{"id":47779,"date":"2021-02-24T14:10:52","date_gmt":"2021-02-24T12:10:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47779"},"modified":"2021-02-24T14:10:52","modified_gmt":"2021-02-24T12:10:52","slug":"orwell-se-grootste-nagmerrie-bewaarheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47779","title":{"rendered":"Orwell se grootste nagmerrie bewaarheid."},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_47780\" aria-describedby=\"caption-attachment-47780\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-47780\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/1984-300x124.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"124\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/1984-300x124.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/1984-768x317.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/1984-400x165.jpg 400w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/02\/1984.jpg 970w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-47780\" class=\"wp-caption-text\">Orwell het hierdie roman in 1948 geskryf en die datum omgedraai as titel.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit sal seker menige lid van die publiek opgeval het hoe dramaties die w\u00eareld besig is om te verander. En hierdie verandering voorspel nie veel goeds vir die mensdom nie. Ons leef deesdae in die w\u00eareld van skadu\u2019s, van morele verval, van sedeprekers wat geen agting vir waarheid het nie, en moordenaars, verkragters en skurke wat die nuwe vryheidsstryders geword het.<\/p>\n<p>Dit het my nou-die-dag laat dink aan die slagspreuke van George Orwell se werk <em>Nineteen Eighty Four<\/em>:<\/p>\n<p>Oorlog is vrede<\/p>\n<p>Vryheid is slawerny<\/p>\n<p>Onwetendheid is krag<\/p>\n<p>Ek moet eerlik toegee dat ek nie die boek gelees het nie, maar ek het wel die film gesien enkele jare gelede.<\/p>\n<p>Toe ek die film gesien het, het dit gelyk soos \u2018n wetenskapfiksieverhaal. Dit was \u2018n werklikheid ver van ons bestaande werklikheid af. Egter, soos wat die tyd aanstap, begin daardie werklikheid steeds meer te oorvleuel met ons huidige realiteitssin.<\/p>\n<p>So sien ons hoedat die Nobelkommitee \u2018n paar weke gelede die subwersiewe Black Lives Matter voorgedra het vir die Nobel Vredesprys. Dit is nou \u2018n organisasie wat \u2013 ondanks sy miljard dollar aan steunfondse \u2013 geen enkele swart student van \u2018n studiebeurs voorsien het nie, geen enkele swart woonbuurt opgeknap het nie, geen enkele armlastige swart Amerikaner gehelp het nie, n\u00f3g mediese steun gebied het aan die mense wat dit die meeste nodig gehad het. Al wat hulle gedoen het is om amok te maak, onskuldige mense dood te skop en slaan, winkels en pakhuise af te brand en bakstene deur vensters te gooi, en was op hierdie manier verantwoordelik gewees vir die grootste skadevergoedings wat die Amerikaanse versekeraars nog ooit betaal het.<\/p>\n<p>Want oorlog is vrede.<\/p>\n<p>In 1865 is slawerny formeel be\u00ebindig in die Verenigde State en onwettig verklaar. Daar is op hierdie stadium geen enkele Amerikaner wat slawe ge\u00ebien het nie, en ook geen gebore en geto\u00eb Amerikaner wat in \u2018n staat van slawerny verkeer het nie. Elkeen wat sedert 1865 in die Verenigde State gebore is, is in vryheid gebore. Desnieteenstaande is daar \u2018n konstante beweging wat nou steeds meer kop begin opsteek waarin van wit Amerikaners verwag word om swart Amerikaners te kompenseer vir slawerny. Selfs hier in Nederland hoor ek sommige radikale swart aktiviste wat dieselfde begin roep.<\/p>\n<p>In my beskeie hoedanigheid sal ek gerus swart Nederlanders wil kompenseer vir hul slawernyverlede, maar dan wil ek eers my pond vleis eis by die Marokkane, Algeryne en Turke wat die wit Europe\u00ebrs ontvoer het na Noord-Afrika en daar in slawerny aanhgehou het. Die Christenslawe, oftwel Witgoud, het m\u00e9\u00e9r mense se lewens ontwrig, langer geduur en was blootgestel aan veel drakonieser maatre\u00ebls as die swart slawe na die Nuwe W\u00eareld. Wat oorbly van my kompensasie van die Marokkane, Algeryne en Turke sal ek gerus aan swartes gee.<\/p>\n<p><em>En passant<\/em>, ek wonder egter wat sou gebeur as ons \u2018n tydmasjien gehad het, en \u2018n swart slaaf van weleer sou oorbring na ons tyd toe. Wat sou daardie slaaf dink as hy kyk hoe swart Amerikaanse jeugdiges \u2013 wat so ywerig om kompensasie vra \u2013 vandag leef. Bykans almal het \u2018n blink geverfde motorkar, dra die nuutste modeklere, bedek met goue kettings en ringe, is gewapend, het \u2018n telefoon op sak wat toegang bied tot al die kennis wat die mensdom nog ooit gehad het, woon in \u2018n huis, koop en verkoop onwettige narkotika en verheerlik geweld met hul r\u00eapmusiek.