{"id":47850,"date":"2021-08-09T19:59:21","date_gmt":"2021-08-09T17:59:21","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47850"},"modified":"2021-08-09T19:59:21","modified_gmt":"2021-08-09T17:59:21","slug":"suidpunt-bespreking-van-donkerbloed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47850","title":{"rendered":"Suidpunt: Bespreking van\u00a0&#8216;Donkerbloed&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Op ho\u00ebrskool was ek dol op die\u00a0<em>Popular Mechanics<\/em>. Die Suid-Afrikaanse een.<\/p>\n<p>My ouma het vir ons gesin \u2018n jaar lank op hierdie tydskrif ingeteken. Eers het die tydskrifte in die motorhuis tussen die ou koerante beland (my vader is nie juis \u2018n danige leser nie), maar op \u2018n dag is hulle almal in my tienerkamer. En ek kan dit nou nog nie oor my hart kry om hulle weg te gooi nie. Hul aanvanklike slagspreuk was: \u201cthe way the world works\u201d. Later is dit verander na: \u201cbe the first to know\u201d. Vir \u2018n kind wat nooit onbeperkte internet geken het nie, was hierdie tydskrifte my venster op die w\u00eareld. Ek het elke maand maar die winkelrakke dopgehou of daar nie miskien \u2018n onderwerp is waarvan ek sou hou nie.<\/p>\n<h3>\u2018n Kwessie van tyd<\/h3>\n<p>In die Junie-uitgawe van 2005 staan in die hoofartikel (\u201c2025: The shape of things to come\u201d, p. 35) hierdie volgende wyse woorde:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Look 100 years into the future, or even 50, and you\u2019re creating science fiction. Twenty years, though, is just on the edge of the horizon: while the details are fuzzy, the broad outlines of technology are already in view.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/donkerbloedvoorblad.jpeg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-47857\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/donkerbloedvoorblad-197x300.jpeg\" alt=\"\" width=\"197\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/donkerbloedvoorblad-197x300.jpeg 197w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/donkerbloedvoorblad-400x610.jpeg 400w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/08\/donkerbloedvoorblad.jpeg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 197px) 100vw, 197px\" \/><\/a>Die boek wat ek bespreek,\u00a0<em>Donkerbloed,\u00a0<\/em>deur dr. Elrien Scheepers, speel in 2045 af, 24 jaar die toekoms in. Die ISBN-nommer van hierdie gedrukte kopie wat ek gebruik is: 9780798181822.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Kan \u2018n mens die toekoms oor 20 jaar raak voorspel?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die bovermelde artikel in die\u00a0<em>Popular Mechanics<\/em>\u00a0word reeds in 2005 genoem van \u2018n video-op-aanvraag-stroomdiens op bl. 38. In die artikel word kortliks verduidelik hoe jy jou musiek en video\u2019s alles op een platform sal h\u00ea en kan saamdra:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">It will be nice to carry the whole universe of entertainment around with you \u2013 Coldplay and John Coltrane, every film from\u00a0<em>Mean Streets<\/em>\u00a0to\u00a0<em>The Aviator<\/em>\u00a0to whatever an unstoppable Martin Scorsese is shooting in 2025. That mobility and freedom \u2013 along with coffee tables free of the clutter of CDs and DVDs \u2013 will arrive as we move from today\u2019s entertainment-is-a-thing world into the entertainment-is-a-service world of the future.<\/p>\n<p>\u201cYou\u2019ll pay a certain amount of money and have access to a huge pool of stuff,\u201d says V Michael Bove Jr, director of the Consumer Electronics Research Programme at MIT\u2019s Media Lab.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En ons ken dit reeds in 2021. Dis skaars 16 jaar later. Netflix, Spotify, Amazon Prime, YouTube Premium, Google Play, Disney+ , noem maar op.<\/p>\n<p>5G is nou nog \u2018n nuutjie vir ons, maar ook r\u00e9\u00e9ds in 2005 is ons oor sekere aspekte gewaarsku (p. 34):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cOnly connect: In the home \u2013 and everywhere else \u2013 we will live in a totally networked world. Information and entertainment will be instantly accessible.\u00a0<strong>But privacy may be hard to come by<\/strong>.\u201d (my beklemtoning)<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">\u00a0\u2018n Rapsie meer as 16 jaar later staan daar in die\u00a0<em>Sake<\/em>-bylaag van\u00a0<em>Rapport<\/em>\u00a0onder die opskrif \u201c5G vinniger, \u2018maar met meer risiko\u2019s\u2019\u201d (11 Julie 2021) die volgende:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cIn \u2018n 5G-w\u00eareld sal bykans alles met die internet verbind wees \u2013 en dit in \u2018n hoogs geoutomatiseerde omgewing. Maar di\u00e9 grootskaalse interkonnektiwiteit sal \u2018n teelaarde wees vir nuwe soorte kubermisdade met veel ernstiger gevolge.\u201d<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u2018n Kubermisdaadgroep het in April vanjaar vir groot konsternasie gesorg toe die Colonial-oliepypleiding in die VSA afgeskakel is nadat aanvallers die pypleiding gyselaar gehou het. Die aanvallers kon nie die funksionering van die pypleiding oorneem nie, maar is virtueel vort met 100 GB se data wat hulle gedreig het om bekend te maak tensy \u2018n losprys van $4,4 miljoen betaal word. Colonial het uiteindelik die losprys betaal.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u201cGestel \u2018n kuberkraker neem beheer oor watermeters, elektrisiteitsopwekking of verkeersbeheerstelsels. In \u2018n virtueel gemeganiseerde w\u00eareld waar byna alles onderling verbind is- en boonop deur draadlose tegnologie \u2013 kan dit chaos beteken wanneer stelsels inplof\u201d, [s\u00ea Jens Montanana, van Datatec]<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>\u201cDie enigste manier om hierdie soort kubergevare te probeer ontglip is om as\u2019t ware minder in die kuberruim te wees,\u201d s\u00ea Montanana.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dit is duidelik nie meer die onskuldige tienermanewales van\u00a0<em>Hackers<\/em>\u00a0(1993) waar peroksiedkop Zero_Cool (of Crash_Override) en kie die brandalarms laat afgaan, hul skuldig maak aan onregmatige toegang op eiendom, telefoonhokkies wat onder vandalisme deurloop vir \u2018n maklike openbare aansluiting (wie\u2019t WiFi nodig?), spioenering op polisietelefoonoproepe, datadiefstal, DoS-aanval op \u2018n maatskappy, verkeersknope veroorsaak deur met (verkeers)robotte te speel (vir die pret), poging tot moord met \u2018n brandfakkel\u00a0\u00a0\u2013 alles om te keer dat \u2018n internasionale terroris (\u201cThe Plague\u201d) nie die olietenkskepe laat omkantel nie\u2026 Afgerond met fynproewer-rave\/trancemusiek in die agtergrond.<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cMess with best, die like the rest\u201d.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ag! Nou maar goed, dan. Dis presies dieselfde. Net 28 jaar later.<\/p>\n<p>Dus, ja \u2013 2045 lyk miskien vir ons nog v\u00ear die toekoms in (24 jaar), maar dalk word daar tog \u2018n paar goedjies bewaarheid. Meer as wat jy dink.<\/p>\n<p>Maar eers, waaroor handel die roman?<\/p>\n<h3>Die hoofintrige<\/h3>\n<p>Sybella Francke (17 jaar oud, 10 maande) is wees nadat haar vader (Simon) in Kleinmond verdrink het n\u00e1\u00a0\u2018n fratsbrander toe sy 12 was (p. 97), en haar moeder en o\u00ebnskynlik ook haar jonger suster (Rosa en Jynna Francke) in \u2018n uitsonderlike lugtaxi-ongeluk omkom (2 jaar voor die verhaalhede). Sybella het die ongeluk oorleef omdat sy op die nippertjie besluit het om saam met haar eksk\u00earel na die toekenningsbal te gaan, en nie saam met haar ma en suster nie (pp. 69-70, 177, 183). Sy word nou deur Lilith Rox genader om vir haar by Biotron Babas (in Sandton) te kom werk, \u201cwat geneties gemodifiseerde babas verskaf aan die ryk elite\u201d (soos op die agterblad staan), maar wel onder valse voorwendsels.\u00a0\u00a0Toe Sybella haar suster op \u2018n foto by een of ander gala (\u201cBiotronbal\u201d) van die maatskappy sien, aanvaar sy die werksaanbod (p. 112). Hoe dieper sy grawe, hoe nader kom sy daaraan om haar suster op te spoor. Maar nie sonder die hulp van \u2018n paar nuwe en ou vriende nie.<\/p>\n<p>Hierdie vriende is:<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Jax Jakobz, \u2018n\u00a0Donkerweb-<em>gamer<\/em>\u00a0wat absoluut gaande is oor alles wat onwettig is. Of dit nou dwelmgebruik, sluikhandel, orgaanhandel Nigeri\u00eb toe of onwettige immigrante is. Sy moeder is aan longkanker dood toe hy twaalf was en Rosa Francke het hom destyds soos haar eie seun onder haar vlerk geneem. Juis daarom is hy baie erg oor Sybella, wat soos \u2018n sussie vir hom is.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Meliwami \u2013 die 25-jarige eienaar van Zonga\u2019s, \u2018n eetplek\/kroeg in Sunnyside. Hy het \u2018n 19-jarige k\u00earel wat toere plaaslik en oorsee begelei, genaamd Mkulu.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Yala Uba, \u2018n onwettige immigrant uit die Kongo, wat met deportasie-tatoe\u00ebermerke deur die polisiemag gebrandmerk is en in Mamelodi gebly het. Om aan die lewe te bly, moes sy onwettige hokgevegte vir haar \u201cmeester\u201d wen. Sy word byna halfdood een aand deur Sybella gevind op straat, kort voordat die polisiehommeltuie Sunnyside patrolleer. Met behulp van \u2018n straatkind wat met byna nuttelose R20-muntstukke betaal word, bring hulle Yala tot by Sybella se woonstel in Eastwood. Daar sterk sy tuis aan. Daarna werk sy by Meliwami as kelnerin (op aandrang van Sybella). Maar moenie haar vlak vat nie: sy is \u2018n lopende kitsbank\u2013 sy donder \u2018n tonnel deur iemand se kop in \u2018n hokgeveg, en kry so R40 000 harde kontant slaggereed as iemand se twee maande agterstallige huurskuld in \u2018n krotbuurt binne \u2018n dag vereffen moet word (p. 178). Sy spaar eintlik hierdie geld om vir haar boetie, Koreni, in die Kongo te stuur (p. 27).<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Naemi, die skoonmaakster van die laboratorium by Biotron Babas. Sy bied toegang en inligting.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0ZuriB2, \u2018n brouwerk van die eerste genmodbabas van Lilith Rox. Sy is besonder knap met rekenaarstelsels kraak, maar het horinggroeisels. Sy het geen draad vir Lilith Rox nie, juis omdat soortgelyke lotgevalle soos sy doodgemaak is.<\/p>\n<p>Dan ontdek Sybella egter waarom sy en haar suster Jynna tog so gesog vir Rox is.<\/p>\n<p>Tot sover met die intrige.<\/p>\n<h3>Waar het ek hierdie boek gekoop?<\/h3>\n<p>Ek skryf hierdie brokkie inligting neer, want ek weet skrywers en uitgewers stel altyd belang.<\/p>\n<p>In ons plaaslike, ten volle onafhanklike koerantjie (wat sy eie boekwinkeltjie het), het ek die naam gesien. Die pers omslag van die boek eerste. Dit was Vrydagoggend, 9 Julie, want die koerant kom Donderdagaande uit. Toe ek die woord \u201ckuborg\u201d sien, los ek die rekenaar net so aan, vat die twee blou kontantnote en ek is by die deur uit. Ek het nie gedink nie, net gedoen.<\/p>\n<p>Eers het ek by die grootmenskant gesoek, gedink ek is te laat. Maar toe kry ek hom by die tienerkant.<\/p>\n<p>Ek het dus nie by enige hoofstroommedia of in sosiale media die boek gesien nie. Eers agterna. Die feit dat \u2018n wetenskapsfiksieboek by Human &amp; Rousseau uitgegee is, is vir my uitsonderlik, want dekades gelede laas is sulke boeke daar uitgegee. Gewoonlik is dit by LAPA of Tafelberg of by \u2018n privaatuitgewer.<\/p>\n<h3>Waaraan moet ons gewoond raak?<\/h3>\n<p>Hieronder is van die belangrikste ontwikkelings waarvan jy moet kennis neem.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Grondonteiening sonder vergoeding is \u2018n werklikheid.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Die hele storie ontspoor amper hierso, want al die sukses en praalsug en die Lamborghini Aventador (nou seker \u2018n bietjie\u00a0<em>vintage<\/em>?) en slangvelhandsak van die hoofbaas van Biotron Babas (Edms. Bpk.), asook die ryk woonbuurte van Pretoria en Johannesburg is eintlik \u2018n weerspreking van hierdie wet. Tensy Lilith Rox en haar katelknapie, Cedric Morton, een of ander houvas op die staat het. Of juis sterk bande met die staat het. En hierdie voorstede vernaamlik deur vername staatsamptenare bewoon word.<\/p>\n<p>As jy nie seker kan wees oor jou besitreg nie, dan gaan jy sekerheid elders soek. Jy kan die beste onderneming of woning bou uit jou sak, en dan kom die staat en neem dit sommer net eenvoudig oor? Wie is so onnosel om sy geld hier te mors?<\/p>\n<p>In \u2018n geskrif in Arabies oor die agteruitgang van Kopties, wat ek oor \u2018n paar weke gaan bespreek, word genoem onder die Ottomaanse Ryk het Egipte g\u00e9\u00e9n eiendomsreg geken nie. Nodeloos om te s\u00ea, het die kunste en ekonomie hoegenaamd nie gebloei nie. Dit was eers toe die Franse daar aankom en die\u00a0<em>Code civil<\/em>\u00a0bekragtig dat daar uiteindelik vooruitgang beleef is.<\/p>\n<p>Maar ons lees byvoorbeeld op bls. 16 en 36, uit die mond van Sybella:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Die eerste ontwerpersbabas is in 2030 gebore. Hoe oud was ek toe? Dis vyftien jaar gelede, so ek was\u2026 twee? \u2018n Gewone tweejarige kind wat saam met \u2018n pa en ma en nuwe babasussie in \u2018n groot wit huis in Eastwood gebly het, en in die tuin naaldekokers gejaag het.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Ek onthou die groot wit huis in Eastwood waarin ek grootgeword het, voor dit deur die Etswagoli-stadsraad oorgeneem en onderverdeel is toe behuising \u2018n krisis geword het. Ten minste kon ons die deel van die tuin met die visdam hou, waar ek as klein dogtertjie ure lank na die paddavissies en vet lyfies en kronkelstertjies sit en kyk het. Deesdae is die paddas weg, saam met die naaldekokers.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ek neem aan Waterkloof word nie hierdeur geraak nie? Dalk nie, want Meliwami maak \u2018n nuwe tak, nou genaamd Zonga\u2019s Too, in Waterkloof oop (p. 233). Of het jy \u201cgoeie virtuele prokureurs\u201d daarvoor nodig (p. 226)? Jy kan steeds sakebeleggings maak, ook in kafeetjies van Sunnyside (p. 222).<\/p>\n<p>Dus, was daar op \u2018n stadium \u2018n behuisingstekort, en toe word daar links en regs grond onteien? En toe gestop? Maar met die klomp werkloosheid (p. 31), vlugtelinge en onwettige immigrante wat konstant Etswagoli (die megalopolis Egoli+Tshwane) oorbevolk, Mamelodi wat \u2018n oop seer is (meer daaroor later) \u2013 het hierdie onteiening ooit gestop?