{"id":47837,"date":"2021-07-10T16:07:26","date_gmt":"2021-07-10T14:07:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47837"},"modified":"2021-07-10T16:07:26","modified_gmt":"2021-07-10T14:07:26","slug":"suidpunt-waarom-loeloeraai-in-latyn-vertaal-moet-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47837","title":{"rendered":"Suidpunt: Waarom Loeloeraai in Latyn vertaal moet word"},"content":{"rendered":"<p>Swak joernalistiek betaal goed.<\/p>\n<p>Ek is vas daarvan oortuig die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia en -uitgewerye het \u2018n nuwe joernalistieke taktiek ontdek hoe om driedubbeld die geld uit onnosel sukkelaars soos ek en jy te pers: as ons nie op dieselfde aambeeld hamer nie,\u00a0<em>skep die sensasionele leuen (\u201cvermoede\u201d) en\u00a0\u00a0weerl\u00ea dan die leuen.<\/em> Maar net vinnig genoeg om nie voor die stoel van die Persombudsman gedaag te word nie.<\/p>\n<p>\u2018n Tienling is gebore; \u2018n tienling is nie meer gebore nie.<\/p>\n<p>C.J. Langenhoven het \u2018n buite-egtelike kind by Sarah Goldblatt verwek (ag, gee haar die voordeel van die twyfel, sy was ampertjies swanger); C.J. Langenhoven het nie eens \u2018n buite-egtelike verhouding gehad nie.<\/p>\n<p>Die saadjie is geplant, en die laaste regstellende beriggewing sal ten minste nog 5 tot 10 weke sonder rus of duurte op die kringloop bly om \u201ctevergeefs\u201d die leuen in die kiem te probeer smoor. Gelukkig is die koerant nou propvol lettertjies tydens komkommertyd. Dit kon ook nie op \u2018n gele\u00ebner tyd uitgedink word nie, want die banggat joernaliste met hul dikkerige wolsokkies (ten minste praat ons nie meer van grys en swart skoene nie!) wil nie \u2018n poot buitekant die deur waag nie. Dis soggens koud hieronder in die Kaap, weet jy\u2026 En Twitter verskaf dan al die nuus! Waarom nog sukkel om uit die bed te klim?<\/p>\n<p>En die heel lonendste: jy dink, jy glo, nee, jy is hartgrondig\u00a0oortuig\u00a0daarvan jy het deur die hele woordego\u00ebl iets wyser geword. Al is een minus een gelyk aan nul. En daarom sal jy die pers, so heilig in sy onskuld, bly ondersteun, al sou jy oor drie maande van nou af die storie vergeet. Waarom dit in die eerste plek dan lees? Skattebol, waar het jy die pad byster geraak? Huh?<\/p>\n<h3>Maar anderkant die ewenaar\u2026<\/h3>\n<p>\u2026is daar wel klassieke boeke en tekste waarvan die inhoud egter so goed verouder het, dat hulle deur geesdriftiges in die onsterflike taal verewig word. Dink maar aan die Nederlandse\u00a0<em>Jip en Janneke\u00a0<\/em>(<em>Jippus et Jannica<\/em>)<em>,\u00a0<\/em>dis nou hul weergawe van\u00a0<em>Boet en Saartjie<\/em>\u00a0of\u00a0<em>Sus en Daan<\/em>; dink aan Antoine de Saint-Exup\u00e9ry se\u00a0<em>Die Klein Prinsie<\/em>\u00a0(twee vertalings:\u00a0<em>Regulus<\/em>\u00a0en\u00a0<em>Principulus<\/em>), aan\u00a0<em>Dracula\u2019s Guest<\/em>\u00a0deur Bram Stoker (\u2018n kortverhaal wat oorspronklik uit\u00a0<em>Dracula<\/em>\u00a0weggelaat is:\u00a0<em>Hospes Dracul<\/em><em>\u00e6<\/em>), aan\u00a0<em>Die Hobbit<\/em>\u00a0(naamlik\u00a0<em>Hobbitus ille<\/em>), aan\u00a0<em>Alice in Wonderland<\/em>\u00a0<em>(Alicia in Terra Mirabili<\/em>) en\u00a0<em>Alice deur die spie\u00ebl\u00a0<\/em>(<em>Aliciae per speculum transitus<\/em>),\u00a0<em>Winnie-die-Poeh<\/em>\u00a0(<em>Winnie ille Pu<\/em>), en die korpus gedeelde werke word net groter:\u00a0<a href=\"https:\/\/la.wikipedia.org\/wiki\/Libri_Latine_redditi\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/la.wikipedia.org\/wiki\/Libri_Latine_redditi&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083103000&amp;usg=AFQjCNGRypM0jtJSKtPK92Ych6s5qvaM3w\">hier<\/a>.<\/p>\n<p>Ons weet van \u2018n handjievol tekste wat\u00a0<a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Lys_van_vertalings_in_Afrikaans#Latyn\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Lys_van_vertalings_in_Afrikaans%23Latyn&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083103000&amp;usg=AFQjCNFVOA1ZRdcIsYcD5H64_ThkBZwyPQ\">uit Latyn in Afrikaans vertaal is<\/a>. Ek vermoed &#8220;<em>Elegans et accurata gentis Africanae circa Promontorium Capitis Bonae Spei vulgo Hottentotten nuncupata Descriptio epistolaris<\/em>&#8221; deur De Grevenbroek (1695) kon onder van die eerstes wees. Dit is deur dr.\u00a0\u00a0J.W.G. van Oordt vertaal en gedruk\u00a0<a href=\"https:\/\/dbnl.org\/tekst\/gode006reiz04_01\/gode006reiz04_01_0010.php\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/dbnl.org\/tekst\/gode006reiz04_01\/gode006reiz04_01_0010.php&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083103000&amp;usg=AFQjCNFr_mL9ZjMIlK89KmiCOOc62QJKKA\">in die\u00a0<em>Z.A. Tijdschrift<\/em>, Januarie\/Februarie 1886<\/a>. Toe joernalistiek in Suid-Afrika nog in sy kinderskoene was! Dit is beslis op \u2018n manier Kaaps-Hollands, want die woord \u201cpadkost\u201d en ander regionalismes kom daarin voor \u2013 dit is glad nie so suiwer Nederlands nie.<\/p>\n<p>Van belang hier is: hoeveel werke in Afrikaans is al in Latyn vertaal? Ek weet werklik nie van een nie, want dan was hy lankal op my boekrak.<\/p>\n<p>As daar nog nooit een was nie, dan hoop ek van harte\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0sal die eerste volledige roman wees wat uit Afrikaans in Latyn vertaal word.<\/p>\n<p>Miskien moet ons slegs by een vraag stilstaan:<\/p>\n<h3>Waarom moet\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0in Latyn vertaal word?<\/h3>\n<ol>\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Prestige<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>Bo en behalwe die simboliese waarde wat hierdie werk bykry as gesogte werkie, geniet dit ook aandag in die hoogste liter\u00eare kringe as w\u00eareldliteratuur. Op sy beurt draai die koppe ook noodwendig na die oorspronklike werk toe: die Afrikaanse werk. Op sy beurt is dit \u2018n pluimpie vir Afrikaans. Diegene wat Latyn magtig is, het gewoonlik \u2018n oop gemoed vir ander lewende tale.\u00a0\u00a0Dit is nie soos \u2018n werk wat in Engels of Duits vertaal word, en waarvan die leser geen behoefte het om die oorspronklike taal te leer nie. Dink maar aan werke vertaal in Engels wat op die winkelrakke verskyn: het jy werklik die behoefte daaraan gehad om die werk in die oorspronklike taal te lees? Soos Jules Verne se boeke in Frans? Nie so gedink nie.<\/p>\n<p>Maar by Latyn is anders, omdat mense die tekortkominge van hierdie byna boerse taal ken. Dus sal hul altyd na die oorspronklike taal gaan en tog probeer kyk of daar nie \u2018n ander manier is om \u2018n komplekse begrip in nog eenvoudiger taal te skryf nie. En juis daarom sal ook die belangstelling in Afrikaans gekweek word. Dis \u2018n wen-wen.<\/p>\n<ol start=\"2\">\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Herwaardering (en veral herontdekking) van die eiegoed<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>Ook seker maar goed so, want ongelukkig is die Afrikaner besonder laks om sy eie werke te waardeer.<\/p>\n<p>Maar hier is \u2018n praktiese voorbeeld: die prinses agter die preekstoel sal eerder \u2018n paar mooi woordjies van uitlanders soos Anne Frank (\u2018n Hollandse kinderdagboek, verwerk tot\u00a0<em>Het Achterhuis<\/em>, hoewel slegs die Engelse vertaling altyd gebruik word\u2026) steel vir haar preek oor lyding, as uit\u00a0<em>Tant Miem Fischer se Kampdagboek (Mei 1901-1902)<\/em>. Of wat van uit die Russiese Suster Sofia Wladimirowna Izendowa se boek waar die krygers brul van ontsteekte wonde tydens die Tweede Vryheidsoorlog?\u00a0\u00a0Trouens, enige woordjie sou deug uit al die ander kampdagboeke in Afrikaans wat op Bidorbuy tog net stof vergader!<\/p>\n<p>Lyding bestaan seker nie in Suid-Afrika nie. Dis nou die Suid-Afrika waarteen Amerikaners gewaarsku word om\u00a0<a href=\"https:\/\/travel.state.gov\/content\/travel\/en\/traveladvisories\/traveladvisories\/south-africa-travel-advisory.html\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/travel.state.gov\/content\/travel\/en\/traveladvisories\/traveladvisories\/south-africa-travel-advisory.html&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083104000&amp;usg=AFQjCNGSiB5TBudlP747yEOB18KW3z_CHg\">tog nie hierheen te kom nie<\/a>:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Violent crime, such as armed robbery, rape, carjacking, mugging, and &#8220;smash-and-grab&#8221; attacks on vehicles, is common. There is a higher risk of violent crime in the central business districts of major cities after dark.<\/p>\n<p>Demonstrations, protests, and strikes occur frequently. These can develop quickly without prior notification, often interrupting traffic, transportation, and other services; such events have the potential to turn violent.