{"id":47775,"date":"2021-01-11T15:18:13","date_gmt":"2021-01-11T13:18:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47775"},"modified":"2021-01-11T15:18:13","modified_gmt":"2021-01-11T13:18:13","slug":"tim-arrie-en-die-trump-offensief","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47775","title":{"rendered":"Tim, Arrie en die Trump-offensief"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-47777\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-300x300.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-300x300.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-1024x1024.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-100x100.jpg 100w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-768x768.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-250x250.jpg 250w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump-400x400.jpg 400w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2021\/01\/Trump.jpg 1161w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/p>\n<p>As ons die media dophou van die afgelope paar dae, sien ons dat dit nie net Tim du Plessis is met sy skimprede oor die vermoorde Amerikaanse oorlogsveteraan Ashli Babbitt in die Capitolgebou in Washington nie. Ek ontdek toevallig hierdie <a href=\"https:\/\/www.vryeweekblad.com\/nuus-en-politiek\/2021-01-07-trump-die-laaste-strooi\/?utm_medium=Social&amp;utm_source=Facebook&amp;fbclid=IwAR1mFal_dtn2UwzDK0RhYP04nG4yNPVJMRjoLVny_7X2WaVS5nLHB5yQ2xs#Echobox=1610075752\">artikel<\/a> in die <em>Vrye Weekblad<\/em> wat deur korrespondent Arrie Rossouw geskryf is in die nasleep van die Trump nederlaag in Washington. Ook hierin word \u2018n parallel getrek tussen die vermoorde Amerikaner en die AWB-lede in Bophutatswana.Dit verbaas seker nie, maar sedert die tyd van Max du Preez het die <em>VW<\/em> nog glad nie die geringste moeite gedoen om hulself op die hoogte te stel oor gebeure in die w\u00eareldpolitiek nie. \u00a0Suid-Afrika is totaal vernietig as gevolg van die rampspoedige beleidsrigting wat deur die <em>VW<\/em> gesteun is, en nou is die Verenigde State aan die beurt.<\/p>\n<p>As ons die <em>Vrye Weekblad<\/em> van een ondeug sou beskuldig, sou dit seker selektiewe verontwaardiging wees. Toe Black Lives Matter enkele maande gelede daardie land op sy knie\u00eb gedwing het, het die w\u00eareld se linkse gekke en dwase hierdie gesien as \u2019n fantastiese daad van solidariteit. BLM was verantwoordelik gewees vir die hoogste skadevergoeding ooit wat deur die versekeraars uitbetaal moes word in die geskiedenis van Amerika (meer as 9\/11 met ander woorde), en almal wat \u2019n ander menig gehuldig het was skielik hul lewens nie meer seker nie. Selfs die All Lives Matter aanhangers het klappe gekry vanuit die ekstreemlinkse hoek, ondanks die feit dat aansienlik baie Black Lives Matter ondersteuners lelieblank was.<\/p>\n<p>Desnieteenstaande kan ek goed indink hoekom mense gefrustreer wou wees met die verkiesingsuitslae. Daar is meer as genoeg <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=XeML7-7GnjI&amp;t=402s\">bewys<\/a> dat die verkiesings nie eerlik verloop het nie. Honderde mense het \u2019n be\u00ebdigde verklaring afgel\u00ea waarin hulle onre\u00ebmatighede tydens die stemmetellery gekonstateer het. Op videobeeld sien ons hoe in die middel van die nag \u2019n hele koffer met (Biden) stemme afgegee was by die stemburo\u2019s, terwyl die pro-Republikeinse toesighouers al huistoe gestuur was. Die vensters van \u2019n stemburo in Michigan was met borde toegedek sodat die publiek nie na binne kon kyk nie, terwyl die wetgewing duidelik stel dat dit nie mag gebeur nie. Almal het die reg om te sien hoe stemme getel word. Die ander toesighouers moes vanaf 10 meter afstand met verkykers die tellery dophou terwyl die wet stel dat toesighouers tussen die tellers moet rondloop. Sommige getuies het melding gemaak hoedat Biden stemme tot 24 keer deur dieselfde telmasjien gevoer was om sy syfers kunsmatig te verhoog. In die middel van die nag het die firma wat die stemme tel besluit om hul sagteware \u201cop te waardeer\u201d wat gelei het dat in twee state tegelyk Biden se steun pylreg opgeskiet het om Trump verby te streef. In ander gevalle het argelose burgers na die stemburo\u2019s gegaan om te gaan stem, om dan te verneem dat \u201chulle alreeds gestem het\u201d. In ander gevalle was stemme uitgedeel van mense wat in 1900 gebore was, met ander woorde 120 jaar oud is. \u2019n Vragmotorbestuurder het instruksie gekry om meer as driehonderd duisend stemme van een staat na \u2019n ander te ry om opnuut getel te word.