<\/p>\n<p>Maar kyk wat gebeur op bl. 131:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Meliwami neem \u2018n hap van sy groenteroerbraai. \u201cWil jy in my woonstel gaan bly terwyl jy in Bryanston is?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, dis \u2018n goeie plan, dankie!\u201d Minder lugtaxivlugte elke dag.<\/p>\n<p>\u201cHet jy nog \u2018n woonstel daar ook?\u201d vra Zuri.<\/p>\n<p>Meliwami knik. \u201cJa, ek het. Mkulu trek soms daar in as hy toeriste op toere deur Sandton en Bryanston neem. Dis nie op die stadsrekenaarstelsel geregistreer nie. My pa het die woonstel al jare gelede versteek. Hy was \u2018n stadsingenieur en het besluit hy gaan nie by die regering se behuisingstelsels inval en sy woonstel sonder vergoeding weggee nie. Sybella sal veilig wees. Niemand sal haar daar kan opspoor nie.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Wat aanleiding hiertoe gegee het is Kaapstad wat deur Koeberg se lekkasie in \u2018n \u201cradioaktiewe spookstad\u201d verander is (p. 91). Die skryfster wou duidelik h\u00ea die stad moes leegloop. \u201cDerduisende\u201d (hoewel nie miljoene nie) het toegesak op die megalopolis wat sowat \u2018n anderhalf-duisend kilometer daarvandaan is. Hierdie lekkasie moes binne 10 tot 20 jaar tevore gebeur het, want Seth Denuys (dis nou Sybella se eksk\u00earel) was op laerskool\/ho\u00ebrskool toe dit gebeur het (p. 68).<\/p>\n<p>Maar ons heldinnetjie wil n\u00e1\u00a0die hele debakel met Biotron Babas op Kleinmond gaan vakansie hou (pp. 232-233), met die woorde: \u201cons kan net langs die strand l\u00ea, of jy en Jynna kan op die bergwandelpaaie gaan draf. Dit sal salig wees\u201d.<\/p>\n<p>Ek bedoel, die meeste (miljoene) Kapenaars sal hoogs waarskynlik eers toesak op die onmiddellike nabyheid. Maar ook op \u201cgroterige\u201d plekke soos Hermanus (h\u00e9\u00e9l eerste, want hy lyk die aantreklikste!), Worcester, Oudtshoorn, George, Mosselbaai, maar feitlik alle kleiner plekke en stranddorpe is glad nie gespaar nie. Daar is nog baie oop erwe en strandhuise wat deur die jaar leeg staan van binnelanders waarop en waarin geplak sal word. Die grootste gevaar is moontlik die Weskus, weens die seestrome, so ek sou nie na Langebaan of Saldanhabaai toe vlug nie (my skrywersvriend van Bellville huil klaar oor die \u201cprawns\u201d).<\/p>\n<p>En natuurlik die uittog-paniek, verder aangeblaas deur die verlate Nasperskantore van Heerengracht, want die skoolkinders en die publiek in die Kaap is nooit voorberei op \u00e9nige ramp nie; dit is trouens \u2018n teer onderwerp wat jare gelede aangeroer is in die Duitse skryfster Gudrun Pausewang se jeugroman \u201c<a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Die_Wolke\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Die_Wolke&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842815000&amp;usg=AFQjCNHac9AAlJ5hB2sgXBRWOHsQDU1Iuw\">Die Wolke<\/a>\u201d (1987), juis omdat die Wes-Duitsers ook nie op \u2018n soortgelyke ramp as in die Oekra\u00efne voorbereid sou wees nie. Met presies dieselfde gevolge. Ek weet niemand wil aan Sir Lowryspas op daardie dag dink nie, maar ons het baie om op voor te berei.<\/p>\n<p>Veral: daar sal meer plundertogte as in die Duitse boek wees, dit kan ek jou verseker! Janna-Berta keer n\u00e1\u00a0\u2018n jaar of wat terug huis toe, met Ouma en Oupa uit Mallorca wat op haar tuiskoms wag, die huis totaal ongeskonde, buiten die verdroogde malvas (p. 213). Ek is bevrees met Kapenaars sal dit anders gesteld wees.<\/p>\n<p>Troos jou daaraan:\u00a0<a href=\"https:\/\/www.thesouthafrican.com\/news\/why-loud-sirens-cape-town-alarm-koeberg-tuesday-9-march\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.thesouthafrican.com\/news\/why-loud-sirens-cape-town-alarm-koeberg-tuesday-9-march\/&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842815000&amp;usg=AFQjCNHMkJmFoKtbmrXZcVBPrO3p02uvDA\">Daar is wel sirenes by Koeberg<\/a>\u00a0en omstreke; dit is in Maart 2021 getoets.<\/p>\n<p>Daar kan selfs met verloop van tyd nuwe dorpe gestig word, of plekke soos Protem, of Stormsvlei of Baardskeerdersbos kan uitbrei. Die huispryse sal natuurlik die hoogte inskiet, maar die punt is: dit sal eerder \u2018n onmiddellike Wes-Kaapse probleem word as \u2018n Gauteng-probleem. Die behuisingskrisis sal egter ongetwyfeld uitkring Pretoria toe, veral as Oud-Pretorianers terugkeer na hul gesinne en of by families moet inwoon, soos Janna-Berta in\u00a0<em>Die Wolke<\/em>\u00a0wat by haar tante Helga in Hamburg gaan bly het. En natuurlik, die \u201cvooruitsig op werksgeleenthede\u201d sal die grootste trekpleister wees.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Gereelde en geskeduleerde patrollievlugte (polisiehommeltuie)<\/strong>, veral saans.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit spaar seker brandstof en die polisie kan meer inligting vanuit die lug bekom as met \u2018n patrolliemotor op straat. Die hommels inspekteer almal wat moontlik verdag optree (bl. 4), seker ook iemand in \u2018n konyntjiekostuum? As daar probleme is, maak hulle alarm en word die polisie geroep met hul \u201cgeneties gemodifiseerde dubbelspierhonde\u201d (bl. 4). Dan sal Hasie moet hol?<\/p>\n<p>\u201cDie hommelpatrollies vlieg soms deur die dag ook, en die polisie en hulle honde is oral.\u201d (p.30) Dit is ook so (p. 53-54).<\/p>\n<p>Voetgangers het gewoonlik polsbandjies wat byvoorbeeld hulle hartklop en asemhaling registreer (p. 4).<\/p>\n<p>Ek was juis die 22ste Julie in ons plaaslike Pick \u2018n Pay, en hierdie soort polsbandjies koop jy sommer vir R140 met jou lojaliteitskaart. Dit is mos van daardie soort wat deur Bluetooth met jou slimfoon verbind. Dat die polisie egter toegang in die toekoms tot hierdie data sal h\u00ea in die verbyvlug, daarvan hou ek net mooi niks (p. 4)!<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">As ek net my asemhaling egalig kan kry! En as my hartklop te vinnig is, sal die hommels dit dalk ook optel. Nugter weet watter opgraderings hulle in die laaste week gehad het.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En weet jy, dit kan werklik gebeur ook. Kan maatskappye weier om saam met die polisie te werk en nie jou data te deel nie? Ek is geen regskenner nie &#8211; dis &#8216;n ope vraag wat in hierdie boek gevra word.<\/p>\n<p>Dit kan seker help as jy halfdood op die straat l\u00ea, of dringende mediese hulp nodig het. Maar\u2026 iemand kon te veel koffie of Coke gedrink het. \u2018n Vriendin op skool het persoonlik vir my ges\u00ea kafe\u00efen gee haar \u201chartkloppings\u201d. Dalk het iemand vir sy eie skadu geskrik. Paniekaanvalle is vry algemeen. Iemand kon \u2018n pokeraandjie gewen het en hom heeltemal te buite gaan op straat oor sy oorwinning? Gaan \u2018n robot daaroor nou die honde op hom loslaat? Om sy hartkloppings nog v\u00e9rder op te jaag?<\/p>\n<p>Onwettige immigrante se deportasie-tatoe\u00ebermerke word met die geringste detail ge\u00ebien (bl. 2). Dit is nie vir my duidelik in die boek of die hommeltuie getrek word deur vullisblikke wat omgedop l\u00ea (wat as \u2018abnormaal\u2019 geregistreer word?), of hulle infrarooi-liggaamshitte onder \u2018n rommelhoop kan sien, en\/of wat hul reaksie op bosslapers of straatslapers sal wees nie.<\/p>\n<p>Persoonlik het ek te veel die rekenaarspeletjie\u00a0<em>Terminator: Resistance<\/em>\u00a0op YouTube deurgekyk om ooit aan hierdie gedagte gewoond te raak. Ek hou net nie van die idee van Skynet bokant my kop nie. Nie as ek rustig in my bed l\u00ea nie, ook nie as hulle my sterrehemel kom bederf nie.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>\u201cPerdebye\u201d\u00a0\u00a0of Insekhommels<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit is geruislose hommeltuie so groot soos perdebye, en slegs die weermag kan hulle gebruik. Hulle word gewoonlik ingespan om mense op te spoor (p. 124), te agtervolg of videos op te neem (p. 158).<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Robotkelners.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>In die roman is Sybella alte danig met klein kelnerbots wat die kos kom aandra (of kelners assisteer). By Zonga\u2019s is daar vyf wat kelners kan bystaan. Die een is Didi (p. 34), \u2018n ander is Coco (pp. 55, 57, 223). Maar tog verkies eetplekeienaars steeds mense as kelners. Die salaris kan nog met kontant betaal word, om te verseker dat hulle nie op die stadstelsels kom nie; dit bied natuurlik uitkoms vir Yala. Sybella het mooi vir Meliwami gevra, en dit is om Sybella se onthalwe dat hy Yala die kans gee. Sy sou in elk geval nooit werk kon kry nie; selfs wettige Suid-Afrikaners sit sonder werk (p. 31). Ook het Jynna, wat aan geheueverlies gely het, by\u00a0<em>Heaven\u2019s Door<\/em>\u00a0gewerk in Bryanston (p. 170,173):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Toemaar pops, nie jou klein sussie nie. Sy bly net hier en was die skottelgoed. Sy waitress by\u00a0<em>Heaven\u2019s Door<\/em>\u00a0en dra baie kort rompies en strikdassies om haar nek, maar dis al. Ek leer haar nog om eendag kli\u00ebnte te please.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Waarom \u00fcberhaupt nog sukkel met mense? Dink net: geen stakings, geen uniforms, geen waspoeier, geen klante wat van hul stoele verjaag word vir die volgende nie (\u2018n mens moet skoon jou kos in jou keelgat aflaai!); geen fooitjies wat tog alles in een blikkie gegooi en onderlangs gedeel word nie, of jy nou \u2018n R1000-fooitjie verdien of 10c? Boonop kan mens altyd jou fooitjies op iets anders uitgee, soos nog \u2018n koeldrank of so? En dit voel maar ongemaklik as jy alleen in die restaurant sit en die kelners staan soos sfinkse rond.<\/p>\n<p>Of is dit gewoon omdat \u2018n robot nie verstaan as iemand s\u00ea \u201cek het my beursie in die kar vergeet\u201d of \u201cdaar\u2019s \u2018n muisdrol op my bord\u201d of \u201cdit smaak na dooie hoofpad-hadida\u201d of \u201chierdie vis leef nog\u201d of \u201cek gradeer restaurante\u201d nie?<\/p>\n<p>As die restaurant glad nie baie besig is nie, wie weet, dalk kan mens met die mensekelners gesels oor Franse filosofie? Mense hou mos van geselskap en dit is wat klante laat terugkom. En die skitterende glimlag ook.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Avatarklubs<\/strong>.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ek het onmiddellik aan VRChat gedink toe ek hierdie woord op bladsy 1 lees. En op bl. 102 is my vermoedens gedeeltelik bevestig. Vir di\u00e9 wat nou nog nie weet nie: VRChat is \u2018n platform waar jy met \u2018n spesiale kopstuk (soos die Oculus Quest) oor jou o\u00eb sit sodat jy in \u2018n 3D-w\u00eareld kan rondbeweeg. Welkom in die skynwerklikheid. Jy het wel ander (hand)stukke in die stelletjie ook nodig om in hierdie w\u00eareld mee rond te beweeg. Jy skep vir jou \u2018n karakter en dan kan jy met die ander karakters, personas, fursonas, ens. gesels en ander w\u00earelde gaan verken of speletjies saamspeel. Hier het ons byvoorbeeld <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=Czi-zyLFc28\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.youtube.com\/watch?v%3DCzi-zyLFc28&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842815000&amp;usg=AFQjCNGTI6FdlYUwniHHD49n0nWP564PiQ\">\u2018n vriendelike wildehond met gloeirooi irisse en klappende ore wat met \u2018n Afrikaanse aksent jou uitnooi<\/a>\u00a0na \u2018n aandjie in VRChat.<\/p>\n<p>Die meeste gebruik VRChat gewoon as gevolg van covid-19. En dit is bloot \u2018n maklike manier om met jou vriende te gesels, \u201cvan aangesig tot aangesig\u201d, wat honderde tot tienduisende kilometer ver sit. Jy het wel \u2018n goeie, betroubare en blitsvinnige internetverbinding hiervoor nodig. Iets wat die platteland, waar ek bly, nie altyd het nie.<\/p>\n<p>Maar die meeste stel dit aan my baie duidelik: sodra alles terugkeer na normaal, gaan hulle die bril ophang. VRChat is net \u2018n tydelike oplossing. Dit voel nie dieselfde as om saam \u2018n braai te hou onder die oop sterrehemel nie. Daaroor is hulle baie pertinent. Die aandklokre\u00ebl, die provinsiale reisverbod en vele ander faktore maak byeenkomste tans (ek skryf op 22 Julie 2021) onmoontlik. Nou kan jy egter jou vriende uit Duitsland, Johannesburg, Kaapstad, Durban, Berlyn, Amsterdam\u2026\u00a0\u00a0almal oornooi en in een vertrek h\u00ea.<\/p>\n<p>Wat maak hierdie Avatarklub egter anders? Dit is \u2018n saal waarheen jy fisies gaan. So niemand sit agter sy konsole of rekenaarskerm nie. Ek neem nou aan die mens het aan sy persona\/fursona verknog geraak, maar wil saam met die ander maats ook fisies in dieselfde kamer wees. Dit is dus nie soos in\u00a0<em>The Matrix<\/em>\u00a0waar almal gaan l\u00ea en ingeprop word nie. Voor jou o\u00eb verander jy in die persona wat jy wil wees en jy beweeg fisies in die saal rond. Die saal kan volgens tema ingekleur word (p. 102):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Daar, met die hulp van virtuele realiteit en slimlensverstellings, loop allerhande kreature rond. Watter vorm jy ook al wens, kan jy aanneem. Jy kan \u2018n dinosourusstert rondswaai of jou hele lyf met meerminskubbe bedek, jy kan vlerke soos \u2018n draak h\u00ea, of op die hoewe van \u2018n perd rondtrippel. En dronk word op die gedagte dat jy jou fantasie vir \u2018n uur of twee kan uitleef. Dalk weet die dwerg met die boggelrug regtig waar die pot goud aan die einde van die re\u00ebnboog is. En daar kan jy jou eie boggelrug wegsteek in die lyf van \u2018n Egiptiese prinses.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>En, om jou te verlos van die dag se sorge, met \u2018n bietjie narkotika by (p. 129):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Niemand vra vrae in die \u2018n avatarklub nie. Seker omdat party mense op meer as net pynpille en dagga is. Hulle is in hulle eie dwelmw\u00eareld en stel nie belang in die mense om hulle nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<ul>\n<li><strong>Daggakafees.