{"id":47749,"date":"2020-12-15T10:05:52","date_gmt":"2020-12-15T08:05:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47749"},"modified":"2020-12-15T10:17:44","modified_gmt":"2020-12-15T08:17:44","slug":"sydney-gregan-word-jy-nog-begeester-deur-16-desember","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47749","title":{"rendered":"Sydney Gregan: Word jy nog begeester deur 16 Desember?"},"content":{"rendered":"<p>Op 16 Desember sal die Afrikanervolk weer die Gelofte herdenk. Dit wil somtyds voorkom of baie volksgenote die dag herdenk asof hulle blomme op \u2018n geliefde se graf gaan plaas. Of dalk om hulle gewete te sus. Want wat na die 16de gebeur, vertel wat talle Afrikaners betref, \u2018n verhaal van traak-my-nie-agtigheid en argeloosheid oor die erfenis en toekoms van die Afrikaner. So asof die doodsklok vir die volk van weleer gelui het en daar nou maar bloot na \u2018n ekonomiese leefruimte in die veelrassige nuwe Suid-Afrika gesoek moet word.<\/p>\n<p>Dit is d\u00e1n wanneer \u2018n mens besef dat die diepgang van die gebeure van 16 Desember by baie verbygegaan het. Dit is die diepte van die gebeurtenis wat langdurige waarde daaraan gee en nie die blote feit van \u2018n milit\u00eare oorwinning oor die Zoeloes op daardie dag nie. Bloot milit\u00ear gesien is daar selfs die skeptici en kritici wat beweer dat die 469 manne beter toegerus was as die sowat 12 000 Zoeloes en derhalwe nie eers aan daardie faset veel waarde wil heg nie.<\/p>\n<p>Daarom behoort die milit\u00eare van die historiese dag nooit in afsondering gesien te word nie, want d\u00edt alleen kan nie langdurige begeestering by \u2018n volk opwek nie. Die gebeure wat Bloedrivier voorafgegaan het, het ewigheidswaarde vir diegene wat bereid is om dit in te sien en deel van hulle lewens- en w\u00eareldbeskouing te maak. Bloedrivier is nie \u2018n dag nie, maar die kulminasie van \u2018n strewe wat in God sy hoogtepunt gevind het.<\/p>\n<p>Die trekkers in Natal was op die vooraand van 16 Desember op \u2018n geestelike laagtepunt. Die gebeure rondom Italeni, Bloukrans en Weenen; die bloedvergieting, leiertwis, pessimisme, angs en nood, het die hele Groot Trek op \u2018n mespunt laat balanseer. Kaalvoet oor die Drakensberge ja, maar was alles dan verniet? moes seker die vraag by baie van daardie mense gewees het.<\/p>\n<p>En dan is die vraag watter faktore het dan die deurslag bepaal? Eerstens glo ek die <b>onwrikbare geloof<\/b> by daardie mense wat geanker was in, soos hulle dit self gestel het, die \u201cAlmagtige God\u201d. By al hulle gebreke en al die kritiek wat mens kan lewer moet moet mens eenvoudig in stomme verbasing en verwondering staan dat hulle moed en hoop so vas geanker was in hulle geloof. <b>Hulle het in totale afhanklikheid van God gelewe<\/b>. Dit was \u2018n opregte Godsgeloof en nie \u2018n platvloerse klein- of bygeloof nie. Ja, geen sakpasgeloof nie. Dit was die grondslag van hulle hele bestaan.<\/p>\n<p>Tweedens, en omdat hulle geloof so sterk was, kon hulle die terugslae en die storms weerstaan. \u2018n Ewigheidsgeloof kan die daaglikse houe hanteer en sal, selfs in tye van diepe ellende en smart, \u2018n volk dra deur baie diep driwwe en verhef tot baie groot hoogtes. <b>Feit is hulle het gebid en was in lewende gesprek met hulle Heiland<\/b>. Hulle was dalk van die w\u00eareld verlate, maar het \u2018n onlosmaaklike lewende band met God gehandhaaf. Dit het hulle gedra deur die pessimisme, die angs en verdriet; ja en selfs die vrees wat hulle moes ervaar het.<\/p>\n<p>Dit is egter die derde faktor wat baie mense vandag miskyk. Die trekkers het \u2018n <b>leier in die persoon van Andries Pretorius<\/b> gevind wat, soos ons gesien het, menslik gesproke feitlik <b>onkreukbaa<\/b>r was en wat dapperheid betref, sonder gelyke. Leierskap in sulke tye speel, soos wat die ganse geskiedenis bewys, \u2018n deurslaggewende rol. Leiers wat nie wik nie, wat nie terugdeins nie, wat nie by die vyand aanl\u00ea of toenadering soek nie. Pretorius het geweet daar is net een uitweg: verslaan die Zoeloes! En d\u00edt het hy in sy voorbeeld na woord en daad met onderskeiding gedoen \u2013 tot begeestering van sy manne en vir geslagte lank. Dit het die kroon op die gebeure geplaas.<\/p>\n<p>Die wyse waarop die Voortrekkers die oorwinning beleef het, vertel van \u2018n gesindheid van dankbaarheid en nederigheid, eerder as van selfsug, hoogmoed en selfverheffing. Ja, hulle het besef wie en wat die deurslag gegee het.<\/p>\n<p>Ons moet daardie tipe van ons volk vandag vergelyk met d\u00edt wat ons tot \u2018n groot mate is en geword het en rondom ons waarneem. <b>Waarin l\u00ea ons lewe verankerd?