<\/p>\n<p>Die firma AT&amp;T in Nashville\u00a0 het op die punt gestaan om \u2019n forensiese oudit te doen op die stemme, maar op Kersdag het Biden en sy agterban \u2019n wonderlike geskenk gekry toe hierdie kantoor ewe skielik deur \u2019n bom opgeblaas was. Voor die bomontploffing het daar selfs \u2019n publieke noodoproep uitgegaan dat almal onmiddelik die gebied moes verlaat.<\/p>\n<p>Dat daar grootskalige genoeiery was met die stemmetellery, en dat selfs die regters in die hooggeregshof die stemme as legitiem beskou het, bewys hoe grootskalig en indringend die korrupsie in Amerika geword het. Dit laat onmiddelik \u2019n liggie brand oor die 1994 eerste groot landelike verkiesings in Suid-Afrika waarin die \u201conafhanklike\u201d verkiesingskommissaris regter Kriegler agteraf aan Jaap Marais toegegee het dat \u2019n \u201cmens kan nie kuis bly in \u2019n bordeel nie\u201d.<\/p>\n<p>Andersyds is die geloofwaardigheid van \u2019n Biden-oorwinning maar baie gering. Selfs met \u2019n beroemdheid soos Lady Gaga aan sy sy, kon hy nouliks 80 mense na sy kampanjes lok, en nou ewe skielik het hy 81 miljoen stemme gewerf, die hoogste ooit in die geskiedenis van die Verenigde State. Biden het totaal geen charisma nie en is duidelik seniel. Hy kan geen sin klaarmaak sonder om eindeloos te haper en stotter nie, en praat dikwels onsamehangend. In \u2019n ander situasie het hy te midde van \u2019n toespraak van die verhoog afgestap. Selfs na die eerste (en enigste) presidensi\u00eble debat het Biden agteraf gedink dat hy met George Bush gedebateer het, en die dabatfasiliteerder het Trump verbied om vrae oor Biden se seun te stel.<\/p>\n<p>\u2019n Mens wonder, as Trump so \u2019n golf van teenstand het, hoekom is \u2018n pateet soos Biden die enigste demokratiese kandidaat wat hulle kon kry uit 81 miljoen demokratiese stemmers?<\/p>\n<p>Ondertussen is Biden nog steeds onderhewig aan \u2019n kriminele ondersoek teen hom vanwee die situasie met sy seun, die crack-rokende pedofiel Hunter Biden. Sonder enige goeie rede sit Hunter op die raad van \u2019n Oekra\u00efense oliebedryf terwyl hy niks van olie af weet nie, en geen kennis van Oekra\u00efene het nie, maar hy verdien wel dollarbedrae met vyf nulle links van die komma. Laat staan nog dat pappa Biden die Oekra\u00efense outoriteite \u2019n miljard dollar omkoopgeld betaal het om \u2019n kriminele ondersoek na sy seun te laat vaar. Toe Trump die Oekra\u00efeners opgebel het om hierdie verhaal te verifieer, wou die demokrate Trump afsit weens magsmisbruik.<\/p>\n<p>Rossouw meen verder in sy skrywe hoe Trump, die narsistiese psigopaat, met misleiding, leuens en samesweringseorie\u00eb en roekelose leierskap nie aan Biden kon afstaan nie omdat hy blykbaar nie kan vat dat hy die verkiesing verloor het nie.<\/p>\n<p>Ek wonder of Rossouw homself vergewis het met die skandaal wat ondertussen bekend staan as Obamagate. Met medewete van Biden het Obama destyds vanuit die Withuis willens en wetens Trump se gesprekke in Trump Towers afgeluister in \u2019n poging om sy kampanje te sink. Obama se aangestelde CIA hoof John Brennan het selfs met \u2019n vervalste paspoort na Oekra\u00efene gereis om te sien of hy iets teen Trump kon vind om hom te ondermyn. Sulke aksies vorm \u2019n groter skandaal as Nixon se Watergate, maar word deur die linkse kop-in-een-mus hoofstroommedia onder die mat gevee.<\/p>\n<p>Ondertussen is Trump se prestasies welbekend:<\/p>\n<ul>\n<li>Onder sy leierskap het die Dow Jones index met \u2019n derde in waarde toegeneem binne die eerste halfjaar van sy aanstelling, die vinnigste en hoogste sprong ooit.