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit is baie soos die Hollanders se \u201ccoffeeshops\u201d waar jy \u201c<a href=\"https:\/\/www.government.nl\/topics\/drugs\/why-are-coffee-shops-allowed-to-sell-soft-drugs-in-the-netherlands\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.government.nl\/topics\/drugs\/why-are-coffee-shops-allowed-to-sell-soft-drugs-in-the-netherlands&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842815000&amp;usg=AFQjCNHFvBh0E2KykzW6M5DwaixWqVaq2Q\">softdrugs<\/a>\u201d kan koop. Maar die eienaar moet \u2018n \u201cbelaglike\u201d ho\u00eb daggabelasting aan die staat betaal (p. 11-12), en ek dink jy mag hier drank verkoop, wat sedert 2007 nie in Nederland mag nie. Die polisie slaan ook gereeld op hierdie kafees toe (klopjagte), want (p. 55):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Sommige restauranteienaars buit die verslaafde daggakoppe uit, verkoop hopeloos te veel onwettige dagga aan hulle. Dis sulke klubs wat gereeld polisiebesoeke kry. Ons is definitief veilig hier.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ek dink dit bied \u2018n ander verklarende aanvulling vir die PRAAG-video: \u201c<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=tDv-VUvcPM8\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.youtube.com\/watch?v%3DtDv-VUvcPM8&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842815000&amp;usg=AFQjCNHytpAngc7HQymqv6taR6y4zOoBgQ\">ANC wil dwelms op elke straathoek h\u00ea<\/a>\u201d (22 Augustus 2020). Nee, dis glad nie so lank terug opgeneem nie.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>VirEwigEk-webwerf.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Dit is sekerlik een van die beste uitvindsels nog, met sy gebreke en al. Die eintlike doel is om mense te vertroos en met die rouproses te help, maar as inligtingsbron kan dit ontsettend baie tyd spaar. Dit herinner my baie aan daardie (sarkastiese) digitale biblioteekassistent, Vox 114 (<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=Rkc09sTiS7g\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.youtube.com\/watch?v%3DRkc09sTiS7g&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842815000&amp;usg=AFQjCNFqVxpsu6Cc7KQZBRSalacsl82uTA\">hier<\/a>\u00a0en\u00a0<a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=61xq5Kja1Uo\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.youtube.com\/watch?v%3D61xq5Kja1Uo&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNEqsNwlWYHez_J1Qi3I3zXG9NM_XA\">hier<\/a>), in\u00a0The Time Machine\u00a0(2002), uit die jaar 2030, wat 800 000 jaar later nog op \u2018n manier werk.<\/p>\n<p>Op bl. 98 word dit kindervriendelik verduidelik:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">&#8220;Het jou pa en ma VirEwigEk-avatars gemaak?&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Nee, hulle het nie, maar ek weet een van Ma se beste vriendinne het al haar aanlyn navorsing, haar foto&#8217;s en Facebookdata omskep in &#8216;n virtuele avatar. Sy praat nou met Ma op die Vir EwigEk-webwerf.&#8221;<\/p>\n<p>Ek doop my koekie in die koffie, hap vinnig voor dit te sag word en in die koffie plons. &#8220;Ek . . . ek wil haar onthou soos sy was toe sy gelewe het, nie my verbeel ek praat nog met haar avatar nie. Dis tog nie die waarheid nie, sy en Jynna is \u2026 weg. En geen avatar met rekenaardata gevoer oor hulle aanlyn lewe, kan hulle ooit lewend hou nie. Wie wil in elk geval tweehonderd jaar later met jou oumagrootjie se oumagrootjie praat? Het jy so iets van jou ouers?&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Nee, hulle het nie genoeg geld gehad om dit te laat doen nie. Maar ek gee ook nie om nie. Ek onthou hulle op ander maniere.&#8221;<\/p>\n<p>Ek weet wat sy [Yala] bedoel. Die mense wat &#8216;n mens liefhet en doodgaan is weg, maar ook ni\u00e9 weg nie. Dis nie nodig om met lewensgetroue virtuele avatars te praat wat jou hulle foto&#8217;s wys nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u201cWie wil in elk geval tweehonderd jaar later met jou oumagrootjie se oumagrootjie praat?\u201d<\/p>\n<p>Genugtig! Duidelik het Sybella nog nie\u00a0<em>Assassin\u2019s Creed\u00a0<\/em>(2016) gekyk nie. Daar soek wetenskaplikes na die Appel van Eden, wat deur wesens geskep is voor die mensheid self. Die gedetailleerde stamboom strek amper terug tot by Adam. Maar moenie jou kop daaroor breek nie, skat.<\/p>\n<p>Al wat Sybella later doen is haar ma se foto\u2019s aanvra (p. 149) en die proefskrif deurlees (p. 195). Die avatar neem gewoonlik, benewens die stem, ook die mani\u00ebrismes van die afgestorwene aan \u2013 soos die manier wat Rosa oor haar voorkop vee, twee tot driemaal (p. 149).<\/p>\n<p>Hoe kan \u2018n mens \u2018n bron soos hierdie so onderbenut? Huh? Dis mos onuitputlik!<\/p>\n<p>As mens in ag neem hoe dik en groot al jou internetgeskiedenis (kyk maar na jou inligting op Google Data Export), rapportpunte, Telegram, Twitter, Facebook, rofwerk, video\u2019s, foto\u2019s, dagboekinskrywings, briewe (en ander egodokumente?), rekeninge, ens. ens. is, gaan jy\u00a0dae\u00a0aaneen soek na \u2018n spesifieke dokument of antwoord. Alles kan jy deur \u2018n eenvoudige gesprek kry:<\/p>\n<p>\u201cHallo, Suidpunt, ek is bly om jou te sien. Wat gaan ons vandag doen?\u201d<\/p>\n<p>\u201cEk het vrae. Jy antwoord.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoeveel tyd het jy?\u201d<\/p>\n<p>\u201cBaie.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vrae het jy?\u201d<\/p>\n<p>\u201cMeer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cVra maar gerus!\u201d<\/p>\n<p>Dit moes sy nie ges\u00ea het nie.<\/p>\n<p>\u201cWanneer is jy dood?\u201d, \u201cwat is jou haplogroep?\u201d, \u201cis jy verwant aan Kleopatra?\u201d, \u201cwaaraan is jy dood?\u201d, \u201cis dit oorerflik?\u201d, \u201cwat het die woord \u2018esel\u2019 vir jou beteken: \u2018n donkie of \u2018n muil?\u201d, \u201cwanneer is jy en oeroupagrootjie getroud?\u201d, \u201cwas die seks goed?\u201d, \u201chet hy jou bedonder met \u2018n ander vrou?\u201d, \u201choeveel keer was jy al siek?\u201d, \u201chet jy al \u2018n miskraam gehad?\u201d, \u201choe maak mens nou weer daardie noedelslaai wat jy altyd vir ons gemaak het?\u201d \u201cwat was jou beroepe?\u201d, \u201cwat is jou gunstelingkleur?\u201d, \u201choe wou jy jou eiers gaar h\u00ea?\u201d \u201cwanneer het jy die meeste geld gehad?\u201d, \u201cwie is jou erfgename?\u201d, \u201csou jy van Justin Bieber hou?\u201d, \u201cas jy \u2018n Furry was, n\u00e8, watter dierpakkie sou jy wou aantrek?\u201d, \u201cwas jy \u2018n kerkmens?\u201d, \u201cwas jy nog \u2018n maagd op skool of \u2018n los gelukkie?\u201d, \u201chet jy al boom gerook?\u201d, \u201cwas jy \u2018n Bloedsap?\u201d, \u201cdink jy soos ek VirEwigEk is \u2018n powere webwerf?\u201d \u2026<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>WAARSKUWING!<\/strong><\/p>\n<p>Van u vrae druis in teen ons gebruikersbeleid.<\/p>\n<p>Vergewis u eers daarvan.<\/p>\n<p>Onwelvoeglike vrae kan lei<\/p>\n<p>tot u onmiddellike versperring.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ja, Juffrou.<\/p>\n<p>Die probl\u00e9\u00e9m is egter nie my skokkende vrae rondom seksualiteit nie; dit is doelbewus om die skindertonge se kommentaar uit te snuffel wat op l\u00eaer sit.<\/p>\n<p>Die probl\u00e9\u00e9m is die bydraers! Heelwat welmenende mense het die verkeerde gesig met die verkeerde dokumente verbind. En dan is daar nog altyd die hoors\u00ea: soos my oorlede tante wat nou nog op papier in die biblioteek met haar oudk\u00earel getroud is, al was hulle nooit eens verloof nie! Hierdie leuen word die ewigheid ingestuur.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>AmazonGo-winkels.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Ek lag my elke keer suf as ek hierdie woord sien (pp. 37, 38, 75, 144). Want dit was nou net mooi die naweek toe die plundertogte in Durban was (16 Julie 2021 e.v.). Iewers het \u2018n\u00a0<a href=\"https:\/\/www.bitchute.com\/video\/tgV3vt3v2iSF\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.bitchute.com\/video\/tgV3vt3v2iSF\/&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNHGZCICS-b6JpS3_p2VVPXa3TZT_A\">grapjas hierdie video gemaak<\/a>. Iemand het gebruiker clinkonecards op TikTok se \u201cAfrica Go\u201d-kaart gejukstaponeer met \u2018n klomp plunderaars wat die winkels leegdra.<\/p>\n<p>Ek het lekker gelag by die laaste sin (p. 38-39), dit klink amper soos \u2018n selderydieet:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ek het so lanklaas vars vrugte ge\u00ebet. AmazonGo se vrugte is vrek duur en ek wil nie by die straatmarkte koop nie. Te veel besmetlike bakteriese siektes in vars kos wat nie deeglik bestraal is nie. &#8216;n Mens moet versigtig wees wat jy eet.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar goed, jy kan jou melk, kaas en eiers daar koop. Die tegnologie is glo verouderd, want Yala s\u00ea: \u201cdaar is \u2018n outydse kontakpunt\u201d (p. 37).<\/p>\n<p>Net gou kommentaar hieroor (p. 37):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ek tik op die yskas-ikon op my polspaneel. \u201cOns kaas is op en daar is net \u2018n paar eiers oor. Sal jy dit ook kry?\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Jy sal dit nie glo nie, maar in die 2005-tydskrifartikel in\u00a0<em>Popular Mechanics<\/em>\u00a0hierbo staan daar (p. 38):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>Fridge\/Microwave<\/strong><\/p>\n<p>An RFID scanner reads a tag attached to every item placed in the fridge. A screen displays the inventory, flagging items that are past their \u201cconsume by\u201d date and updating a shopping list. The microwave\u2019s RFID reader IDs any food to be prepared, then adjusts the cooking setting and time.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dalk is dit net hier langs die kus, maar die blikkies koeldrank begin al deurroes, lank voor die vervaldatum. Ek laat my deur g\u2019n yskas voorskryf nie.<\/p>\n<p>Ek het ook my bedenkinge oor die mikrogolf. Want in die wintermaande moet ek die tyd \u2018n minuut langer stel, anders is jou kos onsmaaklik koud. As die ertjies of rys nie reeds swem in die bord van vog trek nie. In die somer 30 sekondes minder, anders is jou kos drooggekook. As jy moet weet, ek is 26 meter bo seevlak.<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Die einde van selfone, die begin van transhumanisme.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>In die verlede is daar dikwels waargeneem hoe selfone \u2018n nuwe aangegroeide ledemaat van \u2018n tiener is. Nou is dit letterlik, op \u2018n manier.<\/p>\n<p>Sybella deel ons hiervan mee (p. 10):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ek is gewoond aan die XtraTrans-mense wat hulleself tegnologies laat verander het en leef as transhumaniste, wat glo om gewoon te wees is om swak te wees. Die meeste mense laat as tieners &#8216;n polspaneel inplant, met &#8216;n enkele brein-elektrode wat al die gewone webdinge doen en ook gedagtetekste toelaat en medtech aktiveer. Ek het myne al op twaalf gekry, en dis meer as genoeg. Maar die transhumaniste het dit baie verder geneem. Hulle is amper meer masjien as mens.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die polspaneel (dis nou die \u201cselfoon\u201d wat op jou arm ingeplant is) werk nog met lugtyd (p. 15), wat my klaar laat wonder hoeveel teragreep data word binne \u2018n uur per dag versend. En hoeveel dit jou kos?<\/p>\n<p>As mens\u00a0Goue Koors\u00a0deur Charles J. Fourie (uitgesaai 7 Desember 2020 &#8211; 1 Maart 2021 op RSG) geluister het, dan weet jy transhumaniste gebruik ontsettend baie data. Of hulle steel dit, of hulle is verstommend ryk, of het \u2018n vroetelmammie wat die goed betaal.<\/p>\n<p>Nou weet jy darem jou snotgladde foon kan nie meer in die swembad val nie. Maar kom ons kyk na die nadele van hierdie ouens (pp. 17-18):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Die transhumaniste met &#8216;n neuronet leef nie lank nie. Dis &#8216;n hopeloos te duur prys om te betaal vir versterkte kubervermo\u00ebns. Ek sal eerder lank en gelukkig wou leef, nes ek is. Waarom &#8216;n neuronet h\u00ea? Wat &#8216;n verhoogde metaboliese tempo veroorsaak omdat die brein se behoefte aan glukose verhoog, en hulle lewers dan nie genoeg glukose kan voorsien nie? Die neuronetkuborge gaan vroeg dood aan orgaanversakings, meestal lewerversaking. En daarby kan hulle ook net soveel orgaanoorplantings ondergaan, want die regering belet deesdae dat varkgekweekte organe gebruik word in oorplantings, omdat die risiko van infeksies deur laboratoriumbakterie\u00eb die hoogte ingeskiet het die laaste tien jaar. En dan moet die staatshospitale die onkostes dra.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Hulle brand gewoonlik voor 40 jaar uit (pp. 17, 224). Van die vermo\u00ebns sluit in dat jy nie 8 ure hoef te slaap nie, webwerwe binne minute kan sif en agterdeure met magnete aan die vingerpunte kan oopsluit (p. 160).<\/p>\n<p>Maar uit \u2018n logiese oogpunt is dit ook betreklik dom. Die meeste boeke of inligting waarna \u2018n mens soek (in die openbare besit) is nooit dadelik op die internet nie. Baie video\u2019s het geen goeie onderskrifte nie, dus kan jy nie gesproke woorde almal opspoor nie (dink ook aan podsendings). Of dit is nog swak gekategoriseer. Ek dink aan die duisende verhandelings van universiteite wat drupsgewys opgelaai word. Dis eeue se werk! En jy kan ook nie geskrewe dokumente perfek OCR nie. En dus sal soekenjins dit ook nie vind nie. Vir \u2018n masjien is sulke tekste onleesbaar. In Holland is daar selfs \u2018n webwerf\u00a0\u00a0<a href=\"https:\/\/watstaatdaer.nl\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/watstaatdaer.nl\/&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNHAr8QZp4JVdbxs1wEvrm2ufBH7zQ\">https:\/\/watstaatdaer.nl\/<\/a>\u00a0wat jou leer hoe om hierdie skryfkuns te leer lees.<\/p>\n<p>Partykeer is dit ook net stomme geluk. Op Telegram het \u2018n kontak een aand \u201cdoodhaastig\u201d gebruik. Dit is \u2018n woord wat nog nie op my lysie intensiewe vorme was nie. Toe ek die woord google, kom ek af op \u2018n verhandeling uit 1974, getiteld \u201c<a href=\"https:\/\/scholar.ufs.ac.za\/handle\/11660\/7513\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/scholar.ufs.ac.za\/handle\/11660\/7513&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNEBuBOLr6f1BWHjEzZaDzC855SlXw\">Intensivering in Afrikaans<\/a>\u201d, met nog 231 woorde by. N\u00earens is hierdie woord in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal opgeneem nie. Dus, sonder \u2018n beginpunt, hoe en waarna begin jy soek?<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Malaria het uitgesterf.