{"id":47799,"date":"2021-04-11T17:28:46","date_gmt":"2021-04-11T15:28:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47799"},"modified":"2021-04-11T17:28:46","modified_gmt":"2021-04-11T15:28:46","slug":"stellenbosch-afrikaanse-dept-se-ope-brief-aan-wim-de-villiers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47799","title":{"rendered":"Stellenbosch: Afrikaanse Dept. se &#8216;Ope brief aan Wim de Villiers&#8217;"},"content":{"rendered":"<h5>Hier op Praag, veral in die rubrieke en opstelle van <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=149\">Leon Lemmer<\/a>, volg ons reeds geruime tyd die veldtog teen Afrikaans op die kampus van die Universiteit Stellenbosch. Onlangs het die US se Departement van Afrikaans en Nederlands vir die eerste keer in baie jare standpunt ingeneem ten gunste van Afrikaans, maar ook, die niksseggende begrip &#8216;veeltaligheid&#8217; wat in die SA konteks meermale die betekenis van &#8216;tussenstasie op pad na Engels-eentaligheid&#8217; verwerf het.<\/h5>\n<p>Gaan Stellenbosch sonder slag of stoot verengels onder die jongste anglofiele rektor, Wim de Villiers, wat so gedienstig in die voetspore van sy ewe Engelsgesinde voorgangers, Chris Brink en Russel Botman, volg? Ter wille van die debat, plaas ons hier onder die volledige ope brief van die Dept. Afrikaans en Nederlands, wat aanvanklik nie toestemming wou verleen dat hul skrywe hier gepubliseer word nie. Maar, soos prof. Ilse Feinauer ons verseker het, bevind hul ope brief hom reeds &#8216;in die openbare domein&#8217; en mag publikasie dus voortgaan.<\/p>\n<h3>Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch<\/h3>\n<p>Geagte prof. De Villiers,<\/p>\n<p>Ons departement bestaan nie uit taalaktiviste of taalstryders nie. Ons is \u2019n akademiese departement wat vakkundig omgaan met die vakgebied Afrikaans en Nederlands, die tale Afrikaans en Nederlands in die besonder, asook die veeltalige taalpraktyk.<\/p>\n<p>Tot dusver het ons nie openbaar toegetree tot die diskoers betreffende Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch (US) nie. Dit is egter vanuit ons vakkundige posisie dat ons nie verder ons stilte kan handhaaf oor die universiteit se hantering van veeltaligheid en Afrikaans nie.<\/p>\n<p>Ons word toenemend gevra of daar werklik nog \u2019n rede is om studente vir \u2019n veeltalige omgewing op te lei, teen die agtergrond van ons eie instelling se hantering van veeltaligheid. Daar word ook deurlopend van ons departement verwag om die universiteit se besluite rakende taal in die algemeen en Afrikaans in die besonder te verdedig of te verduidelik aan die gemeenskap daar buite, terwyl ons uiteraard lojaal aan die universiteit wil bly.<\/p>\n<p>Wanneer \u201cAfrikaans\u201d en \u201cStellenbosch\u201d weer eens in die nuus is, dra ons swaar aan \u2019n unieke las. Ons is in die o\u00eb van die publiek aanspreeklik vir wat met Afrikaans aan ons instelling gebeur, nieteenstaande die feit dat geen lid van ons departement betrokke was by die samestelling van die huidige taalbeleid of die hersiene konsepweergawe nie.<\/p>\n<h3><strong>\u2018Inheemse taal\u2019<\/strong><\/h3>\n<p>Die eerste spesifieke saak om in di\u00e9 brief te belig, is die uiters problematiese hantering van die begrip \u201cinheemse taal\u201d in die nuwe konseptaalbeleid. Die betrokke woordverklaring is uit die departement van ho\u00ebr onderwys en opleiding se nuutste taalbeleidsraamwerk gelig. Die mees ideologies gelade gedeelte van di\u00e9 woordverklaring is nie in ons konsepbeleid gekopieer nie: \u201cAn indigenous language is a language that is native to a re\u00adgion or country and spoken by indigenous people.\u201d<\/p>\n<p>Die uitsluiting van Afrikaans uit hierdie groep tale is eerstens wetenskaplik foutief en tweedens ideologies gekleur. Die verklaring is dalk dat hierdie bewoording gewoon oorgeneem is om met die oorhoofse beleidsdokument te strook, maar dan moet hierdie feit eksplisiet gestel en gekontekstualiseer word deur ook ondubbelsinnig te s\u00ea dat die universiteit beslis die taal Afrikaans as die inheemse taal beskou wat dit is. Dit is immers ook hoe taalkenners dit beskou.