{"id":477,"date":"2007-05-26T11:43:44","date_gmt":"2007-05-26T11:43:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=477"},"modified":"2017-10-29T20:14:46","modified_gmt":"2017-10-29T18:14:46","slug":"is-die-afrikaner-steeds-koning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=477","title":{"rendered":"Is die Afrikaner steeds koning?"},"content":{"rendered":"<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Waarop grond ek so \u2019n stelling? Onlangs was ek \u2019n paneellid by die <em>Mail &amp; Guardian<\/em> se debatsaand oor Bok van Blerk se \u201cDe la Rey\u201d-lied. Di\u00e9 koerant was natuurlik in die tagtigerjare die belangrikste mondstuk van die linkse beweging wat uit die buiteland gefinansier is en uiteindelik gese\u00ebvier het om die ANC en SAKP aan bewind te plaas. Daarom is dit nogal \u2019n belangrike barometer van die verskuiwende magspersepsie in die land as die <em>M&amp;G<\/em> \u2019n onskuldige Afrikaanse liedjie oor \u2019n Boeregeneraal belangrik genoeg ag om vir hul kwartaallikse debatsaand in aanmerking te kom.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Ook die ander Engelstalige media is besig om minder in verwondering na die meteoriese opgang van die Xhosas en hul swartbemagtigde miljard\u00ears te staar en kennis te neem van wat in Afrikaans bespreek word. Enkele weke gelede is ek juis toegelaat om oor Afrikanervervreemding in die <em>Sunday Times<\/em> geskryf.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Maar verreweg die belangrikste aanduider van die Afrikaner se hermobilisering om sy regmatige plek in landsake in te neem, is te vinde in die toestand van amperse paniek wat daar by die redaksies van sommige Afrikaanse koerante in die Naspersstal heers. Terwyl <em>Die Burger<\/em> en veral <em>Beeld<\/em> streng sensuur handhaaf oor menings wat die hele suiweringsprojek teen ons bevraagteken, word dit tans op \u2019n negatiewe manier belig in die vorm van verbete propaganda-artikels wat die publiek wil oortuig van die minderwaardigheid van Afrikanerskap, ons historiese skuld, asook ons morele en selfs godsdienstige plig om biologies, taalkundig en kultureel met die \u201cre\u00ebnboognasie\u201d te versmelt.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Donderdag braak professor <a href=\"http:\/\/www.dieburger.com\/Stories\/Opinion\/Columns\/14.0.2635446347.aspx\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Amanda Gouws<\/a> van Stalinbos gal oor Afrikaners in <em>Die Burger<\/em> en vandag is dit FW de Klerk se broer se vorige vrou, <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/In-Diepte\/0,,3-67_2119074,00.html\" target=\"_blank\" rel=\"noopener\">Nina Overton-de Klerk<\/a> wat ons in <em>Beeld<\/em> oproep tot ideologiese suiwerheid. Kenmerkend van elke linkse revolusie in die geskiedenis, asook \u2019n paar regse revolusies, is die aandrang op ideologiese suiwerheid.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText2\" align=\"justify\">Die opskrif van Overton se stuk in <em>Beeld<\/em> se <em>By<\/em> s\u00ea alles: \u201cAs Afrikaners met die mond se\u00ebn en in hul binneste vloek\u201d. Die gedagte is dat dit nie genoeg is vir die Afrikaner om die huidige revolusie te ondergaan, sy instellings soos skole, universiteite en museums, asook sy landbougrond, af te staan nie. Ons moet ons eie ondergang met oorgawe en blydskap beleef! Soos dienaars van Ba\u00e4l wat in \u2019n beswyming rondom die goue kalf dans, moet ons uiterlik en innerlik die geloof van transformasie en Afrikanerselfmoord aanneem.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Teenoor Overton wat meen dat mens tegelyk polities korrek en Afrikaner kan wees, staan die meer ekstreme standpunt van Amanda Gouws wat meen dat die Afrikaner \u2019n \u201cbre\u00ebr identiteit\u201d moet verkry\u00a0 en soos sy self reeds gedoen het, geheel en al van homself afstand doen. Wat hierdie \u201cbre\u00ebr identiteit\u201d sou wees, word nooit vir ons gedefinieer nie, maar mens kan aanneem dat dit \u2019n soort Afrosentriese Britsheid soos di\u00e9 van Mbeki moet wees.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">\u2019n Eeu gelede is die Afrikaner deur die Engelse verguis omdat hy kwansuis dom en agterlik sou wees. Vandag is dit die Engelse in di\u00e9 land of diegene wat Engels praat wat grotendeels dom en agterlik is terwyl ons nou op morele gronde aangeval word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Die vraag is egter: waarom die intense behoefte om die Afrikaner af te kraak, sy selfvertroue te knak en hom as die monster van die geskiedenis voor te stel? Wel wetende dat ons die meeste onder die Britse Ryk gely het, net soos ons tans die ergste gebuk gaan onder die uiters gewelddadige Afro-revolusie wat die Xhosas en hul bondgenote (waaronder natuurlik die Britte wat steeds vanuit Londen die toutjies trek) op ons losgelaat het.