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>\u2018n Geenstorm is glo ontketen: alle muskiete het uitgesterf, en daarmee saam die parasiet. In Afrika en Asi\u00eb (p. 89-90). Yala s\u00ea sy dink sy het die laaste keer van malaria gehoor \u201ctoe ek nog klein was\u201d (p. 89), wat dus iewers in die 2030\u2019s moet beteken.<\/p>\n<p>Die eerste vraag wat ek my afvra: gaan voornemende sakemanne uit ander w\u00earelddele nou Afrika bestorm om \u2018n winkel hier oop te maak?<\/p>\n<p>Die tweede vraag wat ek my afvra: gaan die uitsterf van malaria enigsins \u2018n positiewe impak h\u00ea op die bevolkingsaanwas, voedselproduksie,\u00a0\u00a0ens. van die kontinent, of gaan die honger en oorlo\u00eb net drievoudig vererger soos die getalle hand oor hand toeneem? Dit alleen sal die toekoms bepaal. Maar as Yala Uba in \u2018n weeshuis beland het in 2040, toe sy 12 jaar oud was, en die geskil tussen die Mongo- en Lubastamme oor water gehandel het (om beheer van die Ingadamme te kry, \u201cn\u00e1\u00a0jare van droogte en min kos in die Kongo\u201d), lyk die toekoms vir my allermins rooskleurig (p. 27). Maar sou tien jaar so \u2018n drastiese verskil meegebring het?<\/p>\n<ul>\n<li><strong>Geneties gemodifiseerde babas (en tieners).<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p>Die boek kon die term \u201cgenmodbaba\u201d nie beter omskryf het nie (p. 85):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">&#8216;n Baie duur, perfekte geneties geredigeerde babatjie. Sonder enige genetiese siektes, met die regte haarkleur, die regte lengte, die regte geslag. Dalk sal die blouoogseuntjie vinnig kan hardloop, dalk sal die rooikopdogtertjie langs hom &#8216;n bekende operasangeres word.<\/p>\n<p>Dis reeds vir hulle besluit, en versigtig bymekaargesit vanaf &#8216;n kieslysie op &#8216;n glastablet.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u201cTevens rijst altijd de vraag wie er bepaalt wat meer of minder geschikte erfelijke eigenschappen zijn.\u201d \u2013 luidens die Nederlandse Wikipedia (s.v. \u201cEugenetica\u201d).<\/p>\n<p>Die eerste ontwerpersbabas is in 2030 gebore (p. 16). Die stereotipe kleef dat hulle skatryk ouers het (p. 16, 53), perfekte lewens lei, by eksklusiewe privaatkolleges skoolgaan en uiters, uiters,\u00a0<em>hautain<\/em>\u00a0is (p. 16, 122). Ouers kyk ook nie meer na weeskinders om aangeneem te word nie, want hulle is te bang dat hulle \u2018n ramp sal aanneem (p. 53).<\/p>\n<p>Al is dit ook op vrywillige basis, kom dit soortgelyk daarop neer om die fetus wat aan sekere oorerflike siektes ly vroegtydig te aborteer.<\/p>\n<p>Eugenetika of dan \u201crasverbetering\u201d (absolute sinoniem) is \u2018n omstrede onderwerp. In die ou Woordeboek van die Afrikaanse Taal (omrede boekdeel \u201cD tot F\u201d in 1955 voltooi is) word dit nog in \u2018n baie positiewe lig beskou, byvoorbeeld in die voorbeeldsinne wat gebruik word:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Die eugenetiek streef daarna om die liggaamlike en geestelike peil van die mensheid te verhoog, en ywer vir huwelike van volwaardiges, terwyl dit tewens probeer om huwelike van onvolwaardiges te\u00eb te gaan. Die eugenetiek probeer om beter lewensvoorwaardes te skep vir die ongeborenes van die menslike ras.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Met ander woorde, dit gaan nie soseer oor wat die ouers, of die individu, wil h\u00ea nie, dit gaan alles om die nageslag, en dus die gemeenskap, of stand, of groep, op sigself te verbeter. \u2018n Mens moet dus hierdie omskrywing in \u201cvolksverband\u201d sien, soos in die 1950\u2019s. Dit gaan nie oor die \u201ceie ek\u201d nie, maar die samelewing van die toekoms as geheel. Hierdie intellektuele wesens van sulke ho\u00eb peil, die leiers van m\u00f4re, kon dan uit selfopoffering die volk na nuwe hoogtes lei. Hoe edel dan ook, niks kan keer dat hierdie halfgode in gevalle engele ontaard nie. En dan het jy \u2018n paar duiwels.<\/p>\n<p>Soos jy kan sien is die hele \u201caangeleerde\u201d en \u201caangebore\u201d gedrag nou maar weer deel van die debat.<\/p>\n<p>Nog \u2018n kwessie is die biodiverse eenvormigheid waarop afgestuur word, soos almal \u2018n spesifieke trek moet h\u00ea, ten koste van \u2018n ander.<\/p>\n<p>Soos te verwagte het boekdeel \u201cR\u201d (2009) van die <em>Woordeboek van die Afrikaanse Taal<\/em> nie \u2018n beduidenis van \u201crasverbetering\u201d nie. Die begrip bestaan eenvoudig nie meer in hul woordeskat nie.<\/p>\n<p>Pharos, wat toevallig aan Naspers behoort, ken wel hierdie begrip. Die woord \u201crasverbeteringsleer\u201d is wel opgeneem in die\u00a0<em>Verklarende Afrikaanse Woordeboek<\/em>\u00a0(2011:977):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">(histories): Leer wat die verbetering v.d. (menslike) ras beoog deur die voortplanting van persone met nadelige erflike gebreke te belet; eugenetiek.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Afgesien van die noodwendige diskriminasie (en kansongelykhede vir die onuitgelese groepie wat nie in \u2018n broeikas met spesiale kenmerke gebore is nie), kan jy klaar die \u201ckloof van ongelykheid\u201d sien wat outomaties nou vir \u2018n kantoorgebou in Heerengracht \u2018n dichtomiese probleem sal raak. Dichotomies, want hulle kan nie in skakerings dink nie. Soos in\u00a0<em>The Time Machine<\/em>\u00a0(1895) van H.G. Wells gaan daar mos nou noodwendig \u2018n uitbuiters- en \u2018n onderdrukkersklas ontstaan (merk w\u00e9\u00e9r die dichotomiese tw\u00e9\u00e9ledigheid!) en noodwendig uitloop op die Eloi en die Morlocks, ens\u2026 Bly maar almal ewe monolities dom, dan is daar nie \u2018n probleem nie.<\/p>\n<p>En tog lag \u2018n Hollandse vertaling (<em><a href=\"https:\/\/verbodengeschriften.nl\/html\/de-tijdmachine.html\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/verbodengeschriften.nl\/html\/de-tijdmachine.html&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNGTh0zMt7FrDDxaIyJ6n_xQ3N6q0Q\">De Tijdmachine<\/a><\/em>) hom dood oor hierdie sotlikheid. Hoe meer jy ongelykhede probeer uitwis, des te meer skep jy bloot \u2018n nuwe elite, staan in die voorwoord:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Maar het geldt ook voor elke natie afzonderlijk, die elk zijn eigen onderklasse cre\u00ebert en voor elk individu afzonderlijk. Geen medaille zonder onderkant, geen borduurwerk zonder warboel aan de ander kant en als je die warboel uithaalt, verdwijnt ook de afbeelding. Geen rijkdom zonder armoe, geen God zonder Duivel, geen hemel zonder hel, geen verworvenheden zonder verwordenheden. En de mens cre\u00ebert dat allemaal zelf en probeert dat met steeds meer inspanningen in stand te houden, deze toren, zoals Wells schrijft, die ooit op de bouwers zal neerstorten. Waarschijnlijker is het verstandiger hem af te breken, voordat het zover komt.<\/p>\n<p>In de\u00a0<em>Time Machine<\/em>\u00a0ziet Wells af en toe nog het betrekkelijke van de wetenschap in, maar in zijn volgende boeken gaat hij de wetenschap steeds meer als de grote heilbrenger zien en\u00a0<strong>de utopie\u00ebn die hij dan ontwerpt, zijn even gruwelijk als Plato\u2019s Republiek, Moore\u2019s Utopia, Campanella\u2019s Zonnestad, Fouriers Phalanst\u00e8re, en al die duizenden ander Utopie\u00ebn die in de loop der eeuwen bedacht en uitgeprobeerd zijn en\u00a0<u>die allemaal als basis hadden dat een elite uitmaakte hoe andere mensen moesten leven<\/u><\/strong>. De\u00a0<strong>utopie van de democratie, van het kapitalisme is niet minder gruwelijk<\/strong>\u00a0en de tol die de mensheid daar, in haar onwetendheid, voor betaald onvoorstelbaar misdadig.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Nou ontstaan die etiek klaar weer oor versnelling en vertraging. Moet ons dus wag tot die laaste agteros in die klas uiteindelik in die kraal is (in die naam van gelykheid), of moet ons \u2018n eensame touleiertjie (geniaal gebore of gekweek?) 50 tot 100 jaar laat vooruitloop?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar nou. Hierdie ontwerpersbabas in die boek moet ons meet teen die eietydse waardes, sedert die 1970\u2019s. Dit is beslis \u2018n bietjie baie meer liberaal as die Lebensborn-vereniging. Die fokus het verskuif vanaf die volk of ras\u00a0<strong>na die individu<\/strong>. Dit handel dus nou in individuele belang, ewe veel as wat \u2018n fietsryer stero\u00efed sal gebruik tydens die Tour de France. Behalwe, hierdie stero\u00efed word ingebore, soos deur Mamma en Pappa besluit.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">En \u2018n mens kan byvoeg dit is die vervolmaakte voorbeeld van ydelheid en ouers wat hul kinders vir prestasie druk. Dit handel nie om volksbelang nie, maar eiebelang. Om die eie ego te streel vir hul eie tekortkoming: hulle leef deur hul kinders. En hierdie ouers gaan hulle gat sien, want as die kind eers slimmer as die ouers raak (en mooi geleer het wat selfsug en vertoonsug is), word die ouers ore aangesit. En met sulke leeghoofde vir ouers is dit glad nie moeilik nie. Dit herinner aan ingenieur Jacobs in Jan Rabie se kortverhaal uit 1954, met die titel gelyknamig aan sy laaste woorde aan sy robotbruid: \u201c<a href=\"https:\/\/archive.org\/details\/tydskrifvirlette00uns_q70\/page\/116\/mode\/2up?q=self+gemaak\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/archive.org\/details\/tydskrifvirlette00uns_q70\/page\/116\/mode\/2up?q%3Dself%2Bgemaak&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNHAEgC_w1NkDdmD-BmYfMoH4QWIuQ\">Ek het jou mos self gemaak<\/a>\u201d (<em>21+<\/em>, 2004, p. 83).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In Augustus 1980 verskyn P.C. Haarhoff se kortverhaal\u00a0<a href=\"https:\/\/archive.org\/details\/tydskrifvirlette00uns_4ab\/page\/38\/mode\/2up\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/archive.org\/details\/tydskrifvirlette00uns_4ab\/page\/38\/mode\/2up&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNEZCzztLc1wQemyNxtQaw_1a3guGg\">\u201cFofelooi is Sjorsjor\u201d in\u00a0<em>Tydskrif vir Letterkunde<\/em><\/a>. Met die alleroulikste subtitel: \u201c\u2018n Verhaaltjie vir kindervryheid\u201d. Dit gaan oor doodgewone Fanie wat deur sy ouers gedruk word om te presteer. Sy talent moet mens tog nie onder \u2018n maatemmer wegsteek nie. Hy probeer hom egter so gemiddeld moontlik op skool voordoen, anders eindig hy dalk soos ou Jaap:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Kyk byvoorbeeld wat met ou Jaap gebeur het. &#8216;n Bietjie te mooi viool gespeel by daardie een kunswedstryd en nou sit hy in New York, weg van al sy maats, weg van sy posduiwe, weg van die moepelbome in die klofie van die Magaliesberg. Hulle moet glo elke dag tien uur lank oefen.<\/p>\n<p>Arme ou Jaap. Sy o\u00eb het sommer so dof gelyk op daardie foto waar hy op die verhoog staan met &#8216;n strik om sy nek, nes &#8216;n Krismiskat.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar hy word uitgevang toe hy op \u2018n vraag van \u2018n besoekende \u201cman van die universiteit\u201d (wat belowende leerlinge kom keur) aan die skool eendag die geesteswetenskappe verbind met die rekenaarwetenskap, en nou moes Fanie drie middae per week universiteit toe om rekenaarwetenskap te leer, en toe ook sommer op Saterdae ook. Die einde van die verhaal is dat Fanie sonder \u2018n woord \u2018n rekenaarvirus skryf wat elke totalit\u00eare mag dwarsoor die w\u00eareld aan bande l\u00ea. Ook in China, juis op 1 Oktober. Die rekenaarvirus muteer volgens landstaal.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die VN pak natuurlik die skuld op Suid-Afrika, maar niemand steur hulle daaraan nie. Met die osoonlaag, die walvisse en kernreaktors wat \u2018n gevaar vir die mensheid inhou, het meer ouers besluit dat \u201cdit nie meer mode is\u201d vir hul kinders om tyd voor rekenaars deur te bring nie. Op daardie manier bevry Fanie die kinders om waarlik weer kind te wees. <em>Om te speel.<\/em><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">En dit is presies wat aan die einde van hierdie verhaal gebeur met die genmodtieners!<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Ek wil amper s\u00ea, hierdie boek pas dus nommerpas by die tradisie van Afrikaanse wetenskapsfiksie in.<\/p>\n<ul>\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>Lugtaxi\u2019s.<\/strong><\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die eerste keer toe ek van \u2018n lugtaxi gelees het, was dit in \u2018n tydskrif in die wagkamer by die tandarts. Dit was 2017, en ek onthou wel die EHang. Ek het \u2018n prentjie daarvan op my rekenaar gesoek op 25 Februarie 2017, om 20:21:34 .<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Wel, in 2045 is dit \u2018n werklikheid.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">EtswagoliWings is glo baie veilig. Die taxi&#8217;s &#8220;val nooit nie&#8221; (p. 26). Dit wil lyk of die Hatfieldstasie sowel die passasiers van die ho\u00ebspoedtrein as lugtaxi&#8217;s akkommodeer. Soos by &#8216;n lughawe is daar &#8216;n BBP-sitkamer vir die duurste e-kaartjiehouers van privaat-DeluxeTaxi&#8217;s, en hier kry jy sagte musiek, kunskaggels, Milo, sagte leunstoele, kandelare, klassieke ou skilderye en ander luukshede. En allerhande tradisionele gebak om aan te knibbel (p. 38); jy stap op dik matte in die rigting van die glasskuifdeure. Die vertrektye is &#8220;stiptelik&#8221; (p. 39, ek neem aan geen rekenaar gaan vir jou wag nie?) en jy word ges\u00ea na watter portaal jy moet beweeg. Die rit is geruisloos en vinnig (p. 39).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In hierdie geval is die afstand wat afgel\u00ea word min of meer 55 km, want dis tussen Hatfield en Sandton (pp. 38-39) soos die kraai vlieg.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Aanboord kan jy gaskoeldrank geniet, na New Agemusiek luister en jou verkyk aan die hologrambeelde van re\u00ebnwoude wat die binnepanele versier en die wrede krotbuurte buitekant uitblok (pp. 40-41). As jy sou verkies om die skynwerklikheid af te skakel, kan jou slimlens straatname op die geboue onder inteken (p. 41). Dit herinner baie aan Google Lens, wat ek gereeld op my foon gebruik om nie alleen tekste te vertaal nie, maar ook prente of geboue te herken.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Jy kan wel nog steeds die gewone \u201coutotaxi\u2019s\u201d bestel (p. 134).