<\/li>\n<li>Die Swart en Hispaniese Amerikaners het die laagste werkloosheidsyfer behaal in die geskiedenis van die VS onder sy presidentskap.<\/li>\n<li>Toe Hillary Clinton nog in die wedloop was, het die w\u00eareld op DefCon 3 gestaan. Dit is \u2019n verhoogde staat van paraatheid ten tye van kernoorlog. Met Trump se oorwinning het die DefCon teruggeskaal na 5, met ander woorde veilig.<\/li>\n<li>Hy is die eerste president in meer as 43 jaar wat geen nuwe oorlog begin het nie. Sy voorganger Obama is die mees krygslustige president in die geskiedenis van die VSA, en het teen sewe lande tegelyk oorlog gemaak. Dit is drie lande meer as sy voorganger George W. Bush. Ook het Obama tien keer(!) meer <a href=\"https:\/\/www.thebureauinvestigates.com\/stories\/2017-01-17\/obamas-covert-drone-war-in-numbers-ten-times-more-strikes-than-bush\">hommentuigaanvalle<\/a> geloods as Bush.<\/li>\n<li>Onder Trump het die aantal geweldsmisdade <a href=\"https:\/\/ucr.fbi.gov\/crime-in-the-u.s\/2018\/crime-in-the-u.s.-2018\/topic-pages\/violent-crime\">afgeneem<\/a> vergeleke met Obama.<\/li>\n<li>Ondanks die linkses se ewige geweeklag oor die muur en deportasies van onwettige immigrante, het Trump nog minder onwettiges laat <a href=\"https:\/\/www.pewresearch.org\/fact-tank\/2020\/03\/02\/how-border-apprehensions-ice-arrests-and-deportations-have-changed-under-trump\/\">arresteer<\/a> as Obama. Almal was teen Trump se muur, maar oor die mensonterende hokke waar onwettiges in aangehou was onder Obama, swyg die media soos die graf.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Obama\/Biden kabinet se prestasies is ook bekend.<\/p>\n<ul>\n<li>Die Pigford skandaal: Obama het teen die Hooggeregshof se besluit in \u2019n opdrag bekragtig om 90 000 swartes ten onregte te kompenseer vir landonteiening, terwyl slegs hooguit 2 000 nasate van swart boere aanspraak hierop gehad het. Dit het die Amerikaanse belastingbetaler vier en \u2019n half miljard dollar gekos. Obama het letterlik voor swart kerkgemeentes sonder aansien des persoons opgedaag en ges\u00ea dat hulle kompensasies mag opeis. Sommiges het tot soveel as vyftig duisend dollar opgestryk.<\/li>\n<li>Die Tea Party belastingskandaal: In \u2019n poging om die konserwatiewe bewegings en stigtings in die VSA dwars te l\u00ea het Obama \u2019n grootskalige belastingoudit ge\u00ebis van hierdie organisasies, terwyl linkse stigtings skotvry daarvan afgekom het. Agteraf het die outoriteite toegegee dat dit gedoen was om konserwatiewes te fnuik en te treiter.<\/li>\n<li>Die Fast and Furiousskandaal: Onder Obama het die ATF-polisiediens Amerikaanse wapenleweransiers opdrag gegee om wapens aan Meksikaanse dwelmkartels te verkoop. Die rede was dat hulle \u201cwou sien waar hierdie wapens heen gaan\u201d sodat hulle die hele kartel kon ontdek en arresteer. Toe hierdie wapens egter in die hande van die kartels beland het, het hulle vervolgens niks gedoen nie, en het hierdie kartels het \u2019n golf van terreur veroorsaak in Meksikaanse stede.<\/li>\n<li>Die Benghazi aff\u00eare: Hilllary Clinton het onder Obama \u2019n hele aantal vertroulike eposse uit laat lek, waarvan onder andere die agenda van hul ambassadeur Stevens in Benghazi, Libi\u00eb. Vervolgens kon sy afsprake ingesien word deur Jan en alleman en was dit kinderspel gewees om hom te vermoor, wat inderdaad gebeur het. Die moord op Stevens het Obama\/Clinton gebruik as <em>casus beli<\/em> om Libi\u00eb en Khadaffi te vernietig. Daardie land is tot op hede volledig in chaos en anargie gedompel, en blykbaar het die Clinton Libi\u00eb se goudreserwes gesteel om die oorlog teen Siri\u00eb te finansier.<\/li>\n<li>Die bogenoemde Obamagate, waarin hy Trump afgeluister het om sy presidentskap te ondermyn. Dit is niks minder as \u2019n staatsgreep nie.<\/li>\n<li>Sy Obamacare leuen: Ondanks sy beloftes dat vir die gewone versekerde Amerikaner niks sou verander nie, is die waarheid dat in baie gevalle het medies versekerde Amerikaners berig ontvang dat hulle premies nie voldoen aan die Affordable Care Act se kriteria nie. Om hulle mediese verdekering te behou sou hulle dubbel so veel premie betaal. Die fluitjieblaser in hierdie verband is die versekeringsagent Rich Weinstein.