{"id":47788,"date":"2021-04-02T14:47:05","date_gmt":"2021-04-02T12:47:05","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47788"},"modified":"2021-04-02T14:53:54","modified_gmt":"2021-04-02T12:53:54","slug":"sydney-gregan-johannesburg-o-johannesburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47788","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Johannesburg, o Johannesburg!"},"content":{"rendered":"<p>Elders lees ek op Judy Ward, \u2018n vriendin van my uit die jare toe beide van ons dosente was in Johannesburg, se Facebook-blad, oor die verval in Krugersdorp. Foto\u2019s is natuurlik die beste bewys van die verval wat nie alleen daar nie, maar in die res van ons land so opmerklik (en grusaam om te aanskou), aan die orde van die dag is. Die reaksie van mense is al voorspelbaar: \u201cskande\u201d. Tog wil ons nie erken dat ons hulpelose toeskouers van hierdie verval geword het nie.<\/p>\n<p>En voor mens die vraag probeer beantwoord; \u201cwaar gaan dit eindig?\u201d, kom ons ervaar so bietjie \u201cheimwee\u201d oor wat was, ten einde opnuut te besef hoe dramaties dinge verander het. In net sowat 27 jaar.<\/p>\n<p>In 1982 het ek, na my 2-jaar diensplig, in \u201cJohies\u201d beland om in te skryf aan die RAU, die Afrikaanse universiteit in die \u201cEngelse\u201d stad. My koshuis was Afslaan wat toe geblyk het \u2018n uithalerkoshuis te wees wat jaar na jaar sangfeeste, die \u201cBaron Gawie\u201d (die Jooltrofee) en talle sportkompetisies, waaronder natuurlik koshuisrugby, gewen het. Waar braaivleisvure omtrent gebrand het soos die \u201cEwige Vlam van Mamajef Kurgan in Stalingrad\u201d. Ja, ons het selfs die akademiese trofee jaar na jaar gewen\u2026<\/p>\n<p>En waar die Weermag van jou \u2018n \u201cman\u201d gemaak het, veral \u201cbasiese opleiding\u201d en jy intens bewus geword het van ons land se stryd met die \u201cvyandelike\u201d magte wat hierdie vaderland van ons \u201conregereerbaar\u201d wou maak, het jy aan die RAU die idilliese van die lewe intens beleef en allerlei akademiese argumente gehad waarom die vyande nie in hulle doel sou slaag nie. Dis nou, as mense net na jou sou wou luister!<\/p>\n<p>Dit was wonderlike jare (sekerlik van die heel beste) en die RAU het dan ook beslis die mooiste meisies in ons land gehad. Daarom was dit baie lekker om klasse by te woon waar die proffie nie altyd al die aandag gekry het nie\u2026 Ja selfs in die HF Verwoerd-biblioteek (jy het reg gelees, ja!) het jou kop gereeld gedraai as jy veronderstel was om \u201cnavorsing\u201d te doen!<\/p>\n<p>Dis hier waar die sportgogga my werklik gebyt het en ek die voorreg kon smaak om aan SAU\u2019s deel te neem aan onder meer atletiek en landloop. Oral in die land. Sorgvrye, kommervrye dae. Behalwe nou as eksamens aanbreek en jy inderhaas jou notas agtermekaar moes kry. Dis veral hier waar jy vriende ontmoet wat lewenslank jou vriende sou bly. Al bly baie van hulle nou regoor die w\u00eareld\u2026<\/p>\n<p>Wat was lekkerder om \u2018n meisie uit te neem en by Caf\u00e9 de Paris in Hillbrow koffie te gaan drink, daarna in boeke by Estoril Books rond te snuffel of saam met pelle \u2018n hoender by Fontana (wat 24 uur van die dag oop was) te gaan verorber? Ja, Hillbrow was \u2018n baie veilige plek in daardie dae en die Afrikaanse kerk waarvan ek lidmaat was het selfs daar \u2018n kerkgebou gehad en het ons talle eredienste daar bygewoon. Sal ek ooit die dag vergeet toe ds Tony Simpson oor die \u201cwil van die Here\u201d gepreek het? Hy\u2019t onder andere ges\u00ea dat as jy teen 120 km\/h in Eloffstraat af jaag met \u2018n motor en jy verongeluk, jy nie moet redeneer dat dit die Here se wil is nie. Sulke onvergeetlike oomblikke wat onuitwisbare indrukke gelaat het en daar was so baie! Is dit nie trouens waar dat die meeste daarvan uit ons studentedae kom nie?<\/p>\n<p>Ons universiteitslied het gepraat van \u201cdie Rand so tuis so anders\u201d. Hoe waar was dit nie! Johannesburg met sy aangename somers en, vir \u2018n Bosvelder, snerpende winters. Ek was nooit een dag spyt dat ek by die RAU studeer het nie. Uitstekende professore, waaronder my promotor professor Barrie, onder wie se bekwame leiding ek my doktorsgraad voltooi het en wat vandag al 80 jaar oud is; professor JC Sonnekus, dalk een van die beste akademici wat hierdie land ooit opgelewer het, en professor JC van der Walt wat, in my o\u00eb een van die beste dosente was wat ek ooit te\u00ebgekom het. \u2018n LLB-graad wat aan die RAU verwerf is, was hoog in aansien! In elk geval, in daardie dae.<\/p>\n<p>S\u00f3 kan mens voortborduur oor die Goudstad. Intervarsities, ja die dag toe ons die magtige Tukkies die eerste keer die loef af gesteek het. Ons het in daardie dae nog lekker gesing op die pawiljoen met \u2018n rasieleier van formaat.<\/p>\n<p>Waar Koos du Plessis die lof van Pretoria besing met sy \u201cPretoria, Jakarandastad\u201d het ons na Johannes Kerkorrel geluister met sy \u201cGee jou hart vir Hillbrow!