{"id":47559,"date":"2020-10-03T08:34:44","date_gmt":"2020-10-03T06:34:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=47559"},"modified":"2020-10-03T17:45:20","modified_gmt":"2020-10-03T15:45:20","slug":"dan-roodt-nuwe-kommandos-is-al-antwoord-op-brendin-horner-tipe-moorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=47559","title":{"rendered":"Dan Roodt: Nuwe Kommando\u2019s is al antwoord op Brendin Horner-tipe moorde"},"content":{"rendered":"<p>Soos duisende ander mense, is ek geskok en woedend oor die jongste plaasmoord, di\u00e9 op Brendin Horner. Hy was maar een-en-twintig jaar oud, met sy hele voor lewe hom. Hy is op wreedaardige wyse vermoor. Sy lyk is teen \u2018n paal vasgemaak waar sy pa Robby, tesame met sy vriendin, Lenize Taljaard, hom Vrydagoggend vroeg aangetref het. Hier bo is \u2018n Facebook-foto van Brendin en Lenize waarop hulle dolgelukkig lyk, alvorens hy soos soveel ander deur volksmoordenaars neergevel is.<\/p>\n<p>Mense sal my seker kwalik neem dat ek die term \u201cvolksmoord\u201d gebruik, maar wat anders kan \u2018n mens hierdie aanhoudende stroom grudade noem wat teen boere en landelike Afrikaners gepleeg word? Op sy minste is dit georganiseerde terrorisme.<\/p>\n<p>Soos meeste mense weet, was die afskaffing van die Kommando\u2019s in die vroe\u00eb 2000\u2019s \u2018n absolute ramp vir landelike veiligheid in Suid-Afrika. Op daardie stadium het ek kontak met heelwat kommandolede gehad, sowel in die Vrystaat as in die Noord-Transvaal en ek was be\u00efndruk met hul erns, georganiseerdheid en gemeenskapsbetrokkenheid. Mosiuoa \u201cTerror\u201d Lekota, wat tussen 1999 en 2008 minister van verdediging was, het in sy wysheid besluit om die Kommando\u2019s af te skaf.<\/p>\n<p>Kort n\u00e1 hierdie besluit het plaasmoorde die hoogte ingeskiet. Van die mense wat by die Kommando\u2019s betrokke was, het hul eie plaaswagte begin, maar vanwe\u00eb die gebrek aan openbare befondsing kon hulle nooit dieselfde vlak van paraatheid en organisasie as die ou Kommando\u2019s bereik nie. Immers het die Kommando\u2019s \u2018n lang geskiedenis gehad wat terug te voer was na die ou Boererepublieke toe, as \u2018n soort landelike gendarmerie.<\/p>\n<p>Volgens die Afrikaanse <a href=\"https:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Gendarmerie\">Wikipedia<\/a> is \u2018n \u201cgendarmerie (verbastering van die Franse gens d&#8217; armes, krygsvolk, letterlik mense met wapens)&#8230; &#8216;n gewapende diens wat algemene polisietake uitvoer en (van oorsprong) &#8216;n onderdeel van die weermag is&#8221;. Hulle word ook \u201cpolisiesoldate\u201d genoem. \u2018n Aantal lande in Europa beskik oor sulke gendarmes of kommando\u2019s onder verskillende name:<\/p>\n<ul>\n<li>Belgi\u00eb: Rijkswacht\/Gendarmerie (opgehef na eenwording van die polisiedienste in 2001)<\/li>\n<li>Frankryk: Gendarmerie Nationale<\/li>\n<li>Itali\u00eb: Carabinieri<\/li>\n<li>Spanje: Guardia Civil<\/li>\n<li>Portugal: Guarda Nacional Republicana<\/li>\n<li>Nederland: Koninklijke Marechaussee<\/li>\n<li>Roemeni\u00eb: Gendarmerie Romania<\/li>\n<li>Oostenryk: Bundesgendarmerie (opgehef in 2005)<\/li>\n<li>San Marino: Gendarmeria<\/li>\n<li>Turkye: Jandarma<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die Kommando\u2019s m\u00f3\u00e9t terugkom. \u2018n Afvaardiging van boereverenigings, asook Afrikaners \u2014 want meesal is dit ons familie en vriende wat die slagoffers van hierdie moorde is \u2014 moet onmiddellik eis dat die Kommando\u2019s herstel word, tesame met \u2018n begroting wat deel kan uitmaak van die Weermagbegroting soos dit was.<\/p>\n<p>Slegs tien persent van die ou Kommandolede is deur die staat besoldig. Die res was almal vrywilligers wat gemeenskapsdiens gedoen het. Dis \u2018n goeie model, juis omdat dit gemeenskapsbetrokkenheid aanmoedig. Daarbenewens is dit baie kostedoeltreffend.