<\/li>\n<li>Die CIA se oormatige inmenging met die nuusmedia: Volgens die afgedankte verslaggewer Sharyl Attkisson het John Brennan \u2019n hele netwerk van ondersoek en intimidasie opgerig om Obama se skandale toe te dek. Attkisson self het ook haar werk verloor as gevolg van Brennan. Sy het \u2019n boek hieroor geskryf genaamd <em>Stonewalled: My Fight For Truth Against the Forces of Obstruction, Intimidation and Harassment in Obama\u2019s Washington<\/em>.<\/li>\n<li>Die bekragtiging van die Monsanto Act: Hierdie omstrede bedryf met hul geneties gemanipuleerde sade en inentings, wat alreeds siektes en kanker veroorsaak het, is nou immuun teen vervolging.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Ondertussen het ekstreemlinks die Verenigde State op sy knie\u00eb gedwing die afgelope paar maande, maar CNN het hierdie aksies bestempel as \u201cvurig maar meestal vreedsaam\u201d, terwyl die agtergrond oranje gegloei het van afgebrande geboue. Om maar te swyg oor die Russiese inmenging verhaal om Trump verkose te kry, wat toe uiteindelik \u2019n stil dood gesterf het nadat geen enkele bewys of ondersoek hierdie gerug kon onderbou nie.<\/p>\n<p>Feit van die saak is dat die Amerikaners vir die eerste keer in \u2019n lang tyd \u2019n president gehad het wat resultate gelewer het. Dit is \u2019n groot verskil met die le\u00eb beloftes van die beroepspolitici voor hom. Andersyds vrees Amerika nog verdere tirannie onder Biden. Al daardie ou krygshere het Biden weer binnegehaal en gaan die eindelose konflikte waaronder ISIS, Al Ka\u00efda ensovoorts weer voortgaan. Onder Biden gaan die Amerikaanse middeklas verder verarm, die regering gaan groter word, persoonlike vryhede gaan ingeperk word.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n dun straaltjie van hoop egter.<\/p>\n<p>Met die bestorming van die Capitol het die betogers \u2018n groot aantal skootrekenaars gesteel, waaronder die van die ekstreemlinkse Trumphater Nancy Pelosi. As daar genoeg belastende bewys op hierdie rekenaars gevind kan word, kan ons met \u2018n bietjie geluk hoop op grootskalige arrestasies van die Washingtonse binnekringe. Dit is uiteraard die rede waarom die demokrate twee weke voor sy vermeende uittrede alweer \u2018n poging waag om Trump af te sit. Ook om te keer dat hy nie in 2024 weer \u2018n gooi kan doen na presidentskap nie.<\/p>\n<p>Trump het in die verlede af bewys dat hy op die laaste oomblik telkemale teruggebons het na \u2018n nederlaag.<\/p>\n<p>Kom ons hoop dat ons weer \u2018n soortgelyke spektakel gaan sien. Daarna hoef ons hopelik ons finaal nie meer te steur aan \u2018n Tim du Plessis of Arrie Rossouw nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ons die media dophou van die afgelope paar dae, sien ons dat dit nie net Tim du Plessis is met sy skimprede oor die vermoorde Amerikaanse oorlogsveteraan Ashli Babbitt in die Capitolgebou in Washington nie. Ek ontdek toevallig hierdie artikel in die Vrye Weekblad wat deur korrespondent Arrie Rossouw geskryf is in die nasleep [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[25155,25156,25158,25157,5642,20899,8163],"class_list":["post-47775","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-arrie-rossouw","tag-biden","tag-fast-and-furious","tag-pigford","tag-tim-du-plessis","tag-trump","tag-vrye-weekblad"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47775","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47775"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47775\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47778,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47775\/revisions\/47778"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47775"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47775"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47775"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}