<\/p>\n<p>Ek sien al in my geestesoog hoe daardie swart slaaf kopskuddend en wanhopig terugklim in sy tydmasjien.<\/p>\n<p>Selfs die vermaarde Harvard Looneyversity (ek kan nie aan \u2018n beter uitdrukking dink nie) <a href=\"https:\/\/hms.harvard.edu\/news\/anti-racist-epidemiology\">beweer<\/a> nou dat Covid minder gevaarlik sou gewees het as swartes eerder vir slawerny gekompenseer was.<\/p>\n<p>Want vryheid is slawerny.<\/p>\n<p>Die Orwelliaanse nagmerrie bekruip ons steeds opvallender. Orwell was immers \u2018n hooggeplaaste inligtingsoffisier vir die Britse MI6 gewees, en hy het sy werke gebaseer op die binnekennis wat hy onder o\u00eb gehad het.<\/p>\n<p>Daardie binnekennis was vroe\u00ebr bekend gewees nie net binne die bewaakte fort van Groot Brittanje se skaduregering nie, maar kon \u2018n mens doodgewoon in die biblioteek raadpleeg. \u2018n Verbasende groot aantal afgevaardigdes verlede eeu het juis die werke van Nesta Webster, H.G. Wells, John Robison, Alexis de Tocqueville en ander gelees, wat \u2018n goeie ori\u00ebntasie bied van die aard en omvang van die W\u00eareldrewolusion\u00eare Beweging wat al sedert die Franse Rewolusie bekokstoof was.<\/p>\n<p>Verwoerd het destyds nog sy angs uitgespreek dat as Nelson Mandela ooit president van Suid-Afrika sou word, sou die hele w\u00eareld aan Kommunisme val. En nou sit ons nie net met \u2018n dwaas soos kameraad-president Biden in die Withuis nie, maar die gesaghebbende New York Times <a href=\"https:\/\/www.rt.com\/op-ed\/516095-nytimes-critical-thinking-wrongthink-lockstep\/?fbclid=IwAR3fa0WOLQKH5MhiUs1lauQZuwhUV0G3J2QcbHOwgC4ujbRktARKGBR3ojY\">beweer<\/a> sowaar dat hul lesers voortaan nie te krities die nuusgebeure moet ontleed nie. Laat staan nog die ontslape kameraad Zbigniew Brzezinsky se dogterlief <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=quU_Tbv96Wk&amp;fbclid=IwAR2Mm5v9J09RCWigZUjyWnD3JdhUXV6lI9rglPmk0qLgqfpSIpBR6drJMOs\">Mika<\/a> wat meen dat dit hul (die hoofstroommedia se) werk is om te beheer wat ons mag dink.<\/p>\n<p>Want o wee! die laaste ding wat die gevestigde orde wil h\u00ea is mense wat vir hulself dink. Geen vrae oor die koronavirus, Rusland, sleg wittes, terroriste en dies meer mag gevra word nie. Waar dit nog enkele jare gelede as ondersoeksjoernalistiek beskou was om kritiese vrae te stel, is dit nou ewe skielik herdoop tot komplotdenke, en soos ons weet is komplotdenke \u2018n teken van <a href=\"https:\/\/psychcentral.com\/blog\/conspiracy-theory-disorder-understanding-why-people-believe\">malheid<\/a> wat hoofsaaklik aangehang word deur mense met \u2018n lae IK, lae selfbeeld, onsekerheid en sosiaal wanaangepas is.<\/p>\n<p>Want onwetendheid is krag.<\/p>\n<p>Van alle hoeke en kante kan \u2018n mens deesdae dopgehou word. Jou slimfoon kan gekraak word om na jou gesprekke te luister selfs al is dit uitgeskakel, volgens Edward Snowden altans. Julian Assange word nog steeds gemartel oor sy WikiLeaks webwerf sodat ons in onkunde mag leef.Donald Trump is met grootskalige verkiesingsbedrog uit die Withuis verwyder, en die World Economic Forum het al <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=aztvWxRKqDQ\">planne<\/a> klaar om ons teen 2030 volledig van ons eiendomme te vervreem.<\/p>\n<p>As ons al hierdie in o\u00ebnskou neem, bly daar maar net een vraag terg: Hoekom is daar geen opstand teen hierdie elites nie? Met al die gruwel wat onder die Sowjet Unie nog binne menseheugenis afgespeel het, waar is die oproerkraaiers, die ware vryheidstryders om teen hierdie komende onheil te verweer?<\/p>\n<p>Dit is \u2018n vraag wat ons nog vir heelwat generasies gaan pla, net soos dit Orwell gepla het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit sal seker menige lid van die publiek opgeval het hoe dramaties die w\u00eareld besig is om te verander. En hierdie verandering voorspel nie veel goeds vir die mensdom nie. Ons leef deesdae in die w\u00eareld van skadu\u2019s, van morele verval, van sedeprekers wat geen agting vir waarheid het nie, en moordenaars, verkragters en skurke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[25156,22200,7343,5683,25159],"class_list":["post-47779","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-biden","tag-black-lives-matter","tag-george-orwell","tag-harvard","tag-mika-brzezinsky"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47779"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47779\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47781,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47779\/revisions\/47781"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}