<\/p>\n<p>Destyds het die Kommando\u2019s \u2018n skamele begroting van R25 miljoen gehad. Dis minder as wat een kader in \u2018n enkele korrupte tender opslurp. Duisende lewens, asook ons landbou, kan deur \u2018n geringe bedrag geld gered word.<\/p>\n<p>Indien die ANC-bewind soos gewoonlik alles te\u00ebgaan wat ons voorstel, moet \u2018n ander plan gemaak word. Die Europese Unie of die Verenigde State moet dan instaan. As USAID \u2018n paar honderd miljoen dollar per jaar kan skenk om gratis vigsmedisyne in ons land te verskaf, kan di\u00e9 land sekerlik vyf of tien miljoen dollar verskaf om ons boerebevolking van uitdelging te red?<\/p>\n<p>Afgetrede weermagoffisiere en -lede behoort die voortou te neem om mense met organisasie en opleiding te help.<\/p>\n<p>Om in die Kommando\u2019s te dien, behoort vir elkeen \u2018n saak van trots te wees. Stedelike jongmense kan vir drie of ses maande diens in die Kommando\u2019s doen om ons mense op die platteland te gaan beveilig en sodoende gemeenskaps- en kultuurbande versterk.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het al oor en oor bewys dat hy nie in staat is om landelike veiligheid te verseker nie. Daarom moet die Kommando\u2019s in \u2018n gemoderniseerde gedaante met voertuie, digitale kommunikasiemiddele, hommeltuie en alle tegnologie wat nodig is, herrys.<\/p>\n<p>Dis \u2018n saak van nasionale en internasionale belang. Daarsonder gaan Suid-Afrika net nog \u2018n mislukte staat van die Afrika-tipe word, soos wat in Stephen Smith se boek <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?product=negrologie-waarom-afrika-vergaan-deur-stephen-smith\">Negrologie<\/a> beskryf word. Watter verskil is daar tussen plaasmoordenaars en rebellegroepe wat ander Afrikabevolkings teister?<\/p>\n<p>Alle Afrikaners moet nou hande vat en voorbrand maak vir die idee. Die ANC en die w\u00eareld sal nie kan nee s\u00ea vir &#8216;n goeie plan om plaasmoorde vir eens en vir altyd te stuit nie.<\/p>\n<p>Ons skuld dit aan almal wat reeds aangeval of vermoor is, asook hul geliefdes en gesinne. Soos aan my vriendin Annette Kennealy wat verlede jaar naby Louis Trichardt vermoor is.<\/p>\n<p>Asook aan &#8216;n jongman soos Brendin, sy gesin en sy vriendin Lenize Taljaard wat vandag verpletter moet wees.<\/p>\n<p>My innige meegevoel aan hulle. Maar di\u00e9 afskuwelike moorde moet nou end kry.<\/p>\n<p><strong>Kyk ook Dan Roodt en Gustav Venter se <a href=\"https:\/\/youtu.be\/hm9XGp9kwz8\">YouTube-onderhoud<\/a> oor die voorval.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos duisende ander mense, is ek geskok en woedend oor die jongste plaasmoord, di\u00e9 op Brendin Horner. Hy was maar een-en-twintig jaar oud, met sy hele voor lewe hom. Hy is op wreedaardige wyse vermoor. Sy lyk is teen \u2018n paal vasgemaak waar sy pa Robby, tesame met sy vriendin, Lenize Taljaard, hom Vrydagoggend vroeg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":47560,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[1375,6413,24649,25095,10405,9774,9086,12555,17196,10739,2261],"class_list":["post-47559","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikanervolksmoord","tag-amerika","tag-annette-kennealy","tag-brendin-horner","tag-europese-unie","tag-kommandos","tag-plaasmoord","tag-suid-afrikaanse-polisiediens","tag-usaid","tag-verenigde-state","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47559","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47559"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47559\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":47565,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47559\/revisions\/47565"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47560"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47559"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47559"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47559"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}