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die boek is uiters versigtig om ons brandstof van die toekoms te voorspel. Dit is nou algemene kennis dat motorvervaardigers hul ten doel stel om teen 2030 alle nuwe voertuie wat in Europa verkoop word, elektries te wil h\u00ea. Die ou binnebrandenjinmodelle sal met verloop van tyd uitgefaseer word soos nuwe voertuie aangekoop word. Die afgelope maand of wat hoor mens op NPO Radio 1 hoe Volvo (volledig in Chinese besit) popel oor sy produkte in Hollands; die spreker praat van \u201csnelle oplaadtijd\u201d en wie weet wat als.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">En Suid-Afrika? Ons spog met oorvloedige voetruimte! Weet jy hoe agterlik klink d\u00edt?!<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar gepraat van Suid-Afrika\u2026 Sal die metropole al elektriese laaipunte h\u00ea? Gaan waterstof petrol vervang? Of gaan ons soos Amerika nog steeds ou verbrandingstegnologie soek bloot omdat ons nie stede digby mekaar het nie? En mense steeds geen ander keuse het om tweede- (of derde-)handse motors ouer as 50 jaar te koop, bloot omdat daar nie geld is vir sulke nuwes nie? Omdat die Rand oor 24 jaar uiters verswak het teen die vernaamste geldeenhede? En wil jy werklik sulke vlekkelose motors koop net om hulle met die eerste modderige slaggat in sy kanon te stuur?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">My vraag is net: as dit vir die gewone mens elke uur wat verloop al hoe onmoontliker word om splinternuwe sedans te bekostig (baie is reeds oor R1 miljoen), en die elite al hoe kleiner word wat spandabel genoeg leef, en die bevolking bly uitbrei, waarvan gaan die tweedehandse mark op die ou end leef? Gaan families later geld maar saamklap vir \u2018n skedonk wat vroe\u00ebr in &#8216;n kaping was, en toe in Nigeri\u00eb gaan draai het, en toe&#8230;?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">So nee, ek dink ons sal tevrede moet bly met die uitskot van die w\u00eareld. Want Suid-Afrika het geen plan nie.<\/p>\n<h3>Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.<\/h3>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><em>Donkerbloed<\/em>\u00a0is \u2018n parodie van die Afrikaanse kultuur in die jaar 2020\/2021. Die boodskap is duidelik: ons mag nou miskien van die blinkste tegnologie h\u00ea en veerlig reis met lugtaxi\u2019s in 2045, maar ons hele kultuur het sedertdien nie \u2018n dag verander nie.<\/p>\n<h3>Nommer 1: Die stereotipes rondom die Pretoriaanse voorstede bly sit!<\/h3>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Woonbuurte se sosiale status verander byna oornag &#8211; of dit nou weens instorting van infrastruktuur, oornag-plakkery, ens. is. Of, van die rykes gentrifiseer &#8216;n plek (met ander woorde, koop &#8216;n krotbuurt op, sloop dit, maak dit ultramodern en peperduur), wat die status laat styg.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Bryanston, Sandton en Kensington B van Johannesburg speel \u2018n belangrike rol in die verhaal. Ek was net onseker oor die status van Kensington B, en daaroor het ek by dr. Dan Roodt gaan aanklop [Twitter, 19 Julie 2021]:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>Suidpunt:\u00a0<\/strong>Ek het op bl. 164 van\u00a0<em>Donkerbloed<\/em>\u00a0(wetenskapsfiksie uitgegee in Junie 2021), wat in 2045 afspeel, gelees Kensington B is &#8220;berug vir sy bendemoorde.&#8221; Daar is ook baie krotbuurte en bordele. Omrede die verhaal in veral Pretoria en Johannesburg afspeel moes ek nogal rondvra rondom die huidige stereotipes \/ persepsies van die onderskeie voorstede, aangesien ek nie Gauteng ken nie. Veral as mens &#8216;n resensie skryf, en iemand in die toekoms die boek wil beter verstaan. Buitendien sal dit vir die Kaaplandse lesers verrykend wees. [\u2026] Jammer, ek vergeet amper die vraag: is dit waar?<\/p>\n<p><strong>Dr. Roodt:\u00a0<\/strong>Kensington B&#8230; Toe ek op skool was, het ek &#8216;n vriend gehad wat daar gewoon het. Toe was dit &#8216;n middelklas-Afrikanerbuurt. Ek sal op die kaart moet kyk presies waar dit l\u00ea en in watter mate dit deel uitmaak van die woonstelgebied wat sedertdien ontstaan het. Die sakekern van Randburg is deesdae &#8220;pikgietswart&#8221; soos mense s\u00ea, dus is misdaad maar aan die ho\u00eb kant en kan die bendemoorde dalk reeds deel van die werklikheid uitmaak.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Ek sien nou waar dit is\u2026 dis \u2018n moeilike een. Daar is \u2018n paar woonstelgeboue daar maar meesal nog voorstedelike huise. Dis egter redelik naby aan die sakekern, dus kan van die misdaad seker oorspoel soontoe.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Dit is egter moeilik op\u00a0<a href=\"http:\/\/crimestatssa.com\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/crimestatssa.com&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842816000&amp;usg=AFQjCNEBHa5wfp3J315Nwsov2zSRzo-8Yw\">crimestatssa.com<\/a>\u00a0om \u2018n presiese mooi geheelbeeld te vorm. Sandton se polisiestasie hanteer meer as 8 000 sake in 2020, meer as al die omliggende streke, selfs Alexandra. En tog weet ons bly die ryk elite van die samelewing daar. Maar is hierdie polisie dalk net meer op die bol met die papierwerk? Dainfern het byvoorbeeld nie \u2018n polisiestasie nie (en die misdaad van hierdie gesogte buurt kan ek nou al s\u00ea sal onder die inwoners uiters gering wees), maar die naaste polisiestasie, wat ander gebiede ook hanteer, gee die gebied \u2018n slegte naam.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die meeste van die verhaalgegewens in die roman speel in die voorstede van Pretoria van 2045 af, maar, die plek is vir my (anders as die Wes-Kaap) heeltemal ongekarteerd. Want, ek is in die Overberg gebore en geto\u00eb, ek was nog nooit sedert ek verstand gekry het in Gauteng nie. Vir die Pretoriaanse leser sou daar dalk sekere &#8220;insider-jokes&#8221; (of, grappe vanuit die binnekring) en subtekste wees wat my as Kaaplander heeltemal ontgaan.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar dit is geen probleem nie, want ek ken gelukkig \u2018n vriendelike polisiebeampte. Sy het haar hele lewe lank nog in Pretoria gebly. Die korrespondensie het plaasgevind op Sondag, 18 Julie 2021.<\/p>\n<ol>\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>WATERKLOOF<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die boek bly Lilith Rox \u00earens in Waterkloofrif (p. 189). En sy is donders ydel, jaloers en selfbehep. Vreemd, want in die Joodse mitologie is Lilith eintlik versinnebeeldend van verleiding. Maar nou weet ek darem ook sy versinnebeeld kindermoord.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Ek onthou nog die boek van Hugo le Roux (skrywersnaam van Gert Basson), getiteld:\u00a0<em>Bloedoffer vir Lilith\u00a0<\/em>(1995). Ek onthou veral hoe die satanistiese vrou die speurder betower en verlei het (ek dink daar sou \u2018n offer van \u2018n jong maagd op die plaas Mendes plaasvind, vernoem na die bok van Mendes, soos ons dit ken: die bokkop), maar toe was ek nog \u2018n tiener en het die helfte van die detail sedertdien weer vergeet. Die Kaapse biblioteke is almal toe danksy die Vlak 4-grendelstatus, so ek kan jou nie verder help nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Sybella merk elders in die boek op: \u201cOm my flits die hologramadvertensies op die mure van Bryanston se toringblokke helder en aanhoudend. Vakansies in die Bahamas, spoghuise in Waterkloofrif en Sandton, perfekte genmodkinders. Al die dinge waarmee die heel rykes hulleself besig hou\u201d (p. 196).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Daar is iets so clich\u00e9, iets so holrug aan die hele advertensie. Dis \u2018n karikatuur. Waarom nie R\u00e9union nie? Dis amper soos: \u201cons gaan Bahamas toe, want dis waar ons dink die rykes van oorsee gaan vakansie hou.\u201d So iets.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar Lilith se flambojante leefstyl (insluitend haar blinkrooi Lamborghini Aventador) verpersoonlik egter Waterkloof v\u00e9\u00e9l beter (p. 185):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cAi, Sybella, dis mos duidelik! Ek gaan rustig uitloop saam met jou sustertjie en jy gaan my ongelukkig nie kan keer nie. Nie as julle lewend hier wil uitkom nie. Ek persoonlik gee nie regtig om nie, ek sal julle lyke ook nou kan gebruik. Natuurlik verkies ek minder bloed so vroeg op &#8216;n wintersoggend. Ek het hierdie woljas net gister gekoop.&#8221; Sy vee oor die nertskraag om haar nek.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Nou hier volg my korrespondensie met die polisiebeampte.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Suidpunt\u00a0<\/strong>(in my brief aan die korrespondent, meer met \u2018n vraagteken by):<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Waterkloof is waar die snobs bly [ek is jammer as van jou familie of vriende dalk daar bly, maar kom ons s\u00ea net daardie groepie kry hier [in die Overberg] &#8216;n kultuurskok van hul lewe].<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Hulle kom hier met hul praalsiek Parkerpenne, Markhams-pakke en hopeloos te blink motors in [die Overberg] aan, net om binne 3 jaar later met &#8216;n Bic te skryf, &#8216;n bakkie te ry, &#8216;n T-hemp met kortbroek en plakkies te dra, en minder grimering aan te sit. En hul oorronde aksent word afgeleer (ak &gt; ek) om nie snaaks aangekyk te word nie. Ook besef hulle alte skielik die biologiese herkoms van die R\u00fbensboere tel hier meer as jou fortuin &#8211; jy bly &#8216;n inkommer, selfs n\u00e1\u00a0vier geslagte. Ook ry hulle skielik &#8216;n kleinerige karretjie, want die strate is skielik nogal nou. En jy wil nie jou motor stamp nie. Wat jy nie in die dorp kry nie, bestel jy maar alles aanlyn, anders sal jy elke dag moet Kaap toe ry wat etlike 100&#8217;e kilometer hiervandaan is (\u00e9n terug), en petrol is nogal duur. Jy sal egter wel &#8216;n groot motor wil h\u00ea as jy oor naweke \u00earens heen wil ry (al is die Kaapse lewe juis meer binnenshuis).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Korrespondent:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>WATERKLOOF (genoem &#8220;WAH-THUR-KL\u00dcFF&#8221; deur die larneys wat daar bly &amp; f\u00eansie wil klink)<\/strong><\/p>\n<p>Ja, die pretentious, rykes &amp; wil-graag-ryk-voorkom bly hier.\u00a0Hulle sweer hulle weet nie wat &#8216;n PEP store of &#8216;n Checkers is nie, en koop al hulle groceries van Woolies af (natuurlik net organic &amp; free range!). Die vrouens doen yoga &amp; drink bitterduur koffies, terwyl hulle suutjies-bitch is met mekaar.\u00a0 Die mans werk in Johannesburg. Die kinders weet nie van swaarkry nie en wil &#8216;n Hummer h\u00ea vir hulle 18de verjaardag (maar as dit die verkeerde kleur is, HAAT hulle ouers hulle mos).\u00a0 Hulle laaik van semigrate na die Kaap toe waar alles &#8220;soveel beter is&#8221;.\u00a0 Bly om te hoor julle maak hulle bietjie gelyk. XD<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">\u00a0<em>[Suidpunt, kan ons sulke &#8220;Afrikaans&#8221; op PRAAG plaas? &#8211; red.]<\/em><\/p>\n<ol start=\"2\">\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>GROENKLOOF<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Hoewel hierdie voorstad n\u00earens genoem word in die boek nie, is dit net langs Waterkloof. Die miljoen\u00ear, Klaus D. Vaqu\u00e9, skryf in sy outobiografie hoe hy navraag gedoen het ook die huise wat daar te koop is. Vaqu\u00e9 is bekend veral in die behoudende kringe vir sy blad \u201cThe Insider\u201d van die jare 1980\u2019s, asook die boek:\u00a0<em>Verraad teen Suid-Afrika<\/em>. Hy verwys hier spesifiek na Herbert Bakerstraat, waar hy en sy gesin later in 1978 sou intrek (<em>An der Hand Gottes<\/em>, 2004:122):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cHier wohnen wohl nur Million\u00e4re?\u201d fragte ich. \u201cNein\u201d, erwiderte die Maklerin trocken, \u201cauf dieser Stra\u00dfe wohnen nur Multimillion\u00e4re. Die meisten sind reiche Gesch\u00e4ftsleute,\u00a0\u00c4rzte und Rechtsanw\u00e4lte, aber auch viele Diplomaten haben hier ihre Residenz.\u201d<\/p>\n<p>Vrye vertaling:<\/p>\n<p>\u201cHier bly mos net miljoen\u00ears, n\u00e8?\u201d vra ek. \u201cNee,\u201d antwoord die eiendomsagent (\u2018n vrou) droog, \u201cin hierdie straat bly net multimiljoen\u00ears. Die meeste is ryk sakemanne, dokters en prokureurs\/advokate, maar ook baie diplomate het hul ampswonings hier. \u201c<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In hierdie subtropiese sone van Pretoria kan jy piesangs, lemoene, papajas, mango\u2019s, en feitlik enige tropiese vrugte kweek. Ryp kom hier nie voor nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">My korrespondent skryf:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>GROENKLOOF (natuurlik met harde-G en die &#8220;KL\u00dcFF&#8221; soos hier bo)<\/strong><\/p>\n<p>Mense wat so ryk is dat hulle dit nie nodig vind om vir mense te s\u00ea hulle is ryk nie.\u00a0 Hulle hou van bergfiets ry &amp; doen baie pretdrawwe wat hulle dan op social media post om te wys hoe &#8220;woke&#8221; hulle is. Hulle &#8220;gee om&#8221; oor hulle medemens, maar meestal vir clout.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<ol start=\"3\">\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>EASTWOOD<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Eastwood<\/strong>\u00a0is die plek waar ons hoofkarakter in 2045 nou bly. Klaarblyklik is dit &#8216;n aangename buurt. Sy [Sybella Francke] het eers in &#8216;n groot huis gebly, maar die plaaslike owerheid het dit &#8220;oorgeneem&#8221; (sic [\u2026]) en dit in woonstelle omskep, weens die lastige behuisingstekort. Die Francke kon egter die tuintjie hou, al is die natuurskoon nie meer nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">My korrespondent skryf:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>EASTWOOD<\/strong><\/p>\n<p>Reg langs Loftus en vrot van studente kommunes. Dis is &#8216;n relatiewe goeie woonbuurt, maar die huise is stokoud.\u00a0Dit is deurspek van ambassades\u00a0(onder andere die Amerikaanse een).\u00a0 Ek sou nie persoonlik kies om daar te bly nie, want dit is maar bietjie vergete en grens baie na aan beide Sunnyside &amp; Hatfield, maar dit is die duurste van die drie opsies.\u00a0 Dalk juis die rede hoekom dit oorgeneem word vir ho\u00eb volume behuising in die storie, aangesien beide Hatfield &amp; Sunnyside groot woonstelblokke het, en die bestaande erwe nog steeds nogal groot is.