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Kom ons maak die prentjie volledig: die plaasmoorde, die geweld, die vigs, die beurtkrag, die kabeldiefstal, die dronkgat wat haar yskas op Nuwejaar van die agtste verdieping afdonder, die spykers op die pad, broodlorries wat geplunder word, die treine wat nie loop nie, die kapings, die ekshibisionistiese hartstog op straat, die le\u00eb toegeslikte damme, die verkragtings, die roof, die bobbejaan in die kombuis by Kommetjie,\u00a0\u00a0die brandstigting (bos- en veldbrande), miljarde wat spoorloos verdwyn, die anargie, die halsnoermoorde, die lang tou by Binnelandse Sake, die gewelddadige betogings, die bloedvergieting op straat, die plunder, die rondloper-beeste op die hoofpad, die donderende doemela-doemela minibustaxi\u2019s wat deur heinings ploeg, die diefstal, die dwelmmisbruik, die muti-moorde, die varkslagting en leegbloei op die straathoek dat die derms en brommers saam met die pap koolblare so hang. O, en die seemeeue wat stuiptrek met plastiek deur hul maagwand, die warrelwind vullis in die middestad, die kotsmislike walm van riool waardeur kindertjies waad wat voorheen \u2018n Olimpiese swembad was, dogters wat vir kamele verkoop word (gee kans, dit kom nog).<\/p>\n<p>Heimlik droom almal maar om tot op die boonste puntjie van die stronthoop soos \u2018n bolwurm deur te druk en uit te beur. Vir \u2018n bietjie skoon, vars, lug en sonskyn\u2026<\/p>\n<p>Maar nee, hier is nie lyding nie. Nie in Johannesburg, of op die Kaapse Vlakte nie. Nie eens Tant Stienie weet meer hoe om behoorlik te\u00a0<em>suffer<\/em>\u00a0nie. Ons het in die Re\u00ebnboogland mos niks om oor te kommer of kla nie \u2013 maar die Tweede W\u00eareldoorlog, haai foeitog! Daar was nie seep nie. Verskriklik.<\/p>\n<p>Ironies, want die ekoloog en paleontoloog prof. Fran\u00e7ois du Randt, verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, voer aan Afrika se diere is besonder aggressief en van nature wantrouig teenoor die mens, juis weens die geweld van duisende jare gelede (tot op hede!) wat \u2018n blywende indruk op die diere-psige gelaat het. [Waarom jagluiperds egter so bedees, skugter en grootoog saam met 16-jarige bakvissies vir \u2018n selfie knipoog, weet nugter; maar dis seker wat genetiese inteling aan die diereryk doen.]<\/p>\n<p>En, voeg die professor by, dit is ni\u00e9 die Europe\u00ebrs wat Afrika kom koloniseer het, en die geweld en lyding losgelaat het op die kontinent nie; dis Afrika wat die w\u00eareld in die oertyd gaan gekoloniseer het! En nog nooit om verskoning daarvoor gevra het nie.<\/p>\n<p>Hoe dieper mens in die geskiedenis van Afrika ingrawe, hoe skokkender die werklikheid.<\/p>\n<p>Maar wag, hier is die transkripsie, uit die\u00a0<em>Radio Sonder Grense<\/em>-potgooi \u201cWolf, wolf hoe laat is dit?\u201d gedateer 29 Junie 2021 (luister vanaf\u00a0\u00a07 minute en 29 sekondes). Ek sou verkies dat jy die potgooi self luister om die stemintonasies en emosie aan te hoor.<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><strong>Mej. Amore Bekker<\/strong>\u00a0(omroepster vir RSG): Fran\u00e7ois, ek wil ook by jou weet: as alle mense uit Afrika kom, hoekom is die vasteland Afrika dan nou juis nog so onderontwikkeld?<\/p>\n<p><strong>Prof. dr. Fran\u00e7ois du Randt<\/strong>\u00a0(paleontoloog):\u00a0\u00a0Man, weet jy, dis maar hierdie oerwoude. Jy weet, as jy in \u2018n oerwoud leef en alles groei daar in die boom, hoef jou nou nie r\u00earig \u2018n ploeg te ontdek om \u2018n vrug te maak nie [jy weet, wat jy aan die boom hang nie].<\/p>\n<p><strong>A.B.<\/strong>: Hmm-hmm.<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0So, die mens se tegnologie \u2013 as jy kyk na die grootste tegnologiese innovasies wat plaasvind, vind dit tydens oorlo\u00eb plaas. Jy weet, die Tweede W\u00eareldoorlog begin die ouens met hierdie klein, dubbelvlerkvliegtuigies, en hulle eindig in die oorlog met die eerste spuitstraalmotorvliegtuie, n\u00e8? En dis \u2018n kwessie van 10 jaar wat dit van die een na die ander hoek, en ons eindig met atoombomme, binne in \u2018n kwessie van eintlik minder as 10 jaar. So, nee, dit is negatiwiteit en oorlo\u00eb en<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0Hmmm. Goed.<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0\u00a0kompetisie dryf tegnologiese innovasie. Dit wys net Afrika was eintlik \u2018n baie vreedsame plek gewees en die mense was nie so bedreig gewees nie. Maar onthou net, onthou net, Egipte is deel van Afrika, hoor. Laat ons nie dit vergeet nie.<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0Ja.<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0Jy weet, en daar was \u2018n klomp goed wat in Egipte gebeur het, jy weet, soos piramides en goed en skrif en allerhande dinge en dis net langs, natuurlik, die Midde-Ooste, wat jy nou kan argumenteer miskien \u2018n deel van Asi\u00eb is, maar eintlik het dit meer te doen met Noord-Afrika, jy weet, en die kultuurinvloed tussen die twee as wat dit met Eurasi\u00eb te doen het. So, in elk geval, die groot morele punt wat ek hier gaan maak vandag is dat die mens, eerstens uit Afrika uit kom, die res van die w\u00eareld inval, spesifiek Eurasi\u00eb eerste, en dan die Amerikas en Australi\u00eb en so versprei ons dan oor die aarde. Maar in die proses maak ons al die ander mens-agtiges dood. Dit sluit Neanderthal in, dit sluit in uiteindelik die laaste groepie van\u00a0<em>Homo erectus<\/em>\u00a0daar in Suidoos-Asi\u00eb in, en ons neem die w\u00eareld oor.<strong>\u00a0<\/strong>Maar nie net dit nie. Ons maak\u2026 geweldig baie spesies wis ons uit. Nou, okei, dit het al begin hierso met\u00a0<em>Homo erectus<\/em>.\u00a0<em>Homo erectus<\/em>\u00a0het al klaar \u2018n impak gehad op grotbere en op mammoete en so aan. Maar ons het hierdie hele uitwissingsproses vervolmaak, kan \u2018n mens dit stel. Want, en dit is iets wat mense nie dikwels aan dink nie, die mens is \u2018n indringerspesie in alle kontinente buiten Afrika.\u00a0\u00a0Die mens is veronderstel net om in Afrika te leef.<\/p>\n<p><strong>A.B.<\/strong>\u00a0(byna onhoorbaar): Wow.<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0\u00a0Ons het hier ge\u00ebvolueer. En die organismes het saam met ons ge\u00ebvolueer. Dit is hoekom, as jy dink jy gaan \u2018n olifant steek met \u2018n spies,<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0Hm.<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0\u00a0gaan jy sleg tweede kom. Maar as jy nou in Eurasi\u00eb ingaan, het daai arme mammoet nog nooit \u2018n mens gesien nie en dis baie maklik om tot naby hom, by hom te kom en hom te steek met \u2018n spies en hom dan dus uit te wis. Dit is hoekom ons so baie suksesvol al daai spesies in die oertyd uitgewis het in alle lande, al die ander kontinente, maar nie in Afrika nie. In Afrika het ons net sterker en kwaaier goeters geteel deurdat hulle saam met ons ge\u00ebvolueer het. En ons het al die na\u00efewes gou-gou doodgemaak en die ouens wat r\u00earig moerig was het agtergebly. Jy weet, kyk maar na renosters en goed. As jy \u2013 jy gaan mos nie \u2018n ding steek met \u2018n spies \u2013 \u2018n renoster steek met \u2018n spies nie? Maar dit is wat die ouens gedoen het in Eurasi\u00eb; daar het hulle die wollerige renosters almal uitgewis. So, dit is vir my altyd \u2018n ding, wat, jy weet, as ons kyk na mense se arrogansie en hulle houdinkie oor die lewe en veral rassisme en alles \u2013 min mense, of daar\u2019s baie mense wat nie wil hoor \u2013 dat ons uit Afrika gekom het nie. Want, die eerste ding wat hulle vir jou vra:\u00a0\u00a0\u201cAs ons uit Suid-Afrika gekom het, was ons dan swart?\u201d Natuurlik was ons swart gewees! Wit is \u2018n aanpassing spesiaal vir die Ystydperk in die Noordelike Halfrond, sodat ons Vitamine D in ons velle kan vorm. Wat is die groot\u00a0<em>issue<\/em>\u00a0met of jy nou swart of wit is? Dit het niks te doen met niks nie. En onthou net, nog \u2018n ding is as ons skelette opgrawe kan jy nie die velkleur sien van daai skelet nie. So, as jy byvoorbeeld \u2018n Indi\u00ebr op \u2018n disseksietafel sit, en langs \u2018n Wikingskelet op die ander disseksietafel, kan jy nie die verskil in die skelette sien nie. Terwyl die een wit is en die ander swart is. Dit het niks te doen met niks nie. Die rede hoekom mense verskillende velkleure het is natuurlik omdat hulle op \u2018n sekere breedtegraad leef, en dus weerstand teen die son moet h\u00ea. So as jy \u2018n ligte vel het en op die ekwator leef, gaan jy velkanker kry. Dis so eenvoudig soos dit. Maar as jy \u2018n swart vel het en in Eurasi\u00eb moet bly, gaan jy doodgaan van ragitis, of ten minste, jy gaan probleme optel met beengroei. En die Sabeltandtier gaan jou opvreet.<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0Sjoe! Fran\u00e7ois, so die mense [ekskuus gou], ons was swart, en toe gaan ons na Europa toe, hoe lank dink jy het dit geneem vir die vel om aan te pas?<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0\u00a0Generasies. Onthou, onthou \u2013 die mense vlieg nie soontoe nie, n\u00e8, hulle loop soontoe.<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0(met humor) Ja, ek weet!<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0En so oor generasies heen, so, en natuurlike seleksie [sou] die ouens met die ligte velle geselekteer het. Maar onthou, jy kry ragitis, beengroeideformasie en jy sien dit eintlik selfs in die Neanderthal, n\u00e8.