat hy reeds is. Ter wille van selfbehoud en oorlewing.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Daarom, as goeie en gehoorsame ANC-burger en Pfizer-aanhanger, doen Skoppensboer verdere \u201cetiese re\u00ebls\u201d aan die hand:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As bewonderaar van Greta (Thunberg) wat haar ouers eens daarvan beskuldig het dat hulle \u201chaar toekoms steel\u201d omdat hulle vleiseters is, meen Skoppensboer dat almal wat vleis eet ook opname in die hospitale geweier moet word. As jou koolstofvoetspoor te groot is, is jy nie langer geregtig op mediese behandeling van enige aard nie.<\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/greta_time.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-47888\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/greta_time.jpeg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"800\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/greta_time.jpeg 600w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/greta_time-225x300.jpeg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/greta_time-400x533.jpeg 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 600px) 100vw, 600px\" \/><\/a><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Soos prof. Anton van Niekerk sou s\u00ea: \u201c&#8230;dis die punt, want as hulle planteters was, dui die mees betroubare wetenskaplike getuienis nou daarop dat hulle nie so siek sou word nie\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Skoppensboer het net in di\u00e9 aanhaling die woordjies \u201chulself laat inent het\u201d met \u201chulle planteters was\u201d vervang, maar uiteraard is \u201cdie punt\u201d presies dieselfde. Daar is honderde, indien nie duisende, wetenskaplike studies in Skandinawi\u00eb, Nederland, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Australi\u00eb en ander lande wat bewys dat die inname van vleis, veral rooivleis, tot hartvatsiektes, ho\u00eb cholesterol, vetsug en ander gesondheidsprobleme lei.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dis nou behalwe nog dat veeteelt, vleisproduksie en alles wat daarmee saamhang sleg vir die omgewing is en, soos Greta dit stel, \u201cons kinders se toekoms steel\u201d.<\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/The-Damage-Meat-Is-Doing-To-Our-Planet.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-47889\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/The-Damage-Meat-Is-Doing-To-Our-Planet.jpg\" alt=\"\" width=\"690\" height=\"438\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/The-Damage-Meat-Is-Doing-To-Our-Planet.jpg 690w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/The-Damage-Meat-Is-Doing-To-Our-Planet-300x190.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/The-Damage-Meat-Is-Doing-To-Our-Planet-400x254.jpg 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 690px) 100vw, 690px\" \/><\/a><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Vet mense of individue met &#8216;n ho\u00eb liggaamsmassa-indeks veroorsaak insgelyks hul eie dood, nes diegene wat die inspuiting weier. Trouens, volgens statistiek wat Skoppensboer onder o\u00eb gehad het, is dit juis vet mense wat aan Covid sterf! Gaan hulle dus dood omdat hulle die inspuiting geweier het of omdat hulle vet is?<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Anton van Niekerk, die \u201cetiekkenner\u201d, gaan dit binnekort van Stalinbos se dakke af basuin: \u201cGeen vet mens mag meer by &#8216;n hospitaal toegelaat word nie! Laat hulle self tuis hul hartaanvalle en beroertes behandel!\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nou kan Skoppensboer dit nie verhelp om op te merk dat prof. Anton van Niekerk oor &#8216;n dubbele ken beskik nie, dalk selfs meer as een. Mmmm, sou dit nie \u201ceties\u201d van hom wees om ook sy eie liggaamsmassa-indeks, bloeddruk en ander gegewens openbaar te maak nie? Is hy &#8216;n veganis en geheelonthouer?<\/span><\/p>\n<figure id=\"attachment_47890\" aria-describedby=\"caption-attachment-47890\" style=\"width: 840px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-47890 size-large\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2-1024x576.jpg\" alt=\"\" width=\"840\" height=\"473\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2-300x169.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2-768x432.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2-1200x675.jpg 1200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2-400x225.jpg 400w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/antonvanniekerk2.jpg 1280w\" sizes=\"auto, (max-width: 840px) 100vw, 840px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-47890\" class=\"wp-caption-text\">Lyk dit asof Anton van Niekerk genoeg oor sy eie liggaam, dieet en gesondheid omgee dat ons hom volgens sy eie &#8220;etiese maatstawwe&#8221; in &#8216;n hospitaal mag toelaat?<\/figcaption><\/figure>\n<p>Behoort die owerheid iemand met &#8216;n dubbele ken soos Anton van Niekerk in &#8216;n hospitaal toe te laat? Het hy nie reeds sy eie gesondheid benadeel met die inname van diereprodukte en alkohol nie?