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<ol start=\"4\">\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>SUNNYSIDE<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Sunnyside\u00a0<\/strong>het in 2045 &#8216;n indrukwekkende naglewe (ook met daggakafees waar die base daggabelasting vir die staat betaal). Daar is wel sporadies straatkinders en hokgevegte (&#8216;n bloedsport tussen mens en mens, wat die owerhede verbied aangesien robot-rofstoei die grootste gros geld inpalm en silikoon wat bloei darem nie so erg is nie (p. 32)) maar polisiehommeltuie patrolleer elke aand die gebied, met geneties-gemanipuleerde dubbelspierpolisiehonde vir enige probleem in die nabyheid. Maar, jy kan glo saans daar rondloop, ek bedoel &#8211; om vanaf Sunnyside op jou skaatsplank tot in Eastwood te ry in die aand? (wel, ja, want hierdie niggie [Sybella] is 17 jaar en 10 maande oud, en kan nog nie drink of bestuur nie), dan moet dit seker veilig wees?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">My korrespondent skryf:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>SUNNYSIDE<\/strong><\/p>\n<p>Meer soos Scummyside&#8230; alhoewel dit op die oomblik bietjie van &#8216;n herlewing &amp; vernuwing beleef, bly meestal arm mense (onder andere buitelanders) daarso.\u00a0 In die sewentigs was dit DIE PLEK om te bly as jy jonk was &#8211; my ouers het selfs daar gebly vir &#8216;n hele paar jaar.\u00a0 Ek sou definitief nie op straat wil wees in Sunnyside nie. Nie dag of nag nie.\u00a0 Ek sou myself dood stres, maar tieners is mos maar domastrant.\u00a0 In die 90&#8217;s het ons altyd by Sterland gaan fliek en dan sommer die 4-5 blokke\u00a0na SunnyPark toe geloop waar ons ouers ons sou oppik soos 10 uur in die aand.\u00a0 Sal dit nie nou wil doen nie&#8230;. Ongure mense &amp; haweloses op die strate wat bedel.\u00a0 Gegewe die desperate bevolking, sou ek kan sien hoekom die hommeltuie &amp; polisiehonde daar patrolleer!<\/p>\n<p>Soos ek bo ges\u00ea het, grens Eastwood &amp; Sunnyside op plekke aan mekaar (dalk met Arcadia in die middel?), so dit sal &#8216;n reis van so kilometer of twee wees afhangend van waar die begin- &amp; eindpunte was.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<ol start=\"5\">\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>ARCADIA EN HATFIELD<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Daar is meer dronk en moeilike mense in\u00a0<strong>Arcadia<\/strong>\u00a0en\u00a0<strong>Hatfield<\/strong>\u00a0as in Sunnyside&#8221; (p. 30).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Al wat ek van Hatfield weet is dat Protea Boeke se hoofkantore daar is (Burnettstraat 1067).<br \/>\nMy korrespondent:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>ARCADIA<\/strong><\/p>\n<p>[\u2026]\u00a0 Die plek is omring deur ho\u00eb woonstelblokke. Kleeeeeeeeeeeeein trappie beter as Sunnyside, maar die sekswerkers is al vroegdag op straat besig om klante te werf.\u00a0Dwelms &amp; diefstal is ook &#8216;n probleem, en [jy wil liewer nie jou kar op straat los nie].\u00a0\u00a0Ambassades met ho\u00eb mure is volop [\u2026], en die Uniegebou is so twee blokke weg.<\/p>\n<p><strong>HATFIELD<\/strong><\/p>\n<p>Reg om TUKS, en VOL studente!\u00a0 Baie kommunes is platgeslaan om ho\u00ebr woonstelblokke te bou om al die studente te akkommodeer.\u00a0 Die amptelike koshuise word al jare vooruit bespreek EN is ongenadiglik duur (meestal omdat mens vooruit moet betaal in Januarie).\u00a0 Meeste mense verkies om &#8216;n woonstelletjie te koop of te huur vir hulle kinders, maar bouers kan nie voorbly nie.\u00a0 As gevolg van al die studente met expendable\u00a0income uit pa se beursie, is die dwelm bedryf\u00a0&amp; kuierplekke alive &amp; well hierso, so BAIE dronk mense. Ek sou meer geredelik\u00a0hierso rondloop in die aand as in Arcadia of Sunnyside (baie plekke het sekuriteitswagte wat strate redelik skoon hou van verdagte mense).<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<ol start=\"6\">\n<li style=\"font-weight: 400;\"><strong>MAMELODI<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Mamelodi<\/strong>\u00a0is volgens die boek in 2045 &#8216;n oop rioolsloot (p.22):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ek verstik amper aan my koffie. Geen mens kan dit oorleef in Mamelodi se krotbuurte nie. Die heel armstes bly daar. Daar is geen rioolstelsel of elektrisiteit nie. Daar is ook nie genoeg kos nie.<\/p>\n<p>Mense leef letterlik ondergronds soos bytende blindemolle, of in sinkplaatgehuggies opmekaar gestapel. En as mens die messtekery oor brood of pap oorleef, gaan jy dood aan die geringste infeksie, omdat antibiotikum al jare lank oneffektief is en niemand daar mediese nanobots kan bekostig nie. Dis nie &#8216;n lewe wat ek &#8216;n kakkerlak op krukke sal toewens nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">My korrespondent\u00a0\u00a0antwoord:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Dis &#8216;n hool&#8230; ek was al &#8216;n paar keer in om kollegas laataand af te laai en ek het GESWEET.\u00a0 Niemand steur hulle aan padre\u00ebls nie en die pad self is in AAKLIGE toestand.\u00a0 Daar is ou dele wat meer township as lokasie is, maar die gehuggies is ontelbaar.\u00a0 Die township dele het netjiese huise met groot hekke &amp; klein erwe.\u00a0 Dit was een van die brandpunte nou hierdie week [12-18 Julie 2021], so dit sal jou &#8216;n idee gee van hoe op mespunt die plek is.\u00a0 Ligte stootjie, en anargie neem oor.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Op navraag was sy so gaaf om nog ander dele in te sluit:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>PRETORIA-WES<\/strong><\/p>\n<p>Tradisioneel &#8216;n arm (blanke) woonbuurt aangesien dit naby die industri\u00eble gebiede is en dus die werkersklas moes huisves.\u00a0 Huise is oud &amp; vervalle, met bywoners oral.\u00a0 Dele het verbeter na middelklas toe, maar die stigma van armsaligheid loop nog sterk.\u00a0 Dink&#8230; Tannie Stienie van\u00a0<em>Agter Elke Man<\/em>\u00a0(maar jy is veels te jonk XD) &#8211; curlers &amp; sigaret opi lip wat oor die grensdraad skinner.<\/p>\n<p><strong>PRETORIA-NOORD<\/strong><\/p>\n<p>[\u2026]\u00a0 Word ook op neergekyk van mense in die Ooste, maar net omdat hulle nooit uit hulle eie woonbuurte durf gaan nie.\u00a0 Pretoria-Noord het BAIE arm dele (Wolmer) &amp; BAIE ryk dele (Florauna) binne &#8216;n paar blokke van mekaar en straatadres maak saak hierso.\u00a0 Erwe is groot (burger of half burger erwe) met huise\u00a0uit die 1940-1960&#8217;s.\u00a0 Meestal pensionarisse wat in die middelklas bly [\u2026], maar baie mense keer terug om families groot te maak hierso.\u00a0 Dit het klein dorpie gevoel en ons spot dat mense van die res van Pretoria hulle paspoort moet wys om die Boereworsgordyn oor te steek tot in die Noorde.\u00a0 Alles is nog bitterlik Afrikaans [\u2026].\u00a0 [Pretoria-Noord] geniet &#8216;n subtropiese klimaat en is maklik een tot twee grade warmer as die res van die stad.<\/p>\n<p>Belangrike punt dat mense baie keer Pretoria-Noord en die Noorde van Pretoria verwar.\u00a0 Pretoria-Noord is &#8216;n voorstad (ek roep hom &#8220;Pretoria-Noord Proper&#8221;).\u00a0 Die Noorde van Pretoria sluit in Pretoria-Noord, Montana, Akasia, Sinoville, Annlin, Theresapark ens &#8211; dus al die voorstede agter die mees Noordelike rif van die Magalies.<\/p>\n<p><strong>DIE MOOT<\/strong><\/p>\n<p>&#8216;n Area wat belangrik is.\u00a0 Die deel l\u00ea tussen die Noordelike Magalies &amp; die Magalies waarop die Uniegebou staan.\u00a0 Groot ou huise wat nou &#8216;n baie fashionable plek is om te bly.\u00a0 Mense herstel &amp; vernuwe die ou huise om die mid-1900 elemente ten toon te stel (kaggels, houtvloere, groot stoepe ens).\u00a0 Eiendomspryse klim nou weer, alhoewel daar ook dele is wat nog bekostigbaar is (Kilnerpark).\u00a0 Aangesien dit maklike toegang tot die stad het, hou die yuppies daarvan om in hulle ou, nuwe huise te bly.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h3>Nommer 2: Die kos is uiters tradisioneel.<\/h3>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Toe ek \u201cwit lelies\u201d die eerste maal lees (op bl. 48, dink ek), toe weet ek dit beteken moeilikheid. Gewoonlik gee jy dit vir die naasbestaandes uit simpatie, tydens afsterwe van \u2018n geliefde. Dit is ook \u2018n gewilde begrafnisblom. En inderdaad, dat Lilith Rox hierdie reukstof aanspuit, is nie net \u2018n volksetimologiese sinspeling op haar naam nie, dit is ook die \u201cblom van die dood\u201d (p. 208). Sulke ou Westerse simboliek het in 2045 sowaar behoue gebly. (Seker ook omdat die bloemiste die gebruik aan die lewe hou?)<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar wat van kos?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Kyk, tieners (die teikenmark van hierdie boek) is maar altyd honger. As hulle nie altyd moeg is nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar dit is opvallend hoeveel keer daar na kos dwarsdeur die boek verwys word. Liewe maagtig.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Ek het eers gewonder: hoe pas dit by die storie in? Is dit maar om te pas by die \u201ckleur maar die le\u00eb dop in\u201d-tema? Jy weet, w\u00e1t ons buite-om aantrek teen die koue (nie w\u00e1\u00e1rom nie), w\u00e1\u00e1r ons bly (nie w\u00e1\u00e1rom nie), w\u00e1\u00e1r ons studeer (nie w\u00e1\u00e1rom nie), w\u00e1t ons op ons borde laai (nie w\u00e1\u00e1rom nie), waaruit ons eet (nie w\u00e1\u00e1rom nie), waarmee ons ry van punt A na punt B (nie w\u00e1\u00e1rom nie), hoe ambisieus ons is (nie w\u00e1\u00e1rom nie), hoe ons onsself uit botteltjies en buisies mooimaak en jonger laat lyk (nie w\u00e1\u00e1rom nie)\u2026 Met ander woorde, dit handel dus oor waarm\u00e9\u00e9 ons heeltyd ander kan be\u00efndruk, terwyl ons eintlik binnekant op kulturele en geestelike vlak onsself beroof en steeds d\u00f3ll\u00e9\u00e9g bly? \u2018n Toespeling op sekere stereotipiese beelde van Waterkloof?<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Ek weet ek hoef nie vir PRAAG-lesers hieroor te preek nie.\u00a0\u00a0PRAAG-lesers dink diep genoeg.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Maar eintlik draai kos verbasend genoeg ook om tradisie. Die mooi van tradisie. Dit handel om smaak. Eerstehandse ervaring. Tradisie wat homself oor en oor bewys het, en immergewild bly. In skrille kontras met van hierdie weersinwekkende ultramoderne tegnologie. In\u00a0<em>Donkerbloed<\/em>\u00a0word jy genadiglik genoeg nog nie gekarameliseerde mopaniewurm of kakkerlak-in-\u2018n-sojasous bedien nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Van die disse wat nou werklik eksoties is, is by een of ander uitspattige restaurant, die\u00a0<em>Pastiche<\/em>\u00a0(p. 72). Tog klink die name vir my nogal aptytlik. Soos \u201cWeskuskreef met hibiskus-consomm\u00e9\u201d (hopelik in \u2018n akwarium geteel, met hierdie Koeberglekkasie, en die koue seestrome, jy weet\u2026 \u201c \u2018n mens moet versigtig wees wat jy eet\u201d) of \u201cspeenvark met klapperkerie en saffraan\u201d (ek het dit self nog nooit ge\u00ebet nie).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">\u2018n Mens besef nie eintlik hoe oud van hierdie disse is nie. Nog in hierdie jaar, juis op Paasvrydag, 2 April, kry ek kerrievis op rys op my bord. Toevallig lees ek dieselfde dag\u00a0<a href=\"https:\/\/archive.org\/details\/aanmerkelykeontm00jdeb\/page\/n3\/mode\/2up\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/archive.org\/details\/aanmerkelykeontm00jdeb\/page\/n3\/mode\/2up&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842817000&amp;usg=AFQjCNGskcK6ry-HaXmi9cQ6Hm-4e80dhQ\"><em>Aanmerkelyke ontmoetingen in de zestienjaarige reize naa de Indi\u00ebn<\/em><\/a><em>\u00a0<\/em>deur Jakob de Bucquoi\u00a0(1744). Ek het mos navorsing gedoen of\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=47793\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=http:\/\/praag.co.za\/?p%3D47793&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842817000&amp;usg=AFQjCNFw7BX9YrTWz46DwjwEWqvrUx5j_Q\">Afrikaans in Maputo vandag gepraat sou kon word<\/a>. Daarin vind ek die woorde\u00a0&#8220;Kerry met Visch&#8221; (p. 70) en &#8220;dat is de hooftschotel gekookte Ryst, en de toespys een Viskerry&#8221; (p. 100).\u00a0Jy sal \u2018n paar bestanddele in daardie boek kry, maar ongelukkig geen resep nie. Hoogs waarskynlik is hierdie dis selfs ouer as die boek self.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">En tog is daar ook deels van dekonstruksie ter sprake. Wat jy van hawermoutpap dink, is nie wat ek daarvan dink nie. \u201cHawermoutpap\u201d, die begrip, die konsep, vereenselwig ek gewoonlik saam met appel-en-kaneel-smaak uit \u2018n sakkie, met kookwater uit die ketel, met \u2018n teelepel suiker of wat, vir ontbyt, of op \u2018n Sondagaand as ek werklik nie lus het om kos te maak nie. Veral nie n\u00e1\u00a0\u2018n swaar ete die middag nie. En juis omdat dit Sondagaand is, voel ek onrustig oor die Maandagoggend. Die hawermoutpap bring vir Sybella weer herinneringe terug van hul Desember(kampeer)vakansies by Kleinmond (p. 61): \u201cPa het net pap ge\u00ebet as Ma spek en eiers ook gebraai het.\u201d<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Kos word selfs in \u2018n vergelyking gebruik: \u201cZuri se o\u00eb vlieg wyd oop. Sy loer vinnig op haar polspaneel na haar deurkamera. Word so wit soos die blanc-mange-nagereg wat Ouma Olivia soms Sondae gemaak het\u201d\u00a0(p. 125).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Op bl. 56:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Rosa Francke. Haar naam was bekend dwarsoor die w\u00eareld. Vir my was sy maar altyd net Ma, wat Sondagmiddae rosyntjiebrood gebak en my in haar arms gehou het as ek huil omdat ek nie my wiskundetoetse deurkom nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">\u201cBokomo, die tuiste van heilsaamheid\u201d weerklink Margo Luyt se TV-advertensiestem nou nog in my ore.