\u00a0\u00a0Daar [was] van hierdie individue wat ragitis gehad het, want hulle velle was te donker in sekere gebiede vir daardie klimaattoestande. Onthou, in \u2018n ystydperk is dit bewolk, n\u00e8. Die son skyn nie, en as jy uitgaan in daai ys dan trek jy nou maar \u2018n lekker paar beervelle aan, en net jou neus steek uit. So, hoeveel Vitamine D dink jy gaan jy vorm? Nie baie nie. So natuurlike seleksie het vir ligter en ligter velle geselekteer. Dis hoekom beide die Europe\u00ebrs en die Asiate ligvellig is, sodat hulle maksimum hoeveelheid Vitamine D kan vorm. Onder lae ligomstandighede. En dis hoe ons lig\u2026 wit velle geword het. Nie deur een of ander vreemde ingryping of \u2018n wonderwerk of \u2018n ding nie. So, uhm\u2026 Maar nou wil ek graag h\u00ea mense moet \u2018n bietjie dink aan hierdie hele kwessie van kolonialisme wat so groot is vandag. Europe\u00ebrs moet nou vir almal jammer s\u00ea dat hulle nou in hulle lande leef en allerhande goed soos dit. \u201cOns moet dekoloniseer\u201d en di\u00e9 dinge\u2026 Maar weet jy wat? Dis eintlik Afrika wat die res van die w\u00eareld ingeval het. En ek hoor nie Afrika verskoning maak daarvoor nie, n\u00e8?<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0Hm.<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:\u00a0<\/strong>En al hulle diertjies doodgemaak ook. En niemand s\u00ea jammer uit Afrika daaroor nie.<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0Jislaaik, maar jy praat nou van miljoene jare gelede,<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:<\/strong>\u00a0[\u2026]<\/p>\n<p><strong>A.B.:<\/strong>\u00a0duisende jare?<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:\u00a0<\/strong>Nee-nee, duisende jare terug. So, is daar tydperke op hierdie verskoningvraery nou?<\/p>\n<p><strong>A.B.:\u00a0<\/strong>(lag)<\/p>\n<p><strong>F.d.R.:\u00a0<\/strong>Ek weet nie, nou maar jy weet, as hulle wil dekoloniseer \u2013 onthou net, dit is\u2026 as jy kyk net na mielies, n\u00e8. Onthou, mielies kom van Meso-Amerika. En dit was gevat van Middel-Amerika na\u00a0\u00a0Europa toe deur die Spaanse kolonialiste. En dit was daar gekweek en toe van daar af is dit toe versprei na die res van die w\u00eareld.\u00a0\u00a0Ons mielies in Suid-Afrika kom van die Britse setlaars wat hier gebly het. Weet jy, dit is een van die goed wat mens nie weet nie. As jy kyk na die Groot Trek: daardie ouens het by Winburg en plekke gekamp vir lang tye om\u00a0<em>koring<\/em>\u00a0te plant. En te wag dat die oes\u2026 dat die koring moet opkom, sodat hulle kan oes sodat hulle kan verder trek \u2013 hulle het nie mielies geplant nie! Jy weet, as jy dink nou aan Sarie Marais en die ou, aan die Groen Koringlande, n\u00e8, dit was daarn\u00e1\u00a0wat die mielies ingekom het. Maar vir eerste was dit koring gewees wat die Hollanders ingebring het. Dit was die Britse setlaars wat mielies ingebring het. En dis nou deel van Afrika se\u2026 ek meen dis seker die hoofkostipe in Afrika. So laat ons nou nie r\u00earig altyd net s\u00ea, jy weet, \u201cjulle vieslike koloniste!\u201d nie, want, netnou vat hulle hul kos saam.<\/p>\n<p><strong>A.B.:\u00a0<\/strong>(lag)<\/p>\n<p>[Afsluiting begin]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Op een puntjie wil ek kritiek lewer, dit is op \u201cSo, nee, dit is negatiwiteit en oorlo\u00eb en kompetisie dryf tegnologiese innovasie. Dit wys net Afrika was eintlik \u2018n baie vreedsame plek gewees en die mense was nie so bedreig gewees nie.\u201d<\/p>\n<p>My antwoord: Nee. Nie altyd nie. Gedenk maar al die kultuurskatte wat in Dresden, Duitsland, in Maart 1945 vernietig is. Deur ons liewe Geallieerdes wat te veel op \u2018n voetstuk geplaas is. Dit is 1500 jaar se kuns en vernuf wat binne \u2018n ommesientjie in sy kanon is. Daar is trouens \u2018n hele boek geskryf getiteld\u00a0<em>Charakterw\u00e4sche: Die Re-education der Deutschen und ihre bleibenden Auswirkungen<\/em>\u00a0\u00a0deur Caspar von Schrenck-Notzing, wat verduidelik hoe die Duitsers direk daarna op skool \u201cgerehabiliteer\u201d en \u201cveramerikaniseer\u201d is (Goddank is die Oostenrykers dit gespaar!), maar dit laat ek vir eendag.<\/p>\n<p>Nou terug na Afrika: As jy heeltyd op die vlug moet slaan vir stamgevegte, jou hut wat m\u00f4re afgebrand kan word, jou vee wat gesteel word, jou kinders wat voor die voet afgemaai word, hoe kan jy museums en katedrale, of trouens, enige kulturele werk van blywende waarde lewer? Watwou nog landbou, fabriekswese en \u2018n gesofistikeerde bankwese opbou as jy voortdurend moet vlug? Wie en wat waarborg jou vryheid en veiligheid? Alles wat nodig is om \u2018n supertegnologiese bedryf aan die brand te skop? Dit gaan nie oor die mango wat sommer uit die lug in jou skoot val nie, maar die machette wat deur jou hart steek.\u00a0\u00a0Jy moet hol dat jy klein word. Anders sal jy soos Nehemia-hulle konstant met \u2018n swaard en \u2018n troffel in albei hande moet bou. Selfs dan is sukses nog nie gewaarborg nie.<\/p>\n<p>Oor een punt kan ons wel saamstem: Geweld en lyding het in Afrika begin.<\/p>\n<p>Dit het trouens Afrika se vernaamste uitvoerproduk geword. Maar toe dr. Dan Roodt iets soortgelyks desjare in sy\u00a0<em>Rapport<\/em>-rubriek geskryf het, is hy sonder meer soos \u2018n sleg hond daar weggejaag. Omdat hy teen die tydsgees, soos geskep teen die koerante, gesondig het. Dit was immers die sorgelose, \u201cag-moenie-worry\u201d 2000\u2019s, die grootbekke het nog nie ge\u00ebmigreer nie, die distopiese fiksie is vir doemprofesie\u00eb afgemaak, die internet was nog nie so \u2018n bedreiging vir koerante nie, Netflix en Google Play en Amazon Prime en YouTube was nog onbekend (<em>Big Brother<\/em>\u00a0het buitendien nog genoeg siele vir DStv ingepalm), en mense het nie veel keuse of ander inligtingsbronne gehad om te raadpleeg nie. O ja, niemand het nog slimfone gehad wat foto\u2019s en video\u2019s vinniger kon lewer as \u2018n kameraman nie.\u00a0\u00a0Elke individu op sosiale media het nou \u2018n joernalis in eie reg geword. En mense het hul s\u00ea begin s\u00ea \u2013 geen redakteur kon jou brief uit \u2018n koerant nou meer hou of woorde sensor nie. Dit sal in elk geval op die internet iewers opgelaai word. Daar was geen beperkte woordaantal meer nie.<\/p>\n<p>En dit het mense nou anders na die werklikheid laat kyk, en laat s\u00ea hoe hulle werklik voel. Soos hierbo.<\/p>\n<p>Langenhoven se werk handel juis oor hierdie geweld en lyding as tydlose onderwerp, maar daaroor praat ek later in hierdie artikel.<\/p>\n<p>So, wie kan \u2018n beter opinie van lyding h\u00ea as Suid-Afrikaners, Dominee?<\/p>\n<p>As die w\u00eareld daarbuite, eendag, in vervoering raak oor \u2018n Suid-Afrikaanse werk \u2013 kyk, dan \u00e9\u00e9rs geniet dit mos aandag hier op eie bodem! Dan is dit vir Dominee mos iets gesog! Vir \u2018n maand of wat. Miskien beleef die Afrikaanse weergawe selfs \u2018n herdruk of twee, n\u00e8, Dominee, n\u00e8?<\/p>\n<p>Sal meer mense dus\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0begin lees as dit eers internasionale prestige geniet?<\/p>\n<ol start=\"3\">\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Latyn is bo tyd verhewe<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>Vir my is Latyn dus die goudstandaard, selfs meer gesog as \u2018n kanoniserende Hertzogprys, juis omdat jy nie geldelike wins daaraan kan koppel [meer voorraad op die winkelrakke] of vuil politiek wat aan tyd gebonde is nie. My karveel pas buitendien nie in \u2018n plaspoeletjie nie, dit vaar saam met die k\u00eakkerende dolfyne die diepsee in.<\/p>\n<p>Latyn is verhewe bo die geskiedenis. Dit staan trouens enigiemand vry om die werk in Latyn te vertaal, as hy maar net kan. Die werk hoef nie eers w\u00eareldwyd bekend te wees nie \u2013 daar is hoeveel Finse werke waarvan ek nog nooit in my lewe gehoor het nie.<\/p>\n<p>Dit gaan ook liewer oor die blywende, tydlose boodskap wat dwarsdeur die eeue sal weerklink, wat by die tydloosheid van die Klassieke aansluit; dit filter die onnodige fleurigheid van woorde en ander blitsverkopers uit wat mense probeer skok vir \u2018n maklike geldjie &#8211; \u201ctoe myk \u2018n stytmint\u201d.<\/p>\n<p>Dit gaan juis nie oor die toeganklikheid nie. Want \u2018n lewende taal sal verouder, die bladsye vergeel, die uitspraak (en dus ook die rym) verander, die betekenisse onder sy mense verander, die woorde word oud, houterig en styf, verloor sy elegansie en begin moeilik verstaanbaar en dubbelsinnig vir die leek lyk. Probeer maar enige skeepsjoernaal uit die 1700\u2019s lees en jou o\u00eb rol soos albasters op die tafel rond. Latyn bly egter immerjonk.<\/p>\n<p>Om sommer dadelik uit\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0\u2018n maklike voorbeeld te haal:<\/p>\n<p>\u201cVrykamer\u201d word drie maal aangetref in die roman. Die meeste Afrikaanssprekendes ken egter die ingeburgerde anglisisme, \u201cspaarkamer\u201d. In Latyn kry jy geen sulke letterlike vertaalekwivalente nie: jy sal \u201cgastekamer\u201d moet gebruik, oftewel\u00a0<em>cubiculum hospitale<\/em>, wat eintlik baie duideliker is. Ander vertalings sal moontlik minder geslaagd wees, soos\u00a0<em>viaticum<\/em>\u00a0vir \u201cpadkos\u201d en \u201ctog-kos\u201d; of\u00a0<em>rustici<\/em>\u00a0vir \u201cBekvelders\u201d.