<\/p>\n<p>Kundiges uit verskeie vakgebiede maak dit oor dekades duidelik dat om \u2019n persoon se taal te negeer, hulle menswees negeer, en om selfs net implisiet te maak asof Afrikaans, en dus Afrikaanssprekendes, nie eintlik hier hoort nie, is derhalwe skokkend. Aangesien die konsepbeleid stel dat dit bygewerk kan word met relevante terminologie, versoek ons dat hierdie growwe mistasting reggestel word.<\/p>\n<h3><strong>\u2018Afrikaans verklein\u2019<\/strong><\/h3>\n<p>Ander tersaaklike punte in die konseptaalbeleid word kortliks hieronder genoem:<\/p>\n<ul>\n<li>Die definisie van \u201cvertaling\u201d lees, ironies, soos \u2019n swak vertaling. Woorde soos \u201cgehalte\u201d, \u201ckwaliteit\u201d of \u201cgehalteversekering\u201d kom n\u00earens voor nie. Daar word genoem dat professionele vertalings \u201cgoed afgeronde\u201d produkte \u201cmoet\u201d wees, maar sonder enige verwysing na hoe die gehalte verseker sal word. Dit blyk gereeld uit informele terugvoer dat studente wat opvoedkundig van Afrikaans gebruik wil maak, swak vertaalde materiaal kry wat hulle noop om die Engelse materiaal te benut, met die gepaardgaande potensi\u00eble pedagogiese benadeling \u2013 dit is as daar wel iets beskikbaar gemaak word. Dit is \u2019n enorme tekortkoming in die beleid as daar geen proses vir gehalteversekering ge\u00ebkspliseer word nie en ook geen kanaal vir klagtes oor gebrekkige toepassing van daardie versekering nie. Hierdeur word veeltaligheid en Afrikaans ondermyn.<\/li>\n<li>Die kontekstuele faktore ter sprake by die gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa, noem glad nie die beduidende akademiese, professionele en internasionale waarde van Afrikaans nie, maar wel Engels s\u2019n. Ons vertrou dat hierdie fout reggestel sal word sodat dit nie lyk asof die waarde van Afrikaans verklein of verswyg word nie.<\/li>\n<li>Die begrip \u201cpedagogies verantwoordbaar\u201d word verklaar, maar die verwante term \u201credelikerwys uitvoerbaar\u201d staan nie daar nie. Hierdie vae en poten\u00adsieel problematiese term moet duideliker gesistematiseer word deur minstens iets soos \u2019n metingsinstrument of verbandhoudende oorwegings eksplisiet te stel, anders lyk dit asof die US \u2019n agterdeur oophou vir enige afwyking van die beleid om ex post facto goedgemaak te word.<\/li>\n<li>Daar is geen aanduiding van wie die medewerkers aan die beleid was nie.<\/li>\n<li>In meegaande korrespondensie word gewag gemaak van die feit dat die huidige taalbeleid \u201cgrondwetlik geregverdig\u201d is en dat die \u201cproses om die beleid te aanvaar\u201d aan bepaalde maatstawwe voldoen het. Die gereelde herhaling van hierdie gegewens kan gelees word as implikasie dat die taalbeleid eintlik bo kritiek verhewe is. Dit moet liefs eksplisiet genoem word dat nie een van hierdie twee stellings werklik \u2019n empiries of vakkundig gefundeerde uitspraak maak oor (a) die gehalte van die huidige taalbeleid of (b) die sukses en gevolge van die implementering daarvan nie.<\/li>\n<li>Hier is reeds \u2019n nuwe konsepbeleid saamgestel waarop kommentaar gevra word voordat daar duidelik terugvoer gegee is oor die effekte van die implementering van die huidige weergawe. Beleidshersiening moenie as \u2019n administratiewe oefening gedoen word bloot omdat dit nou tyd is daarvoor nie. Dit moet gedoen word binne \u2019n duidelik geformuleerde vakkundige raamwerk wat werklike beleidseffekte en -uitkomste stel en in ag neem. Daar is immers geen rede om \u2019n beleid te hersien anders as om daarop te verbeter nie.<\/li>\n<\/ul>\n<h3><strong>Vervolgens ontstaan etlike vrae:<\/strong><\/h3>\n<ul>\n<li>In hoe \u2019n mate het die huidige taalbeleid aan die gestelde doelwitte voldoen?<\/li>\n<li>Wat het sedert 2015 met die Afrikaanse aanbod aan die universiteit gebeur?