{"id":47605,"date":"2020-10-17T13:46:08","date_gmt":"2020-10-17T11:46:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47605"},"modified":"2020-10-17T13:46:08","modified_gmt":"2020-10-17T11:46:08","slug":"elma-potgieter-ek-kom-van-ver-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47605","title":{"rendered":"Elma Potgieter: Ek kom van ver af"},"content":{"rendered":"<p>My naam is &#8230; Afrikaans.<\/p>\n<p>Ek moet erken &#8230; ek is nie absoluut seker wanneer ek gebore is nie.<\/p>\n<p>My wortels l\u00ea verspreid van die land van die middernagson tot hier aan die suidpunt van die donker kontinent.<\/p>\n<p>Maar ek het my naam gekry op 8 Mei 1925.<\/p>\n<p>Dit beteken ek is vanjaar 95 jaar oud.<\/p>\n<p>Gelukkig word ek beskou as nog jonk \u2013 blykbaar die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status het.<\/p>\n<p>En dis hier waar die knoop l\u00ea.<\/p>\n<p>Op hierdie oomblik in tyd geniet ek amptelike status, maar vir hoe lank nog?<\/p>\n<p>Want net \u2018n na\u00efewe of onverskillige mens sal dink dat ek vrolik, vry en onbekommerd voortleef.<\/p>\n<p>Vo\u00eblvry is nader aan die waarheid. Dit weet ek in die diepte van my siel.<\/p>\n<p>Daar is \u2018n prys op my kop wat my hart soms benoud laat klop en my keel van hartseer laat pyn.<\/p>\n<p>Die prys is onberekenbaar en die gevoel op \u2018n manier kruipend, ontasbaar \u2013 \u2018n gevoel wat opstand in my laat opstu.<\/p>\n<p>Want dis \u2018n godetaal en \u2018n Godstaal wat hier tot stand gekom het \u2013 familie van die \u201cwoeste Wikings\u201d wat gode aanbid het en Wes-Europa en Engeland geterroriseer en verower het.<\/p>\n<p>Waarom s\u00ea ek dit: Kyk na my woord: dogter. In Ysland praat my halfsuster van dottir. In Sweeds s\u00ea nog \u2018n halfsuster datter. In Duitsland s\u00ea \u2018n ander suster Tochter; Engels noem haar dogter daughter.<\/p>\n<p>Maar die \u201cwoeste Wikings\u201d be\u00efndruk ook met hulle deursettingsvermo\u00eb en gevoel vir die estetika.<\/p>\n<p>\u2018n Kruisbestuiwing vind plaas met gelowiges in een lewende God en uiteindelik vestig Protestantse plaasboere, hoofsaaklik van Duitse afkoms, hulle op uitnodiging van die Nederlandse-Oos-Indiese kompanjie hulle aan die Kaap. Hulle vlug weens godsdiensvervolging in Europa eers na die Lae Lande en werk daar op plase wat nie aan hulle behoort nie \u2013 ellende vir \u2018n murg-en-been-boer wat baas op sy eie plaas moet en wil wees.<\/p>\n<p>Toe aanvaar die boerevlugtelinge die uitnodiging van die Kompanjie om hul eie plase te kry en in Suid-Afrika te kom boer \u2013 maar as Vryburgers.<\/p>\n<p>Vryburgers?<\/p>\n<p>Waarom di\u00e9 voorwaarde?<\/p>\n<p>Want vreemde regerings en gepaardgaande onvoorspelbare politiek het die godsdiensvlugtelinge vir goed afgeskrik van regering en regeerders.<\/p>\n<p>Hulle voorwaarde dus vir vestiging aan die Kaap van 1657 af \u2013 Vryburgers &#8211; of ons bly waar ons is.<\/p>\n<p>Hulle praat \u2018n vereenvoudigde volksduitse of &#8211; dietsetaal en in Suid-Afrika vereenvoudig dit nog meer. Dit word \u2018n taal wat soet klink en reguit kommunikeer.<\/p>\n<p>Dit is my ontstaansgeskiedenis in \u2018n neutedop.<\/p>\n<p>Ek het gefloreer in die eenvoud van uitdrukking, gepraat deur vry mense met vryheid van beweging en van denke.<\/p>\n<p>My sprekers was vryheidsliewend en onderwerp hul doen en late vrywillig aan God en sy gebod.<\/p>\n<p>Om dit te doen waarvoor jy lief is \u2013 diere en plante te teel en te kweek onder vrye omstandighede waar jou doen en late alleenlik deur die Tien Gebooie van die Bybel voorgeskryf word, was onweerstaanbaar.<\/p>\n<p>Maar in die \u201cNuwe Suid-Afrika\u201d waar Engelstaligheid afgedwing word deur alle staatsinstansies en groot korporasies met Engelse benamings \u201cgese\u00ebn\u201d word &#8230; word almal gedwing om my \u00f3f geradbraak te praat \u00f3f my (stief)sustertaal Engels te pleeg.