<\/p>\n<p>Bowenal soek die moedertaalsprekers wat Latyn leer altyd \u2018n nuttige werkie waarmee hulle \u201clewende Latyn\u201d kan baasraak. Op hulle vlak. Afrikaans het nog altyd in hierdie opsig aan die agterspeen gesuig: eers teen die 1940\u2019s het prof. H.L. Gonin byvoorbeeld handboeke gereed gekry vir die skoolbank. Voorheen moes die kinders hierdie taal deur Engels leer. Later is hierdie Afrikaanse handboeke vereenvoudig, terwyl prof. W.J.G. Lubbe Regslatynboeke vir UNISA geskryf het, met \u2018n antwoordeblad by, teen die laat-1970\u2019s en vroe\u00eb-1980\u2019s. Daar is ook hoeveel ander kernkursusse vir Latyn in Afrikaans wat ek nie nou hier almal gaan vermeld nie, maar wat ongelukkig sonder die antwoordblad is.<\/p>\n<p>Maar wat maak taalaanleer lekker? Gaan jy \u2018n 8\/9-jarige wat Engels leer oordonder met Shakespeare, of met\u00a0<em>Spot goes to school<\/em>\u00a0(<em>Otto gaan skool toe<\/em>,\u00a0deur Eric Hill, vertaal in Afrikaans)? En waarmee boei jy \u2018n tiener?\u00a0\u00a0\u2018n Duitse, Poolse, Franse, Nederlandse, Engelse, Russiese puber hoef maar net hul eie gunstelingstorieboeke uit die kop te leer om dan ewe gemaklik die Latynse woorde raak te lees. Niks hoogdrawend nie.<\/p>\n<p>Ek gaan reguit wees dat dit juis\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0in my tweedejaar was wat my teruggelok het na die Afrikaanse wetenskapsfiksie toe. Trouens, terug na die Afrikaanse letterkunde toe. Ek was in 2010 hoegenaamd nie bekend met die volwasse Afrikaanse wetenskapsfiksie nie, want lyste was daardie tyd nog nie so bekend nie. Ek het aangeneem dit stop by tienerboeke.<\/p>\n<ol start=\"4\">\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Goeie veroudering<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p><em>Loeloeraai<\/em>\u00a0se eerste hardebanduitgawe en eerste druk was in 1923 (Nasionale Pers). Hy beleef teen 1941 sy tiende druk (Nasionale Pers), teen 1956 sy twaalfde druk (Nasionale Pers), en teen 1972 sy\u00a0<strong>negentiende druk<\/strong>\u00a0(by Tafelberg-Uitgewers). In 1992 word die eerste slapbanduitgawe uitgegee (Tafelberg-Uitgewers) en teen 2007 sy tweede sagtebanduitgawe (Protea Boekhuis).<\/p>\n<ol start=\"5\">\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Geskik vir die akademie, maar ook toeganklik vir Jan Alleman<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>Ons moet onthou die boek is voorgeskryf vir die Senior Sertifikaateksamen in 1925 tot 1926. So dit moes liter\u00eare waarde daardie tyd gehad het. Reken nou net, hierdie werkie sou jou toelating tot universiteit gee. Ook dr. Catharina Elizabeth Ungerer het in 1983 \u2018n uitvoerige analise oor hierdie boekie gelewer in haar proefskrif \u201cSciencefiction: Problematiek en Perspektief\u201d by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.\u00a0\u00a0Die roman was ook deel van die voorgeskrewe letterkunde vir tweedejaarstudente van die Universiteit van Suid-Afrika in die 2000\u2019s tot middel-2010\u2019s.<\/p>\n<p>Onder van die resensies staan dr. J. Haantjies s\u2019n uit, wat\u00a0\u00a0in 1930 voel die boek is bedoel vir sowel diegene wat in die \u201cveewagterskraal\u201d is\u00a0\u00a0as die &#8220;hoogsgeleerde universiteitsprofessor&#8221; (Ungerer, 1983:233).<\/p>\n<p>En hier kom boul Andr\u00e9 P. Brink ons uit (Die prosa n\u00e1\u00a01900, in:\u00a0<em>Inleiding tot die Letterkunde<\/em>, Lindenbergh as redakteur), wat eweneens mal oor die werk is. Ungerer skryf (1983:234-235):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">1980: Dit is betekenisvol dat die gunstigste kommentaar oor\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0tot dusver kom van die moderne skrywer en kritikus Andr\u00e9 P. Brink in 1980. Hy verwys na die bonatuurlike wat in fokus kom in Langenhoven se spookstories maar dat dit opvallend is dat dit \u201chier nie prim\u00ear gaan om bonatuurlikheid nie \u2013 w\u00e9l om die natuurlike, die kenmerkend menslike wat juis deur konfrontasies met die \u2018onverstaanbare\u2019 blootgel\u00ea word. Dit blyk ook uit sy merkwaardige fantasie-roman\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0(1923) oor die besoek van \u2018n astrale wese\u201d [\u2026] Brink noem ook dat\u00a0<em>Loeloeraai\u00a0<\/em>ge\u00efmponeer mag wees deur die wetenskaplike fiksie van Jules Verne en H.G. Wells, maar dat dit \u201c \u2019n eie Suid-Afrikaanse aktualiteit verkry\u201d en \u2018n skerp onthulling van mens en samelewing word: \u201chumor en satire is volop, maar daaragter skuil \u2018n verhelderende kommentaar op \u2018n w\u00eareld wat leef van eie waan.\u201d<\/p>\n<p>As Brink s\u00ea dat die Tweede Taalbeweging ontstaan met die duidelike en openlike doel om die mense te leer lees \u2013 dit is die \u201converhole motief agter haas al Langenhoven se werk\u201d, geld dit ook ten opsigte van\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>. Oor Langenhoven se oeuvre beweer Brink dat die skrywer die volk tot lees wil bekeer \u201cmaar dan nie net deur gemoedelikheid en vlak intrige nie: want in sy beste werk maak hy inderdaad kuns uit didaktiek en satire, en verryk hy Afrikaans met sy werk wat op verrassende wyse aansluit by vroe\u00eb Franse werk \u2013 dit skerpte van\u00a0<em>La Rochefoucauld<\/em>, die humor van Moli\u00e8re, die intelligente sentimentaliteit van Madame de la Fayette\u201d.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Wil jy nou meer? Wie bly nog oor om te oortuig? Ek dink die saak is afgehandel.<\/p>\n<ol start=\"6\">\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Is Langenhoven se Afrikaans vertaalde Latyn?<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>Dit is geen geheim dat Langenhoven versot was op Latyn nie (hierdie is \u2018n voetnota wat ek destyds uit sy outobiografie by die Afrikaanse Wikipedia ingevoeg het):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">En daarby had ek die voordeel dat ek my na hartelus kon verdiep in my lieflingsmedium, die Latynse prosa. Nie alleen het die ou Romeinse juriste &#8216;n logiese regstelsel opgebou waarvan die politieke staatsinstellings en regsbegrippe en regspleging van die hele Westerse Europese beskawing die erfgenaam is nie. Met hulle rangskikking en terminologie het hulle &#8216;n doeltreffende taalmasjinerie en gedagtemasjinerie vervaardig waarsonder dit moeilik is om te sien hoe selfs sulke skynbaar opsygaande geestesbedrywighede soos die verskillende natuurkundige vakke &#8216;n medium van uitdrukking kon gevind het. Al het daardie medium nie Latyns gebly nie dan is hy die toepassing van die Latynse tradisie. V\u00e9r afwykendes, soos die Duitser en die Hollander en die Skandinawi\u00ebr, het van Latyn geleer hoe om hulle eie taal vir intellektuele en wetenskaplike doeleindes bruikbaar te maak. En so, om tot die persoonlike doel terug te kom, het my Latyn my geleer om by die gebruik van eie Afrikaans die regte lyn te vat wat die kortste afstand tussen twee punte is; om oortolligheid en vertroebeling te vermy; om nie tevrede te wees met gesegdes wat niks s\u00ea nie; om my toe te l\u00ea op noukeurigheid van uitdrukking; om eenvoud en helderheid hartstogtelik n\u00e1 te streef. In hierdie opsig loop die gees van die Latynse taal met die gees van Afrikaans saam, soos hy saamloop met die gees van die regswetenskap en die natuurwetenskap.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u2018n Mens vra jou dan tereg af, waarom het Langenhoven nooit sy werke in Latyn vertaal nie? Iemand wat \u2018n brief in Latyn aan sy dogter Engela geskryf het (met \u2018n Afrikaanse vertaling byderhand), iemand wat hierdie dik Latynse boekdele (net soos Generaal J.B.M. Hertzog) vir plesier verslind het\u2026 Dis \u2018n verspeelde geleentheid waarmee hy veral vir die Afrikaanse studente of matrikulante \u2018n diens van onskatbare waarde kon nagelaat het. Veral dekades later toe Latyn vir voornemende prokureurs sedert 1965 tot 1994 \u2018n pligvak sou word, wetlik veranker.<\/p>\n<p>Of miskien moet ons kyk na hierdie merkwaardige paragraaf wat die karakters op die maan agterlaat het vir toekomstige ruimtevaarders om te ontdek:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">,,En nou vir die opskrif,\u201d s\u00ea ek. ,,Die goud sal hou en die letters sal bly, maar daar is vandag opskrifte van die Kretense wat niemand kan ontsyfer nie. Watter taal sal ek gebruik wat oor honderdduisend jaar nog verstaan en gelees sal kan word?\u201d<\/p>\n<p>,,Ons s\u2019n is die jongste, Pappa. Hy sal die langste leef.\u201d<\/p>\n<p>En toe het ek met my sakmes op die goud uitgesny:<\/p>\n<p>HIERDIE GEDENKTEKEN<\/p>\n<p>is hier gelaat deur<\/p>\n<p>LOELOERAAI van VENUS<\/p>\n<p>en deur<\/p>\n<p>STOFFEL en KERNEELS en LENIE<\/p>\n<p>en ENGELA van die AARDE<\/p>\n<p>in die 23ste jaar van die 20ste eeu<\/p>\n<p>van die Christelike Jaartelling<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Gewoonlik is gedenktekens altyd in Latyn geskryf vir toekomstige geslagte, omdat die taal nie sou verouder nie. Wat ons hier sien is Afrikaans wat die rol van Latyn doelbewus oorneem; \u2018n taal wat die millennia sal deurstaan. \u2018n Mens moet hier onthou dat Afrikaans in 1923 nog nie op die wetboeke was nie; terwyl Latyn in heelwat sektore nog \u2018n voorvereiste was, nog heelwat voorregte en nog \u2018n ho\u00eb aansien in die Britse Ryk (en dwarsoor Europa) geniet het. Ek vermoed dus Langenhoven het bloot sy twee gunstelingtale gelykgestel. Of, dieselfde ewige waarde gegee.