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Daar is \u2018n soortgelyke huislikheid, \u2018n bekendheid en geborgenheid hieraan, in skrille kontras met die tegnologie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Heel interessant lyk die kos by Hatfieldstasie (waar sy op haar vlug wag) eintlik baie op\u00a0<a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Padkos\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Padkos&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842817000&amp;usg=AFQjCNEEu2vaYftGz-VG7YyWaPV9W6oRcA\">tradisionele padkos<\/a>, veral as mens in gedagte hou dat die (hard)gekookte eiers al sedert die Tweede Vryheidsoorlog of vroe\u00ebr in ons kosblik is. \u2018n Bottel wyn, brandewyn of knertsie jenewer op die trein was meer as \u2018n eeu gelede ook niks snaaks nie. En hier kry ons (p. 38):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Vars vrugte, delikate klein koekies, snye koue vleis, gekookte eiers, neute, jogurt, koffie, wyn en selfs whiskey. Ek sit stukkies mango, &#8216;n paar aarbeie en twee roompoffertjies op my bord.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">By die kafeteria van Biotron Babas is ook niks uitsonderlik ongewoon nie (p. 75):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Toebroodjies, pasteie, koeldrank, vars vrugte, botterbroodjies [sk\u00f3ns?], tertjies, koue vleis. Die keuse is amper groter as by AmazonGo se hiperwinkels.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die enigste dis wat vir my wel effe snaaks voorkom, maar niks buitengewoon nie, is die bakkie kos by die twee Admin-doedies, Tanjo en Kari.\u00a0Kari \u201csteek-steek met haar vurk na blokkies soja in haar avokadoslaai\u201d\u00a0(p. 76). Ek sou eerder stukkies ham of spek verwag het. Maar ja, Woolworths het \u2018n \u201c<a href=\"https:\/\/taste.co.za\/recipes\/simple-soya-avocado-salad\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/taste.co.za\/recipes\/simple-soya-avocado-salad\/&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842817000&amp;usg=AFQjCNGEIuRcmXTwT3xHSZFBeOwXKTGlxQ\">simple soya avocado<\/a>\u201d-slaairesep, sien ek. Hoe in die mode veganisme of vegetariese eetgewoontes in die roman is, weet ek nie. Maar duidelik het dit\u00a0\u00f3f so alledaags geword dat niemand hulle meer aan ander se eetgewoontes steur nie,\u00a0\u00f3f die volk het hul vleislus herontdek.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Gegewe ook hoe snaaks die mensename lyk (geen Johan, Danie, Jaco, Pieter, Willem, Stefan, Susan, Marie, ens. wat eeue aankom nie &#8211; name wat millennia aankom), voel dit byna onwerklik hoe tradisioneel die kos gebly het.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">&#8220;Ons mag miskien almal van naam verander het, maar eintlik bly ons almal in wese dieselfde ou sous.&#8221; Dis die boodskap wat ek kry.<\/p>\n<h3>Nommer 3: Hoe meer gekunsteld en vervreemdend die tegnologie in \u2018n globaliserende w\u00eareld raak, hoe huisliker, ouw\u00earelds, regionaal en natuurliker die taalgebruik.<\/h3>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Hiervan is daar \u2018n oorvloed in hierdie roman, en dikwels word die natuur betrek vir komiese of oordrywende effek. Waar tegnologie betrek word, neem dit gewoonlik \u2018n negatiewe nuanse aan. Die taalgebruik vind ek kostelik.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Onder andere is Sybella se bynaam Kwarteltjie, omdat haar vel (op die gesig) gelyk het soos die dop van \u2018n kwarteleier (p. 21). Jax het weer \u201cleeugeel o\u00eb\u201d (pp. 12, 172):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ek kyk direk in sy ligbruin o\u00eb. In die ligte vanaf die dansvloer lyk hulle amper geel, soos di\u00e9 van &#8216;n leeu.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar daar is nog ander voorbeelde:<\/p>\n<p>\u201cDie kaalkopkuborg gee my alreeds die blouaapstuipe\u201d (p. 17);<\/p>\n<p>\u201cDiamante hang aan haar ore soos trosse glinsterende druiwe\u201d (p. 19);<\/p>\n<p>\u201cSeth met die koringbruin hare en seegroen o\u00eb, wat geroeste spykers met &#8216;n vierpondhamer in my hart geslaan het. Nie dat ek al ooit &#8216;n vierpondhamer gesien het nie\u201d (pp. 23-24).<\/p>\n<p>\u201cHy is net agt jaar ouer as ek, maar ek kan hoor hier kom &#8216;n pa-preek aan\u201d (p. 29).<\/p>\n<p>\u201cWerk in Etswagoli is in elk geval so skaars soos renosterhoring, selfs vir wettige Suid-Afrikaners\u201d (p. 31).<\/p>\n<p>\u201cEk sal seker ook weghardloop as &#8216;n kuborg soos Cedric Morton met sy vinger in my bier kom roer\u201d (pp. 33-34).<\/p>\n<p>\u201cLilith Rox mag mooi en bekwaam wees, maar dit het gevoel of ek soos &#8216;n paddavis in &#8216;n vlak petribakkie gewriemel het. Wat wag dat sy &#8216;n naald in my gaan druk om my selle te onttrek.\u201d<br \/>\n(p. 48)<\/p>\n<p>\u201cDit was baie meer as dit. Dit was verraad. Dis asof &#8216;n visgraat dwars in my keel steek en ek nie asem kan kry nie.\u201d (p. 71)<\/p>\n<p>\u201cDie tyd saam met hom l\u00ea nog warm in my, soos varsgebakte brood op &#8216;n koue wintersoggend\u201d (pp. 72-73).<\/p>\n<p>\u201cGedagtes wat in my kop gedraai het, om en om, soos &#8216;n waterkewer in die enigste klein waterkol op &#8216;n modderdro\u00eb pan\u201d (p. 73).<\/p>\n<p>\u201cGelukkig is etenstyd net twintig minute lank voor ons weer gaan geld maak vir Biotron Babas\u201d (p. 77).<\/p>\n<p>\u201cHy glimlag vir my. Soos &#8216;n akkedis wat &#8216;n muggie met \u2018n afvlerk raaksien en sy tong spoeg smeer.\u201d (p. 82)<\/p>\n<p>\u201cDit voel of my brein in &#8216;n vuurwarm windtonnel uitgedroog word\u201d (p.115).<\/p>\n<p>\u201cZuri blaas oor haar MiIo. Toe sy opkyk, is haar groen o\u00eb so skerp soos di\u00e9 van &#8216;n straatkat\u201d (p. 124).<\/p>\n<p>\u201c[\u2026] Lilith lyk vriendelik vanmiddag. Haar hare hang los gekartel oor haar skouers, haar naels babapienk geverf. Soos die buitekant van &#8216;n silikoon-uterusborrel\u201d (p. 132).<\/p>\n<p>\u201cSy is hopeloos te glibberig na my smaak. Soos &#8216;n seepaling gesmeer met kookolie\u201d (p. 140).<\/p>\n<p>\u201cSy is beeldskoon. Loop so grasieus soos \u2018n bergkat\u201d (p. 167).<\/p>\n<p>\u201cDie skarniere kerm soos \u2018n tarentaal [\u2026]\u201d(p. 167).<\/p>\n<p>\u201cHy was mos &#8216;n army reject, voor daai geldgeitjie hom aangeskaf het\u201d\u00a0(p. 229).<\/p>\n<h2>Nommer 4: Op geesteswetenskaplike gebied is die w\u00eareld tot stilstand geruk.<\/h2>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Dit het my reeds gepla dat die Unisagebou nou bewoon word. Hul webwerf spog\u00a0<a href=\"https:\/\/www.unisa.ac.za\/sites\/corporate\/default\/Library\/About-the-Library\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.unisa.ac.za\/sites\/corporate\/default\/Library\/About-the-Library&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842818000&amp;usg=AFQjCNE8hD3d5P29-SWin6cRVDmRKXUUww\">tans met die grootste akademiese biblioteek in Afrika.<\/a>\u00a0Ons praat hier van oor die 1,5 miljoen boeke. Dit is nog voordat mens die museum byreken met\u00a0<a href=\"https:\/\/www.gauteng.net\/attractions\/museum_of_anthropology_and_archaeology\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.gauteng.net\/attractions\/museum_of_anthropology_and_archaeology&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842818000&amp;usg=AFQjCNESF_LYB6mfhgwzUHFoMdrmm9UCcg\">oerartefakte uit Afrika<\/a>. Maar teen 2045 het die staat dit goedgedink om daardie gebou op Muckleneuk s\u00f3\u00a0in te rig (p. 94):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Graffiti op die mure van die geboue wat eens op \u2018n tyd Unisa was. Suid-Afrika se grootste korrespondensie-universiteit. Nou het arm stadsinwoners daar ingetrek, di\u00e9 wat darem die klein, beknopte regeringswoonstelle kan bekostig.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Dit is onder andere by hierdie\u00a0<em><a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Volkshuisvesting\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Volkshuisvesting&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842818000&amp;usg=AFQjCNH_uYJTgYfr7fqzxcmNHnJh1Hghcg\">volkshuisvesting<\/a><\/em>\u00a0(om nou die ou Nederlandse woord te gebruik) waar Sybella saans baie laat haar graffiti spuit (p. 50). So nou is my vraag: waar is al daardie biblioteekboeke heen?<\/p>\n<p>Daar word net vlugtig verwys na Jax se antieke stel\u00a0<em>Game of Thrones<\/em>-boeke (pp. 25, 110). Maar ook &#8220;die digbundels en storieboeke&#8221; (&#8216;dis ook oud&#8217;) wat vir Sybella duidelik sentimentele waarde het, maar waarskynlik nie gesteel sal word (p. 9); dit het vroe\u00ebr aan haar Ouma Olivia behoort.<\/p>\n<p>Yala vra Sybella of sy maar die digbundels kan deurblaai om haar Afrikaans te verbeter. Sybella lees veral die digbundels. Opvallend genoeg sluit die name wat dan volg baie netjies volgens dekade aan (p. 63): Ingrid Jonker (1950\u2019s-1960\u2019s), Antjie Krog (1970\u2019s-2010\u2019s), Hilda Smits (2020\u2019s). Die gedigte bring herinneringe van Sybella se ma terug, omdat laasgenoemde party middae met die digbundels op haar skoot in die son gelees het.<\/p>\n<p>Sybella hou veral van Antjie Krog (p. 63):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">&#8220;Jy weet jy kan hulle enige tyd lees. Ek dink Antjie Krog is my favourite. Gaan lees &#8216;n bietjie &#8216;Ek wil&#8217;.\u201d<\/p>\n<p>Dis die gedig wat ek altyd vir Seth gelees het. Ek wou myself vir jou gegee het, Seth, stil soos &#8216;n koorsboom, soet en oop soos mispels. Ek wou.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Kom ons begin by die begin.\u00a0<em>Game of Thrones<\/em>\u00a0is duidelik in die roman gebruik om die tieners van 2020\/2021 te boei met die eietydsheid, hoewel ek reeds wonder of hy die tyd tot in 2045 sou deurstaan. Kyk mens na Google Trends, dan sien jy &#8216;n geweldige opbloei in belangstelling met elke nuwe reeks, maar dan val dit elke keer weer soos &#8216;n baksteen. Met elke nuwe reeks sak die plato (die wagtyd vir die volgende reeks) al hoe laer. Dit is egter self \u2018n teorie wat ek toets, en alleen die tyd sal leer of my teorie korrek is. Ek kan verkeerd wees.<\/p>\n<p>Antjie Krog is in\u00a0<em>Donkerbloed<\/em>\u00a0&#8216;n interessante verskynsel. Sy het eintlik drie betekenisse.<\/p>\n<p><strong>Die eerste betekenis<\/strong>\u00a0is natuurlik die vanselfsprekendste: die liefdesgedig, wat haar aan Seth herinner.<\/p>\n<p><strong>Die tweede betekenis<\/strong>\u00a0is (en dit is redelik onderliggend): Krog is in die liter\u00eare kringe bekend vir haar &#8220;vers van verset&#8221;. Sy skryf oor taboe-onderwerpe om aandag te trek en die skokwaarde self. In hierdie verhaal sluit dit aan by Sybella se &#8220;verf van verset&#8221;, met presies dieselfde doel: om aandag te trek. Sy spuit graffiti\u00a0\u00e0\u00a0la Greta Thunberg (p. 95):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">&#8220;Dis . . . dis ongelooflik! Dit lyk nogal&#8230; asof jy kwaad is, maar dis ook vreeslik mooi! Die kleure! Alles is so lewendig.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ja, dele van my is seker kwaad. Die polisie sien dit as proteskuns, as anti-regering. So hulle het di\u00e9 tipe straatkuns verbied. Hulle wil nie ongemaklik voel oor die brutaliteit in die kuns nie, nie herinner word daaraan dat hulle derduisende spesies laat uitsterf het sonder om &#8216;n vinger te lig nie. En nooit effektief teen wildstropery opgetree het nie.&#8221; Ek trek my serp stywer om my nek, ril teen die koue. &#8220;Hulle teiken my skilderye spesifiek, my en &#8216;n paar ander straatkunstenaars en muurskilders wat &#8216;sensitiewe kwessies&#8217; teen die mure uitbasuin.<\/p>\n<p>\u201cDis ongelooflik! Dis rof, maar mooi ook. Ek sou nooit eens kon dink&#8230; dat jy so iets&#8230; kan doen nie!&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink dis seker meer omdat dit my manier is om my pa te onthou. Hy het geskilder \u2013 rustige goed, nie so wild en blatant soos di\u00e9 nie. Hy was baie lief vir die natuur. En hy was altyd ontevrede omdat die regering nie genoeg gedoen het vir natuurbewaring nie, toegelaat het dat al die wildtuine verdwyn, die renosters en olifante gestroop word. So nou verf ek meestal proteskuns. Ek doen soms sagter goed ook. Maar di\u00e9 maand verf ek alles wat my omkrap. Ek gaan deur fases.&#8221;<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Mej. Sybella Francke. Jy het my gesoek. En nou het jy my gekry. Jy het nou die Hollander in my wakker gemaak. Hierdie dag sal jy berou.<\/p>\n<p>Iets is drasties in jou genepoel verkeerd.<\/p>\n<p>Jy praat die grootste klomp kwak onder die son! Jou adrenalienvlakke skiet deur die stratosfeer as jy voor die hommeltuie wegvlug (p. 96), en jy hou aan en aan daarmee. Tot die dag wanneer jy in die tjoekie sit. Nee, jy kry nooit genoeg daarvan nie; brandstigters voel presies dieselfde opwinding voor die vuurhoutjie getrek word. Dis \u2018n sieklike psigose. Dis immers hoe jy Yala ontmoet het. Moenie dink ek weet dit nie; hoe anders weet jy die hommeltuie kom oor \u201cdrie minute\u201d? \u201ctwee minute\u201d? \u201ceen minuut\u201d?, \u201csekondes\u201d? (pp. 1, 2 ,3). O, die opwinding! Die spanning bou op! En Maliwemi weet goed van jou \u201cverwery\u201d (p. 29). Jou Ouma sou jou gefoeter het oor jy oumense se pensioengeld so mors, om jou klad reg te maak. As jy wil verf, verf jou eie woonstel. Maar nee, jy beklad ander mense se eiendom. Verbode vrugte is mos lekkerder, n\u00e8?<\/p>\n<p>As hierdie diere vir jou so belangrik was, sou jy nou met jou neus in \u2018n boek gesit het en biogenetika leer dat jy skeefhang. Jou eie\u00a0Jurassic Park\u00a0oopmaak, en al die uitgestorwe diere terugkweek. Wat \u2018n wonderkind!<\/p>\n<p>Of veil op eBay \u2018n skildery op en laat die ponde inrol, as dit moet. Soos jou morrende liewe pappie wat net bek was en van die rots (en sy goue voetstuk) deur \u2018n brander afgebliksem is, kon doen, maar nie het nie! En dit maak hom dus ewe aandadig aan die kollektiewe skuld! Ja, hoor! Of vra Jax om \u2018n stroom te hou op Twitch en samel \u2018n fortuin in vir daardie diertjies wat so lief en dierbaar is, toe? Of waarom nie gewoon by die DBV inklok en jou hande bietjie vuilmaak nie? Dit sal tog te mooi lyk op jou CV. Hoeveel rondloperbrakke is daar in die verhaal? Maar nee! Jy is \u2018n regte klein aandagvraat, jy. Ander fiktiewe tienerkarakters moes veeartse bystaan en toekyk hoe lydende diere uitgesit word (Groen is die kleur van genade,\u00a0Marlene le Roux,\u00a01993). J\u00fd, Sybella,\u00a0het dit te maklik. Is dit die verleentheid waarvoor jou moeder haar voor die proefbuise afgesloof het?