{"id":47818,"date":"2021-06-02T13:06:45","date_gmt":"2021-06-02T11:06:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47818"},"modified":"2021-06-02T13:06:45","modified_gmt":"2021-06-02T11:06:45","slug":"karel-combrinck-aanslag-teen-afrikaans","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47818","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Aanslag teen Afrikaans"},"content":{"rendered":"<p>Op Maroela Media van 31 Mei lewer dr Leon Schreiber &#8216;n sterk betoog teen die besluit van die Universiteit van Stellenbosch en die Departement van Ho\u00ebr Onderwys om Afrikaans amptelik tot &#8220;uitheemse&#8221; taal te verklaar wat geen regte aan universiteite en in Suid-Afrika as geheel verdien nie. (Hierdie besluit hou terloops ook verband met die grondwetlike verbod om teen gemeenskappe en indiwidue te diskrimineer, wat ek elders op Praag bespreek.)<\/p>\n<p>Dr Schreiber betoog dat Afrikaans wel &#8216;n inheemse taal is en daarom erkenning waardig is en dis &#8216;n betoog wat ons uiteraard graag wil onderskryf. Dis egter net vreemd dat dr. Schreiber die kardinale punt nalaat, naamlik dat Engels, wat wel deur die Departement en die Universiteit van Stellenbosch erken en bevorder word, by uitstek &#8216;n uitheemse taal is, trouens die enigste werklik uitheemse taal wat in Suid-Afrika gepraat word.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat Afrikaans &#8216;n taal van Nederlandse oorsprong is, maar dat dit tot sy huidige vorm hier plaaslik, d.w.s. inheems ontwikkel het. Daarbenewens word\u00a0 dit\u00a0 deur &#8216;n groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse bevolking gebruik\u00a0 en voorts was dit ook vir baie jare een van die land se amptelike tale. Daar bestaan dus omvangryke bronne van amptelike dokumente in Afrikaans asook &#8216;n menigte waardevolle\u00a0 werke van akademiese en liter\u00eare aard. Dis ook so dat die\u00a0 die Suid-Afrikaanse regspraak (bevindings van die howe) oor &#8216;n tydperk van letterlik eeue hoofsaaklik in Afrikaans was. Sonder verwysing na hierdie regterlike beslissings is die regspleging in Suid-Afrika net nie moontlik nie. Die ANC-regering gaan nou seker al hierdie regbeslissings in Engels laat vertaal wat gewoon gek sou wees.<\/p>\n<p>Dis net instansies soos die Departement van Ho\u00ebr Onderwys en sy karperdjie, die Universiteit van Stellenbosch, wat in hulle politieke en ideologiese fanatisme erkenning sou wou ontneem van &#8216;n taal en sy mense\u00a0 wat &#8216;n betekenisvolle en selfs deurslaggewende rol gespeel het in die ontwikkeling van die land en sy instellings en inderdaad in die stigting van die Universiteit van Stellenbosch self.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op Maroela Media van 31 Mei lewer dr Leon Schreiber &#8216;n sterk betoog teen die besluit van die Universiteit van Stellenbosch en die Departement van Ho\u00ebr Onderwys om Afrikaans amptelik tot &#8220;uitheemse&#8221; taal te verklaar wat geen regte aan universiteite en in Suid-Afrika as geheel verdien nie. (Hierdie besluit hou terloops ook verband met die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":45010,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[167,25172,4861],"class_list":["post-47818","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-inheemse-taal","tag-stellenbosch"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47818"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47818\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47819,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47818\/revisions\/47819"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45010"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}