<\/p>\n<p>In\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0sal jy ten minste twee keer op Latyn afkom, die opvallendste is\u00a0<em>et praeterea nihil<\/em>\u00a0(en niks verder\/meer nie) en\u00a0<em>Cujus est solum, ejus est ad coelumm<\/em>, \u2018n regsterm wat hy self later verduidelik.<\/p>\n<p>Maar sekere uitdrukkings is duidelik verbloemde Latynse gesegdes, en dit boonop geuiter deur Loeloeraai \u201cuit \u2018n ander w\u00eareld\u201d!<\/p>\n<p>\u201cDeur die harde kastyding na die sterre\u201d (bl. 84) is \u2018n byna verbatim-vertaling van \u201cper aspera ad astra\u201d of \u201cper ardua ad astra\u201d. Dieselfde geld vir \u201cdeur modder na die berge toe\u201d (bl. 84), wat \u2018n soortgelyke vrye vertaling is vir \u201cper aspera ad montem\u201d of selfs <em>\u201cper\u00a0ardua\u00a0ad montem\u201d<\/em> (<em>deur die moeilikheid\/steiltes na die berge<\/em>).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">En \u2018n rukkie later herhaal Loeloeraai dieselfde metafoor: \u201cOns [Venusiane] het \u2019n steiler opdraande pad gehad om te klim as julle, Kerneels.\u201d (89)<\/p>\n<p>Maar selfs by die redaksie van\u00a0<em>Die Burger<\/em>\u00a0tref ons dieselfde beeld aan:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cOns dink aan die sport van wilde barbarisme vanwaar ons gestyg het . . . aan die sporte van die verre toekoms waar ons onbekende bestemming wie weet ons nageslag tot \u2019n bowemenslike hoogte sal voer waarteen vergelyk ons vandag min meer is as redelose diere. En al die hemelliggame is nie ewe oud nie; hoeveel verskil tussen skepsel en skepsel is daar nie reeds hier op ons aarde nie . . . daar sal minderes wees, gelykes, meerderes . . . ja, ons hoef nie daaroor te raai nie. Die een wat gekom het om met ons kennis te maak . . . waar staan ons teenoor Loeloeraai.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>As Loeloeraai die verteenwoordiger van Venus is, dis nou ons Aand- en M\u00f4rester, en mens na die sterre reik, reik mens dus daarna om soos hierdie Venusiane te word? Van Venus, die hemelliggaam vernoem na die godin van die liefde.<\/p>\n<p>Maar kom ons kyk na sy byna dromerige taalgebruik in die brief van die karakter Loeloeraai:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">En hier op aarde dan? As die erfenis moet wag tot die erfgename mondig is, as die troon moet wag tot die prins bevoeg is om te regeer, as die wetenskaplike oorwinning alleen geluk kan bring wanneer hy voorafgegaan word deur die selfoorwinning \u2013 dan, my vriende, soos\u00a0<strong>die een trapsgewyse vorder so kan die ander alleen trapsgewyse vorder<\/strong>. En ek merk reeds, as ek dit mag s\u00ea, alle tekens van so \u2019n aangevange vooruitgang. Julle staan baie, baie ver bokant die dierlike wreedheid van die wilde barbaar. Soos die ouer sy hongerige kind voed, sy swakke kind beskerm, so getuig julle hospitale en vrye skole en noodlenigingsinrigtings van die\u00a0<strong><u>uitbreiding van kroosliefde en man-en-vrou-liefde tot naasteliefde en menseliefde<\/u><\/strong>. Daar, hand aan hand met die dryfvere van eiebelang en selfsug waarsonder die mensdom van die aarde ten gronde sou gaan soos die roofdiere ten gronde sou gaan sonder hulle wreedheid\u00a0: saam met daardie dierlike aanspoorkragte wat nog hier nodig is, sal daar langsamerhand groei \u2013 groei daar nou langsamerhand \u2013 die ho\u00ebr adel van medelye en milddadigheid en diensvaardigheid. Julle groot weldoeners: julle wetenskaplike navorsers, julle beoefenaars van die ver\u00e9delende kunste, julle hervormers en martelaars \u2013 is dit nie reeds hulle gebruik om sonder loon te werk, ja om rykdom en weelde en eersug te verag nie\u00a0? Om tot \u2019n volksbesitting te word, moet hierdie bowedierlike gees by die enkelinge begin. Elke nederige onerkende offerdiens, elke liefdegawe sonder berekening van terugkeer, is \u2019n bydraag tot die vermensliking van die mensheid.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Wat mens dadelik opval is die die onderskeibare tipes liefde, vertaalde Latyn: kroosliefde (\u201cpietas\u201d), man-en-vrou-liefde (\u201camor\u201d), naasteliefde (\u201ccaritas\u201d) en menseliefde (\u201cphilanthropia\u201d).<\/p>\n<p>Natuurlik sal nie alle Afrikaanse woorde of begrippe perfek in die Latynse vertaling weergegee kan word nie. Hoe vertaal jy \u201cbaasskap\u201d (teenoor \u201cknegskap\u201d), veral as \u201cheerskappy\u201d in dieselfde sin voorkom? Gaan jy twee keer \u201cdominatio\u201d moet gebruik? Jy kan ook nie die spottende toon met die woorde\u00a0miesies <em>Wenderbaail<\/em>\u00a0en\u00a0<em>Makpaatrie<\/em>\u00a0weergee (Afrikaanssprekendes wat hul as vermo\u00ebnde Engelse dames uit die \u201cHigh Society\u201d voordoen) nie.<\/p>\n<p>Maar onthou, selfs Italiaans, Latyn se nouste verwante dogtertaal, kan ook deesdae beswaarlik met presiesheid in Latyn vertaal word. Soos dr. F.P. van der Merwe skryf in sy\u00a0<em>Die vertaling as kuns<\/em>\u00a0(bl. 127):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Nadat ek my nou byna twintig jaar met die vertaling van werke uit Italiaans besig hou en voortdurend met Italianers in aanraking is, is daar gevoelswaardes in verkleiningsuitgange, werkwoordvorme en intonasiepatrone wat moeilik tot my deurdring \u2013 dinge wat \u2018n Italiaanse kind kan aanvoel. Hierdie woorde is die moeilikste juis omdat hulle so gelaai is met gevoelsinhoud en die kind maak veral kennis met die gevoelswaardes van verkleinwoorde terwyl hy nog \u2018n kleuter is.<\/p>\n<p><em>Libro<\/em>\u00a0beteken boek;\u00a0<em>libretto<\/em>\u00a0is \u2018n operateks of \u2018n klein boekie;\u00a0<em>librettino<\/em>\u00a0is \u2018n klein, oulike boekie;\u00a0<em>libriccino<\/em>\u00a0is \u2018n liewe klein boekie;\u00a0<em>libruccio<\/em>\u00a0is \u2018n minderwaardige klein boekie [\u2026]<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Kom ons maak Italiaans nou Latyn:<\/p>\n<p><em>Libro<\/em>\u00a0word \u201cliber\u201d in Latyn;\u00a0<em>libretto<\/em>\u00a0word \u201cfabula\u201d (vir operateks) of \u201clibellus\u201d (klein boekie);\u00a0<em>librettino<\/em>\u00a0word weer \u201clibellus\u201d (klein boekie);\u00a0<em>libriccino<\/em>\u00a0word w\u00e9\u00e9r \u201clibellus\u201d (klein boekie); en <em>libruccio<\/em>\u00a0\u00a0word nie eens in my\u00a0Badellino Dizionario Italiano-Latino\u00a0opgeneem nie. Wel\u00a0<em>libraccio<\/em>: \u201cmalus liber\u201d (slegte boek).<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Tog, met hernieude ywer danksy Hebreeus wat binne \u2018n eeu skaars so vinnig in \u2018n lewende en akademiese taal ontpop het, is\u00a0<a href=\"https:\/\/archive.is\/ZoP6Y\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/archive.is\/ZoP6Y&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083104000&amp;usg=AFQjCNFwbGTICP78BZQebN14benstMEHsA\">Latiniste ewe begeesterd om die taal op soortgelyke wyse te moderniseer<\/a>. Jy hoef net Radio Bremen elke maand te besoek (<em>Nuntii Latini<\/em>) of die Pous se Twitterrekening in Latyn te volg. Selfs vir Apartheid is al \u2018n naam voor bedink:\u00a0<em>segregatio nigritarum<\/em>.<\/p>\n<ol start=\"7\">\n<li>\n<h4>Die boek is enkele jare n\u00e1\u00a0die Spaanse griep (1918-1919) geskryf<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>C.J. Langenhoven en ds. P.J. Viljoen was nie alleen tydgenote nie, maar ook dorpenaars van Oudtshoorn. In ds. P.J. Viljoen se outobiografie\u00a0<em>Ek kyk terug<\/em>\u00a0(1949) word \u2018n hele hoofstuk aan C.J. Langenhoven afgestaan.\u00a0\u00a0Maar een paragraaf staan uit (bl. 201):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">En tog het hy steeds sy volk tot die uiterste gedien. Daarin het sy lewe opgegaan. Hy het sy skrywerstalent gesien as \u2018n gawe van God vir diens van sy volk. Hy het daardie diens ook gesien as uiters dringend en spoedeisend. Die agterstand wat ingehaal moes word was verskriklik groot. Die veld wat verower moes word was onmeetlik wyd. Winsbejag het hy nie geken nie. Vir roem en eer het hy hom nooit ingespan nie. Sy besef van die diens wat hy aan sy volk verskuldig is, het hom met sweepslae voortgedrywe. Die spanning waaronder hy voortdurend gelewe het is grotendeels hieraan toe te skrywe. Hierby het gekom dat hy geweet het dat sy dienstyd kort is. Hy het laat begin, maar toe hy eenmaal begin het, het die diens hom verteer.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>As mens na voor in die boek van Viljoen terugblaai, onder die hoofstuk \u201cDonker dae\u201d (bl. 121 tot 128), dan tref jy \u2018n opsomming van die Spaanse Griep aan wat Oudtshoorn getref het. Dit is byna skokkend hoe die histerie hom in 2020 en 2021 woord vir woord herhaal het. Te midde daarvan dat die Oudtshoorn en omgewing destyds beslis meer verlandelik en yler bevolk was as vandag.