{"id":47834,"date":"2021-07-09T17:53:50","date_gmt":"2021-07-09T15:53:50","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47834"},"modified":"2021-07-09T17:53:50","modified_gmt":"2021-07-09T15:53:50","slug":"tlu-sa-misnoeg-oor-kwart-miljard-rand-betalings-aan-safda","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47834","title":{"rendered":"TLU SA misnoeg oor kwart-miljard rand betalings aan SAFDA"},"content":{"rendered":"<p>TLU SA neem met misnoe\u00eb kennis van bewyse dat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor die afgelope vyf jaar meer as \u2018n R246 miljoen aan die South African Farmers Development Association (SAFDA) gegee het.<\/p>\n<p>Volgens \u2018n parlement\u00eare antwoord aan die DA het minister Thoko Didiza ges\u00ea haar departement het R246 664 290 aan SAFDA betaal, maar daar is geen duidelikheid oor hoe en hoe suksesvol die besteding hiervan is nie. Die ooreenkoms tussen die twee partye bevat verder \u2018n vertroulikheidsklousule, wat nog meer vrae laat ontstaan oor waarvoor hierdie openbare fondse aangewend is.<\/p>\n<p>\u201cOns is redelik oortuig dat die gemeenskappe wat veronderstel was om deur hierdie fondse bevoordeel te word, geensins beter daaraan toe is nie,\u201d s\u00ea mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. \u201cSoos met die finansi\u00eble hulp wat die regering aan die begin van die COVID-19-pandemie aan klein boere uitbetaal het, is dit duidelik dat di\u00e9 wat die fondse toeken geen insig in die voedselvoorsiening van Suid-Afrika het nie. Hierdie boere voorsien maar 3% van die nasionale aanvraag na voedsel. Deur die grootste finansi\u00eble ondersteuning aan hierdie groepe en bestaansboere te gee, help geensins om die 68% verstedelikte bevolking van kos te voorsien nie.\u201d<\/p>\n<p>Dit is vir TLU SA duidelik dat hierdie tipe hulpverlening bloot \u2018n poging is om mense afhanklik te hou van die staat. Dit is nie volhoubaar nie en gaan niemand op die lang duur bemagtig nie.<\/p>\n<p>\u201cOns verwag dat die regering ernstig moet besin oor die toekoms van die land,\u201d s\u00ea mnr. Geldenhuys. \u201cDie regering is besig om al hoe verder van moontlike oplossings af weg te beweeg. Die inwoners van die land begin ook al hoe meer besef dat daar binne die beleidsraamwerk van die ANC nie oplossings is nie. Gemeenskappe sal al hoe meer hulle eie omstandighede vir die toekoms moet skep.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>TLU SA neem met misnoe\u00eb kennis van bewyse dat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor die afgelope vyf jaar meer as \u2018n R246 miljoen aan die South African Farmers Development Association (SAFDA) gegee het. Volgens \u2018n parlement\u00eare antwoord aan die DA het minister Thoko Didiza ges\u00ea haar departement het R246 664 290 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":47835,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[24866,18243,4111,25185,25184,25183],"class_list":["post-47834","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-covid-19","tag-henry-geldenhuys","tag-landbou","tag-safda","tag-south-african-farmers-development-association","tag-tlsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47834","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47834"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47834\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47836,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47834\/revisions\/47836"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47835"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}