<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Want alkohol, soos suiker, is insgelyks gif. As jy die risiko neem om etielalkohol, wat &#8216;n gevaarlike en gewoontevormende middel is, in te neem wanneer jy bier, wyn of brandewyn drink, verbeur jy insgelyks jou reg op mediese behandeling in &#8216;n hospitaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nou die dag sien Skoppensboer &#8216;n wetenskaplike studie raak wat beweer dat jy tot 35 jaar nadat jy etanol of dan alkohol gedrink het, kanker daarvan mag kry. Dis nou die \u201cmees betroubare wetenskaplike getuienis\u201d waarvan Anton van Niekerk hier bo praat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dus, in &#8216;n ware progressiewe, nuwe Suid-Afrika, sou slegs linkse, veganistiese, met-Pfizer-ingespuite, maer geheelonthouers toegang tot hospitale, bankrekeninge, voedsel, opvoeding en ander lewensmiddele geniet. By die vulstasie sou jy insgelyks jou QR-kode moes laat inlees om jou motor vol te maak\u2026 met petrol.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Wag &#8216;n bietjie! Petrol? Diesel? A nee a! Dit druis in teen die Greta-beginsel, selfs amper meer as om vleis te eet en suiwelprodukte te gebruik.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Dit spreek vanself dat alle vulstasies in die land summier afgeskaf sal word of dan met elektriese laaistasies vervang sal word waar jy jou elektriese voertuig mag herlaai.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Nou sal &#8216;n paar verregse petrol- en dieselgebruikers seker teenoor Skoppensboer opper dat hulle nie oor &#8216;n elektriese voertuig beskik nie en dat slegs 92 elektriese motors per jaar in Suid-Afrika verkoop word, anders as in die progressiewe Skandinawiese land Noorwe\u00eb waar 80% van nuwe voertuie reeds uit elektriese voertuie bestaan met &#8216;n verdere 8% of so wat deur \u201chibriede\u201d voertuie verteenwoordig word. (Sien onderstaande grafiek.)<\/span><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/new-passenger-plug-in-car-registrations-in-norway-january-2021-b.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter size-full wp-image-47891\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/new-passenger-plug-in-car-registrations-in-norway-january-2021-b.png\" alt=\"\" width=\"895\" height=\"433\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/new-passenger-plug-in-car-registrations-in-norway-january-2021-b.png 895w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/new-passenger-plug-in-car-registrations-in-norway-january-2021-b-300x145.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/new-passenger-plug-in-car-registrations-in-norway-january-2021-b-768x372.png 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/new-passenger-plug-in-car-registrations-in-norway-january-2021-b-400x194.png 400w\" sizes=\"auto, (max-width: 895px) 100vw, 895px\" \/><\/a><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Maar watwou! Toe die Franse president Emmanuel Macron nou onlangs aangekondig het dat niemand sonder &#8216;n \u201cGesondheidspas\u201d in die openbaar mag verskyn nie, het &#8216;n stormloop na die hospitale en inspuitingsentra gevolg sodat die land dae aaneen lamgel\u00ea is deur desperate mense wat poog om hulself te laat inspuit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">As jy nie &#8216;n elektriese motor het nie, is dit jou probleem. Jy sal maar net jou bakkie se enjin moet uithaal en &#8216;n battery en &#8216;n elektriese motor op elke wiel moet installeer. Cyril sal dit aankondig en ons sal almal die gevolge moet dra, soos dit gewoonlik in progressiewe lande die geval is. Of daar nou agterna chaos, doodslag of hongersnood is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400;\">Feit is, dis \u201ceties\u201d.<\/span><\/p>\n<p>Naskrif: Sodra Anton van Niekerk of enigiemand anders vir Skoppensboer &#8216;n verwysing na die &#8220;wetenskaplike studie&#8221; stuur waarin bevind word dat die &#8220;inentings&#8221; oor geen newe-effekte beskik nie, sal hy terstond in die tou gaan staan om hom te laat inspuit. Rig die verwysing(s) aan skoppensboer@praag.org of plak dit sommer hier onder op die kommentaarafdeling. Tot dan sal Skoppensboer maar daarop konsentreer om nie vet te word of dubbele kenne te ontwikkel nie, asook al die regte vitamines in te kry.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Skoppensboer, wat nie inge\u00ebent is nie, sit deesdae agter sy rekenaarskerm, vermy dit om in die openbaar te verskyn en hou die w\u00eareld behoedsaam dop. Immers kan \u2018n mens steeds Covid-19 by iemand aansteek, \u00f3f jy kan Pfizer se pylvirusse by die sg. \u201cinge\u00ebntes\u201d of ingespuites opdoen. Mens is dus so half tussen Scylla en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":12,"featured_media":47887,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,144],"tags":[10539,25195,25196,20862,7649,25178,25174,25197],"class_list":["post-47885","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-c154-skoppensboer","tag-anton-van-niekerk","tag-covid","tag-inenting","tag-inspuiting","tag-noorwee","tag-pfizer","tag-robert-malone","tag-susan-vosloo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47885","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/12"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47885"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47885\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47900,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47885\/revisions\/47900"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47887"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47885"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47885"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47885"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}