<\/p>\n<p>\u2018n Mens kan wel wonder of die negosie wat die huis ingedra is ooit ontsmet was, of mense in die openbaar maskers gedra het, oor die welgesteldes (die rondreisendes) wat eerste die siekte onder lede gekry het, wat die invloed van die gebrek aan telefone sou gehad het, hoe die gerugte versprei het as niemand met mekaar kontak gehad het nie (per brief, of sommer langs die draad af praat?), maar sekerlik die belangwekkendste: die aggressiewe mutasie teen die einde.<\/p>\n<p>Viljoen vat die gebeure so saam:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ook daar tussen die berge van Oudtshoorn het die griep-epidemie van 1918 binnegedring. Eers het die mense nie die siekte baie ernstig opgevat nie, maar toe die berigte begin deurkom het van sy omvang en dodelikheid op ander plekke, het skrik om die harte geslaan, en lank voordat hy &#8216;n slagoffer ge\u00ebis het op Oudtshoorn, het mense hulle begin opsluit in hul huise en afkamp op hul plase. Die een mens was bang vir die ander. Die kerkdienste op Sondae is gestaak, die skole gesluit en alle openbare byeenkomste verbied. Die een het die ander nie besoek en geeneen wou besoek wees nie, want elke besoeker mag &#8216;n draer wees van die dodelike kieme. Niemand het geweet wat in die huis langs syne gebeur nie en hoe stiller dit in die buurman se huis geword het, hoe wilder was die gissinge en hoe groter die vrees. Geen mens is op straat gesien nie en geen rytuig het op die paaie beweeg nie. Die vreeslikste gerugte het die rondte begin doen. Die buitemense het gehoor dat die lyke aanmekaar l\u00ea op die strate van Oudtshoorn en dat daar nie genoeg mense oorgebly het om hulle te begrawe nie. Hulle het die dorp beskou as &#8216;n peshol en niemand het gewaag om daarheen te gaan nie. Op die dorp weer het die mense verneem dat hele huisgesinne op die plase uitgesterf het en onbegrawe agter die geslote deur l\u00ea.<\/p>\n<p>Hierdie skrikbevangenheid het die toestand ondraaglik gemaak voordat dit werklik ondraaglik was en het hulle angste laat verduur wat heeltemal onnodig was. Daarby het hierdie afsondering en opsluiting geen uitwerking gehad op die voortgang van die gevreesde siekte nie.<\/p>\n<p>Hy het deur die geslote deur net so maklik binnegedring as deur die oop deur. Deur die gegrendelde venster het hy net so goed binnegesluip as deur die opgeskuifde raam.<\/p>\n<p>Spoedig was daar byna geen huis waarin daar nie een of meer krankes was nie en het almal verlang na hulp en troos van een of ander kant. Maar die hekke is tevergeefs oopgegooi en die deure ontsluit. Daar was niemand wat kon besoek of help of troos nie. Elkeen het sy hande vol gehad met sy eie siekes. Eers die vrywillige afsondering, die afsondering uit vrees en toe die gedwonge afsondering deur die verwoede aanslae van die pes. Die laaste was verreweg die swaarste en angswekkendste.<\/p>\n<p>Die moeilikheid was om te weet wat &#8216;n mens moes en kon doen. Daar was allereers die vrees dat &#8216;n mens die siekte kon oordra na jou eie huisgenote. Dan was daar ook gevaar dat jy deur besoeke dit kon versprei van huis tot huis. Die raad van die dokters was beslis dat die predikante net by die deure van die huise moes gaan verneem hoe dit gaan, maar nie in die huise moes ingaan of die siekes besoek nie. Maar dit het aan jouself geen bevrediging gegee nie, veel minder aan die gemeentelede.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Voorlopig is die saak wat my betref opgelos deurdat ek self siek geword het. Gelukkig het die ander huisgenote gesond gebly en het die nood by ons nie te hoog geklim nie. In 1919, toe ons daardie ligte herhaling van die\u00a0\u00a0griep gehad het, was ons minder gelukkig. Binne twee dae was die hele huisgesin in die bed. Net &#8216;n vriendin wat daar op kuier was en die jongste babetjie van enige maande het vrygespring. Vriende van buite moes ons in spanne dag en nag kom verpleeg.<\/p>\n<p>Dit l\u00ea nou eenmaal in die aard van die mensdom om met alles te spot. Hy doen dit dikwels enkel uit bravado. Maar hy doen dit ook om weg te kom van sy angs en vrees. As hy nie spot nie sal hy kerm en bewe. Tydens daardie tweede besoeking het die spotters die vermeende ontdekking gedoen dat die griep hierdie keer net die welgestelde mense aantas, en hulle het begin vasstel hoeveel &#8216;n mens moes besit voordat jy &#8216;n aanval van die griep hoef te vrees. My huisgesin moes glo die uitsondering gewees het wat die re\u00ebl bevestig.<\/p>\n<p>My grootste bekommernis tydens die eerste aanval was my twee karperde wat pal op stal gestaan het, want my staljong was ook siek. Daar was niemand om hulle voer of water te gee nie en niemand om die stal skoon te maak nie. Tog is ook hulle op een of ander manier versorg. Maar hulle het so baldadig geword van werkloosheid dat niemand dit later wou waag om hulle uit die stal te bring nie. Ek het probeer om die stal skoon te maak kort nadat ek weer op die been was, maar binne &#8216;n paar minute moes ek dit opgee.<\/p>\n<p>[&#8230;]<\/p>\n<p>Sodra daar weer genoegsaam mense op die been was het ons die dorp en die distrik in wyke verdeel en elke m\u00f4re het ons in verskillende rigtings uit getrek om die mense te gaan opsoek. Elkeen van ons was gewapen met &#8216;n termometer, &#8216;n aantal pakkies Engelse sout en &#8216;n voorraad asperin-pille. Ons het geen huis verbygegaan en geen k*fferstroois oorgeslaan nie. Waar ons siekes aangetref het, het ons gedokter en raad gegee. Waar hulp nodig was het ons probeer om die belangstelling van die bure op te wek en tot hulpbetoon aan te spoor.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Veertien dae gelede het die siekte sy verskyning daar gemaak en soos \u2018n windvlaag het hy deur die huise getrek. Die paar mense wat op die been gebly het kon net die allernoodsaaklikste doen. Vir huisskoonmaak was daar geen tyd of kragte nie. Die skottelgoed en ander huisgereedskap het oral ongewas gestaan. Daar was niemand om beddegoed of klerasie te was nie. Die vlie\u00eb het by duisendtalle op die huise toegesak en niemand het hulle doodgemaak of weggeja nie.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Die verpleegsters het op daardie eerste dag wonders verrig. Teen die aand was die huise skoon, die beddegoed gewas, die vlie\u00eb onder beheer, die pasi\u00ebnte versorg, gevoed, gereinig en gelukkig. Nou kon ek oral gaan sit en met die mense gesels. Net voor ons vertrek het ek by die Smiths ingestap. Man en vrou het siek gel\u00ea op die dubbele bed indie kamer. Regoor die bed, aan die anderkantse muur, het hul baba op \u2018n paar komberse op \u2018n houtkis gel\u00ea. En die ou dingetjie het gesnik soos hy huil.<\/p>\n<p>\u201cEn hoe gaan jy vannag jou kind versorg?\u201d het ek aan die vrou gevra.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nog nie, Meneer\u201d, het sy geantwoord en in trane uitgebars.<\/p>\n<p>\u201cEk dink dat dit die beste sal wees dat ons die kindjie saamneem dorp toe en dan bring ons hom m\u00f4re weer terug.\u201d<\/p>\n<p>Maar daar wou die vrou nie van hoor nie. Ek kon maar net die kis tot teen die bed sleep sodat die vrou die kind kon bereik sonder om op te staan.<\/p>\n<p>Daardie nag het ek gedurig die smartlike gehuil van die kindjie gehoor.<\/p>\n<p>Met hierdie verplegingswerk het ons ongeveer \u2018n week volgehou en daar het geen verdere sterfgevalle voorgekom nie.<\/p>\n<p>By al die verskrikkinge van die griep was daar hierdie een se\u00ebn dat die siekte so vinnig verloop het. Binne tiende was die pasi\u00ebnt gewoonlik gesond, of dood. As hy \u2018n slepende verloop gehad het soos koorssiekte sou die ellende onbeskryflik groot gewees het.<\/p>\n<p>[\u2026]<\/p>\n<p>Spoedig was die siekte uitgewoed. Asof hy &#8216;n onuitwisbare indruk van sy verderwende mag wou agterlaat, was die laaste paar sterfgevalle die ontsettendste. Sy laaste twee slagoffers was &#8216;n sterk man in die krag van sy lewe en &#8216;n aanvallige dogter van sewentien jaar. Hier het hy die vreeslike pesvorm aangeneem. Hulle was nie alleen binne &#8216;n paar dae dood nie, maar voor die dood het die ontbinding reeds ingetree.<\/p>\n<p>Ek het tot hiertoe buitengewone krag ontvang om alles te dra en kalm te bly. Maar op die begrafnis van\u00a0<a href=\"https:\/\/www.graves-at-eggsa.org\/main.php?g2_view=core.DownloadItem&amp;g2_itemId=3614329&amp;g2_serialNumber=4\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/www.graves-at-eggsa.org\/main.php?g2_view%3Dcore.DownloadItem%26g2_itemId%3D3614329%26g2_serialNumber%3D4&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083105000&amp;usg=AFQjCNFlYp7vUB1TLrf9ZymVC5bq7_Fdqg\">Katie Keller<\/a>\u00a0het my selfbeheersing heeltemal gebreek. Tot in my siel bewo\u00eb het ek opgestaan om die diens te begin en hier kom haar swart hond, met wie ek haar so dikwels sien speel het en l\u00ea sy kop op my been asof hy troos soek. Dit het lank geduur voor ek weer kon praat en aan alle kante is net snikke gehoor.<\/p>\n<p>&#8216;n Maand later het die lewe weer sy gewone loop geneem. Maar in baie huise was daar &#8216;n le\u00eb plek wat nooit weer opgevul sou word nie en in baie harte rou wat die tyd sou versag maar nooit heel nie.