<\/p>\n<p>J\u00fd\u00a0gaan nou vir jou \u2018n blik wit verf koop en regmaak wat jy verbrou het. Ek wil jou nie sien voor jy nie klaar is nie. Nee, vanaand slaap jy in die tuinhuis. Dis lekker winterkoud genoeg daarbuite, dan kan jy die hele aand dink aan die arme mense wat krepeer in Mamelodi en smeek vir brood. Terwyl jy blikkies verf uitspuit vir die grap! Toe, basta met jou! Vort, s\u00ea ek! Of dis vyf maande breekwater!\u00a0\u00a0Maar sal jy\u2026!<\/p>\n<p>Gmf. Harde liefde. Maar toemaar, ek is seker Cedric Morton sal jou &#8216;n les leer. Daar is altyd o\u00eb in die donker&#8230;<\/p>\n<p><strong>Die derde betekenis<\/strong> van Antjie Krog:\u00a0die einde van die Afrikaanse letterkunde. Want daar word nie juis melding van enige ander projekte of boeke gemaak in hierdie roman nie. En ons praat van&#8230; 24 jaar later?<\/p>\n<p><strong>Daar is nog \u2018n diskrepansie<\/strong>, iets wat ek eerder toeskryf aan voortgesette hardnekkige tradisie in die Afrikaanse kultuur in die verhaal as Sybella se eie tekortkoming (because \u201cit takes a village to raise a child\u201d\u2026).<\/p>\n<p>Daar word byvoorbeeld twee maal daarop gewys dat Yala met \u2018n \u201cFranse aksent\u201d Afrikaans praat (p. 23), en \u201cbaie goed in Frans\u201d was tot en met Graad 6 toe sy vir die Wateroorlo\u00eb moes vlug (p. 37). Daar word nie \u2018n woord daarop geantwoord nie. Sybella sprak geen sprook. Daar word nie eers instemmend geknik nie. Geen spiertjie vertrek nie. Of: \u201cmoer, hoe interessant! Issit?!\u00a0Parlez-vous fran\u00e7ais?\u201d uitgeroep nie. Dis net niks! N.A.F.I. Duidelik het Yala vir \u2018n reaksie gewag voordat sy aangebied het om AmazonGo toe te gaan. Maar aangesien die verhaal uit jou eerstepersoons-oogpunt geskryf is, Sybella, kon ons almal dit raaksien, behalwe jy!<\/p>\n<p>Yala kan haarself met \u2018n ou skootrekenaar help (pp. 64-65). En dit laat my oor twee dinge wonder.<\/p>\n<p>Nommer 1: Yala Uba is slim genoeg om te weet as jy in Pretoria (of, daardie deel van Estwagoli) bly, dan praat jy onder meer die taal van diegene wat geld het, naamlik Afrikaans. Dit plaas haar klaar in \u2018n totale ander liga as di\u00e9 wat botweg weier om niks anders behalwe Engels te leer nie. Die geleenthede vir haar is groter. Bowenal sal Yala haarself in Engels kan help, en in haar eie stamtaal. Nou waarom nie Frans voortsit nie? Daar moet tog sekerlik ander vlugtelinge soos sy wees wat Frans ken? Dan is jy nog \u2018n trappie ho\u00ebr as al die ander dwars mededingers.<\/p>\n<p>Nommer 2: Sybella \u2013 dit kos al my selfbeheersing om nie vyf vieslike vloekwoorde in jou rigting soos hoefysters te slinger nie. Daardie snuifmiddels in daai spuitkannetjies tas duidelik jou brein aan, kind. Dis nie gesond nie. Hier land \u2018n Franse tutor letterlik op, nee, jy\u2019t haar\u00a0\u00f3\u00f3r jou drumpel ingedra, binne-in jou sitkamer in, bo-op jou sitkamerbank neergeplak, sy maak later vir jou hawermoutpap en sop, voer jou dit bietjies-bietjies amper met \u2018n lepeltjie in as jy siek is van griep! Moet ek dit uitspel: Om jou die basiese goedjies Frans te kan leer, pampoen! Mens kan net die perd tot by die water lei, n\u00e8? Hoe d\u00f3f is jy? Dis so goed jy tel \u2018n Krugermuntstuk op en wonder of jy spookasem daarmee kan koop. Maar nou staan en re\u00ebl jy vir haar kelnerinwerk. En stel haar in gevaar op straat as sy Sunnyside toe moet loop! \u2018n Polisieman agter elke bos.<\/p>\n<p>Hierdie geslote w\u00eareld van die Afrikaanssprekende is natuurlik niks nuuts nie. Hulle leef in hul eie bekrompe w\u00eareldjie. En dit boonop in \u2018n hoogs geglobaliseerde w\u00eareld! En juis daarom is die werk vir my \u2018n hekelende parodie daarvan. Of dit nou doelbewus of onbewustelik gedoen is.<\/p>\n<p>\u2018n Rus het trouens oor sy tydjie hier aan die Kaap geskryf in 1808 tot 1809. Sy naam heet luitenant Wasili Golownin. Uit die pen van \u2018n 32-jarige (vertaal in die Engels deur Boris Gorelik, \u2018n Rus wat met graagte ook Afrikaanse verhandelings en proefskrifte verslind), die volgende:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">The local Dutchmen, devoted from their youth to trading and the search for ways to enrich themselves, are not far advanced in matters of education, and so their conversation is always boring and uninteresting. The weather, local occurrences, business, the arrival of convoys and some political events directly affecting them are the main and, actually, only topics of their discussions.<\/p>\n<p>&#8211;\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0Uit\u00a0<em>An Entirely Different World: Russian Visitors to the Cape, 1797-1870<\/em>\u00a0(2015:32).<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Wag, wag, wag! Voordat jy op jou perdjie klim, liewe leser\u2026 ek is nog nie klaar nie.<\/p>\n<p>Ons moet hier egter ook onthou dat die Russiese aristokrasie en hul intellektuele, hierdie baie \u201cbelese\u201d, fynbesnaarde, uitgelese groepie mense (anders as hul voetvolk), wat Frans, Italiaans, Duits, Latyn, Engels, en soms Hollands goed magtig was\u2026 al sedert die 1860\u2019s beplan het om die verstokte Tsaar omver te werp. Maar net soos die Franse die aristokrasie uitgewis en bloot \u2018n nuwe elite geskep het, net so het die Russe die een absolutisme vervang met \u2018n ander.<\/p>\n<p>Altyd dieselfde. Hoekom? Want dit is al stelsel wat hulle geken het. Ironies, is dit nie?<\/p>\n<p>Eerder dat mens verwag dat die vars toevloei van inligting nuwe w\u00earelde sal skep en oopmaak, bly hierdie kanale toe. En dit is waarom die &#8220;voorstedelike stigma&#8221; of &#8220;voorstedelikheid&#8221; 24 jaar van nou af nog voortduur. Ons hang in \u2018n geslote visbak, waar die vismis vanuit die bodem deur die filter borrelend gesirkuleer word en die bak met verloop van tyd net al hoe groener, en groener en groener word van die alge. Uit \u2018n vis se oogpunt moet jy later glo die w\u00eareld daarbuite is ook groen soos joune hierbinne.<\/p>\n<p>Of, miskien moet ek dit eerder met \u2018n terrarium vergelyk met \u2018n toegeskroefte deksel op: die plant groei, werp sy blare af, die blare vermolm, word saam met die vog opgeneem, en so kry jy\u00a0<a href=\"https:\/\/biologicperformance.com\/sealed-bottle-terrarium-garden-watered-once-53-years\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/biologicperformance.com\/sealed-bottle-terrarium-garden-watered-once-53-years\/&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842818000&amp;usg=AFQjCNGwONsW4r2VBb3lJ7q7FRZ18d6qXQ\">\u2018n afskuwelike plant wat 50 jaar lank in \u2018n afgeslote ruimte leef<\/a>. Die molm raak egter net meer, en meer, en meer. Soos die berig korrek lui:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Many are skeptic of this being true and some like Bob Flowerdew (organic gardener) thinks that \u201cIt\u2019s wonderful but not for me, thanks. I can\u2019t see the point. I can\u2019t smell it, I can\u2019t eat it.\u201d Shockingly, David Latimer feels the same. Saying that the sealed bottle garden is pretty boring.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Goed, ek sal toegee Sybella is \u2018n tiener en haar brein is nog nie ten volle ontwikkel om te begryp jy moet elke bron benut wat hom by geleentheid voordoen nie.\u00a0\u00a0Maar wat het die grootmense dan gedoen? Belangriker selfs: gaan Sybella dieselfde foute as haar voorgangers maak? Dit lyk my so.<\/p>\n<h3>Slotsom<\/h3>\n<p>Wat ek die meeste geniet het in hierdie roman is die ou\u00a01990\u2019s-sfeer afge\u00ebts op Sunnyside. Die vetterige noedels, die vuilgrys vullisblikke buitekant wat oml\u00ea, die walmende rook, die olierige oppervlakke, die byna kuberpunk-hologramme en hierdie restaurant-szene (pp. 1 en 13):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Die straat is verlate. Hologramnaamborde van daggakafees en avatarklubs flits, die ritme geweerkaats in re\u00ebnboogpatrone op die nat straat. Vullisblikke staan saamgebondel tussen sakke rommel teen &#8216;n muur agter my.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Die ritmiese techno-musiek, die reuk van groente en pasta en sojavleis in olie gebraai, die flitsende diskobal, die dansende tieners met hulle tatoes.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Lilith Rox is in haar middel-vyftigs in 2045 (p. 41). Sy is dus, net soos ek, in 1990 gebore. Te jonk vir hierdie goed en is eintlik net suur omdat sy al hierdie pret misgeloop het. Gee die kind tog \u2018n stokkielekker.<\/p>\n<p>Die boek is glo vir\u00a0<a href=\"https:\/\/maroelamedia.co.za\/afrikaans\/boeke\/boek-donkerbloed-elrien-scheepers\/\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/maroelamedia.co.za\/afrikaans\/boeke\/boek-donkerbloed-elrien-scheepers\/&amp;source=gmail&amp;ust=1628504842818000&amp;usg=AFQjCNGL6eZLJ96_3iFba123CMoLxy4OLQ\">12-14-jariges geskryf<\/a>, maar ek voel dit is eerder gemik op my ouderdomsgroep as vir die huidige tieners wat in 2007-2009 gebore is. In 2045 beklee ons immers die eksekuteurstoel, of liewer, bevind ons onsself in die beskuldigdebank. Dit voel tog te aardig dat \u2018n 17-jarige van die toekoms jou geslag klaar \u00e1fslag nog voordat jy \u2018n vinger kon verroer het!<\/p>\n<p>Blykbaar het ons nog nooit van Ecosia se boomplantprojekte gehoor nie (ook nie van die brandstigters wat dit ongedaan maak nie), ons het nog nooit van Israel se suksesverhale met herbebossing gehoor nie, ens. ens. ens. Duidelik het my geslag, Generation Y, niks gedoen om die verwoestyning rondom Pretoria te keer nie (p. 23):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Daardie deel van Afrika [Kongo] word aanhoudend geteister deur droogtes en oorstromings en veldbrande. Baie mense het uit die res van Afrika na Suid-Afrika gevlug die laaste jare. Nie dat hier nie dieselfde dinge gebeur nie. Groot dele van die land het in semi-woestyn verander. &#8216;n Mens kan deesdae Karoovetplante pluk net kort buite Brakpan. Dis een van die redes waarom Etswagoli so oorbevolk is.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>As mens tussen die re\u00ebls lees, sal ons geslag\u00a0<em>nooit<\/em>\u00a0daaraan dink om desentralisasie toe te pas om oorbevolkte stede te\u00eb te werk nie, ten spyte van die internet en e-handel. Tans het Europa (2021) self ontsaglike lang wagbeurte vir huur in die metropolitaanse gebiede. &#8216;n Mens sou juis &#8216;n groter uitwyk na die platteland toe verwag het. Waarom in verkeersknope of jou pad deurdruk na die moltrein as jy vanuit jou blommetuin kan werk met \u2018n skootrekenaar langs die swembad? Die grond tussen jou tone kan voel? Maar dit gebeur nie! Waar is die inisiatiewe om dit moontlik te maak? Waarom nie ontvolking van die platteland stuit nie? Wat het van ROEP (<em>Red Ons Eie Platteland<\/em>, gestig deur George Craven) geword wat in die\u00a0<em>Panorama<\/em>\u00a0(Januarie 1987, 42-47) net lof toegeswaai is? En ook deur oud-pres. P.W. Botha s\u00e9lf bedank is? Hoor net hierdie hartroerende verhaal (bl. 47):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Mnr. Botha het bygevoeg dat die beleid van desentralisasie \u2018n sukses is. In die afgelope jaar het die Regering finansi\u00eble aansporing vir 1 243 projekte in Suid-Afrika en in die aanliggende state voorsien. Dit verteenwoordig \u2018n kapitaalbelegging van R1 500 miljoen en het 87 000 werkgeleenthede geskep.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Liewe\u00a0<em>Boomers<\/em>, dit spyt my, maar ons gaan alles wat julle deur die jare opgebou het, net so laat l\u00ea om te vergaan.<\/p>\n<p>Nog minder sal \u2018n deeltjie van ons geslag ons snobisme staak en die waarheid vierkantig in die o\u00eb kyk. Ons gaan ons al hoe meer in \u2018n geskepte w\u00eareldjie terugtrek en in ons siel ronddelf, terwyl die dakpanne afwaai. Ons wegkruipertjie-werklikheid sal al hoe minder waarheidsgetrou wees. Ons sal daarbinne \u2018n nirwana beleef (met behulp van bietjie walmende papegaaislaai) en daarin rondjol terwyl alle infrastruktuur verkrummel. Dat hulle [ons, ekskuus] van \u2018n geslagtelange selfbehepte verbruikersamelewing na \u2018n projekgedrewe samelewing sal oorskakel, van inwaarts na uitwaarts sal oorskakel, klink maar bra v\u00eargesog. Ons nakomelinge sal nie veel beter wees nie.<\/p>\n<p>Dit staan immers so op skrif.<\/p>\n<p>Vir die sorgelose tiener bied die boek ontspanning, vir die grootmense is die boek &#8216;n waarskuwing as jy dit soos Openbaring lees.<\/p>\n<p>Ek het my doelbewus nie uitgelaat oor die biogenetika en ander tegniese aspekte, soos beskryf deur \u2018n dosent in die veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, nie. Dit is bokant my jakkals, doktor Scheepers. Ek glo u sal verstaan.<\/p>\n<p><em>Donkerbloed<\/em> bly vir my \u2018n heerlike parodie en \u2018n tydsdokument van die Afrikaanse stedelike kultuur soos dit nou is. Iets waaroor ons kan lag, al is dit tragies. Omdat ek nie \u2018n tydkapsule het nie, gaan ek die roman in \u2018n plastieksakkie verse\u00ebl teen die vismotte. Want oor 24 jaar gaan iemand hierdie boek oopmaak en geskok wees oor hoe min die samelewing verander het.<\/p>\n<p>Nee, wag\u2026 ons het darem nog 24 jaar tyd.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op ho\u00ebrskool was ek dol op die\u00a0Popular Mechanics. Die Suid-Afrikaanse een. My ouma het vir ons gesin \u2018n jaar lank op hierdie tydskrif ingeteken. Eers het die tydskrifte in die motorhuis tussen die ou koerante beland (my vader is nie juis \u2018n danige leser nie), maar op \u2018n dag is hulle almal in my tienerkamer. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":47855,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[25188,25189,753,10525,25190,12571,23533],"class_list":["post-47850","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-donkerbloed","tag-elrien-scheepers","tag-pretoria","tag-resensie","tag-sybella-francke","tag-waterkloof","tag-wetenskapfiksie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47850","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47850"}],"version-history":[{"count":9,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47850\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47861,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47850\/revisions\/47861"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47855"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47850"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47850"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47850"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}