\u201d Dit was in daardie dae \u2018n skoon, ordelike en lieflike stad om in te woon. So sou ek onder meer in Crosby (Brixton), Aucklandpark, Triomf (Sophiatown) en Florida-Glen bly voor ek einde 1994 die pad terug Bosveld toe gevat het. Ja, en selfs die Engelse van \u201cJohburg\u201d was nie te \u201conaardig\u201d nie. \u2018n Paar van ons vriende was sommer baie tuis by Pirates Club in Greenside (waar die Engelse besigheidsmanne ons arm studente se drank op Dinsdae-aande betaal het na die 8 km \u201ctime trial\u201d en ons tot laataand in die \u201cpub\u201d gekuier het. Met trots het ons (ek, Deon, die twee Andre\u2019s en Martin) in die Pirates-frokkie menige Comrades-marathons kafgedraf. My heel eerste Comrades was dan ook as \u2018n lid van Pirates en nogal in \u2018n silwer! Gaan kyk maar in hulle klubhuis as julle my nie glo nie!<\/p>\n<p>Maar toe daal die \u201cnuwe\u201d Suid-Afrika op ons neer. Oor die politiek agter daardie besluit wil ek hier nie veel uitwei nie, behalwe dat elkeen wat nugter oor die saak nadink vandag moet erken, dat dit \u2018n fatale besluit was gesien die gevolge wat dit nie net vir die Afrikaner inhou nie, maar vir al die mense van ons land. RAU het geheel en al verengels en sy naam verloor, so ook die bekende strate van \u201cons\u201d stad, waaronder DF Malanrylaan en selfs Jan Smutsrylaan. Toe ek die ander dag verby my Alma Mater ry, was dit asof dit \u2018n wildvreemde plek was. Of iemand besig is om fisies my herinneringe uit te vee. Iets in my wou weerstand bied, maar dan die besef jy jy is weerloos. Jy is tandeloos. Jy is uitgelewer.<\/p>\n<p>Uitgelewer aan wat? Aan die realiteit van Afrika wat niks en niemand ontsien nie. Waar regerings nie \u2018n flenter omgee vir hulle onderdane nie. Die mense (onderdane) plunder en breek omdat die regering dit doen. Dis tog die voorbeeld! Ja, in \u2018n tyd waar almal so versigtig is om reguit en openlik te praat, het ek daardie eienskap nog nooit verloor nie. Dit het my my hele lewe lank \u201cgekos\u201d, maar my nog nooit gestuit nie. Ja, ons besluit om die welvarende land in die hande van swart meerderheidsregering te plaas, was fataal. Dit was dwaas. En wat ons moet besef \u2014 dit sal onder hierdie swart regering, waar \u2018n klein groepie politici al die mag ten alle koste sal behou \u2014 tot ewige nadeel en verdriet van almal in hierdie land, nie verander nie. Ons gaan dit nie reg praat nie en is weens die getallefaktor verdoem tot \u2018n hulpelose minderheid wat jaar na jaar sal kla en hier en daar probeer regstel; maar waarvan die uiteinde, tensy ons weer oor onsself kan regeer, uitwissing is. Dis nie iets wat mense wil hoor nie en \u2018n onderwerp wat baie nie wil aanraak nie, maar ek daag enigeen tot \u2018n debat uit om die teendeel te bewys.<\/p>\n<p>Sonder \u2018n vryheidsideaal lewe ons bloot van dag tot dag en jaar tot jaar. Kan ons dalk weer eie universiteite bou, dorpe skoonmaak en hofsake wen, maar weens die mag van die politiek, die hoogste kroonrat in \u2018n volk en \u2018n land se bestaan, sal ons deurgaans \u201ctyd wen\u201d, soos \u2018n bekende politieke party in die tagtigerjare gepraat het, maar die finale oorwinning nie behaal nie. Trouens, sonder \u2018n vryheidsideaal is die skrif vir seker aan die muur.<\/p>\n<p>Johannesburg sal, tensy ons tot die besef kom dat ons \u00earens \u2018n streep in die sand moet trek, nie net verder verval wat betref sy strate en sy geboue nie, maar dit sal by uisttek die kriminele mekka van hierdie land word. Onregeerbaar, onrehabiliteerbaar, en aan die genade van die Malema\u2019s en hulle juigkommando\u2019s oorgelaat.<\/p>\n<p>Die vuur brand nie meer net nader aan ons nie, die rewolusion\u00eare vuur brand nou om ons. Ons voel die hitte daarvan. Dit sal ons weldra verteer. Ja, saam met Judy treur ek ook oor ons stad van weleer, dog staan ek verwonderd oor \u2018n volk wat sy durf, waarvoor hy so bekend was, verloor het!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elders lees ek op Judy Ward, \u2018n vriendin van my uit die jare toe beide van ons dosente was in Johannesburg, se Facebook-blad, oor die verval in Krugersdorp. Foto\u2019s is natuurlik die beste bewys van die verval wat nie alleen daar nie, maar in die res van ons land so opmerklik (en grusaam om te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":47789,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,4703],"tags":[25161,25164,25162,25163,25165,8856,5285,15747,2186,25166],"class_list":["post-47788","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-sydney-gregan","tag-afslaan","tag-aucklandpark","tag-cafe-de-paris","tag-estoril-books","tag-foto-tania-melnyczuk","tag-hillbrow","tag-johannesburg","tag-rau","tag-triomf","tag-unsplash"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47788","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47788"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47788\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47792,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47788\/revisions\/47792"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47789"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47788"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47788"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47788"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}