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Maar natuurlik w\u00e9\u00e9t almal dat die karikatuur wat daar van die Afrikaner gemaak is deur die Angel-Saksiese media en wat ons eie Naspers maar net navolg, net d\u00edt is: \u2019n karikatuur, \u2019n oordrywing, \u2019n stuk onwaarheid wat deur Britse joernaliste op die eiland en vanuit Johannesburg en Kaapstad die w\u00eareld ingestuur is. Almal bly egter steeds, soos Gustav Venter redelik onlangs geskryf het, \u201cge\u00efntimideer deur die skrander, taai, vindingryke Afrikaner\u201d. Vandaar die volgehoue propaganda, die onophoudelike sielkundige oorlog wat nou ook deur die vyand se meelopers in ons eie taal teen ons gevoer word. Nie omdat die Afrikaner so \u201cdom en agterlik\u201d is nie, maar omdat ons gevrees word! Die Britte, die Xhosas, die pas bekeerde liberaliste en linkses wat Naspers se koerante vol skryf, vrees ons komende opstand teen hierdie korrupte, onregverdige orde. Soos Van Wyk Louw<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\"> dit in sy beroemde versetvers gestel het:<\/span><\/p>\n<p>Julle is die oorheersers en j\u00falle die vertrappers<br \/>\nvan ons wat sterk is, maar magteloos verneder;<br \/>\njulle maal ons soos koring; julle eet ons soos brood.<br \/>\n\u2026<br \/>\nDaarom moet julle tot needrigheid genees word,<br \/>\ngebreek word deur ons in ons magtige opstand<br \/>\ntot eenvoudig vreugdes, tot die heilige lye,<br \/>\ntot \u2019n nuwe onmiddellikheid van die heldere aarde;<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Dis reeds duidelik, veral n\u00e1 Bok van Blerk se \u201cDe la Rey\u201d-lied die land soos \u2019n storm getref het, dat Afrikaner se \u201cmagtige opstand\u201d reeds met ons is. Dis iets wat met liedere en patriotiese gevoelens begin het en stadig maar seker besig is om stoom op te bou. Dit borrel en prut veral op die internet, maar landwyd word vergaderings gehou waar ons mense hul misnoe\u00eb en hul frustrasies uitspreek, en waaroor die SAUK of Naspers nooit sal berig nie. Doodswyg het in 1968 teen die HNP gewerk, maar in die tydvak van selfone en skootrekenaars het mens nie meer \u2019n drukpers of TV-kanaal nodig om te kan kommunikeer nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\" align=\"justify\">Teenoor Winnie Mandela se barbaarse slagkreet, &#8220;Met ons vuurhoutjies en ons halssnoere, sal ons die land bevry&#8221; staan die hedendaagse Afrikanerslagspreuk: &#8220;Met ons selfone en ons skootrekenaars sal ons onsself bevry&#8221;.<\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial;\">Deur hul lafhartige vrese en kleingeestige beledigings, spreek ons vyande eintlik \u2019n vorm van erkenning uit. Hulle erken dat ons di\u00e9 belangrikste volk in di\u00e9 w\u00earelddeel is, sonder wie se drif en skeppende ywer daar nooit \u2019n Suid-Afrika sou gewees het nie. Selfs al is ons doeltreffend en met groot sinisme gestroop van alle politieke, ekonomiese en kulturele mag, bly ons \u2019n faktor.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\" style=\"text-align: justify;\">Dis tyd dat ons moed skep uit di\u00e9 \u201cnegatiewe erkenning\u201d wat toenemend rojaal op ons uitgestort word, sy dit dan deur mindere geeste soos Amanda Gouws of Nina Overton-de Klerk.<\/p>\n<p class=\"MsoBodyText\" style=\"text-align: justify;\">Stel dit so: indien ons so min, onbenullig en deur die tyd agtergehaal was as wat almal voorgee, sou niemand dit nodig geag het om oor ons kommentaar te lewer nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display: none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podemniki_dlya_shinomontazha\/\">\u043f\u043e\u0434\u044a\u0435\u043c\u043d\u0438\u043a\u0438\u0434\u043b\u044f\u0448\u0438\u043d\u043e\u043c\u043e\u043d\u0442\u0430\u0436\u0430<\/a><\/p>\n<p><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63759-dose-prokurora-aleksandra-filchakova.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Sedert 1994 is verbete pogings aangewend om die Afrikaner uit die SA geskiedenis uit te skryf, Afrikaans en die Afrikaneridentiteit te onderdruk en ons stelselmatig na die rand van die openbare lewe te verdryf. Onlangse verwikkelinge toon egter dat di&eacute; strategie besig is om te faal. In &rsquo;n ho&euml; mate lyk dit asof die besef besig is om te terug te keer dat die Afrikaner die sleutels van Suid-Afrika se toekoms in sy hand hou.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-477","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/477","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=477"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/477\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=477"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=477"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=477"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}