{"id":47645,"date":"2020-10-24T19:13:26","date_gmt":"2020-10-24T17:13:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47645"},"modified":"2020-10-24T19:20:25","modified_gmt":"2020-10-24T17:20:25","slug":"bikers-is-dalk-nie-boere-nie-maar-hulle-is-meer-boer-as-ou-nick","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47645","title":{"rendered":"Brief: &#8216;Bikers is dalk nie boere nie,&#8217; maar hulle is meer Boer as ou Nick\u2026"},"content":{"rendered":"<div id=\"js_4\" class=\"_5pbx userContent _3ds9 _3576\" data-testid=\"post_message\" data-ft=\"{&quot;tn&quot;:&quot;K&quot;}\">\n<p>In antwoord op Nick Serfontein se neerhalende opmerkings oor die motorfietsryers op Senekal, die volgende.<\/p>\n<p>Gewoonlik spreek ek ouer mense aan as oom, maar dit is vir my &#8216;n eretitel van respek. Iets wat ek nie dink jy verdien nie.<\/p>\n<p>Nick, van landbou kan ek jou niks vertel nie. Ek glo mens moet krediet gee waar dit verdien word en jy het wragtag \u2018n enorme besigheid gebou in die landbou. Welgedaan.<\/p>\n<figure id=\"attachment_47648\" aria-describedby=\"caption-attachment-47648\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-47648\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-768x512.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-1200x800.jpg 1200w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein-400x267.jpg 400w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/nick_serfontein.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-47648\" class=\"wp-caption-text\">Nick Serfontein<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ek wonder as mense kyk na die foto&#8217;s van die Boerekommando\u2019s wat teen die Britte baklei het, hoeveel van hulle maak dieselfde fout as jy ou Nick? Dink hulle ook dat daardie manne net landbouers was? Dink hulle ook dit was net bona fide boere, \u201cware boere\u201d soos jy hulle noem, wat die wapen opgeneem het om die \u201clandbourepublieke\u201d te verdedig?<\/p>\n<p>Ek is \u2018n besigheidsman in die ou Transvaal, ek besit \u2018n ysterperd en \u2018n klein stukkie grond waar ek \u2018n paar diere aanhou. Was ek darem welkom op Senekal? Of net as ek met die bakkie opdaag, nie met die motorfiets nie? Wat van al die jong manne wat in kakie daar was ou Nick? Bitter min van hulle is bona fide boere, ware boere soos jy dit noem. Hulle is prokureurs, rekenmeesters, bemarkers, gifsmouse en voormanne\u2026 Want sien, ou Nick, megalandbouers het bygedra tot \u2018n klimaat waar duisende familieplase opgekoop is in groot besighede en dit het ons jong manne van eienaarskap in die landbou beroof\u2026 en die mense klap hande want kapitalisme knik sy kop\u2026<\/p>\n<p>Sien, ou Nick, terwyl groot boere fokus op opkomende boere vir politieke gewin is \u2018n klomp van ons volkie se seuns nie dieselfde geleentheid gegun nie. Baie van hulle sit oorsee op stropers en trokke terwyl landbouprojekte van die staat tot niet gaan\u2026<\/p>\n<p>Ek sien darem jy is \u201chalf gatvol\u201d. Ek is lankal heeltemal gatvol. Jy vra \u201cwatter verskil maak die ouens wat die blerrie <em>rubbish<\/em> in Senekal gemaak het\u201d? Ek kan nie help om te wonder wat jy presies hiermee bedoel nie. Ek weet dat duisende mense honderde kilometers gery het op hulle eie onkoste om hulle ondersteuning te wys vir wat aangaan. Dit is nou voor ons geweet het ou Nick soek net \u201cware boere\u201d daar\u2026<\/p>\n<p>Die <em>bikers<\/em> waaroor jy so gal braak \u2014 is eintlik goeie ouens ou Nick. Jy sal dalk nie weet nie, want jy het mos niemand se hulp nodig nie, maar die <em>bikers<\/em> het al miljoene rande se hulp geskenk aan talle organisasies wat boere in nood help\u2026 Die <em>rubbish<\/em> waarna jy verwys was hoofsaaklik lofsang en gebed. Maar jy het nou met een onderhoud \u2018n klomp mense van mekaar vervreem\u2026 Ou Nick, jy moenie die goed verniet doen nie, die staat betaal mense om verdeeldheid onder ons volk te saai\u2026 Jy kan goeie geld maak!