<\/li>\n<li>Watter gevolge het die taalbeleid gehad?<\/li>\n<li>Is data hieroor ingesamel, verwerk en openbaar gepubliseer? Indien wel, waar is dit verkrygbaar? Indien nie, waarom nie, en op grond waarvan word hierdie hersiening dan onderneem?<\/li>\n<\/ul>\n<h3><strong>Stilbly ook \u2019n antwoord<\/strong><\/h3>\n<p>Die vroe\u00ebr vermelde indruk dat diegene wat Afrikaanssprekend is nie in gelyke mate op ons kampusse (be)hoort as hul Engelssprekende eweknie\u00eb nie, word versterk in die tweede aspek wat in hierdie brief aan bod kom, naamlik die openbare diskoers vanuit die universiteit waar dit Afrikaans betref, en die universiteit se omgang met Afrikaans in die algemeen.<\/p>\n<p>\u2019n Onlangse illustrasie is die debakel oor beweerde gevalle van die afdwing van Engels in sekere omgewings tydens die verwelkomingstyd.<\/p>\n<p>Die universiteit het hierna in die media ges\u00ea dat die afdwing van Engels \u201cnie beleid\u201d is nie. Daar is egter nie duidelike tekens, minstens wat ons kon opspoor, van \u2019n formele ondersoek en planne vir \u2019n ho\u00ebvlak-regstelling, indien dit uiteindelik nodig blyk, nie.<\/p>\n<p>Diegene wat reeds vyandig gestem is teenoor ons instelling kry sodoende skietgoed om verdere reputasieskade te berokken, en gemoedere loop hoog op grond van ongetoetste bewerings.<\/p>\n<p>Die media gons oor hierdie saak en studente vertel in informele kontekste van hul eie soortgelyke ervarings, maar die universiteit se topstrukture bly in die o\u00eb van die publiek net stil. Wat maklik hieruit afgelei kan word sonder die nodige regstelling, is dat die inhoud van die bewerings \u00f3f implisiet goedgekeur word, \u00f3f nie as ernstig geag word nie.<\/p>\n<p>Dit is tyd dat \u2019n senior lid van die universiteitsbestuur \u2019n duidelike standpunt daaroor inneem en versekering gee dat daar \u2019n deursigtige ondersoek sal wees om die bewerings as waar of onwaar te bewys, en dat daar konkrete optrede sal wees as hier wel eentaligheid afgedwing is of \u2019n atmosfeer geskep is waarin eentaligheid implisiet of eksplisiet die enigste aanvaarbare opsie is. Stilbly is ook \u2019n antwoord, soos die spreekwoord lui.<\/p>\n<h3><strong>Afjakke<\/strong><\/h3>\n<p>Ons ervaar in ons eie departement wel toenemend dat studente verbaas is dat hulle in Afrikaans met hulle dosente mag kommunikeer. Studenteleierskapstrukture (en selfs ander formele universiteitsomgewings en -strukture) moet gereeld daaraan herinner word om hulle materiaal tog in Afrikaans ook beskikbaar te stel. Versoeke vir die gebruik van Afrikaans word boonop in baie gevalle doodgewoon ge\u00efgnoreer of selfs afgejak.<\/p>\n<p>Dit raak ook al hoe meer algemeen dat bepaalde stukke amptelike korrespondensie eers net in Engels versprei word met \u2019n belofte dat die Afrikaanse weergawe daarvan op een of ander latere stadium of ander plek sal verskyn. Dit is moontlik nog regverdigbaar wanneer dit werklik oor besonder dringende sake gaan, maar nie andersins nie.<\/p>\n<p>Hierdie stand van sake gaan vir \u2019n betekenisvolle deel van die studentegemeenskap gepaard met persoonlike spanning en hoogs waarskynlik ook met opvoedkundige benadeling.<\/p>\n<p>Dit sal goed wees as die universiteit wys dat daar erns is oor veeltaligheid deur hierdie soort skadelike praktyk doodgewoon stop te sit. Dit plaas Afrikaans by verstek in \u2019n sekond\u00eare posisie en dwing diegene wat Afrikaans gemakliker lees om maar die Engelse weergawe te lees as hulle ewe op hoogte as hulle Engelse kollegas of medestudente wil wees.<\/p>\n<p>Daar bestaan ook skynbaar die wanpersepsie dat personeellede wat Engels verstaan, hoewel dit nie hul eerste taal is nie, outomaties ook gemaklik hul ho\u00ebvlak- akademiese werk in Engels kan doen.