{"id":47591,"date":"2020-10-12T12:30:42","date_gmt":"2020-10-12T10:30:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47591"},"modified":"2020-10-12T12:30:42","modified_gmt":"2020-10-12T10:30:42","slug":"gustav-venter-ons-moenie-nou-terugdeins-op-senekal-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47591","title":{"rendered":"Gustav Venter: Ons moenie nou terugdeins op Senekal nie"},"content":{"rendered":"<p>Ek is \u0149 groot ondersteuner van Willem Petzer, maar ek dink hy toon \u0149 paar blindekolle hier wat ons duur te staan kan kom. Ek dink eerstens nie hy verstaan die mediaoorlog nie. Ons gaan nooit, nooit, ooit aangeprys word deur die hoofstroommedia nie. Hulle gaan ons \u00f3f ignoreer, \u00f3f uitkryt as die belhamels. Vergeet nou maar daarvan om die media se guns te wen.<\/p>\n<p>Kyk maar na die mediareaksie op Bronkhorstspruit: \u0149 Temerige paar ou storietjies oor die protes en toe \u0149 gloeiende propagandastuk oor Cosatu wat \u201cstandpunt inneem teen Plaasmoorde.\u201d<\/p>\n<p>Dan wat skaregedrag betref: Willem het die kundigheid van veterane tot sy beskikking en die eerste re\u00ebl is: Bly kalm. En die tweede re\u00ebl wat hiermee gelykstaan, is: Moenie \u0149 duim terugdeins nie. Retireer net \u0149 aks en dit sal chaos wees. In sy scenario storm die EFF en die Boere val terug. Dit sal \u0149 kolossale taktiese flater wees. \u0149 Skare kan baie vinniger storm as wat mense kan terugval. Dit sal chaos wees, mense sal val en aan die genade van die EFF oorgelaat wees. Mense sal ernstig beseer wees of selfs sterf.<\/p>\n<p>As ons nie kans sien om ons man te staan nie, moet ons nie gaan nie en moet ons die terrein aan die EFF afstaan. Dan beheer en regeer hulle ons en moet ons plaasmoorde maar sluk.<\/p>\n<p>Willem se plan berus op twee dinge wat ons nie kan beheer in so \u0149 situasie nie: Eerstens dat die polisie sal wil en sal kan ingryp. Skares het die polisie hierdie jaar al dikwels op loop gesit. En as hulle nie die EFF gestuit kan kry nie, is die Boere se formasie verbrokkel en het hulle net een ding om hulleself mee te verdedig en dis hulle vuurwapens. D\u00eds wanneer daar \u0149 slagting gaan uitbreek.<\/p>\n<p>Tweedens reken Willem dat as die Boere vreedsaam terugdeins en die EFF verwoed storm, die Boere die morele ho\u00ebgrond toeges\u00ea sal word deur die pers. Vergeet dit. Hulle sal die EFF miskien roskam, maar hulle sal die Boere ewe lustig striem en as die ware sondebokke uitwys. Vergeet van die pers en hulle sienings. Hulle is \u0149 gespuis en sal nooit aan ons kant wees nie.<\/p>\n<p>So wat m\u00f3\u00e9t ons doen: Ek stel voor dat ons letterlik \u0149 streep op die grond trek en teenoor mekaar onderneem om nie daaroor te gaan nie. Daar is \u0149 voorstel dat ons \u0149 blik rooi verf in \u0149 streep oor die grond uitgiet, simbolies van die bloed van Brendin Horner, Wilmientjie Potgieter, Annette Keneally en duisende ander martelaars.<\/p>\n<p>As ons aan ons kant van die streep bly, bevredig dit al die vereistes van goeie beeldbou.<\/p>\n<p>Maar sou die EFF deur daardie rooi beweeg, moet ons vasstaan. Hierdie re\u00ebling sal dit ook vir die polisie makliker maak om die situasie te bestuur.<\/p>\n<p>Willem s\u00ea tereg dat Senekal vir ons \u0149 ongekende momentum gebied het. Nou moet ons net erken, hartseer soos dit is, as dit nie was vir die inval by die landdroskantoor, die uitgedryfde Nyala en uitgebrande vangwa was nie, het niemand werklik kennis daarvan geneem nie.<\/p>\n<p>As ons dink ons is net met \u0149 openbarebetrekkinge-oefening besig, het ons in 26 jaar niks geleer nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is \u0149 groot ondersteuner van Willem Petzer, maar ek dink hy toon \u0149 paar blindekolle hier wat ons duur te staan kan kom. Ek dink eerstens nie hy verstaan die mediaoorlog nie. Ons gaan nooit, nooit, ooit aangeprys word deur die hoofstroommedia nie. Hulle gaan ons \u00f3f ignoreer, \u00f3f uitkryt as die belhamels. Vergeet [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":47592,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46,10],"tags":[7630,6332,10876,8612,25100],"class_list":["post-47591","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter","category-rubrieke","tag-bronkhorstspruit","tag-cosatu","tag-eff","tag-senekal","tag-willem-petzer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47591","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47591"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47591\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47593,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47591\/revisions\/47593"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47592"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47591"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47591"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47591"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}