<\/p>\n<p>Ou Nick, kom ons doen mekaar vandag \u2018n guns. Ek sien jy het vir Cyril op whatsapp. Laat hulle \u2018n wet vir ons maak dat ons onderskei tussen boer en Boer. Jy sien \u2014 jy is \u2018n boer, \u2018n landbouer en dit is goed, maar daar is ook \u2018n Boervolk hier wat besig is om op te staan. Ek verstaan jy en ou Cyril wil niks hoor van volke nie, want volke het regte en dit is iets wat julle nie aan die groot klok wil hang nie. So as julle dalk die term landbouer kan gebruik en ons volk se naam Boer uit julle woordeskat haal, gaan dinge baie beter werk\u2026<\/p>\n<p>Want die Boere by Senekal, of hy nou \u2018n <em>biker<\/em> of \u2018n gifsmous of student is, het daarheen gegaan om te wys hulle is heeltemal gatvol, nie &#8220;half gatvol&#8221; soos jy nie. Jy, Nick Serfontein, ken nie jou eie mense se vrese, pyn en frustrasie nie. Jy het vervreemd geraak, want jy koop jou eie toekoms omdat jy genoeg geld het. Jy, Nick Serfontein, skep jou eie kultuur by Sernick waar jou woord wet is en jy vergeet dat daar mense daarbuite is wat deel is van \u2018n ander kultuur\u2026. Hulle noem daardie mense Boere.<\/p>\n<p>Sien\u2026 mega-\u201cboere\u201d het landbougode geword. Die ander boere in die distrik is eenvoudig te klein om hulle stemme te laat hoor en op die ou end koop Sernick ook hulle grondjie. Dit is hoekom daar deur vriende van jou soos Dan Kriek idees op die tafel gesit is dat die 20% megaboere die land kan voer en die 80% familieboere opgeoffer kan word.<\/p>\n<p>Ou Nick, jy vra waar was die <em>bikers<\/em> toe julle moes vuur slaan, in plaas van om dankie te se vir elke <em>biker<\/em> wat bygedra het tot die miljoene rande se skenkings wat nou daar afgelaai word. Jy praat van die <em>cowboys<\/em> wat wil vuis slaan, in plaas daarvan dat jy dankie s\u00ea vir die duisende mense, <em>bikers<\/em> ingesluit, wat in Senekal hulle mooi gedra het en die knieg gebuig het voor ons Hemelse Vader. Jy praat van die \u201cbona fide\u201d boere terwyl ons eie seuns oorsee op stropers sit omdat niemand hulle help om te begin boer nie. Ou Nick, jy wil landbou verlos van politiek\u2026 in Suid Afrika. Dalk moet jy jou eerder hou by boerdery?<\/p>\n<p>Onderhoude soos joune met Willemien Br\u00fcmmer dryf \u2018n wig tussen ons mense in. Dit maak dat <em>bikers<\/em> en ander nie meer wil help nie. Hulle word uitgeskel en beledig deur die baaslandbouer. Dalk moet elke landbouer wat nie \u2018n Boer is nie, \u2018n groen lint om sy hek gaan hang dat ons kan weet waar ons nie welkom is nie.<\/p>\n<p>Dankie aan elke persoon wat ons landbouers probeer ondersteun op elke denkbare manier. Dankie aan elke <em>biker<\/em> wat altyd gewillig is om te gee en deel te neem. Dankie aan elke Boer wat sy volk se fakkel dra in \u2018n donker tyd. Dankie aan elke landbouer wat nog sterk staan in hierdie tyd. Weet asseblief dat Nick Serfontein nie namens ons praat nie.<\/p>\n<p>Boeregroete,<\/p>\n<p>\u2014Alwyn de Klerk<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In antwoord op Nick Serfontein se neerhalende opmerkings oor die motorfietsryers op Senekal, die volgende. Gewoonlik spreek ek ouer mense aan as oom, maar dit is vir my &#8216;n eretitel van respek. Iets wat ek nie dink jy verdien nie. Nick, van landbou kan ek jou niks vertel nie. Ek glo mens moet krediet gee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":47646,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[25112,4948,15433,25113,25111,8612,24057],"class_list":["post-47645","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-bikers","tag-boere","tag-boerevolk","tag-megaboere","tag-nick-serfontein","tag-senekal","tag-willemien-brummer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47645"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47645\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47651,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47645\/revisions\/47651"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47646"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}