<\/b> In ons daaglikse oorlewing of in ons daaglikse dankbaarheid? In \u2018n <b>materi\u00eble toekomsverwagting <\/b>of in \u2018n Godsverwagting van \u2018n lewe anderkant hierdie lewe? Kan ons nog praat van \u2018n onwrikbare geloof in die \u201cAlmagtige God\u201d, bedoelende Hy wat oor alles regeer en ook oor ons volk se toekoms? Feit is, indien daardie geloof nie onwrikbaar is nie; maar deur stormpies en rukwinde soos Covid-19 en \u201cmenseregte\u201d omgewaai en meegesleur word, sal Geloftedag vir ons geen begeestering inhou nie, maar vir seker slegs hoogstens \u2018n gewetenswroeging wat baie maklik deur ander aktiwiteite verdring sal word. Dit is immers wat die woorde \u201cin totale afhanklikheid van God\u201d beteken. Die 1961-grondwet het gepraat van \u201cIn nederige afhankheid van die Almagtige God\u201d. Wonder ons nog hoekom ons in hierdie situasie verkeer met \u2018n Grondwet wat spog \u201cOns die mense\u201d? <b>As jou hoogste wet in jou land God minag, vra dan nie verdere vrae oor jou toekoms nie!<\/b><\/p>\n<p>&#8216;n Bygeloof en \u2018n kleingeloof het as neweprodukte hoogmoed, verwaandheid, arrogansie, selfsug, eersug \u2013 iets wat ons samelewing vandag ten ene male kenmerk. <b>Wanneer jou afhanklikeid in jou \u201cmenseregte\u201d gesetel is in stede van in God, dan is daar geen diepgang meer in jou bestaan nie<\/b>. Dan word selfs kerkbesoek \u2018n formaliteit eerder as \u2018n opregte behoefte om jou afhanklikheid te bevestig en te bestendig. Hoe oppervlakkig het alles nie geword nie! Ons het trots op \u2018n verlede vervang met hoogmoed en selfverheffing in nietige gebeurtenisse soos om \u2018n \u201cWorld Cup\u201d te wen en mekaar dan \u201chigh fives\u201d te gee na die tyd terwyl Bok van Blerk \u201cDe la Rey\u201d in die agtergrond sing, net om ons nog \u2018n bietjie \u201cmoed\u201d te gee. <b>Maar dan die vraag: Vir wat sal ons dan daardie moed aanwend?<\/b><\/p>\n<p>Wat die derde faktor betref, is ons soekende na \u2018n Afrikanerleier vandag wat nie gemeensaak maak met die vyand nie; wat nie praat van \u201cons\u201d Grondwet nie, wat in woord en daad die Afrikaner sal lei uit hierdie moeras omdat hy self bo alle verdenking staan. <b>In \u2018n Godsgeloof verankerd en wat die vryheid van sy volk in \u2018n eie vaderland begeer.<\/b> Dis tog waarom die Voortrekkers getrek het \u2013 om vry en soewerein te wees in \u2018n land van hulle eie.<\/p>\n<p>Om jouself te betuig uit hoofde van \u2018n verankerdheid in God en jouself te handhaaf teenoor die vyand vereis dat jy grense sal trek tussen jou en daardie vyand. Is ons nog daartoe in staat en bereid? Of het menseregte ons so sag gemaak dat ons in ons verwardheid nie eers meer vriend van vyand kan onderskei nie? Vergeet daarvan om \u201ctyd te koop\u201d en te hoop dat die vyand homself sal uitbrand of die \u201cmeerderheid\u201d sal begin insien dat \u201cdinge\u201d behoort te verander. Beginselvaste mense koop nie tyd nie en wag nie dat ander sal insien wat verkeerd is nie. <b>Die uur van afrekening is soos 16 Desember nou elke dag van ons lewe en nie meer \u2018n bepaalde dag in die toekoms nie.<\/b><\/p>\n<p><b>Is daar \u2018n beter bewys van die hopeloosheid van \u2018n toekomsverwagting as die geprewel na elke plaasmoord dat dit nou \u201cgenoeg\u201d was?<\/b><\/p>\n<p>Ek het begin deur te s\u00ea dat 16 Desember slegs weer waarde op die 17de \u00e9n daarna sal h\u00ea as ons dit \u2018n roeping maak, eerder as \u2018n dag om te herdenk. As ons die grondslag van ons bestaan suiwer hou. As ons soos die manne van Bloedrivier op die almag van God vas-vertrouend sal lewe en bou.<\/p>\n<p>Dis slegs dan wanneer ons met alle eerlikheid sal kan onderneem: <b>\u201cGee ook ons die krag o Here om te handhaaf en te hou!\u201d<\/b> Mag die God van Bloedrivier, ja die God van alle eeue, ons volk tot besinning bring in hierdie ewe droewige tyd as in 1838. Terwyl daar nog tyd is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Op 16 Desember sal die Afrikanervolk weer die Gelofte herdenk. Dit wil somtyds voorkom of baie volksgenote die dag herdenk asof hulle blomme op \u2018n geliefde se graf gaan plaas. Of dalk om hulle gewete te sus. Want wat na die 16de gebeur, vertel wat talle Afrikaners betref, \u2018n verhaal van traak-my-nie-agtigheid en argeloosheid oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":45460,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[10,4703],"tags":[8041,7998,8040,25148,7176],"class_list":["post-47749","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-rubrieke","category-sydney-gregan","tag-andries-pretorius","tag-gelofte","tag-geloftedag","tag-natal","tag-voortrekkers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47749","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/14"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47749"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47749\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47752,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47749\/revisions\/47752"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/45460"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47749"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47749"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47749"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}