<\/p>\n<p>Daar is twee reaksies wat na vore kom: \u2018n Voormalige joernalis Chris Louw het in 2009 na bewering sy eie lewe geneem n\u00e1 uitsprake soos:<\/p>\n<p>\u201c<i>Ons mense is gatvol daarvoor om vermoor te word! En dan verwys ek nie net na haataanvalle in ons huise en op ons plase nie. Dit ook, ja. Maar ek praat van die listige moord op <\/i><b><i>taal<\/i><\/b><i>, <\/i><b><i>kultuur<\/i><\/b><i>, <\/i><b><i>geskiedenis<\/i><\/b><i>, <\/i><b><i>waardes<\/i><\/b><i>, selfs <\/i><b><i>menswees<\/i><\/b><i>. In die 15 jaar van demokrasie het Afrikaners bykans uit die openbare oog verdwyn. Ons deelname aan die openbare lewe word stelselmatig afgetakel om ons aandeel in die bevolkingsamestelling te reflekteer: 6%. Dit is wat ons standpunt vandag werd is.<\/i><\/p>\n<p>\u201c<i>`n Druippunt.\u201d<\/i><\/p>\n<p>\u201cHy het Maandag om 14:07 in `n e-pos aan Tim du Plessis, redak\u00adteur van Beeld, geskryf: \u2018Ek is net gatvol. Daar\u2019s nie sin in om voort te ploeter nie; eerder vroe\u00ebr dood as later.\u2019 Du Plessis het hom vergeefs gebel en ge-SMS.\u201d<\/p>\n<p>Maar ek, Afrikaans, wil nie doodgaan nie \u2013 veral nie vermoor word nie.<\/p>\n<p>Die stryd om hier te kom was hewig \u2013 selfs bloedig&#8230;<\/p>\n<p>Wat word van my as niemand my meer praat nie?<\/p>\n<p>Die tweede opsie is dus: Werk en woeker.<\/p>\n<p>Werk voortdurend daaraan om ons kinders bewus te maak van my oorsprong en die wonder van die woord.<\/p>\n<p>My bestaan behels nie net kommunikasie nie. My woorde raak nie net die bewuste aan nie.<\/p>\n<p>Dit raak die kollektiewe geheue aan.<\/p>\n<p>Luister na di\u00e9 gekose groep woorde:<\/p>\n<p>Dis die blond, dis die blou:<br \/>\ndis die veld, dis die lug;<br \/>\nen \u2018n vo\u00ebl draai bowe in eensame vlug \u2013 dis al.<br \/>\nDis \u2018n balling gekom oor die oseaan, dis \u2018n graf in die gras, dis \u2018n vallende traan \u2013<br \/>\ndis al.<\/p>\n<p>Ek glo nie ek hoef vir enigiemand te verduidelik waarop di\u00e9 gestroopte gedig deur Jan F E Celliers sinspeel nie.<\/p>\n<p>Wat is die woord wonderlik. Wat is taal wonderlik.<\/p>\n<p>Ek, Afrikaans, is die wonderskoonste, mees vaartbelynde taal in die ganse w\u00eareld wat teen wil en dank hier aan die suidpunt van Afrika as \u2018n selfstandige taal ontwikkel het uit vele Germaanse tale.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>My naam is &#8230; Afrikaans. Ek moet erken &#8230; ek is nie absoluut seker wanneer ek gebore is nie. My wortels l\u00ea verspreid van die land van die middernagson tot hier aan die suidpunt van die donker kontinent. Maar ek het my naam gekry op 8 Mei 1925. Dit beteken ek is vanjaar 95 jaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":618062,"featured_media":46963,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25107,10],"tags":[167,7871,10197],"class_list":["post-47605","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-elma-potgieter","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-chris-louw","tag-jan-f-e-celliers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47605","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/618062"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47605"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47605\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47608,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47605\/revisions\/47608"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46963"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47605"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47605"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47605"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}