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Ek glo nie hierdie tydperk sou aan Langenhoven se klere gaan sit het nie. En \u2018n 100 jaar maak geen verskil om dieselfde gevoelens en denke te koester nie. Dit benadruk net die tydloosheid.<\/p>\n<ol start=\"8\">\n<li style=\"font-weight: 400;\">\n<h4>Onopgeloste en steeds brandaktuele kwessies<\/h4>\n<\/li>\n<\/ol>\n<p>Sowel Rob Antonissen as T.J. Heyns beskou die werk as \u201cprofeties-aktueel\u201d (Ungerer, 1983: 233-234).<\/p>\n<p>Selfs vir die oppervlakkige leser is dit vandag nog duidelik soos daglig. Dis amper \u2018n honderd jaar later, en reeds in 1923 het Langenhoven eintlik \u2018n pleidooi vir sonkrag gelewer (en dalk atoomkrag, byna \u2018n dekade voor die eerste atoom gesplyt word in 1932; byna twee dekades voor Enrico Fermi se eerste kernreaktor in 1942), met Loeloeraai aan die woord (1941:49):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Julle [Imperiale Regering] gebruik julle kapitale voorrade van steenkool en olie wat nog in die aarde oorskiet op om elektriese krag te genereer om om te sit tot kunsmatige lig en hitte. Ons [op Venus] gebruik die natuurlike lig en hitte van die son om in elektriese krag om te sit. Ons span die oneindige bronne van energie van die atome in.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Nog lank voor ekobewustheid \u2018n gonswoord geword het en die verskrikking van besoedeling Johannesburg se middestad sou tref, vind ons hier eintlik \u2018n subtiele spot met die kastige \u201cvooruitgang\u201d, maar ni\u00e9, en hier verskil die boek met die hedendaagse ekobeheptes, sonder om die menslike lyding hierby te betrek nie (1941:68):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Ja, lyk julle selfverwerfde kennis nie reeds of hy te snel gevorder het nie\u00a0? Julle het die stoomkrag in julle diens ingespan. Uit ontsaglike fabriekstede styg swarte rookwolke op na die hemel om te getuig van julle oorwinning oor die natuur. En die heerlikheid van die sonneskyn en die glorie van die sterrehemel is agter die donker wolke weggeraak. En duisende van julle medemense slaaf in die fabrieke soos stukkies masjinerie, sonder \u2019n wil, sonder \u2019n doel, sonder belangstelling: \u2019n lewelose lewe, \u2019n onmenslike menslikheid. Die harde slawerny van die natuur is vervang deur \u2019n slawerny van wetenskap wat oneindig harder is. Die diens wat julle verniet gekry het om julle lot te verlig, het dit verswaar.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Maar eintlik moet mens die boek se filosofie in sy geheel lees.<\/p>\n<p>Die boek begin met \u2018n duidelike verwysing na die Tuin van Eden:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">,,Daarbuite in die wildernis is twee ongelukkiges,\u201d s\u00ea die engel aan die poortwaarders. ,,Kan ek hulle gaan haal en hier inbring\u00a0?\u201d<\/p>\n<p>,,Hulle w\u00e1s hier,\u201d was die antwoord. ,,Hulle het nie gedeug nie. \u2019n Tweede proef is oorbodig. Hulle moet wag tot hulle genoeg wysheid en vernuf geleer het om hierdie swaard opsy te druk. Dan sal ons hulle weer laat ingaan. En dan sal hulle daarbinne deug.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>\u2018n Mens moet onthou hierdie hele storie speel af skaars 5 jaar nadat die Eerste W\u00eareldoorlog be\u00ebindig is, soos daar telkens in die boek na verwys word. In sy brief aan\u00a0<em>Die Burger<\/em>\u00a0rammel Loeloeraai voort oor nie alleen die natuurkragte wat onderwerp en benut moet word nie, maar bowenal die dierlike selfsug binne die mens self. En merk net hoe duidelik hy profeties voorspel die Russiese Bolsjevisme stuur op rampspoed af (ses jaar n\u00e1\u00a0die Rewolusie), nog lank voor\u00a0<em>Animal Farm<\/em>\u00a0(1945) verskyn het (1941:69-70):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">Want, my vriende, die een suksesvolle rebellie is nie genoeg nie. Daar is nie alleen die natuur daarbuite om te oorwin nie. Daar is die natuur wat binne is. \u2019n Dier plus verstand en kennis en sonder meer is \u2019n duiwel. Die binneste tugmeesters van die dwingeland \u2013 liggaamlike honger en vrees, sinnelike liefde, moet saam oorwin word. Die selfsug wat sy geluk soek met roekelose onverskilligheid omtrent die geluk wat hy by \u2019n ander verderf, moet plaas maak vir die offersug wat sy behae vind in gee in plaas van neem, in uitdeel in plaas van skraap. Op die ou end is dit die verstandigste selfsug. Hy lei tot die hoogste geluk. En dis nie \u2019n nuwe aankondiging wat ek maak nie, my vriende. Hierdie weg van heil is julle byna twee duisend jaar gelede duidelik aangewys. Had julle hom maar gevolg dan was die aarde vandag \u2019n Venus.<\/p>\n<p>Vergewe my tog, my vriende. Ek wil nie onaangename dinge s\u00ea wat dit vir \u2019n gas en \u2019n vreemdeling nie mooi is om te s\u00ea nie. Maar julle het my gevra en ek moet eerlik wees. So min vordering het julle nog gemaak met die grotere rebellie \u2013 die verset teen julle eie selfsugtige diere-aard \u2013 dat selfs waar julle die beginsels van offerande en liefdediens van buite wou toepas, het dit op \u2019n aaklige ramp uitgeloop. Die Franse rewolusie was gegrond op die vrome beginsels van vryheid, gelykheid, broederskap. Die Russiese bolsjewisme op die vrome doel van die beheer van die voortbrengsels van die w\u00eareld in die hande van die werkers van die w\u00eareld. En in plaas van die beoogde geluk het daardie proefnemings die vorige ellende verdubbel en verhonderddubbel. Waarom? Omdat dit nie help om aan die ingesetenes van \u2019n kranksinnige gestig redelikheid en wysheid te preek en die grendels van die deure af te gooi nie. Soos die wetenskap nie eensklaps gekom het nie, so kan die herbore mensheid nie eensklaps kom nie.<\/p>\n<p>Watter regeringsvorm, watter ekonomiese staatstelsel, sal julle vra, het ons dan op Venus\u00a0? My vriende, ons het geen regeringsvorm daar nie. Daar is geen dwang nie want daar is geen ongehoorsaamheid nie. Daar is geen wedywer om loon nie want liefdediens is sy eie loon. En in die loop van die eeue, sedert ons duisend-duisendjarige ryk aangebreek het, het ons ondervind dat die offerande geen offerande meer is nie, die diens geen arbeid nie; dat ons nie oor geluk hoef te stry nie want die geluk is daar in oorvloed om te neem. Wie sal ook goudgierig wees as hy soveel goud vry kan vat as wat hy begeer\u00a0? Die verskil tussen selfsug en offersug het by ons verdwyn.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Eers wanneer die fiktiewe Langenhoven, Vroutjie, Engela, Oom Stoffel hulle in die middel van die maan in \u2018n paradyslike staat bevind (in die kern, die dwarsgange van die maan), deel Loeloeraai aan die geselskap \u2018n geheim mee, wat hy beslis nie met\u00a0<em>Die Burger<\/em>,\u00a0en dus die fiktiewe publiek, gedeel het nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die keuse tussen die<a href=\"https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Vooruitgangsgeloof\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Vooruitgangsgeloof&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083105000&amp;usg=AFQjCNGlkKlkOUb2XXUubMVQh-s38Bzpig\">\u00a0vooruitgangsgeloof<\/a>\u00a0(wat Deterministies glo die mens is, gegrond op die evolusie en deur uit sy foute te leer, op pad om \u2018n halfgod te word ) en agteruitgangsgeloof (gegrond op die Dekadentisme, wat glo die mensdom het met die eeue al hoe afvalliger en verdorwe van sedes geword hoe langer hy uit die bos gekruip het) word wel geopper (1941:119):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">\u201cDaar is \u2019n onverbiddelike prys vir al wat verwerf word; daar is tolgeld op die pad na elke bestemming; daar is \u2019n opdraand na elke hoogte. Kerneels en Stoffel het hier geredeneer of daar menslike of vernuftige wesens hier kan wees. Hoe kan dit wees\u00a0? Die paradys moes sy boom van die dood h\u00ea en sy boom van die lewe. Die prys van ontwikkeling is oneindige pyn en lyding.\u201d<\/p>\n<p>,,Dis vreeslik, Loeloeraai,\u201d s\u00ea ek. ,,Dan is daar maar twee we\u00eb\u00a0? Geluk sonder vooruitgang of adel ten koste van ellende\u00a0? \u2019n Paradys vir diere, \u2019n Golgota vir geeste\u00a0?\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die paradys op die maan bestaan slegs uit vlie\u00ebnde wesens (vo\u00ebls en vlinders), maar is hondmak, omdat hulle nog nooit \u2018n mens gesien het nie en onbewus van enige skrikbewind is,\u00a0<strong>wat aansluit by die gesprek met paleontoloog prof. dr. Fran\u00e7ois du Randt hierbo in die potgooi, 98 jaar later<\/strong>\u00a0(1941:118):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">,Waarvan leef al hierdie diere, reken jy, Loeloeraai\u00a0?\u201d<\/p>\n<p>,,Van die groenigheid. Van blare en vrugte en die suiker van die blomme. Daar is geen roofdier en geen prooi hier nie.\u201d<\/p>\n<p>,,Waaruit lei jy dit dan af, Loeloeraai\u00a0?