{"id":47771,"date":"2021-01-10T18:23:27","date_gmt":"2021-01-10T16:23:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47771"},"modified":"2021-01-10T18:23:27","modified_gmt":"2021-01-10T16:23:27","slug":"elma-potgieter-ekskuus-vryheid-van-spraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47771","title":{"rendered":"Elma Potgieter: Ekskuus, vryheid van spraak?"},"content":{"rendered":"<p>Vryheid van spraak is `n mite.<\/p>\n<p>Waarom? Ek weet nie.<\/p>\n<p>Wat ek wel weet. Daar bestaan `n stille verstandhouding<a href=\"#footnote-1\">1<\/a> onder \u201cingeligtes\u201d dat alle uitsprake sal voldoen aan die ongeskrewe re\u00ebls van die aanvaarde algemene politiek-sosiale tendens van die tyd.<\/p>\n<blockquote><p>At any given moment, there is a sort of all pervading orthodoxy, a general tacit agreement not to discuss large and uncomfortable facts.\u201d &#8211; George Orwell.<\/p><\/blockquote>\n<p>En die \u201caanvaarde algemene politiek-sosiale tendens van die tyd\u201d is:<\/p>\n<p>\u201cdie hoofstroommedia en sy goedgekeurde spreekbuise is altyd reg.\u201d<\/p>\n<p>En ek, Kiepie, wat die sosiale media baie weinig gebruik, het tot eergister nog gedag dis die Twitters en die FB\u2019s wat aan individue \u2018n mate van vryheid van spraak verskaf het.<\/p>\n<p>Waarom het ek nog nie \u2018n piep van protes \u00earens gehoor oor die feit dat Trump se \u201csosiale\u201d stem stilgemaak is nie.?!<\/p>\n<p>Wie moet beskerm word teen hom? Koop mense werklik die rede wat Zuckerberg verskaf \u2013 bang vir nog geweld? R\u00earig, Blommie?<\/p>\n<p>Wees bang ja, baie bang \u2013 vir (permanente) inperking van vryheid van spraak, vryheid van denke.<\/p>\n<p>Hier ter plaatse.<\/p>\n<p>Eintlik het ek vrede met wat die Amerikaners aanvang, maar my nekhare begin rys oor die inperking wat al hoe blatanter hier kop uitsteek \u2013 voorskriftelikheid ten opsigte van vele dissiplines ook wat betref fiksionele inhoud vir TV-netwerke.<\/p>\n<p>En net hier, presies op hierdie punt moet Kiepie haarself in die bek ruk, want Kiepie wil graag bly werk. Daarom kan ek nie netwerke by die naam noem nie \u2013 ek kan, maar ek gaan nie.<\/p>\n<p>Wat ek wel gedoen het: Ek het die foltertoneel uit George Orwell se Nineteen Eighty-Four (p.198) vertaal. Die toneel spreek vanself.<\/p>\n<p>Die hoofkarakter in Orwell se roman, Winston Smith, word gefolter deur die Partyverteenwoordiger, O\u2019Brien. Die arme na\u00efewe Winston kan dit nie regkry om sy gedagtes, sy geheue, aan te pas of uit te wis <a name=\"_GoBack\"><\/a> nie. Weet hy dan nie hy moet homself herprogrammeer nie?! Dit maak O\u2019Brien radeloos.<\/p>\n<p>\u201cOnthou jy,\u201d gaan hy aan, \u201cjy\u2019t in jou dagboek geskryf, \u2018Vryheid is die vryheid om te s\u00ea twee plus twee is gelyk aan vier\u2019?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa,\u201d s\u00ea Winston.<\/p>\n<p>O\u2019Brien hou sy linkerhand op, die rugkant na Winston, met die duim na binne en die vier vingers uitgestrek.<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vingers hou ek op, Winston?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier.\u201d<\/p>\n<p>\u201cEn as die Party s\u00ea dis nie vier nie maar vyf \u2013 hoeveel dan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier.\u201d<\/p>\n<p>Die woord eindig in &#8216;n pynkreet\u2026<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vingers, Winston?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vingers, Winston?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier.\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vingers, Winston?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier! Vier! Wat kan ek anders s\u00ea? Vier!\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vingers, Winston?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier! Hou op, hou op! Hoe kan jy aangaan? Vier! Vier!\u201d<\/p>\n<p>\u201cHoeveel vingers, Winston?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVyf! Vyf! Vyf!\u201d<\/p>\n<p>\u201cNee, Winston, dis hopeloos. Jy lieg. Jy dink nog steeds daar is vier. Hoeveel vingers, asseblief?\u201d<\/p>\n<p>\u201cVier! Vyf! Vier! Net wat jy wil. Hou net op, hou net op met die pyn!\u201d<\/p>\n<p>Dit klink absurd. Dis soos Eric Blair alias George Orwell dit bedoel het. Absurd. Ons leef in `n soortgelyke absurde kultuur. Absurd en treurig. So treurig dat my keel daarvan toetrek. Voor 1949 het 1984 ver geklink, wat nog te s\u00ea 1994 of 2014 &#8230;<\/p>\n<p>Of wat dit betref 2021&#8230;<\/p>\n<p>\u00a9 Elma Potgieter (9 Januarie 2021)<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vryheid van spraak is `n mite. Waarom? Ek weet nie. Wat ek wel weet. Daar bestaan `n stille verstandhouding1 onder \u201cingeligtes\u201d dat alle uitsprake sal voldoen aan die ongeskrewe re\u00ebls van die aanvaarde algemene politiek-sosiale tendens van die tyd. At any given moment, there is a sort of all pervading orthodoxy, a general tacit agreement [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":618062,"featured_media":47772,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25107,10],"tags":[12998,2878,7533,7321,5907],"class_list":["post-47771","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-elma-potgieter","category-rubrieke","tag-donald-trump","tag-facebook","tag-sensuur","tag-spraakvryheid","tag-twitter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47771","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/618062"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47771"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47771\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47773,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47771\/revisions\/47773"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47772"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47771"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47771"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47771"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}