<\/p>\n<p>Die implikasies van \u2019n verlies aan byvoorbeeld kommunikatiewe nuanse wanneer daar slegs in \u2019n dosent en studente se tweede taal gekommunikeer word, is so ver ons kan vasstel nie grondig ondersoek as deel van die opstel van \u2019n beleid wat duidelik toenemend in daardie rigting mik nie. So ook nie die verlies aan diepte en rykheid van die opvoedkundige ervaring vir byvoorbeeld die Engelssprekende student wat nou geen blootstelling aan \u2019n tweede akademiese taal kry nie.<\/p>\n<h3><strong>Mikroaggressie<\/strong><\/h3>\n<p>Die soort handelinge hierbo genoem, wat \u2019n seleksie voorbeelde is en geen omvattende opgawe nie, staan in die kader van die sosiale geregtigheid bekend as mikroaggressies \u2013 doelbewuste \u00f3f onbedoelde opmerkings, praktyke of handelinge wat vooroordeel teenoor \u2019n bepaalde groep of persoon, gewoonlik \u2019n minderheid, uitdruk.<\/p>\n<p>Dit kan iets so klein wees soos om \u2019n student met \u2019n Afrikaansklinkende naam en van te komplimenteer oor hulle \u201cgoeie Engels\u201d, of so grof soos om enige versoek dat die universiteit deursigtig en verantwoordbaar met Afrikaans omgaan, af te maak as \u2019n politiese of etniese stryd.<\/p>\n<p>Dit is tipies nie die groot amptelike gebare wat hierdie soort aggressie(s) versinnebeeld nie, maar eerder \u2019n verskeidenheid kleiner opmerkings of optredes wat elkeen op sigself onbenullig kan lyk, maklik as onskuldig afgemaak word en nie noodwendig doelbewus kwetsend is nie, maar saam bydra tot \u2019n vyandige omgewing en atmosfeer.<\/p>\n<p>Die universiteit moet kennis neem daarvan dat Afrikaanssprekende studente gereeld die slagoffers is van hierdie soort mikroaggressie op grond van hulle moedertaal; iets wat die universiteit onderneem om te respekteer, te benut en beskikbaar te maak wanneer hulle dit nodig het. En die universiteit moet erns maak daarvan om te verseker dit word wel gedoen.<\/p>\n<p>Ons noodsaaklike transformasie kan nie plaasvind deur die lewensruimte van sekere studente in te perk omdat hulle taal nog in enkele persone se o\u00eb \u2019n uitgediende negatiewe politieke konnotasie het nie.<\/p>\n<p>In die tagtigs beskryf Ruiz drie ori\u00ebntasies teenoor taal en veeltaligheid wat vandag as paradigmas beskou word: Ons kan dit sien as \u2019n probleem, as \u2019n reg, of as \u2019n hulpbron.<\/p>\n<p>Ons hoop die universiteit kan die dringend noodsaaklike kopskuif maak dat werklike veeltaligheid eerder as slegs Engels, en daarmee saam die benutting van die enorme hulpbron wat Afrikaans is, nie net die mees wetenskaplik verantwoordbare pad vorentoe is nie, maar in ons land ook die mees etiese een.<\/p>\n<p>Met besorgdheid,<\/p>\n<p>Die Departement Afrikaans en Nederlands<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier op Praag, veral in die rubrieke en opstelle van Leon Lemmer, volg ons reeds geruime tyd die veldtog teen Afrikaans op die kampus van die Universiteit Stellenbosch. Onlangs het die US se Departement van Afrikaans en Nederlands vir die eerste keer in baie jare standpunt ingeneem ten gunste van Afrikaans, maar ook, die niksseggende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":47800,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[167,25171,267,25172,10574,10536,4893,18891],"class_list":["post-47799","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-afrikaans","tag-departement-van-afrikaans-en-nederlands","tag-diskriminasie","tag-inheemse-taal","tag-leon-lemmer","tag-universiteit-van-stellenbosch","tag-verengelsing","tag-wim-de-villiers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47799","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47799"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47799\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47801,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47799\/revisions\/47801"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47800"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47799"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47799"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47799"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}