\u201d<\/p>\n<p>,,Het jy opgemerk, Kerneels, dat geen lewende ding ons hier ontvlug nie\u00a0? Die vo\u00ebls en die insekte kom op ons skouers en op ons knie\u00eb sit. Kyk hoe geniet daar die dingetjie wat ek maar \u2019n papegaai sal noem, Engela se liefkosing. Ons het nog nie \u2019n lewende ding hier aangetref wat van vrees weet nie. En op die aarde\u00a0? Julle sal dit honderdmaal beter opgemerk het as ek. Wanneer jy \u2019n dier op sy gelukkigste sien \u2013 die bokkie wat \u2019n nuwe weelderige weiplek aangetref het, die duifie wat vir sy maat so soet en liefies koekroekoe: almal van hulle is altyd aan\u2019t rondkyk of daar nie \u2019n vyand nader nie. Die aarde word geregeer onder \u2019n wrede skrikbewind. En die grootste roofdier van almal is die hoogste van almal \u2013 die mens.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Die geselskap maak die aanname die bronne het met verloop van tyd so uitgeput geraak dat slegs die spesies wat kon vlieg bly voortbestaan het. Die paradys l\u00ea egter steeds op sterwe na dood (1941:119 tot 120):<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\">,,Maar selfs hier, Loeloeraai \u2013 hoe kan hierdie lewenstaat bestendig wees sonder stryd en dood\u00a0? Nie alleen moet hierdie plantetende diere so vermenigvuldig, as hulle nie roofvyande het, dat hulle die plantelewe totaal sal verdelg nie, maar hulle wedywer teen mekaar sal hulle tot onderlinge vyande maak.\u201d<\/p>\n<p>,,Miskien het hulle tot die punt ontwikkel waar alleen die onsterflikes oorgebly het en die voortplanting opgehou het. In alle geval het ons hier die uiteindelike langslewendes van \u2019n sterwende w\u00eareld. Die lewe het gekrimp soos die lewensgeleenthede gekrimp het. Water en lug en warmte en lewe is teruggetrek tot in die ingewande van \u2019n liggaam wat van buite dood is. En nog gedurig word die oorblyfsel van lewenshulpbronne minder en minder. Die atome van water en lug raak nog gestadig weg deurdat die swaartekrag nie genoeg is om hulle te hou nie. Ons het hier gekom op die laaste stadium voor die uiteindelike ondergang.\u201d<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>In hierdie roman word die filosofie vereenvoudig (die teks kan mens ekologies \u00e9n kultureel \u00e9n ekonomies opneem) en die voorkeur vir die vooruitgangsgeloof gegee. En met geldige redes:<\/p>\n<p>Jy kan die slaaf van jou paradys bly, sonder om \u2018n vinger te lig, geen vooruitgang bewerkstellig nie (of vooruitgang vir ander onmoontlik maak) en staan en toekyk hoe die w\u00eareld rondom jou stukkie vir stukkie verbrokkel: die eindbestemming van die laksheid van niksdoen is \u2018n sterwende w\u00eareld. Daar is een tros piesangs vir \u2018n X-aantal mense of diere, en dit is dit. As die tros afgepluk is, is hy afgepluk, vir eenmalige gebruik, sonder preservering, SONDER berging, sonder voeding vir die piesangboom, of tydsbesef of tydsbesparing (want jy sal al hoe verder weg moet gaan soek vir vrugte) of toekomsverwagting vir m\u00f4re of VIR ANDER. Nie vir hierdie geslag nie, ook nie vir die toekomstige geslagte nie. Dit maak juis dat die\u00a0nomadiese bestaan\u00a0slegs tientalle mense kan onderhou.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die boek trek \u2018n bloedrooi streep deur die selfregulerende Gaia-hipotese, wat aanvoer die aarde kan self herstel omrede die diere- en planteryk in perfekte simbiotiese harmonie verkeer. Gaia is \u2018n superfeeks: sy was die allerlelikste oerdiere in die\u00a0<a href=\"https:\/\/de.wikipedia.org\/wiki\/Fayyum_(Fossillagerst%C3%A4tte)\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/de.wikipedia.org\/wiki\/Fayyum_(Fossillagerst%25C3%25A4tte)&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083105000&amp;usg=AFQjCNFDO4ldWhYSwOSIDAkbUz78Jk24rA\">Fayyum-distrik<\/a>\u00a0van Egipte (vroe\u00ebr \u2018n strandmeer wat deur verdere isostasie \u2018n dro\u00eb en barre woestyn geword het) allermins goedgesind. Die mens het geen handjie in hul ondergang gehad nie (daarvoor was die dinosouri\u00ebrs te ver terug!), nog minder het die vrye natuur (wat plante en diere insluit) enigsins iets gedoen om die agteruitgang te stuit.<\/p>\n<p>Dit het wel \u2018n hele ingewikkelde ontsoutings- en drupbesproeiingskema in Israel deur die mens gekos om Israel weer groen te kry en \u2018n lushof van te maak soos die Prediker (2:5) van weleer geskryf het:<\/p>\n<table style=\"font-weight: 400;\">\n<tbody>\n<tr>\n<td width=\"616\"><em>Ek het<\/em>\u00a0vir my tuine en\u00a0<em>parke<\/em>\u00a0aangel\u00ea en daar allerhande vrugtebome in geplant.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>Anders sou die byna menslose omgewing (deur sy \u201conherbergsaamheid\u201d) mos vanself herstel het, nie waar nie? Maar dit het nie.<\/p>\n<p>Al die ellende van vingertrek is wel lonend (\u201cAdel ten koste van ellende\u201d), en daarom is d\u00e1\u00e1rdie paradys joune, omdat jy dit verdien het: die einddoel is lewe, langer lewe, die onderhoud van meer lewe en die vermenigvuldiging van meer lewensgeleenthede en lewensvryhede vir ANDER.<\/p>\n<p>Dit klop weer met die ekonomiese beginsel: om met verloop van tyd al hoe meer spaarsamig, versnellend, desentraliserend, volhoubaar, en met minder vermorsing, met \u2018n hulpbron om te gaan (byvoorbeeld deur massavervaardiging en duursaamheid). Om een broodjie te bak kan nogal duur kos, vergeleke met \u2018n oondkamer vol brode wat vir die publiek gelyktydig gebak word. Jy hoef nie meer stompe en stompe hout te gaan kap, aan te dra en rook verduur vir \u2018n bietjie lig en hitte (vir een mens) nie, daarvoor is skoon elektrisiteit daar (vir miljoene mense).<\/p>\n<p>Op kulturele gebied sou ons kon s\u00ea \u00e9\u00e9n woordeboek kan die w\u00eareld se geleenthede ontsluit vir duisende mense. En daardie duisende mense sorg vir werke wat inligting toegankliker vir honderdduisende of miljoene maak. Een ensiklopediese inskrywing, deur een mens, spaar honderde mense geweldig baie tyd, wat andersins self, van voor af, presies dieselfde kenners se insigte onafhanklik moes gaan soek. Jaar in en jaar uit.<\/p>\n<p>Daar is dus iets in hierdie werk van Langenhoven wat vir my \u2018n baie modernistiese uitkyk het. Modern, maar op \u2018n wyse sterk optimisties-humanisties.\u00a0\u00a0En ek betwyfel sterk of\u00a0<em>Sonde met die bure<\/em>\u00a0(met sy 29 herdrukke teen 1956) enigsins dieselfde filosofiese diepte verkry.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Dit is so \u2018n sterk etiek, dat ek beswaarlik dink die leser besef wat hy lees. Dit is \u2018n hoogs ingewikkelde stelsel veel groter as die individu, maar wat nie sonder die individu, met sy spesiale plekkie, kan funksioneer nie. En dit sluit die tannie wat vis-en-tjips bak in (wat tyd deur wegneemetes spaar,\u00a0<a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/L%C3%AAer:Thermopolium_in_Ostia_-_%27n_straatrestaurant_waar_wegneemetes_verkoop_is.jpg\" data-saferedirecturl=\"https:\/\/www.google.com\/url?hl=af&amp;q=https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/L%25C3%25AAer:Thermopolium_in_Ostia_-_%2527n_straatrestaurant_waar_wegneemetes_verkoop_is.jpg&amp;source=gmail&amp;ust=1626006083105000&amp;usg=AFQjCNEBcEDeZQ9eweGQvJjNNaHgcP6DaQ\">\u2018n idee so oud soos Ostia Antica self<\/a>), ook die vlagswaaier by die padwerke, die straatve\u00ebr\u2026 Geen taak is hoe gering nie.<\/p>\n<p>En begrip hiervoor is juis nou broodnodig in \u2018n hoogs individualistiese w\u00eareld waar die mens aan homself en sy eie klein gemaklike w\u00eareldjie in sy kop oorgelaat is, en uitgestoot, uitgebuit, uitgeleef, uitgekuier, hopeloos neerslagtig voel en die samelewing daarbuite as \u201ckoud\u201d en \u201cleeg\u201d en \u201conveilig\u201d en \u201converstaanbaar\u201d ervaar.<\/p>\n<p>Ek dink\u00a0<em>Loeloeraai<\/em>\u00a0het reeds sy eeu van onreg ervaar &#8211; gee hom die erkenning wat hom toekom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Swak joernalistiek betaal goed. Ek is vas daarvan oortuig die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia en -uitgewerye het \u2018n nuwe joernalistieke taktiek ontdek hoe om driedubbeld die geld uit onnosel sukkelaars soos ek en jy te pers: as ons nie op dieselfde aambeeld hamer nie,\u00a0skep die sensasionele leuen (\u201cvermoede\u201d) en\u00a0\u00a0weerl\u00ea dan die leuen. Maar net vinnig genoeg om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100044,"featured_media":47841,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,23531],"tags":[7256,16674,25186,25187],"class_list":["post-47837","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-suidpunt","tag-cj-langenhoven","tag-latyn","tag-loeloeraai","tag-spaanse-griep"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47837","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100044"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47837"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47837\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47842,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47837\/revisions\/47842"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47841"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47837"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47837"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47837"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}